9 minute read

Die optimale produksie van soetrissies in verskillende seisoene

Die optimale produksie van soetrissies in verskillende seisoene

Die produksie van blokvormige soetrissies het in die afgelope jare heelwat groei getoon soos die gewildheid by verbruikers toegeneem het. Dit het egter ook gelei tot verskeie uitdagings wanneer die produksie en die verbruik wipplank begin ry. Dit is ook ‘n baie goeie voorbeeld van vraag en aanbod en die uitwerking wat dit op die winsgewendheid van die produk het.

Johan Stronkhorst

SAKATA

Produsente is veral in die afgelope twee jaar gekonfronteer met algemene laer produkpryse, soos verbruik afgeneem en insetkoste die hoogte ingeskiet het. Produsente word genoodsaak om baie ernstig te fokus op praktyke om winsgewend te bly produseer en op sake wat nodig mag wees om optimale opbrengste en kwaliteit te verseker.

Een van die belangrikste aspekte in groenteproduksie bly die keuse van die variëteit. Variëteite is aangepas vir verskillende klimaatstoestande of gebiede, asook vir die siektedruk wat in verskeie gebiede voorkom. Variëteite verskil van mekaar ten opsigte van die tydperk tot bekwaamheid en wanneer hulle vrugte set – sommige variëteite kan vrugte baie vinnig set en het ‘n gekonsentreerde set baie vroeg in die seisoen. Dié variëteite is geneig om periodes te hê waarin vrugset nie plaasvind nie en dit lei tot periodes waarin vrugte nie gepluk en bemark kan word nie.

Die kwaliteit van vrugte, veral die eerste vrugte op die plant, kan deur seisoenale veranderinge beïnvloed word. Die belangrikste rede hiervoor is dat daar gewoonlik in die skouertye van seisoene geplant word - ná die winter vir somerproduksie, of laatsomer vir winterproduksie. Anders as in baie ander lande (veral in Europese lande), word die saai- en planttye van soetrissievariëteite nie in Suid-Afrika gespesifiseer nie. Gewoonlik word net siekteweerstand en totale opbrengs in aanmerking geneem.

Variëteite se vatbaarheid vir blom-endverrotting (BER) asook vrugte se wanddikte moet egter ook in aanmerking geneem word. Baie soetrissieprodusente begin nou fokus op die hoeveelheid vrugte van eerste graad en wat die pryse daarvoor is, eerder as om net op die totale opbrengs van laer kwaliteit vrugte te fokus. Die boerdery se naam en reputasie word dus ook beïnvloed volgens die kwaliteit vrugte wat gelewer word.

Die korttermyn omgewingstoestande kan ‘n baie groot invloed hê op die produksie en kwaliteit. Indien ‘n variëteit se vrugset tydens ‘n kort tydperk van koue of hitte plaasvind, kan dit die vrugte se kwaliteit beïnvloed. Vrugontwikkeling kan 6 weke duur totdat die vrugte geoes word - op ‘n kompakte variëteit kan toestande gevolglik ‘n baie negatiewe uitwerking hê.

Verskeie ander omgewingsfaktore speel ook ‘n rol kan in vrugkwaliteit. Onder sekere produksiestelsels kan bitter min gedoen word om omgewingsfaktore te verander, maar dit is goed om daarvan bewus te wees sodat dit kan help met die beoordeling van variëteite in die verskillende aanplantings.

Blomme of jong vrugte wat aborteer kan onder sekere omstandighede toegeskryf word aan lae ligintensiteit - soetrissies wat onder beskerming verbou word kan veral kwesbaar wees. Die soort plastiek of skadunet kan geskik wees vir somerproduksie, maar kan die ligintensiteit in die skouertye nadelig beïnvloed. Die korrekte ligintensiteit bepaal die hoeveelheid vrugte en vruggrootte en daar kan ook gekyk word na verskillende snoeipraktyke tydens die verskillende seisoene.

Hoë ligintensiteit in die somer lei oor die algemeen tot hoër temperature wat tot vrugabortering aanleiding kan gee. In die somer mag dit gevolglik nodig wees om bykomende skaduwee te oorweeg, hoewel dit in die meeste produksiestelsels nie werklik moontlik is nie. Die spuit van verdunde verf en ander oplossings word somtyds hiervoor gebruik, en hoewel dit ‘n positiewe uitwerking kan hê op temperatuur wat die abortering kan verminder, kan dit moontlik die plastiek se lewensduur negatief beïnvloed.

