2 minute read

Produkte vir meer energie in plante

CCM, Complex CalSus, Complex Calsul en Complex SuperCa is drie nuwe produkte wat boere met plantvoeding en energie in plante help.

CCM is ’n alkaliese bron wat die kalsium- en magnesium-konsentrasies in die behandelde grondsone verhoog, terwyl Complex CalSus ’n alkaliese bron van kalsium vir verhoogde kalsium-konsentrasies in die behandelde grondsone is. Complex Calsul suiwer KalsiumKarbonaat en Complex SuperCa is ’n bron van kalsium-chelaat met ‘n kombinasie van organiese sure, wat as blaarvoeding en of sproeibemesting gebruik kan word.

Beide CCM en Complex CalSus bevat bestanddele soos kalsium, magnesium en organiese komponente. Albei produkte is ’n gemikroniseerde ultrafyn kalsium/magnesium- (Ca/Mg) bron in ’n karbonaatvorm. Die gemiddelde grootte is tussen 5 en 15 µm. Die klein partikelgrootte lewer ’n verhoogte reaktiewe oppervlakte in die grond. Een kilogram konvensionele kalk behoort ’n reaktiewe oppervlakte van ongeveer 365 m² te lewer, terwyl een kilogram ultrafyn kalk (5-15 µm) ’n reaktiewe oppervlakte van ongeveer 60 000 m² het.

Voordele is dat die verhoogde reaktiewe oppervlakte ’n versnelde reaksietyd gee en dit skep ’n hoër elektrostatiese lading vir element/energie-oordrag. Daar is positiewe verandering van die Ca:Mg en suurversadiging en katioon-uitruilkoëfesient (KUK). Die plantvoedingstof Ca++ raak beskikbaar vanweë die chemiese en biologiese reduksie-reaksies van Ca/Mg-karbonaat.

Complex SuperCa bevat kalsium, stikstof (NH2) en ‘n verskeidenheid organiese sure. Die produk is ’n unieke bron van Ca met ’n hoë opnamekoers. Dit is gecheleer deur van sekondêre metaboliete gebruik te maak. Dit bestaan uit organiese sure, aminosure en suikeragtige organiese sure.

Proefresultate wys dat die meeste gewasse ’n Ca++ tekort deurlopend in die groeisiklus het wat optimale metaboliese prosesse kortwiek (opbrengs en kwaliteit). Die regstelling van hierdie tekorte is krities om die plant se optimale groeisiklus te lewer. Die produk is dadelik plantopneembaar en kan as deel van ’n spesifieke plantvoedingsprogram of as ’n los staande produk aangewend word.

Aanwending is deur sproeibemesting of blaarbespuiting. Dit is versoenbaar met alle plantvoedingstowwe, behalwe water-oplosbare fosfate. Dit bevat geen nitraat (NO3- ), chloor (CL2- ) of sulfaat (SO4-- ) nie.

Aangesien Ca so ’n belangrike rol in plantgesondheid speel, sal voldoende Ca-vlakke die volgende funksies in fotosintese ondersteun: adenosien tri-fosfaat (ATP) en ade nosien difosfaat (ADP). Dit is ‘n belangrike element vir endofitiese-mikrobes in die grond en die versterking van selwande. Dit bied fisiese beskerming teen meganiese skade.

Saam met calmodulin (Ca-afhanklike ensieme) het dit polariteit vir diffusie en die opname van voedingstowwe, wat noodsaaklike funksies in die sel is. Dit bied die afskeiding van ensieme en hormone, groeikragtigheid, seldeling, genetiese-uitdrukking (RNA) vir voortplanting en vrugvorming en Ca-ensieme vir beskerming teen swam- en ander patogeen-aanvalle.

Skakel At van Schalkwyk vir meer inligting by 082 452 8983 of besoek die webtuiste www.worldfocusagri.co.za .

Energy management using Innovative Technology

UNLEASH THE GREEN REVOLUTION!

World Focus Agri products act as an organic growth stimulant throughout the plants life cycle.

ORGANIC GROWTH STIMULANT

ORGANIC LEAF NUTRITION

MICRONIZED LIME GYPSUM

LAND CORRECTORS

World Focus Agri concentrates on developing and producing organic as well as biologic growth stimulants and enhancers via root and leaf applicants. Our ambitions, change the conventional view of plant protection to plant health via its biology.

This article is from: