Esprit april 2014 (low res)

Page 1

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

april2014 betroubaar • integ riteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Suidwes vind sy ware noord >3

Deur jou lens gesien

Kyk al die foto's >8

u o h t n o

Vir pa's en kinders >19

mpy-esprit 3 personeel-esprit 8 pitkos 17 popcorn-pretblad 18

>7

>10

>9

agterstoep 20


Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

inhoud

die toekoms in beeld

mpy-esprit

Die finansiële jaar lê op sy rug en ons sien met groot verwagting uit na die nuwe jaar. Die oeste lyk belowend maar ons weet ook in besigheid moet elke geleent­heid aangegryp word. Tydens die World Café-werkswinkel het Louis Smit die visie van die Suidwes Groep van Maatskappye, soos die plakate hiernaas uitbeeld, met die personeel gedeel. Personeel het ook geleentheid gekry om insette te lewer en ‘n bydrae te maak tot die pad vorentoe. Bestuur het dit goed gedink om dit wat bespreek is ook visueel vas te lê in die vorm van plakkate wat reeds na alle bedryfspunte uitgestuur is.

Suidwes vind sy ware noord Kortliks Kaas en wyn op Bultfontein Raddix – jou persoonlike polis

personeel-esprit Deur jou lens gesien 8 Wat jy saai sal jy maai 13 Hoeveel kersies op die koek? 14 Hou bene hou 14 Lief en leed 15 Langdienstoekennings 15 Van Klerksdorp tot die Kaap – 'n droomavontuur

Die plakkate sluit in:

pitkos

1. Die visie van Suidwes

Paasfees — 40 dae se viering in jou huis

2. 'n Grafiese voorstelling van die strategiese rigting van die maatskappy

agterstoep Droomreis na Jaiharikal Kompetisie: wat sê die prentjie?

Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie.

2

die gees van ons mense

20 20

voorblad medewerkers

Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign

17

Uitslag van kompetisie 18 Soek die verskille 18 Karatekas vorder fluks 18 Net vir kinders en pa's 19 Uitslag van Lip-lek-lekker-wafelkompetisie 19

Deon Badenhorst Bestuurder: Menslike Hulpbronne

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719

16

popcorn-pretblad

3. Die “We choose to ...”-plakkaat is ‘n opsomming van die personeel se verbintenis tot die pad vorentoe. Die plakkaat fokus op dit wat ons moet begin doen, aanhou doen en ophou doen. Personeel gaan deurlopend herinner word aan die strategiese rigting wat die maatskappy gaan inslaan. Dus ...”watch this space!”.

Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

3 4 5 6

Annie Modiakgotla, anniem@suidwes.co.za Corrie Marais, corriem@suidwes.co.za Annemarie Carelzen, annemariec@suidwes.co.za Elrina van Heerden, elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe, ettienevdm@suidwes.co.za Ilse Sparrow, ilses@suidwes.co.za Joey van Rensburg, joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl, karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots, lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff, marlisdg@suidwes.co.za Marita Burger, maritab@suidwes.co.za Rebecca Legabe, rebeccal@suidwes.co.za Riekie du Preez, riekiedp@nwet.co.za Sunelle van Rooyen, sunellevr@suidwes.co.za Tania Mostert, taniam@suidwes.co.za Zelda van Reenen, zeldavr@suidwes.co.za

Die gras is beslis groener aan hierdie kant van die draad. In hierdie geval is dit wel lusern en geen gesaaide het al so soet gesmaak nie! Die foto is geneem tydens die eerste sny, of te wel 'clean cut' van die lusern by die Amtaarprojek in Soedan. Van links is Gerald Dunhin, Wessel vd Walt, IB Oosthuizen en een van die stroper-operateurs. Fotograaf: Deon Badenhorst (Bestuurder Menslike Hulpbronne)


ware noord

maatskappy-esprit

Suidwes vind sy Soos almal reeds weet is Suidwes in die proses om van rigting te verander. Hier­die besluit sal voorsiening maak vir ’n boere­besigheid met ’n “koöperatiewe” baadjie en publieke maatskappy sonder enige beperkinge. Die nuwe rigting wat bestuur inslaan, word deur 'n 'strategiese kompas' aangewys.

T

ydens die onlangse roadshows aan en die volgende mylpale is oor die afgelope aandeelhouers en klante was dit lekker 18 maande bereik, naamlik: om te kon rapporteer dat die strate­giese • Die afverkoop van Suidwes se debiplan waarop die maatskappy in 2012 besluit teure aan Landbank vir ’n bedrag van R885 het, suksesvol geïmplementeer is. Die roadmiljoen. Kostelose oorname van Fincrop, shows is vanjaar in samewerking waarna die naam verander is na met plaaslike boereverenigings "Alle klante van die AgriCapital. Agri­Capital sal as die gereël waartydens die UK aan voertuig gebruik word om kredietmaatskappy kan aandeelhouers en klante verslag fasiliteite te bemark buite Suidwes aandele in Suidwes gedoen het oor gebeure die afse tradi­ sionele bedieningsgebied. Beherend bekom gelope 18 maande. Sedertdien is die boek reeds verEk herhaal graag weer die dubbel tot sowat R2 biljoen. In die deur bloot met hoogtepunte wat tydens hierdie proses is die risiko van debiteure vir die maatskappy periode bereik is. Suidwes dramaties verminder. besigheid te doen." Die tradisionele boerebesig• Die verkryging van ’n 99.96% beheid wat finan­siering, graanhanlang in Agrinet vir R135m. Na die tering, meganisasie en handel insluit, word verkryging is die Valley belang van Agrinet in Suidwes Landbou gehuisves met ’n agverkoop aan Valmont in die VSA vir ’n bedrag gresiewe aansporing- en kortingskema vir van R91 miljoen, dus ’n netto kontantbedrag klante. Dit beteken in die praktyd dat alle vir die verkryging van Agrinet van R44 milklante van die maatskappy aandele in Suidjoen. wes Beherend bekom deur bloot met die • Die verkryging van ’n 50% belang in maatskappy besigheid te doen. Triomf Trading sonder enige belegging. Die res van die Groep se aktiwiteite word Triomf Trading het eksklusiewe bemarkings­ in Africum gehuisves, wat onder andere Agriregte vir Triomf kunsmis in Suid Afrika. Suidnet, Nvirotek, Triomf Trading, NWET, Terratek wes hou die agentskap vir Triomf kunsmis in International en AgriCapital insluit. Hoewel sy tradi­sionele bedieningsgebied. Africum tans 100% aan Suidwes Beherend • Suidwes het deur Terratek 'n multi milbehoort is die aandele vrylik verhandelbaar joen Rand-kontrak bekom in die Saharagesonder enige voorkoopregte. bied in Noord-Soedan vir die verskaffing van Om by hierdie finale struktuur uit te kom landboukundige adviesdienste. Geen belegwas daar verskeie prosesse en statutêre pro­ ging anders as mense-kapitaal is deur Suidse­dures wat dit voorafgegaan het. Hierdie wes gemaak nie, dus sonder enige risiko vir was alles deel van die oorspronklike strategie aandeelhouers.

• Suidwes Beleggings-aandele is vir R200 miljoen teruggekoop wat waarde aan aandeelhouers ontsluit. Na die transaksie keur aandeelhouers oorweldigend die aan­ sporing- en kortingskema vir boereklante goed. Die skema word terugwerkend geïmplementeer en betaal reeds R41 miljoen terug aan klante in die 2012/13 finansiële jaar. Die totale waarde-ontsluiting vir Suidwes­ aandeelhouers en -klante beloop dus sowat R240 miljoen. • Suidwes wys 'n rekord wins van R133 miljoen in die 2012/13 finansiële jaar. • Die Handelsdivisie gradeer 12 handels­ takke op om die koopondervinding van klante dramaties te verbeter, eenvormigheid te bewerkstellig en reekse in takke te standaardiseer. • Vier graanbunkers word opgerig terwyl aflaaigeriewe by strategiese silokomplekse verbeter word om graanhantering vir klante te verbeter. • Die meganisasiemodel is aangepas met die implementering van diensbakkies om ’n beter diens op plase te lewer. • Suidwes se omvattende finansieringspro­ dukte en die jongste stand in die Graanmarkte is ook met klante bespreek. Tot datum is die roadshow gehou by Hoopstad, Wesselsbron, Migdol, Leeudoringstad, Strydpoort, Bultfontein en Bothaville. Louis Smit Groep-uitvoerende bestuurder (CEO)

april 2014

esprit de corps

3


<kortliks>

maatskappy-esprit

Suidwes ondersteun plaaslike opleiding

kortliks

Meganisasie trek swaar Bravoplex 307 is ’n SEB opleidingsmaatskappy wat vanuit Leeudoringstad bedryf word. Dié maatskappy, hulle assessors en fasiliteerders is by AgriSeta geakkrediteer. Bravoplex 307 fokus grootliks op die primêre landbou. Suidwes het R100 000 aan Bravoplex 307 geskenk vir die opleidingsprogram, Animal Production, wat op 31 Maart 2014 begin het. Vyftien plaaslike mense woon die opleiding by. Die meeste van die leerders is van die omliggende omgewing en is almal betrokke met diere soos varke, beeste en bokke. Die opleidingsprogram strek oor drie weke en studente ontvang sertifikate na afloop van die program. Ander opleidingsprogramme soos reke­ naaropleiding en selfs opleiding vir bestuurs­lisensies word oorweeg. Die sken-

Suiwes oorhandig 'n tjek van R100 000 aan Bravoplex 307 vir die opleiding van plaaslike mense in diereproduksie. Van links is Suliman Haffejee (Direkteur Kimama), Israel Kunene (Bemarkingsbestuurder Bravoplex), Ompie Phutiuagae (Skakelbeampte en Bemarkingsdirekteur Bravoplex), Ruth Kunene (Administrasie en Personeel­ bestuurder Bravoplex), Roy Sehunoe (Besturende direkteur Bravoplex) en Louis Smit (Groep-CEO Suidwes).

king vorm deel van Suidwes se sosiale verantwoordelikheidsaksie. Marlis de Greeff Bestuurder Administrasie & Diensbillikheid

Meganisasie ondergaan 'n herstrukturerings­ proses. Die divisie lei tans groot verliese weens die langdurige droogte en die daling in die aanvraag na heelgoedere. Hierdie feite laat bestuur met geen ander keuse as om die besigheid krities te evalueer met die oog op moontlike kostebesparing nie. Hoewel hier­ die uiters ontwrigtend en onaangenaam is, is dit ongelukkig onvermydelik. Bestuur het onderneem om die proses so gou moontlik af te handel.

Roadshows goed bygewoon Die Suidwes-UK is besig om 'n aantal Roadshows te doen. In Februarie en April is Migdol, Leeudoringstad, Bamboesspruit en Bultfontein besoek waar bestuur aan aandeelhouers en klante verslag gedoen het oor gebeure die afgelope 18 maande. Die volgende een vind op 4 Junie 2014 op Bothaville plaas.

Skoolkinders ook nuuskierig oor Soedanprojek

Die Soedanse minister van landbou en die minister van investering, verteenwoordigers van die UAE se koningshuis en ander beleggers in Soedan het die Amtaar-projek besoek. ‘n Bus vol skoolkinders het saamgekom om die projek te besigtig. Carl Bierman vertel dat die twee ministers hulle waardering vir die Terratekspan uitgespreek. "Hulle wou ook hoor of ons vir hulle ‘n lesing kan kom gee in Kartoem oor Terratek se gebruik van die tegnologie," sê Carl.

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense

Louis Smit spreek die gehoor toe tydens die besoek aan Migdol. Die opkoms was redelik goed, sowat 64 mense het die byeenkoms bygewoon. Karin Kruger (Aankoper Migdol Handel) en haar baie gewillige span kollegas was verantwoordelik vir die reëlings. "Dit het vreeslik gereën daardie dag, maar teen 17:00 het die een bakkie na die ander by die boeresaal ingetrek. Baie boere kon as gevolg van die reën nie by die saal uitkom nie," sê Karin.


maatskappy-esprit

< handel-opgradering>

Kaas en wyn

maatskappy-esprit

op Bultfontein

Die Bultfonteintak is op ware Suidwesstyl geopen met 'n uitnodi足ging aan die plaaslike klante. Die takopening is goed ondersteun. Voor links is Juluis, Naas , Andre, Sanet, Simon, Charmaine en Jaco, Agter van links is Auret, Tjaart en Sascha.

april 2014

esprit de corps

5


vooruitgang

ONS HET DIT REGGEKRY! Vir Terme & Voorwaardes gesels met jou makelaar

6 8 6 6 6 6

%! ./- /!#%! 1 * "-% 0) +) ./- /!#%!.! !(!##%*#. %* !.%#$! ! 0%/! %! +*)% !((%'! '!-* !.%#$!% 1 * 0% 2!. /! ) ' $!/ 1%- ,!-.+*!!( 1 * 0% 2!. 8* *02! #!(!!*/$!% #!.'!, "-% 0) %. 8* !(!##!- %* Raddix 8* '+-,+- /%!2! 1!-.!'!-%*#.#-+!, %* 0% "-%' %! ,+.%.%! 1 * Raddix %* %! ) -' %! * 0% 2!."%* 8* #!(!!*/$!% 2!!*. %! ! %*#%*#.) # 1 * $%!- %! -+!, * +*( *#.! * 1+-.%*# 2 / !0- 0% 2!."%* !-.!'!-%*# +* !-*!!) %. $!/ +*. ,!-.+*!!( +*+)2+* ! %! 2 - ! 1 * !'+./%# -! ,-!)%!. 2 / +* !-./!0* 2+- !0- !/-+0 -! 1!-.!'!-%*#. !''%*# !'(!)/++* !-.+*!!( 2 / !!(#!*!!) $!/ * %! * 1+-.%*# $!/ ++' !'(!)/++* $+! !( *#-%' ,-+"!..%+*!(! +* !-./!0*%*# !* #+!%! !%.! %!*. %.

%! *02! %3 !* . 9 ,-+ 0' %. +*/2!-, +) .,!.%"%!' * &+0 !$+!"/!. /! 1+( +!* !* 0% 2!."%* %. !!* 1 * %! !!-./! ) '!( -4! %* 0% "-%' 2 / /+!# *# !'+) $!/ +) $%!- %! ,-+ 0' * 0% 2!. ,!-.+*!!( * /! %! /!!* / -%!2! 2 / !'.'(0.%!" ! %*# %. 1%- 0% 2!. ,!-.+*!!(

%! )%*%./- /%!2! !* !%.! %!*. 2+- 1 *0%/ (!-'. +-, !0- Raddix $ */!!- %/ ./!( +*. %* ./ / +) 0%/!*#!2+*! %!*. /! (!2!- !* !/!- * +*. '(%5*/! .! !( *#! +) /! .%!*

6

die gees van ons mense


Mededingende

2

Wat maak R Spesiaal?

Persoonlike Polis

IVP ( Motor - Intree Vervangingswaarde Polis)

maatskappy-esprit

Dekking/Voorwaardes/Bybetalings

Jy kan jou voertuie teen die markwaarde, op die datum van die uitneem van die polis verseker. Hierdie bedrag word dan uitbetaal indien jou voertuig gesteel of afgeskryf word dit ten spyte van waardevermindering op die voertuie. Dit beteken dat jy geen addisionele versekering benodig om die impak van finansiering op jou versekerde waarde van jou voertuig te verseker nie.

‘n  Bonus  al  het  jy  EISE  ? Jy kan ook jou premie vir ‘n spesifieke maand vir slegs R1 bekom , sou jou drie jaar eise/premie verhouding minder as 60% beloop.

PLATTELANDSE VENNOOTSKAP

R1

premie

Suidwesfin/Raddix/Renasa bied al die voordele van persoonlike diens, ondersteuning en advies op u voorstoep. Skakel gerus jou naaste Suidwesfin Versekering adviseur en wen op jou premies met die nuwe R² produk van Raddix – ‘n strategiese vennoot van Suidwes.

KAN JOU MAKELAAR DIT DOEN? NOU WAARVOOR WAG JY?

SUIDWESFIN: ADVISEUR & VERSEKERINGSKANTOOR BEDRYFSPUNT

ADVISEUR

Schweizer-Reneke/Migdol/ Gary Middleton Delareyville Vryburg/Stella

Marita Burger

SEL

LANDLYN

E-POS

082 888 6087 053 963 1489 garym@suidwes.co.za 083 888 6095 053 927 5681 maritab@suidwes.co.za

Wolmaransstad/Makwasie/ Blikkies Blignaut Klerksdorp

082 883 4699 018 596 2320 blikkiesb@suidwes.co.za

Christiana/Hertzogville/ Hoopstad/Bloemhof

082 888 6098 053 441 2213 isabelh@suidwes.co.za

Isabel Hattingh

Leeudoringstad/Bothaville/ Venessa Oldewage 082 909 9644 018 581 2515 venessao@suidwes.co.za Wesselsbron Aangebied deur Suidwes registreer steverskaffer. FSP 15 489.

Raddix is ‘n Gemagtigde FinansiĂŤle Diensteverskaffer: FSP no. 44458

april 2014

esprit de corps

7


deur jou lens gesien

kiek

Na die goeie reën wat in ’n groot gedeelte van ons bedienings­ gebied geval het, het die wêreld in ’n paar dae totaal verander. Riviere en spruite het weer water en die veld is groen. Personeel is uitgedaag om foto’s in die omgewing te neem en deel te neem aan die fotokompetisie.

T1/5

Tema 1:

natuur & sonsondergang

Petro Vermeulen T1/6

T1/1

Kies die wenners Stem vir die foto's waarvan jy die meeste hou by elke tema. Hou beligting, komposisie, fokus en die algemene kwaliteit van die foto in ag. 1. Kies die twee beste foto's uit elke tema en e-pos die nommers van die foto's (regs bo in elke hoek).

Petro Vermeulen

Elzaan van Wyk

Blom van die maroelaboom

T1/2

T1/7

2. Kies ook die twee foto's wat jy dink die algehele wenners behoort te wees en noem dit in jou e-pos. e-pos: esprit.kompetisie@gmail.com Onthou om jou naam, van en posbenaming in te sluit. Die wenners sal in die volgende esprit aangekondig word. Temas: 1. Natuurfoto: iets wat eie is aan jou omge­ wing, bv. sonneblomme, mielies, vee, 'n treffende sonsondergang, ens. 2. Boerdery-aktiwiteite: soos besproeiing, plant, stroop, skape dip, vee­veiling, ens. 3. Foto’s met Suidwes-logo: soos graansilo’s, mega­nisasie-diensvoertuie op die plaas, boeredae waarby Suidwes betrokke is, ens. Pryse: 1. Temawenner – 1ste R250; 2de R100 2. Algehele wenner: 1ste R1000 2de R500 Esprit vertoon graag van die foto's wat ontvang is. Daar is 'n hele paar talentvolle fotograwe onder julle. Mooi gekiek.

8

die gees van ons mense

Elzaan van Wyk

Elzaan van Wyk

T1/3

Elzaan van Wyk

T1/8

Elzaan van Wyk

T1/4

T1/9

Elzaan van Wyk

Adriaan van Zyl


T1/10

T1/16

esprit

Adriaan van Zyl

Sonneblomme in die lande tussen Clocolan en Ladybrand

T1/17

T1/11

Petro Vermeulen

Conrad Theron

Reivilo sonsondergang

T1/12

T1/18

Carlien Pretorius

Carlien Pretorius

T1/13

T1/19

Carlien Pretorius

Conrad Theron

T1/15

T1/20

Analie Kotze Bloemhof

T1/14

Adriaan van Zyl

Adriaan van Zyl

Petro Vermeulen

april 2014

esprit de corps

9


Tema 1:

T1/24

T1/29

natuur & sonsondergang

Piet Delport T1/25

Ettiene van der Merwe T1/21

T1/26

Danny Viljoen T1/30

Ettiene van der Merwe T1/31

JP Lidderd Ettiene van der Merwe T1/22

Louise-Marie Pienaar T1/23

Magaretha van Wyk

10

die gees van ons mense

Sonsopkoms op die plaas Rietfontein in die winter T1/27

Magaretha van Wyk T1/28

Magaretha van Wyk

Louise-Marie Pienaar T1/32

Magaretha van Wyk T1/33

Thinus Graham


T1/34

T1/35

personeel-esprit

Petro Vermeulen T1/36

Nerine van Rensburg

Mari van der Colf

Petro Vermeulen Tussen Leeudoringstad en Makwassie

T1/38

Buisfontein Safari Lodge T1/39

T1/37

Patrick Nellisen

Petro Vermeulen

april 2014

esprit de corps

11


T1/40

T1/41

T1/42

Daleen Lubbe “Aan die einde van die reënboog staan ’n pot vol goud.”

Piet Delport T2/2

Stefan van Dyk T2/4

Tema 2: boerderyaktiwiteite

Thinus Graham T2/1

Piet Delport

T2/3

JP Lidderd Spilpunt op die plaas Rietfontein

JP Lidderd

T3/1

Tema 3:

foto's met Suidwes-logo

Ben Jacobs

12

T3/2

T2/3

Magaretha van Wyk

Petro Vermeulen

die gees van ons mense

T2/4

Petro Vermeulen


personeel-esprit

Wat jy saai sal jy maai Studente voltooi opleiding in sonneblomgradering AS 'n leerling by Suidwes in gradering opgelei is en aan die streng vereistes voldoen het, is hy of sy gereed om hulle plek in die maatskappy vol te staan. Op 6 Februarie het die graanleerlinge hulle opleiding in sonneblom-gradering ontvang. Die assessors en mentors gee baie aandag aan die opleiding van die leerlinge en die vereistes van die gradering is baie streng. Daar moet aan die volledige graderingsregulasies voldoen word voordat ’n leerling bevoeg verklaar kan word. Ander silopersoneel kry ook die geleentheid om hul te bekwaam. "Dit was ’n baie stresvolle dag vir die leerlinge en mens kon sien dat almal hulle uiterste bes probeer, die konsentrasievlakke was baie hoog. Geluk aan elkeen wat bevoeg verklaar is," sê Marlis de Greeff (Bestuurder Administrasie & Diensbillikheid). Deur die dag was daar egter ook tyd vir pret en die assessors het vir ligter oomblikke gesorg toe hul die regte siftingsaksies gedemonstreer het.

april 2014

esprit de corps

13


feestelik

Hoeveel kersies op die koek? Dis nou al 'n instelling dat Louis Smit en George Potgieter uit hulle eie sakke vir die personeel van Leeudoringstad 'n verjaardagpartytjie hou. En as mens saam 'n 102 jaar oud word, is dit iets om te vier. Worsbroodjies, koeldrank en ietsie sterkers te drinke is aangebied. Sunelle van Rooyen en Annemarie Carelsen het die saam-kuier gereël. "Dit is vir ons as personeel ‘n voorreg om die partytjie te reël, Louis en George is die eerste bestuurders wat so iets doen," sê Sunelle. "Die kwinkslae het weer heen en weer getrek en mens kon sweerlik die gelag tot buite Leeudoringstad hoor."

Bo: Die medalje wat Roenel losgedraf het. Bo regs: Roenel en haar vriendin, Corlia Strydom, by die begin van die Rio-wedloop. In die agtergrond is die Rio Casino & Convention Centre.

Daleen en George Potgieter, Sandra en Louis Smit, Patrick Nelissen en Riaan de Lange kuier saam. Daleen en Sandra is George en Louis se steunpilare en besigheidsvennote.

Roenel van Heerden (Adminbeampte, Handel) het sommer vroeg hierdie jaar met haar eerste wedloop klaargespeel. Sy het in Februarie aan die Rio-wedloop deelgeneem. "Ons het by die Rio Casino & Convention Centre op Klerksdorp weggespring, deur die woongebied gedraf en weer by die Casino geëindig. Dit was ’n heerlike wedloop," vertel sy. Roenel was ook so gelukkig om ’n R500-geskenkbewys van Sportsmans Warehouse los te slaan.

Hou bene hou Roenel se tweede maraton het haar tot in Oos-Londen geneem. Sy het op 2 Maart aan die Buffs Maraton deelgeneem. "Dit is die eerste jaar wat ’n half-maraton (21 km) by die vol-maraton (42 km) ingesluit is. Die omgewing is baie mooi, maar ook ’n uitda­ging – die kus is mos bekend vir aggresiewe bulte – gelukkig is daar vir elke bult ’n afdraande.” sê Roenel.

14

die gees van ons mense


lief & leed

Wilhelm kry die ja-woord

Esprit het Anél en Wilhelm gepols oor hulle verhouding.

Wat het jou die eerste van Wilhelm opgeval waarvan jy gehou het? Ek kon vir ure met hom oor enige iets gesels – en hy is iets vir die oog.

Ervaar die gees van ons mense

Wat dink julle is die 'gom' wat huwelike aanmekaar hou? Kommunikasie – met jou maat en die Here.

Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Annemarie Carelzen (PA:Besturende direkteur) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemariec@suidwes.co.za Ons is saam met julle bly

Julle is in ons gedagtes

• Johan Welman (Silobestuurder: Christiana) en sy vrou Liesie Welman (Admin-dame: Christiana) het ouma en oupa geword.

• Kas Rossouw (Migdol Handel) was vir behandeling in Bloemfontein.

• Bennie Enslin (Graanhanteerder: Hoopstad-silo) en sy verloofde se twee­ ling is gebore. Hulle is tans in intensiewe sorg, maar dit gaan goed met hulle.

• Marie de Jager (Aankoper: BothavilleHandel) se ouma is op 15 Maart oorlede en haar tannie op 18 Maart.

personeel-esprit

Waar het julle ontmoet? So plus minus 5 jaar gelede toe ons by dieselfde plek gewerk het. Ek is nou by Suidwes en hy by Senwes.

Waarvan hou Wilhelm die meeste van jou? Hy sê ek is baie vriendelik en sexy vir hom. Anél Botha (Aankoper, Hoopstad Handel) en Wilhelm Louw (Onderdele bestuurder, Senwes) is op 1 Maart getroud.

Waar het julle gaan wittebrood hou? Ons het vir twee weke getoer. By Augrabies begin en is van daar na die Weskus, Kaapstad, Hartenbos en toe terug huistoe.

• Tienie van Dyk (Instandhouding) is in die hospitaal in Bloemfontein vir toetse.

langdienstoekennings

• Frits Smith (Graanverkryger) het`n operasie ondergaan in die Roseparkhospitaal in Bloemfontein.

welkom pienkvoetjies

Baie geluk aan Ilse en Jason Sparrow met die geboorte van hulle babatjie Ashley Sparrow.

SJ Smit ontvang haar 25-jaar dienssertifikaat van Patrick Nelissen (Groep Hoof-operasionele beampte).

Baie geluk aan Anancha van Tonder en haar man Juan met die koms van hulle dogtertjie.

langdienstoekennings April 5 Jaar

15 Jaar

• • • • • • • • • •

• Mnr C Theron (SchweizerReneke Onderdele)

Mnr TA Tsipa (Hoopstad-silo) Mev L van Zyl (Suidwesfin) Mev MP Fouche (Hoofklerk Posafd.) Mev GE Welman (Amalia-silo) Mnr TW Kalaote (Reivilo Handel) Mnr RJ Maleke (Hoopstad-silo) Mnr MF Mbobe (Hoopstad-silo) Mnr JM Mhlotshane (Hoopstad-silo) Me EA le Roux (Handel: Krediteure) Mnr RD van Rooyen (Grondkunde)

10 Jaar

• Mnr VV Mohapi (Makwassie-silo) • Mev CG Jansen (Suidwesfin Vryburg) • Mnr Ta Motlhabane (Wolmaransstadsilo)

20 Jaar

• Mev AMJ Marx (Leeudoringstad Handel)

Simon Selelo ontvang sy 20-jaar dienssertifikaat van John Nieuwoudt (Bestuurder Veevoerdepot)

Smiley Jacobs (Bloemhof Handel) ontvang haar noodhulpsertifikaat van Patrick Nelissen .

Suzette Ehlers (Korporatiewe finansies) ontvang haar dienssertifikaat van George Potgieter (Groep Hoof Finansiële beampte).

Joseph Tshesebe ontvang sy 10-jaar diensser­ tifikaat van Patrick Nelissen .

25 Jaar

• Mnr MG Leepile (Tosca Handel) • Mnr RP Mokuatsi (Kameelsilo) • Mnr BI Lehihi (Hallatshope-silo) 35 Jaar

• TW Motaung (Christiana-silo)

april 2014

esprit de corps

15


"Soms as mens bereid is om iets op te gee, verras die lewe jou met iets groter en beter."

avontuur

Van Klerksdorp tot die Kaap – ‘n droomavontuur

Daar was nie plek vir goedjies om mee te tittewyt nie. Ons kon elkeen net een tas vat en daarin moes ’n laken, kombersie en kussinkie ook nog pas en natuurlik ’n noodhulpsakkie. Met ons avontuur het ons dinge beleef en gesien wat die gemiddelde vakansieganger nooit beleef nie. Ons het mense ontmoet en vriende gemaak wat ons nooit andersins mee sou kuier nie. Soos die Franse vrou en haar twee dogters en die jong wit Rastafariër. Ons het elke dag ’n nuwe roete op die My Citi-bus of die trein gekies. Ons het al die bekende plekkies besoek soos die Waterfront, Houtbaai, Kampsbaai, Seepunt, Clifton, Bantry Bay, Vishoek, Bloubergstrand, Simonstad en Stellenbosch om net ’n paar te noem. Dan was daar ook plekke waarvan ek nog nooit gehoor het nie, soos St James wat so mooi is en ’n lekker strand het. Vredehoek, Granger, Big Bay, Perlemoen en natuurlik Boulders Beach. My ma het telkemale stil gaan staan en in verwondering gesê dat sy nie kan glo dat sy amper 70 moes word om te sien hoe mooi die land is waarin ons woon nie.

Elke dag 'n nuwe avontuur

E

k was baie opgewonde oor my en my ma se vakansie in Hibberdene wat ek vir einde Februarie beplan het, vertel Zelda van Reenen, PA van die Groep Hoofregsbeampte. Salige dae van rus, rus en nog rus wat voorlê. Ek het my ma dus baie skepties aangekyk toe sy vertel van haar droom om ver met die trein te reis en om Kaapstad te sien en beleef. My ma word vanjaar 70 en sy is glad nie gesond nie en dadelik gaan 'n hele arsenaal sirenes in my kop af. Baie diplomaties probeer ek verby dié voorstel kom, die Kaap is so duur en dit is darem baie ver. Maar hoe meer ek praat hoe meer besef ek dat dit nie so 'n slegte plan is nie. Kyk, ek is mal oor die Kaap en begeer nog altyd om vakansie in Kaapstad te gaan hou.

16

die gees van ons mense

Twee dae later was ons kaartjies bespreek op die Shosholoza Meyl van Klerksdorp na Kaapstad. Ons het besluit ons wil soveel as moontlik van Kaapstad beleef en sien. Ons het tog net saans ’n bed en ’n dak oor ons koppe nodig. Ons gaan nie met vakansie nie, maar op ’n ma-en-dogter-avontuur Kaapstad toe, ons gaan ‘n droom uitleef en herinneringe bou!

Net 'n dak oor ons koppe

So boek ek ons in by ’n ‘backpackers lodge’ vir die eerste twee aande, want as ons eers daar is sal ons besluit wat om te doen en waar om te bly. Vir my, met my regterbrein, was dit maklik, maar my ma is absoluut linkerbrein en hou van orde. “My kind jy is die Kaptein van die avontuur en ek gaan net saam,” was haar woorde.

