6 minute read
Spanpoging werp vrugte af
Die Suid-Afrikaanse Boer van die Jaar-toekenning word jaarliks deur die SA Landbouskrywers gemaak ná ‘n beoordeling wat plaasbesoeke insluit. Jan le Roux van die Le Roux Groep is 2021 se wenner.
Jan Greyling
MEDEWERKER
Wanneer die plaas en boerdery in jou bloed is en jy jare lank aan die ratte van die korporatiewe wêreld blootgestel was, is kommersiële boerdery ‘n gesonde lewens droom. Sonder behoorlike sake- en landboureëls, medemenslikheid en ‘n spanpoging, sou die visie van Suid-Afrika se Boer van die Jaar 2021, Jan le Roux, ook net ‘n droom bly.
Vandag is hierdie onderneming ‘n omvangryke tafeldruif- en steenvrugproduserende onderneming wat jaarliks sowat 3 miljoen kartonne vrugte uitvoer.
Jan le Roux, die man aan die stuur van sake by die Le Roux Groep in die Boland, is ‘n doel- en mensgerigte landbousakebestuurder. Hy is getroud met Nerina Allemann en hulle is die ouers van ‘n seun, Niel, en twee dogters, Jarene en Andrea.
“Ek het op die Mooikelder Landgoed in Noorder-Paarl grootgeword. Daar het my liefde vir boerdery met tafeldruiwe en steenvrugte ontstaan. Ek het aan die Stellenbosch Universiteit as as geoktrooieërde rekenmeester gekwalifiseer, daarna begin werk en in 1994 eers met my boerderyfokus begin.”
Le Roux het dinamies in die sakewêreld gevorder nadat hy in Julie 1975 as finansiële direkteur by die Pepkor Groep begin het en ná ‘n onderbreking as Pepkor se internasionale groep uitvoerende hoof in 2001 uitgetree het.
Die woord “kan nie” bestaan nie in Le Roux se woordeskat nie. “Ek is ‘n werkholis en ‘n perfeksionis en soms meng die twee nie so lekker nie,” lag Le Roux.
‘n Pakket van potensiaal Broodkraal Landgoed is geleë aan die suidwestelike kant van Piketberg. Mooikelder en Joubertsdal is buite Noorder-Paarl en Sandrivier en Fruit2U is geleë net buite Wellington.
Jan le Roux (links) en Hugo Lochner, die landsbouskrywer wat hom as Boer van die Jaar genomineer het. Foto verskaf.
Om seker te maak slegs wêreldklas pruime bereik die verbruiker, fokus Yolandi Wilson (links) en Caroline Baardman op grootte-gradering. Foto: Jan Greyling.
Nog voordat hy tot die boerdery toegetree het, het Le Roux in 1981 ‘n deel van hul familieplaas, Joubertsdal, gekoop en later sy grootwordplaas, Mooikelder. Dié twee plaasdele word as Mooikelder Boerdery bedryf, wat op tafeldruiwe vir die uitvoermark fokus. In 1995 het hy Broodkraal, ‘n koringplaas by Piketberg, bygevoeg om die tafeldruifproduksie uit te brei.
In 1994, toe die boerdery begin roep het, koop Le Roux ‘n koringplaas naby Wellington en noem dit Sandrivier Landgoed. Vandag word hier gekonsentreer op pruim- en nektarienverbouing, beide vir die uitvoermark.
Op Broodkraal is ‘n groot dam en drie pakhuise gebou wat later met ‘n vierde pakhuis uitgebrei is. In 2003 is die steenvrugtepakhuis en verkoelingsfasiliteit, Fruit2U Packers, by Sandrivier, Wellington, opgerig. Teen 2016 is nog 124 ha tafelduiwe op Broodkraal Landgoed gevestig. Die groep boer tans met 192 ha steenvrugte en 654 ha tafeldruiwe.
Beide Sandrivier en Broodkraal was koringplase, wat in arbeidsintensiewe produksie-eenhede omskep is. Daar word gesogte geel, rooi en swart pruime verbou, asook tafeldruifkultivars waarvoor daar ‘n internasionale aanvraag is.
“Nuwe genetika is die grootste bydraer tot groei in die groep,” sê Le Roux. “Daar vind tans ‘n konsolidasie van markgerigte uitvoerkultivars plaas. Swakker produserende kultivars word met produktiewe kultivars vervang. Hierin alleen is daar soveel groei dat nuwe infrastruktuurprojekte ook aangepak sal moet word.”
Die groep se boerdery-, verpakking- en uitvoeraktiwiteite kry water uit die Bergrivier. Le Roux en sy bestuurspan gebruik grootliks beperkte oppervlakte mikrobesproeiing wat aangepas is by gewasse se lewerings- en waterbehoefte.
“Om te verseker dat ons wingerdstokke en vrugtebome voldoende water kry gebruik ons elektroniese vogmeters, wat deurlopend per besproeiingsperiode die data op ‘n mikroskyfie aflaai en in ‘n bestuursprogram verwerk word. Mikrobesproeiing, in beide die wingerde en boorde, word ook digitaal en elektronies beheer. Daar is veel meer as net grond, die beste plantmateriaal, pes- en plaagbeheer en bemesting ter sprake. Tegnologie speel ook ‘n groot rol,” sê Le Roux.
NA BLADSY 30
seeds | science | service
SV 6131 PB*
• Suitable for open field production • Excellent leaf coverage for protection against sunburn • Dark green fruit colour • Uniform fruit with good leaf attachment • Vigorous plant • Excellent disease package
Revelation
• Good shelf life • Average fruit size of 10 x 10 cm • Blocky sweet pepper • Suitable for the fresh market
King Arthur
• Vigorous growth, excellent fruit quality and widely adaptable open field variety • The large, blocky peppers are sweet, thick-walled, and ripen from green to bright red • Average fruit weight: 250 – 350g
PS 16351609*
• Tolerant to
Phytophthora capsici • Extended harvest periods • Improved marketable yield
Spanpoging werp vrugte af
VAN BLADSY 27
Spanleier Mario Koen (links) en Stephan Strauss (Sandrivier Landgoedbestuurder) in die pruimboorde op die plaas wat op uitvoer vrugte fokus. Foto: Jan Greyling.
Le Roux bevestig dat die groep se markte vir uitvoergehalte vrugte hoofsaaklik in Europa, die Verre Ooste en SuidoosAsië, asook Noord-Amerika geleë is. Om kliëntetevredenheid te verseker is die fokus op produkte van goeie kwaliteit, deurlopende versorging van goeie verhoudinge met die diensverskaffers in die uitvoerkanaal, die mark en kliënte.
“Ons pas deurentyd aan by die behoeftes van die mark, ook wat vrugsoorte en verpakking betref. Die Le Roux-groep gebruik sover moontlik net herwinbare plastiek en kartonne.”
Vaardige mense is die sleutel Volgens Le Roux is mense die belangrikste bate in enige besigheid en ‘n mens moet altyd begrip hê vir jou medemens.
“Die groep het aanvanklik met geen werknemers begin nie. Vandag boer ons nie eintlik met tafeldruiwe, pruime en nektariens nie, maar wel met mense. Hierdie is werksgeleenthede wat vantevore nie bestaan het nie en deur die Le Rouxgroep geskep is.”
“Kry verstand op die werf,” is een van Le Roux se unieke uitdrukkings. “Ek glo daarin om die vaardigste werknemers vir bepaalde take aan te stel. Ten einde by te bly met die tempo waarteen die wêreld vorentoe beweeg, moet werknemers dien ooreenkomstig opgelei word.”
Die groep het sowat 1 000 voltydse werknemers, terwyl die getal tot nagenoeg 6 200 groei met bykomende seisoenale werknemers in seisoentyd. Elke landgoed het ‘n landgoedbestuurder met produksiebestuurders en ander toepaslike vlakke van bestuur. Die groep word oorhoofs deur ‘n hoofbestuurspan gekoördineer.
Die Le Roux-groep beskou swak infrastruktuur in die Kaapstadse Hawe as die hoogste hekkie wat hulle moet oorkom.
“Dan is daar ook die skaarste aan vraghouers en natuurlik die bestuur van die koueketting, wat met die huidige energiewerklikhede ‘n groot frustrasie is. Moet ook nie die deurlopende toename in regulasies hier asook internasionaal se gevolge vergeet nie.”
Dit is juis waarom die rol van georganiseerde landbou ook vir Le Roux en sy span krities belangrik is. “Om hierdie rede is ons groep op verskeie platforms en vlakke betrokke om te sorg dat dit wat op grondvlak gebeur oorgedra word aan die vertikale terugvoerkanale,” sê Le Roux.
Die Le Roux-groep wil in die volgende vyf jaar fokus op die konsolidering van produktiewe markgerigte uitvoerkultivars. “Ons doelwit is om volhoubaarheid te bly verbeter met ‘n bekwame arbeidsmag, watersekerheid, produksie onder nette en hernubare energie.”
Soos wat Le Roux tereg sê: “Check net,” terwyl hy eintlik bedoel dat die insameling van alle tersaaklike feite gekontroleer word en dit deurvolg met: “Solve a problem by solving it and not moving it around”.