3 minute read
Geïnduseerde plantweerstand met voeding
JACQUES SWANEPOEL AECI Plant Health
Met die uitdaging van onvoorspelbare klimaatstoestande kan gewasse in ‘n oogwink verwoes word en die finansiële implikasies kan noodlottig wees. AECI Plant Health het ‘n oplossing na vore gebring om plante se immuunstelsel te versterk, om verliese te beperk en plantstremming vir optimale opbrengste te bestuur.
ALEXIN® IS 'N ORGANIESE voedingskompleks wat sali- sielsuur bevat. Salisielsuur is ‘n planthormoon wat die natuurlike weerstand van die plant verhoog deur die plant se eie verdedegingstelstel, die “sistemic acquired resistance” (SAR), te aktiveer. SAR is ‘n proses waartydens fitoaleksiene geaktiveer word. Alexin bevat koolhidrate wat energie aan plant voorsien vir beskerming teen biotiese faktore, soos peste en siektes, asook abiotiese faktore, soos droogte, ryp en hael. Hoewel die weerstand geaktiveer is, word siektes nie noodwendig heeltemal beheer nie. Alexin word met sekere swamdoders gekombineer vir goeie beheer. Wanneer ‘n gewas fitotoksisiteit ervaar sal Alexin help om die gewas vinniger te laat herstel. Alexin bevat ook kalsium (Ca), boor (B), magnesium (Mg) en kalium (K). Die kalsium is baie belangrik vir seldeling en beheer plantmetabolisme- en ontwikkeling. Kalsium versterk die selwandstruktuur en boor help dat kalsium in die sel- wande vaskleef. Boor bevorder ook die opname en die beweging van K, Mg en Ca in die plant, asook die beweging van suiker. Die magnesium vorm die kern van die chlorofilmolekule en be- vorder gesonde groen groei en fotosintese. Kalium aktiveer ensieme in die plant en verhoog die suikervlakke. Hoër suiker vehoog plantenergie (Brix), wat beter weerstand tot gevolg sal hê. Kalium reguleer ook die stomata-opening en -sluiting en beïnvloed die transpirasie-aktiwiteit. Alexin kan voor of ná ‘n stremmingstydperk op enige gewas toegedien word. Wanneer dit voorkomend in ‘n gewasprogram toegedien word, sal dit die kommunikasie tussen die plant en die wortels verbeter en die plant se energie en weerstand verbeter. Op brassica-gewasse word ‘n maksimum van 3 l/ha Alexin as ’n blaarbespuiting voor kopvorming aanbeveel en word elke 28 dae herhaal. By makadamias word ook met ‘n blaar- bespuiting van 2-3 l/ha Alexin na-oes begin, om reserwes en weerstand na die vorige seisoen verhoog. Makadamias blom tussen Augustus en September en ‘n wortel- en blaarstuwing vind plaas. Die boom gebruik dan baie reserwes, daarom is ’n opvolgbespuiting nodig. Energie moet deurentyd bestuur word en gevolglik is ’n herhaling in Oktober nodig om neutval te probeer beperk. Met hoë temperature in November en Desember is Alexin noodsaaklik om die boom se reserwes te optimaliseer en die stremming te verlig. Kaliumpolifosfaat (Rappid® K) kan ook saam met Alexin toegedien word vir hoë energievlakke, verbeterde sapvloei en vrugvergroting. Met Alexin word baie minder neutval ervaar en beter opbrengste behaal as gevolg van meer koolhidrate wat energie verskaf. Elemente is meer opneembaar en weerstand en reserwes is hoër. Die produk verhoog die plant se imuunstelsel sodat herstel ná stremmingstoestande vinniger kan plaasvind. Die verhoogde gewaskwaliteit maak dit meer winsgewend vir die boer.
Twee-in-een insekdoder
Cyperfos is ‘n enkelproduk met ‘n unieke formulasie in Suid-Afrika, wat insekweerstand verminder deur op twee maniere te werk. Die kombinasie van die twee aktiewe bestanddele gee ‘n vinnige uitklopaksie, sowel as ‘n residuele maagaksie vir langtermyn beheer. Cyperfos is geskik teen ‘n wye reeks insekte.
CYPERFOS 500 EC Reg. Nr. L7606, Wet Nr. 36 van 1947 Bevat Chloorpirifos (Organofosfaat), Sipermetrien (Piretroïed) (Skadelik) Registrasiehouer: Nulandis® (‘n Afdeling van AECI Beperk)
AECI Chem Park, 200 Bergrivier Drive, Chloorkop Ext. 24 Kempton Park, South Africa, 1619 T +27 11 823 8000