Geen twee dae was dieselfde nie. Ons sou loop tot ons moeg is en dan by die naaste busstop op die eerste bus klim en saamry waarheen dit ookal gaan. Daar sou ons weer stap tot by die volgende busstop. Ek hoop nie dit klink oppervlakkig nie, maar ek het regtig gebid en opreg dankie gesê vir Kaapstad se My Citi-busse! Kaapstad was voorwaar ’n avontuur en daar is ’n paar goed wat ek sal onthou tot in my ououdag. Daar was soveel ongelooflike oomblikke – Boulders Beach se pragtige strand waar pikkewyne en eende tussen die mense beweeg. Die Kompanjie-tuine was ’n belewenis. Dis so mooi versorg en dis al honderde jare oud.

Die bruilof en die eekhoring

Tydens ons wandeling in die Tuine het ons gesien hoe twee mans

trou. Ons móés net stop om die verrigtinge van naby af te bekyk. Ek het gehoor die twee word wettig getroud verklaar terwyl hulle, baie bewoë, dit met ’n kus seel. Op daardie presiese oomblik spring een van die mak eekhorings wat in die Tuine bly bo-op my. Ek gil histeries en uit volle bors, skop rond van skrik – ek het net my ma se hand gegryp en gesê “kom!” en vinnig die hasepad gekies. Ek hoop regtig nie die twee ‘newly weds’ is bygelowig nie.

Waar die woeste winde waai

Ons het ook die Suidooster in sy volle glorie beleef. Moenie glo gewig is ’n voordeel teen daai wind nie! Hy ruk jou van jou voete af. My arme ma het een dag gedink die einde breek aan. Ons het agter ’n ysterpaal by ’n verkeerslig gestaan, met die wind volle sterkte van agter af. My ma het styf aan my geklou en ek het gekyk hoe die verbygaande motoriste ons aanstaar en aangeneem dis omdat ons so windverwaaid is. Ek het vir almal ewe vriendelik teruggewaai – die Kapenaars is mos baie vriendelike mense! Toe moes ek agterkom dat my bloes reg onder my ken opgebondel het. Ontsteld het ek my betaamlik gemaak terwyl my ma ewe droog opmerk dat sy dit gesien het, maar sy was in ’n stryd om lewe en dood op daardie oomblik!

Kosbare oomblikke in my hart gebêre

Wat 'n voorreg was dit om moeder te help om haar droom te verwesenlik, want so het ek ook my droom uitgeleef en het ek soveel kosbare oomblikke in my hart weggebêre. Van rus was daar geen sprake nie – ons het tussen 6 en 7-uur saans by ons bestemming aangekom en uitgeput op die bed neergeval. Maar ek het terug gekom met ’n siel en gees wat vernuwe is. Soms as mens bereid is om iets op te gee, verras die lewe jou met iets groter en beter. Zelda van Reenen PA Groep Hoofregsbeampte


40 dae se viering in jou huis Die Paasnaweek is verby, maar jy kan elke dag die gebeurtenis waaraan die Christelike geloof hang, herdenk. Hier is agt praktiese maniere om dit saam met jou gesin te doen.

P

aasfees is die hoogtepunt van ons reis deur die jaar met Jesus. Dit is die tyd wanneer ons die Vader se liefde ervaar, wanneer Jesus se lig deurbreek en wanneer die Gees ons met blydskap oorspoel. Gelowiges het oor die afgelope 2 000 jaar hierdie viering van die opstanding oor 40 dae laat strek – om hulle daaraan te herinner dat die ­blydskap nooit ophou nie. As gelowiges wil ons ook hierdie klimaks van die kerkjaar in ons huis vier. Gelowiges se hooffokus vir Paastyd is op die oorweldigende wonder van die opstanding. Ons poging en plannetjies om te oorleef, word oorspoel met vreugde en feestelikheid oor wat God gedoen het. Die skok van die kruisiging en die stilte van die graf word weggevee met die deurbreek van God se lig. Die deurbreek van die Son. Paasfees gaan oor feesviering. Paasfees herinner ons daaraan dat geloof éintlik oor lofprysing, danksegging en viering gaan. Hoe help ons, kinders en ouers, mekaar om hierdie middelpuntwaarheid van dit wat ons glo in die Paastyd te bly onthou? Hoe help ons mekaar om op ’n diep vlak die vreugde en vryheid wat Jesus vir ons bring te omarm en te vier – 40 dae lank?

Rituele en simbole vir die Paastyd Gelowiges het nog altyd ’n verskei­ denheid rituele gehad om hulle te herinner aan die lig van God wat deur­gebreek het – en steeds elke dag deurbreek. Hier is voorstelle: 1. Vier fees saam met ander mense Paasfees is ’n tyd waarin ons terugdink aan wat God gedoen het. En ons is saam met ander mense bly daaroor. Dit is lekker om die lewe saam met ander te vier, moenie dit alleen probeer doen nie. Kry ’n klompie vriende byeen. Nooi mense oor. Kuier saam. Hou ’n straatbraai. Dalk is julle as familie lus om ’n Paas-partytjie te reël. Die sentrale simbool van Paastyd is lig wat deurbreek – dalk kan julle partytjie “lig” as tema hê. Doen dit met sonsopkoms. Of in die middel van die nag, met kerse. 2. Vier Paasfees deur te raas Aanbidding en lof vloei uit die kamers van die hart. In die laaste psalm hoor ons die gelowiges se viering met trompet, fluite, harpe. Met dans, tamboeryne, met alles wat geraas maak. Wat doen kinders as hulle gelukkig is? Hulle raas, hulle maak ’n gróót geraas. Daar is niks verkeerd met geraas op die regte tyd nie – soos daar niks verkeerd is met stilte op die regte tyd nie. Kinders dans as hulle bly is; daar is voorbeelde hiervan in die Bybel. Dans was al baie lank die uiting van egte viering. Gelowiges het al vir honderde jare die stilte van die Saterdag na die kruisiging

gebreek met ’n trompetgeskal. Dalk wil julle vroeg die Sondag­oggend na musiek luister. Kies liedere wat julle herinner aan oorwinning, lewe en vreugde. En draai die volume-knoppie óóp! 3. Lag is ’n manier om ’n Paaslewe te oefen Lag is ’n gawe wat God aan ons gee. Mag die Gees gee dat ons onsself daaraan kan oorgee. Leer om te lag – dit is ’n Christelike dissipline wat werd is om aan te leer. Laat vaar die las om altyd te probeer om ernstig te klink. 4. Speel met kleur en verbeelding Teenoor die somber kleure van Lydenstyd, is Paastyd vrolik, helder en uitspattig. Al die kleure van die reënboog, tot by goud, beeld die lewe uit. Dink aan maniere om dié kleure in julle huis in te dra. Rangskik blomme, verf ’n muur in ’n helder kleur. Maak vrolike, bont skilderye. En droom van ’n beter, mooier wêreld. Hoekom móét ons kinders altyd “realisties” wees! Speel saam met jou kinders hulle verbeeldingspeletjies. Sien gesigte, droom drome. Spéél! 5. Vier mekaar as gawe van God Geniet jou kinders se beelde, prente, opvoerings en musiek – dit is gawes wat aan ons gegee word. Sit af die TV. Hou as gesin ’n konsert en vertel stories. Ander mense is ’n gawe wat God aan jou gee – geniet hierdie gawe!

