4 minute read
Produsente besef belangrikheid van bekalking al hoe meer
Dr Pieter Haumann FERTASA
‘n Doeltreffende bekalkingsprogram met landboukalk van goeie kwaliteit, saam met tegnologie wat presisieboerdery moontlik maak, is deurslaggewend vir volhoubare gewasproduksie.
VOLHOUBARE EKONOMIESE gewasproduksie is slegs moontlik indien minstens die volgende twee toestande bereik word: onderhoud van die grond se fisiese en chemiese eienskappe op aanvaarbare vlakke en die produsering van optimale oesopbrengste. Baie veranderlikes het ‘n direkte invloed op gewasproduk- sie. Indien hierdie faktore nie optimaal bestuur word nie, kan sub-optimale oesopbrengste verwag word. Enige aksie wat nie korrek uitgevoer word nie kan die oesopbrengs verlaag.
Grondsuurheid
‘n Aantal faktore moet in ag geneem word by die definisie van suur grond. In die breë beskou is daar basies twee definisies vir suur grond: • pH (H2O) is laer as 7,0; en • ‘n relatiewe oormaat suurvormende katione (H+ en Al3+) teenoor basis-vormende katione (Ca2+, Mg2+, K+, Na+).
Die graad van grondsuurheid of alkaliniteit, uitgedruk as grond pH, is ‘n belangrike veranderlike wat ‘n wye reeks grondchemiese en biologiese prosesse beïnvloed. Die chemiese veranderlikheid beïnvloed grootliks die opneembaarheid van voedingstofelemente, asook toksiese stowwe deur die plant se wortels. Die aktiwiteit van grondmikro-organismes word ook deur die grond se pH beïnvloed. Verskeie faktore het ‘n invloed op grond pH. Twee basiese faktore is die balans tussen suur en nie-suurkatione op die grondkolloïedeoppervlak, asook die balans tussen H+ en OH- ione in die grondoplossing. Hierdie balans word grootliks bepaal deur die aard van die grondkolloïede. Onlosmaakbaar verbind aan grondsuurheid is die toksisiteit van die nie-voedingselement, aluminium (Brady & Weil, 2008).
Regstelling van grondsuurheid
Grond se kalkbehoefte kan gedefinieer word as die hoe- veelheid kalk wat toegedien moet word sodat grondsuur- heid nie ‘n beperkende faktor in gewasproduksie is nie. Die beperkings hou verband met laer basisversadiging, toksiese vlakke van aluminium en mangaan, verminderde beskikbaarheid van die meeste plantvoedingselemente en ‘n laer aktiwiteitsvlak van mikro-organismes. Verder word ‘n gunstiger grondomgewing geskep waar plante kan groei (MVSA, 2016).
Bepaling van kalkbehoefte
Die eerste stap in die bepaling van kalkbehoefte is die
Verskeie faktore het ‘n invloed op grond pH. Twee basiese faktore is die balans tussen suur en nie-suurkatione op die grondkolloïedeoppervlak, asook die balans tussen H+ en OH- ione in die grondoplossing.
vasstelling van die grond se suurheidstatus deur ontleding van ‘n verteenwoordigende grondmonster. Om vas te stel of dolomitiese of kalsitiese kalk toegedien moet word, is die Mg- en Ca-ontleding van die grond nodig. Die kalkbehoefte kan met verskeie metodes gekwantifiseer word. Dit wissel van laboratoriummetodes, waar grond geïnkubeer of getitreer word met CaCO3, of Ca(OH)2 of waar pH-metings in bufferoplos- sings gedoen word, tot die berekeninge met uitruilbare Ca, Mg, K en suurheid. Verder word bekalkingsnorme wat uit regressievergelykings ontwikkel is gebruik ten einde ‘n werkbare kalkaanbeveling te kan maak.
Praktiese oorwegings en aanbevelings
Grondversuring op veral sandgronde is ‘n voortdurende proses en moet gereeld gemonitor en reggestel word om te sorg dat grondsuurheid so ver as moontlik optimaal vir gewasproduksie bly. Die meeste suksesvolle graanprodusente bekalk hul lande
NA BLADSY 28
VAN BLADSY 27
vasstelling van die grond se suurheidstatus deur ontleding van ‘n verteenwoordigende grondmonster. Om vas te stel of dolomitiese of kalsitiese kalk toegedien moet word, is die Mg- en Ca-ontleding van die grond nodig. Die kalkbehoefte kan met verskeie metodes gekwantifiseer word. Dit wissel van laboratoriummetodes, waar grond geïnkubeer of getitreer word met CaCO3, of Ca(OH)2 of waar pH-metings in bufferoplos- sings gedoen word, tot die berekeninge met uitruilbare Ca, Mg, K en suurheid. Verder word bekalkingsnorme wat uit regressievergelykings ontwikkel is gebruik ten einde ‘n werkbare kalkaanbeveling te kan maak.
Praktiese oorwegings en aanbevelings
Grondversuring op veral sandgronde is ‘n voortdurende proses en moet gereeld gemonitor en reggestel word om te sorg dat grondsuurheid so ver as moontlik optimaal vir gewasproduksie bly. Die meeste suksesvolle graanprodusente bekalk hul lande elke derde jaar in ‘n rotasie van een derde per jaar. Meerjarige gewasse, soos lusern, weiding en bome, word minder dikwels bekalk. Indien die aanvanklike bekalking te min was en dit nie gemonitor word nie, vind oesverliese dikwels plaas. Die kwaliteit van die oes word ook dikwels benadeel. Bekalking vereis beplanning en monitering. Oes- en kwali- teitsverliese is dikwels baie meer as die koste om betyds en voldoende te bekalk. Deeglike grondontledings en landinspeksie is al manier om laasgenoemde vas te stel. Sodoende kan die grond se reaksie en die kalk se gedrag vasgestel word. Bekalking kan sodoende in die toekoms doeltreffender gedoen word (MVSA, 2007).
Verwysings
BRADY, N.C. & WEIL, R.R. 2008. The nature and properties of soils. 14th edition. Upper Saddle River: Pearson Prentice Hall. MVSA 2016 Bemestingshandleiding. Sewende hersiene uitgawe. Lynnwoodrif.
28
SC AN ME
FERTASA,CERTIFIEDCREDIBILITY.FERTASA, CERTIFIED CREDIBILITY.
FERTASA,CERTIFIEDCREDIBIFERTASA AND ITS MEMBERS ARE COMMITTED TO THE PROMOTION OF SUSTAINABLE SOIL FERTILITY AND ENHANCED PLANT NUTRITION. LITY.
Fertasa strives to provide information on fertilizer and crop related topics. Apart from assistance with fertilizer applications, queries relating to fertilizer usage, plant nutrition and soil fertility usage, plant nutrition and soil fertility are referred to our Technical Advisers or Subject Matter Specialists for their expert opinions and advice.
Member companies and others are encouraged to share their experiences in proven techniques and novel approaches in ensuring social, environmental and economic sustainability for all. FERTASA MEMBERS ARE COMMITTED TO:
Ÿ A code of conduct. Ÿ A set of standards audited by an independent compliance management body. Ÿ Quality products. Ÿ Relevant scientifically-based recommendations. Ÿ Continual learning and improvement. Ÿ Complying with all legal requirements.