ALGEMEEN
Produsente besef belangrikheid van bekalking al hoe meer Dr Pieter Haumann FERTASA
‘n Doeltreffende bekalkingsprogram met landboukalk van goeie kwaliteit, saam met tegnologie wat presisieboerdery moontlik maak, is deurslaggewend vir volhoubare gewasproduksie.
V
OLHOUBARE EKONOMIESE gewasproduksie is slegs moontlik indien minstens die volgende twee toestande bereik word: onderhoud van die grond se fisiese en chemiese eienskappe op aanvaarbare vlakke en die produsering van optimale oesopbrengste. Baie veranderlikes het ‘n direkte invloed op gewasproduksie. Indien hierdie faktore nie optimaal bestuur word nie, kan sub-optimale oesopbrengste verwag word. Enige aksie wat nie korrek uitgevoer word nie kan die oesopbrengs verlaag. Grondsuurheid ‘n Aantal faktore moet in ag geneem word by die definisie van suur grond. In die breë beskou is daar basies twee definisies vir suur grond: • pH (H2O) is laer as 7,0; en • ‘n relatiewe oormaat suurvormende katione (H+ en Al3+) teenoor basis-vormende katione (Ca2+, Mg2+, K+, Na+). Die graad van grondsuurheid of alkaliniteit, uitgedruk as grond pH, is ‘n belangrike veranderlike wat ‘n wye reeks grondchemiese en biologiese prosesse beïnvloed. Die chemiese veranderlikheid beïnvloed grootliks die opneembaarheid van voedingstofelemente, asook toksiese stowwe deur die plant se wortels. Die aktiwiteit van grondmikro-organismes word ook deur die grond se pH beïnvloed. Verskeie faktore het ‘n invloed op grond pH. Twee basiese faktore is die balans tussen suur en nie-suurkatione op die grondkolloïedeoppervlak, asook die balans tussen H+ en OH- ione in die grondoplossing. Hierdie balans word grootliks bepaal deur die aard van die grondkolloïede. Onlosmaakbaar verbind aan grondsuurheid is die toksisiteit van die nie-voedingselement, aluminium (Brady & Weil, 2008). Regstelling van grondsuurheid Grond se kalkbehoefte kan gedefinieer word as die hoeveelheid kalk wat toegedien moet word sodat grondsuurheid nie ‘n beperkende faktor in gewasproduksie is nie. Die beperkings hou verband met laer basisversadiging, toksiese vlakke van aluminium en mangaan, verminderde beskikbaarheid van die meeste plantvoedingselemente en ‘n laer aktiwiteitsvlak van mikro-organismes. Verder word ‘n gunstiger grondomgewing geskep waar plante kan groei (MVSA, 2016). Bepaling van kalkbehoefte Die eerste stap in die bepaling van kalkbehoefte is die
Verskeie faktore het ‘n invloed op grond pH. Twee basiese faktore is die balans tussen suur en nie-suurkatione op die grondkolloïedeoppervlak, asook die balans tussen H+ en OH- ione in die grondoplossing.
vasstelling van die grond se suurheidstatus deur ontleding van ‘n verteenwoordigende grondmonster. Om vas te stel of dolomitiese of kalsitiese kalk toegedien moet word, is die Mg- en Ca-ontleding van die grond nodig. Die kalkbehoefte kan met verskeie metodes gekwantifiseer word. Dit wissel van laboratoriummetodes, waar grond geïnkubeer of getitreer word met CaCO3, of Ca(OH)2 of waar pH-metings in bufferoplossings gedoen word, tot die berekeninge met uitruilbare Ca, Mg, K en suurheid. Verder word bekalkingsnorme wat uit regressievergelykings ontwikkel is gebruik ten einde ‘n werkbare kalkaanbeveling te kan maak. Praktiese oorwegings en aanbevelings Grondversuring op veral sandgronde is ‘n voortdurende proses en moet gereeld gemonitor en reggestel word om te sorg dat grondsuurheid so ver as moontlik optimaal vir gewasproduksie bly. Die meeste suksesvolle graanprodusente bekalk hul lande NA BLADSY 28
GROENTE & VRUGTE | MAART • APRIL 2021
27