3 minute read
Gewasbeskerming moet in die winter steeds voortgaan
Gewasbeskerming moet in die winter steeds voor tgaan
Gewasbeskerming moet gedurende die winter - wanneer kernvrugbome in ’n dormante fase is - steeds voortgaan om peste te beheer, om ekonomiese verliese later in die seisoen te voorkom.
In die winter moet produsente hoofsaaklik op twee peste fokus, naamlik verderflike dopluis en witluis, sê Jacques Fouché, NexusAG se tegniese bestuurder gewasbeskerming.
“Altwee hierdie insekte is stadig-bewegende tot onbeweeglike sap-suigende insekte, wat op dormante bome oorwinter, waarna ’n groot getal onvolwasse kruipers in die lente deur die boom versprei. Die kruipers sal uiteindelik op die boom begin voed en in volwassenes ontwikkel.”
Jacques sê sommige van die skade-simptome waarvoor produsente moet oplet, sluit die vorming van heuningdou en gepaardgaande roet-skimmel in.
“Die teenwoordigheid van hierdie peste tydens die oesseisoen kan tot die verlies van bemarkbare vrugte lei en tot beperkte marktoegang. Kundige beheermaatreëls is nodig om ekonomiese verliese te vermy.”
Hy sê doeltreffende en volhoubare pesbeheer berus op geïntegreerde plaagbeheerbestuur. Geïntegreerde plaagbeheerbestuur is ’n holistiese benadering tot gewasbeskerming en sluit gebruike soos boerderypraktyke, monitering, biologiese plaagbeheermiddels en konvensionele insekdoders in.
“Die volgende boerderypraktyke kan gevolg word om witlui se en dopluise te bestuur: snoei en verwyder snoeisels wat sal lei tot beter spuitbedekking en ’n verminderde pesbevol king; skoon snoeisnitte en die verwydering van gebreekte takke sal witluise se skuilplekke verminder; en paaie wat gedurende die droë somer baie stof veroorsaak, moet natgespuit word om stof te beperk, want stof verhinder natuurlike vyande.”
Pesmonitering berus op drie praktyke: feromoon-lokvalle, kruiperbeweging en boom- en vrugbesmetting. Al hierdie moniteringstegnieke is tyd-intensief en ingesamelde data kan misleidend wees.
Jacques sê om die data-ontleding te vereenvoudig moet die doelwitte van elke monitering duidelik gedefinieer word.
“Die persentasie vrugbesmetting lê die grondslag vir die intensiteit waarteen insekdoders in die huidige én die volgende seisoen gebruik moet word. Vrugmonitering moet elke tweede week na blomblaarval uitgevoer word. Vyf en twingtig bome per 2 ha moet gemonitor word. Verdere geleenthede vir die bepaling van vrugbesmetting kan gedurende die uitdunning en oes uitgevoer word.
“Lokval-monitering gee ’n aanduiding van Jacques Fouché, NexusAG se tegniese wanneer die eerste ontwaking van die pes in die bestuurder: gewasbeskerming.
lente geskied. Sodra hier die ontwaking waargeneem word, kan modelle voorspel wanneer die eerste piek in kruiperbeweging verwag kan word en daarmee die geskikste tyd vir die eerste insekdodertoe dienings. Die kuiperbeweging is belangrik, aangesien die pes gedurende hierdie stadium baie vatbaar vir insekdoders is.”
Feromoon-lokvalle gee oor die algemeen nie ’n aanduiding van die vlak van besmetting nie en die vertolking van ingesamelde data moet met sorg gedoen word.
Kruiperbeweging kan ook bepaal word met die hulp van dubbel-sy-kleefband. Hierdie kleefband kan ná bot op die takke naby dopluise gebind en weekliks vervang word. Met elke vervanging kan die kleefband vir kruipers geïnspekteer word.
Jacques sê daar is nie geregistreerde biologiese beheermaatreëls beskikbaar vir witluis en dopluis nie en die bewaring van voordelige insekte moet voorkeur geniet. Dit is haalbaar deur breë-spektrum insekdoders te verminder of slegs gedurende sekere periodes te spuit. Om die maksimum voordeel uit voordelige insekte te kry, moet mier-beheer op die grond ook toegepas word, aangesien miere die peste teen natuurlike vyande beskerm.
Die winter is ’n geskikte tyd om insekdoders toe te dien, aangesien die insekte minder teenwoordig en minder aktief is en spuitmasjiene se insekdoder-toediening doeltreffender is. As beheermaatreëls in die winter korrek toegepas word, is beheermaatreëls in die somer onnodig. Hy sê indien konvensionele insekdoders wel in die somer gebruik moet word, moet dodders met ‘n verminderde uitwerking oorweeg word. Ongelukkig is daar nie ’n groot verskeidenheid hiervan beskikbaar nie. NexusAG se gewasadviseurs is produsente se vennoot met volhoubare gewasbestuursprogramme vir gesonde kernvrugbome. Hulle vorm deel van ’n omvattende span gewasspesia liste en kundiges van bedryfsliggame en internasionale en plaaslike verskaffers, wat op die voorpunt van nuwe tegnologiese ontwikkeling bly. Kontak NexusAG by 021 860 8040 of www.nexusag.net vir meer inligting.