In ooplandproduksie is hierdie praktyke onmoontlik, maar daar is verskeie chemiese middels wat vir beskerming gebruik kan word - die produsent moet die toediening van hierdie produkte oorweeg ten opsigte van kostes en moontlike verliese.

Onder beskerming word die lig gedemp terwyl dit deur die plastiek en selfs skadunet beweeg. Dit het ‘n voordelige uitwerking op die plantegroei en vruggrootte en die vrugset neem toe. Dit kan ook lei tot vinniger bekwaamheid, as gevolg van die verhoogte fotosintese en dat die plant vir langer tye van die dag fotosinteer.

Verhoogde temperature het ook ‘n invloed op die beweging van voedingselemente in die plant. Die opvallendste is die beweging van kalsium in die plant, veral in die vrugte. Dit kan lei tot die verhoogde voorkoms van blom-endverrotting.

Die dikte van ‘n soetrissie se vrugwand verskil in variëteite.

Hoër dagtemperature wat gepaard gaan met hoë relatiewe humiditeit kan ook daartoe lei dat die tempo van evapotranspirasie afneem. Dit het ‘n negatiewe invloed op die translokasie van veral kalsium na die vrugte. Die produksie van soetrissies is nie net gevoelig vir dagtemperature nie, nagtemperature het net so ‘n groot invloed, met die optimale temperatuur tussen 16 ºC en 17 ºC. Soetrissies is veral gevoelig vir nagtemperature ten opsigte van bestuiwing van die blomme - laer bestuiwing lei tot kleiner vrugte en selfs misvormde vrugte.

Ander faktore wat ook ‘n rol kan speel is die plantdigtheid of die hoeveelheid stamme per hektaar. Daar moet ‘n balans wees tussen genoeg plante of stamme en die hoeveelheid vrugte wat op ‘n plant gedra kan word. Plante kompenseer self vir die digtheid - teen hoë digthede kan kleiner vrugte gevorm word, of blomme en vrugte kan selfs aborteer. Die

NA BLADSY 22

Vrugte van dieselfde soetrissieplant – vroeë vrugset (bo) en vrugset later in die seisoen (onder). Dit verskil as gevolg van die invloed van nagtemperature.

Seisoenale invloed op ‘n soetrissievariëteit – eerste vrugte is te groot (bo) en vrugte later in die seisoen (onder) met ‘n mooi grootte en vorm.

Die optimale produksie van soetrissies in verskillende seisoene

VAN BLADSY 21

plantdigtheid kan ook verskil tussen die winter- en somerseisoen.

Snoeipraktyke kan toegepas word om die regte balans tussen die hoeveelheid blare en vrugte te handhaaf en sodoende ligpenetrasie in die plant te bevorder. Baie hoë plantdigthede of blaarbedekking kan lei tot siektes wat moeilik beheer kan word, dit kan dan veral in lae ligintensiteit ‘n probleem wees. In die somer kan ‘n hoër verhouding tussen blare en vrugte voordelig wees, wat veral die vrugte teen sonbrand kan beskerm.

Met al die faktore wat hier beskryf is, is dit belangrik vir die produsent om te bepaal watter faktore op sy produksies van toepassing is en wat moontlik gedoen kan word om die optimale produksie te kry van eerste-graadvrugte. Verskeie produsente wat alreeds poog om opbrengs en kwaliteit te verbeter deur produksiepraktyke te verfyn, begin om produksies af te skaal in tye wat minder gunstig is. Die meeste produsente sal saamstem dat die belangrikste mikpunt is om sover moontlik deurlopend produkte te kan lewer, maar dan moet dit winsgewend wees.

Die vrugte van verskillende soetrissievariëteite verskil van mekaar en is aangepas ten opsigte van planttye. Hierdie foto wys drie verskillende variëteite se vrugte wat op dieselfde tyd en omstandighede geplant is.

BASF bied innoverende en volhoubare oplossings teen donsskimmel, witroes en botritis in wingerd

BASF fokus daarop om oor die langtermyn waarde en volhoubare oplossings aan produsente, die bedryf en die gemeenskap te bied. BASF is ʼn markleier in innovasie, met talle gevestigde oplossings teen donsskimmel, witroes en botritis. Nou gaan ons boer!

