Cheers Vol. 43 July / Aug 2019

Page 50

TUISNYWERHEID |

EMILE JOUBERT

TROOSKOS IN DIE BINNELAND IS DIT KOUD, YSIG EN BITTER. VRA NET VIR IEMAND WAT ’N WINTER OP BLOEMFONTEIN OF BETHLEHEM DEURGEBRING HET. RYP LAAT DIE GRAS KRAAK. MENS SE ASEM WORD WALMS – EN DAAR’S NIKS LEKKERDER AS ’N BORD SOP NIE.

S

op is seker die ware universele kossoort. Ek meen, watter land bestaan waar daar geëet word en nie sop gemaak word nie? En al het jy die vernaamste kosskeet of -allergie sal daar ’n sop vir jou wees. Vegetariërs het honderde groentesoppe om van te kies. Diegene wat allergies is vir gluten kan van sop alleen lewe. Selfs vegans kan hul verlustig aan meer sopsoorte as wat jy op jou vleisverarmde vingers kan tel. En selfs vleislustiges, ware karnivore, sal soppe vind om hul siel te voed en krag in te win. Maar belangrikste van als, wat is lekkerder as ’n bakkie warm sop op ’n winteraand? Met ’n dik sny vars brood en glasie soetwyn? Ek skop af met ’n vleissop, met boontjies en tamatie. LAMSKENSKEL SOP Bedien ses tot agt mense 700 g kortgesaagde lamskenkels Meel 1 ui, fyngekap 3 huisies knoffel, fyngekap 2 selderystokke, in blokkies gesny 3 groot wortels, in blokkies gesny Olyfolie 2 liter vleisaftreksel 2 lourierblare 1 blik gekapte tamaties 3 blikke borlotti-bone Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 1 Rol die lamskenkels in ’n bietjie meel. Skud die oortollige meel van die skenkels af. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot kastrol. Braai die skenkels tot bruin. Haal die skenkels uit die kastrol, dop nog ’n bietjie olyfolie in die kastrol en braai die knoffel, seldery en wortels vir sowat 10 minute tot sag en sweterig. Sit die skenkels terug by die groente en voeg dan die vleisaftreksel, lourierblare, geblikte bone en geblikte tamaties by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Kook nou vir minstens 6 ure – of verkieslik stadig oornag. 2 Skep vir elke porsie ’n stukkie been by. Dit is lekker om af te suig en bewys dat daar eens vleis aan was.

48 w w w .t o p s a t s p a r. c o . z a


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.