pitkos

Paasfees

Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het (Markus 15:25). Jesus het daardie selfde dag - ongeveer drie-uur - gesterf. Johannes vertel vir ons dat die twee misdadigers wat saam met Jesus gekruisig is toe nog gelewe het. Die soldate het hulle bene gebreek. Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie (Johannes 19:33).

6. Paasfees is ’n fees van eenvoud Hierdie feesvierings hoef nie geld te kos nie; dit hoef bloot ánders gevier te word. Máák dinge; moenie dit koop nie. Hou piekniek. Skryf briefies en sê hoeveel julle mekaar waardeer en wat julle van mekaar geniet. Hou dit lig, vrolik en speels. 7. Wees soet oor die Paastyd – régtig soet Paastyd word al vir baie lank met “soet” geassosieer. Anders as met Lydenstyd, nooi lekkernye in jou huis in. Soet is die smaak van oorwinning. Steek malva-eiers weg, deel soetgoed uit. Bak Paasbolletjies. Alles om ons hieraan te herinner: Die Here het opgestaan! Die Here het waarlik opgestaan! 8. Paasfees fokus ons energie op dit wat éintlik belangrik is Belê in Paastyd jou energie in die ander familielede. Die gesamentlike feesviering gee erkenning aan die mense wat vir ons belangrik is. Hier omarm ons die mense wat God aan ons gegee het; ons wys dat ons dankbaar is oor hulle. Maak daadwerklik tyd vir mekaar – al beteken dit om die dagboeke uit te haal en ’n afspraak te maak.

(Uittreksel uit die Kerkbode deur dr Nico Simpson, leraar by Kruisgenerasie, NG Gemeente Stellenberg.)

maart 2014

esprit de corps

17


wegsteekkompetisie

Herfs is ’n lekker seisoen. Dis nog warm in die dag en die gras is nog groen, Maar dis al koud in die nag. Die blare word bruin en rooi. Dit lê op die grond rondgestrooi. As dit Herfs is hark ons die blare, maar eers speel ons vir die vale: Ons rol en ons stoei en ons spring en kry selfs blare in ons hare!

Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Tel hoeveel keer hierdie herfsblaar in esprit verskyn (hierdie een uitgesluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Daar’s ’n Stegosourus in die storie wat deur NB Uitgewers geskenk is.

soek die verskille

Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel Herfsblare? Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 29 April 2014

wat sê die prentjie?

Hoeveel verskille kan jy kry?

wen-inskrywing

Die eerste korrekte antwoord wat getrek word, wen die boek Kies die Lewe, 366 dagstukkies met die komplimente van LAPA Uitgewers. Stuur jou antwoord na: esprit.kompetisie@gmail.com. Merk in die onderwerplyn: Soek die verskille. Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 29 April 2014

“Oooeee is lekke by die see, sonskyn, water en baaaie drinkgoed met eish ja!” Marinda Roets (Rekenkundige en Administratiewe Beampte Terratek) Baie geluk! Die boek Hekel vir die lekker, sal binnekort aan jou gestuur word. Hier is nog 'n paar inskrywings wat ontvang is: “Kry die nuutste baaikostuum nou, terwyl voorraad hou!” Estie Koegelenberg (Meganisasie Schweizer-Reneke) “Ag, my ding, net een soentjie.” “Oooee wat ’n lyf.” Lilla Grobbelaar (Graan-logistieke) Eeuuuuwwww ma jys mooi!!!!! Estelle van Wyk (Kredietkontroleur: Graan-logistieke)

18

Die korrekte aantal sonneblomme wat in die Maart-uitgawe versteek was, was 13. Baie geluk aan Magaretha van Wyk (Ontvangsbeampte Hoopstad) Die boek Prinses Talia en die Draak sal binnekort aan jou gestuur word. Hier is die bladsye waarop die sonneblomme weggesteek was, kyk of jy hulle kan raaksien. Bls: 2, 4, 6, 8, 9, 12, 13, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Karatekas vorder fluks Die karatekas van Leeudoringstad het in Maart weer opgegradeer. Rentia Mynhardt het na oranje belt gevorder en die ander na geel belt met een of twee rooi strepies. Marion Fouché (Hoofklerk: Posdienste)


deurknop-kennisgewing

11 Mei is moedersdag

In Mei word daar elke jaar een dag spesiaal aan mammas afgestaan. Jy wil dalk graag vir jou ma 'n spesiale geskenk koop, maar jou sakgeld is teen die 5de Mei al uitgegee en jy het nog nie vir haar iets gekoop nie. Moenie bekommer nie, hier is die beste geskenk wat jy vir haar kan gee. Aandag mammas – Elke ma het nodig om 'n mamma-dag te hê waar haar kinders haar kan wys hierdie bladsy bederf - en dit gaan jou niks kos nie. vir jou man en Hier is 'n paar planne om haar dag onvergeetlik te maak. Glo my, dit sal werk, want kinders en kyk wat ek is mamma en ek gaan hierdie bladsy vir my kinders gee en hard skimp dat hulle gebeur! dit vir my doen ... Jy kan altyd jou pa of grootouers vra om jou te help om dit 'n verrassing te hou. Mammas is mal oor verrassings - veral die goeies!

popcorn

Net vir kinders en pa's

onthou

Plan 1: Maak 'n deurknop-kennisgewing. Sy kan dit aan haar kamerdeur hang as sy bietjie alleentyd wil hê. Ons het vir jou 'n templaat gegee wat jy kan gebruik om die kennisgewing te maak. Gebruik 'n stewige karton of laaghout hiervoor. Sny die vorm langs die stippelyne uit en versier dit. Jy kan ook hierdie een gebruik en op 'n stewige karton te plak. Jy kan plakkers (stickers), verf, kleurpotlode, koki's, pastelle of prentjies wat jy uit tydskrifte knip gebruik. Los 'n plekkie oop om te skryf en skryf 'n boodskappie vir haar daarin. Mooi toedraaipapier sal mooi lyk as jy dit op die kennisgewing plak. Gebruik van die prentjies wat ons vir jou gegee het om die geskenk te versier. sny hierdie sirkel uit om die kennisgewing aan die deurkop te haak

Plan 2: Hou vir haar 'n piekniek, sommer in die tuin of 'n mooi parkie naby julle huis. Plan 3: Bak vir haar wafels en bedien dit saam met oggend tee. Gebruik die wafelresep hieronder, dis heerlik.

Lip-lek-lekker-wafelkompetisie skryf boodskap hier

Ons het 'n heerlike wafelresep gekry by Mari van der Colf. Sy is die gelukkige wenner van die boek, 200 beskuit & biscotti resepte, wat deur LAPA Uitgewers geskenk is. Bestanddele: 2 k meel Knippie sout 2 k warm melk 1 e gesmelte botter

2 t bakpoeier 2 t suiker 2 eiers, geskei

Maak die wafels: • Skakel eers jou wafelmasjien aan en spuit met kossproei. Dit sal jou baie tyd spaar en sal voorkom dat jy nie voor ’n koue wafelmasjien staan met klaar gemengde wafeldeeg nie. • Sif al die droë bestanddele saam in ’n bak. • Klits die eierwitte in ’n ander bak tot stywe punte vorm. • Meng dan die res van die nat bestanddele asook die eiergele in nog ’n aparte bak. • Meng die nat en droë bestanddele saam en vou laastens die eierwitte by die mengsel in.

knip hierdie prentjies uit en versier jou kennisgewing

woorde vir deurknop-kennisgewing

moenie steur nie do not disturb bly weg, ek rus keep clear, mom's resting go away until i call you i am having 'me' time ek het 'my'-tyd nodig

BAR-ONE-SOUS 3 stafies bar-one-sjokolade 1 k room

1 blik kondensmelk ½ t vanieljegeursel

Maak die sous: • Breek op in stukkies • Plaas saam met kondensmelk in kastrol • Roer tot gesmelt, giet oor die gaar wafels na smaak

april 2014

esprit de corps

19


agterstoep

kompetisie wat sê die prentjie?

Droomreis na Jaiharikal

Illustrasie Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

W

aarvan droom jy? vra ek die erfgenaam. "Dat die skool afbrand. Nee, dat dit net moet klaarkry." Hy het nog ’n jaar en ’n half oor. Sy droom is besig om bewaarheid te word. "En Ma?" Dis eintlik hoekom ek hom gevra het: sodat ek kan praat oor die plek waarvan ek droom. Want as dinge vir my te veel word, my pa se egskeiding en die Ridder wat in Afri­ka wegwerk, al is dit net ’n week op ’n slag, en onbereikbare sperdatums vir vervelige vertalings en ’n voël wat op ’n pas gewaste motor mors, dan droom ek my na Jaiharikal toe. Ek droom van ’n lang tyd in die Rooms-Katolieke klooster in Jaiharikal. "Maar wat DOEN ’n mens daar, Ma? Hoe werk dit?" Hoe dit werk is dat ’n mens met die nagtrein, die Mussoori Express, van Agra af Haridwar toe ry. Probeer ten alle koste om die treintoilet te vermy. In Haridwar bly jy op die Ganges se wal, die heilige rivier is daar nog skoon. En dan bestel jy ’n taxi Jaiharikal toe en jy ry oor passe en deur klowe in die voetheuwels van die Himalayas. Die taxibestuurder ken net twee woorde Engels: No problem, maar hy spoeg jou en jou tas in Jaiharikal uit. En dan stap jy die bult uit klooster toe, nader as wat jy nog ooit aan die hemel was. No problem (as jy nie die treintoilet tel nie). In die klooster ontvang ’n leerlingpriester jou. Hy het nog vyf jaar van sy vyftien jaar studie oor voor hy ’n volle priester is. Sy naam is Brother Jane. Jy kry ’n sel: bed, stoel, venster, en ’n emmer met ’n dompelkoker vir jou badkamer. Niemand verwag dat jy iets moet doen nie, maar omdat alles so vreemd is, val jy in by die program. Sing en bid sesuur soggens. (Dit klink glad nie soos iets waaroor Ma sal droom nie, sê die erfgenaam.) Dan ’n vegetariese ontbyt. Dan werkies, maar as jy wil, kan jy op jou bed gaan lê en met toe oë luister hoe die monnike die kliptrappe vee. Doodstil, al wat jy hoor, is swiesj-swiesj. 12:00 ’n mis, wat spesiaal ter wille van jou in Engels gehou word. Volksvreemd, die eerste mis wat jy nog ooit bygewoon het, vreemd vertroostend, veral as dit kort na jou ma se dood is en jy beter verstaan waarom mense die behoefte kan hê om tot ’n ma te bid: Holy Mary, mother of God, pray for us now and in the hour of our death. En jy wonder, dalk bid my ma vir my? Dan vegetariese middagete, dan rus, dan sing en bid en aandete en die afsluiting van die dag. Ná n paar dae bly niks onheiligs aan jou oor nie. Jou oordrewe gehegtheid aan goed, aan ander mense, aan jou eie self en jou eie pyn en vreugde verdwyn ongemerk, dalk omdat jy lank genoeg woordeloos stilgesit het dat Jesus, die Heilige Gees en die berg­ lug en die fyn reën en die vreemde Indiese kerkmusiek jou skoon kon spoel. Ek droom daarvan om weer dáár te wees, om die wêreld en my lewe in die regte perspektief te sien, en om dit hier ook reg te kry. e

20

die gees van ons mense

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Kan jy aan 'n snaakse byskrif dink vir die prentjie? Die persoon met die oulikste byskrif wen die boek - Hekel nog lekkerder wat deur LAPA Uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 29 April 2014 Merk jou inskrywing so: esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die Mei-uitgawe.

Hekel nog lekkerder is die langverwagte opvolg van die immergewilde Hekel vir die lekker wat in 2009 verskyn het. Net soos sy voorganger bied hierdie boek ook patrone wat volledig met volkleurfoto's, diagramme en noodsaaklike hekelinligting toegelig is en word hekeldraad wat algemeen in Suid-Afrika beskikbaar is, gebruik. Alle boeke van LAPA Uitgewers is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf. www.lapa.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.