BASF SE OPLOSSINGS VIR DONSSKIMMEL Orvego®: Initium® en dimethomorph vorm saam ʼn kragtige kombinasie wat ʼn dubbele slag slaan in die beheer van donsskimmel op wingerd. Die voordeel van Orvego® se kort onthoudingsperiodes stel jou in staat om dit vroeg in die program toe te dien. Sy uitstekende oplosbaarheid maak die produk soveel makliker om te meng en toe te dien. Die nuwe chemiese klas waartoe Initium® behoort (FRAC Grp 45), maak Orvego® die ideale oplossing vir suksesvolle weerstandbeheer. Kruisweerstand is dus nie ʼn probleem nie. Die gunstige toksikologiese profiel van Orvego® teenoor die omgewing, gebruikers en verbruikers maak dit ʼn ideale keuse vir geïntegreerde donsskimmelbeheer. Buitengewone reënvastheid binne een uur na toediening bied beskerming op die blare en trosse, selfs tydens nat toestande. Orvego® van BASF bring ʼn innoverende oplossing vir donsskimmelbeheer in wingerd.

BASF SE OPLOSSINGS VIR WITROES Collis® kombineer kresoxim-methyl en boscalid vir uitmuntende beheer teen witroes in ʼn spuitprogram. Die twee aktiewe bestanddele reageer verskillend op en binne die plantweefsel, wat bydra tot sistemiese voorkomende werking. Dit het ook die gewenste nawerking tot gevolg. Collis® is ʼn betroubare keuse wat goed in ʼn afwisselende spuitprogram teen witroes pas.

Kumulus® WG, die ou staatmaker, is ʼn droëswaelswamdoder met goeie vermengingseienskappe. Die uiters betroubare formulasie met drie kenmerkende deeltjiegroottes wat optimum stabiliteit in suspensie het, dra by tot doeltreffende klewing en nawerking in en op die blaar- en vrugoppervlak. Hierdie eienskappe verseker vinnige werking, volgehoue vrystelling en langdurige beskerming om witroes effektief te beheer.

Vivando® se enkele aktiewe bestanddeel, metrafenone, beweeg vinnig deur die kutikula tot in die onderliggende selle waar dit opbou en vandaar verder deur die blaarweefsel versprei. Vivando® is na toediening in ʼn gasformaat rondom druiwetrosse teenwoordig, wat beskerming binne die tros bied. Dit is ook uiters reënvas en lewer goeie nawerking. Die wye toedieningsvenster sorg vir ʼn wye keuse van posisionering in die witroes-beheerprogram, met geen kruisweerstand teenoor ander aktiewe bestanddele in die beheer van witroes nie. Dis ’n uitstekende keuse om in ʼn weerstandbestuurprogram in te sluit.

BASF SE OPLOSSING VIR BOTRITIS Cantus® WG is ʼn water-oplosbare korrel met sistemiese werking, wat beskerming bied teen beide botritis en witroes. Cantus® WG se enkele aktiewe bestanddeel, boscalid, verhoed vroegtydige spoorontkieming en swamontwikkeling op en binne die plantweefsel. Dit word as enkelbespuiting voor trossluiting aanbeveel vir optimale beskerming teen botritis. Cantus® WG verseker uitstekende siektebeheer en buitengewone werking sonder die risiko van kruisweerstand. Die betroubare formulasie verseker uitstekende reënvastheid na toediening, en dus is geen hertoediening na reën of besproeiing nodig nie.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk • Sestiendestraat 852, Midrand 1685 • Posbus 2801 • Halfweghuis 1685 • Tel: +27 11 203 2400 • Faks: +27 11 203 2461 • E-pos: agcelence-za@basf.com. Cantus® WG Reg. Nr. L7444 Wet Nr. 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: Boscalid 500 g/kg. • Collis® Reg. Nr. L7489 Wet Nr. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Boscalid 200 g/ℓ. Kresoxim-methyl 100 g/ℓ. Kumulus® WG Reg. Nr. L2404 Wet Nr. 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: Sulphur 800 g/kg. • Orvego® Reg. Nr. L9185 Wet Nr. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Ametoctradin 300 g/ℓ. Dimethomorph 225 g/ℓ. Versigtig. • Ametoctradin - Initium® • Vivando® Reg. Nr. L8352 Wet Nr. 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: Metrafenone 500 g/ℓ. • Verwys asseblief na produketikette vir volledige gebruiksaanwysings. Cantus® WG, Collis®, Kumulus® WG, Initium®, Orvego® en Vivando® is geregistreerde handelsmerke van BASF.

This article is from: