Ons eie oktober 2016

Page 1

Oktober 2016 Jaargang 51 • 5

Lyfblad van Suidwes Landbou

35

RISIKO’S van die volgende seisoen

Uit die lede, vir die lede

14

SUIDWES LANDBOU gereed vir die toekoms


AKT UEE L


Augustus 2016 Jaargang 50 • 4

Lyfblad van Suidwes Landbou

Ons Eie word uitgegee deur Suidwes Beleggings Beperk. Algemene kontaknommers vir Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van Suidwes Beleggings Beperk nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

INHOUDSOPGAWE

VOORBLAD Suidwes Landbou maak gereed om die toekoms saam met hulle lede in te gaan.

AKTUEEL 4 5 7 7 8 12 12 14 14 18 24 28 28 30

Soos ek dit sien Op die geestelike akker Boer van Stella wen dié sleepwa Gulde geleentheid vir opkomende boere Winderige meganisasiegeleentheid op Migdol Dit dreun op Bothaville Vleisdag propvol handige inligting Uit die lede, vir die lede Nuwe energie van Tosca tot Humansdorp KONTREIKUIER – Finansiële kundigheid ‘n bate vir dié boerdery Kies jou woorde mooi Multi-risiko oesversekering in Suid-Afrika Kredietfasiliteite by Suidwes beskikbaar Boer slimmer met dié vlootbestuurstelsel in jou sak

14

PRODUKNUUS 10 Engen and SAVTEC give first engines a second life 26 New Holland het ‘n baler vir elkeen se behoeftes

LANDBOUKUNDIG

18

32 Is die VSA-graanboere ons vooruit? 35 Risiko’s vir graanproduksie in die 2016/17-seisoen 36 Maak die regte keuses vir planttyd 40 Volg ‘n veilige produksiestrategie na droogte 44 Cotyledon orbiculatal L. – Moet liefs nie hierdie plakkie dra nie 48 Agrikalender

ALGEMEEN

49 Kosmiese Kwêla – As dit sterre reën

44 Ons Eie

Oktober 2016

3


AKT UEE L

Die klein storetjies om ons

soos ek dit sien

EK WIL DIE RADIO afsit en nie ‘n koerant oopmaak nie. Vir ten minste ‘n jaar, dalk is als oor as ek weer die radio aansit, die universiteite afgebrand, Minister Pravin weg en vergete – dis hoe ek vanoggend voel toe ek wakker word. Gelukkig kom drink vrind Andries koffie. Hy vertel van die Uber-taxi waarmee hy gery het. Die eerste wat hy waarneem toe die Uber hom kom oplaai is dat die Yaris nie wieldoppe aan het nie. Hy vra die bestuurder oor sy wieldoppe en dié vertel hom dat iemand drie van die Yaris se wieldoppe gesteel het toe hy Dinsdagaand ‘n vreeslik verliefde paartjie by Hatfield se Gautrein-

4

stasie gaan oplaai het. Hy vermoed die gevryery agter in die Yaris het sy aandag so afgetrek dat hy nie kon agterkom dat diewe besig is om sy kar uitmekaar te haal nie. “In seconds, terwyl ek wag innie car, I kidd you not. They are like magicians – now you got hubcaps, and now you got no more hubcaps,” vertel die ergerlike bestuurder. Andries het opgelet dat die Yaris geen ‘hubcaps’ aan het nie en vra die man uit oor die ander ‘hubcap’ as daar dan net drie gesteel is. Die bestuurder vertel sy verhaaltjie: Hy het gister ‘by die robot in Stanza Bopape da’ by die crossing van Jan Shoba gestop’ toe sien hy die Yaris wat langs hom

stop het een ‘hubcap missing’. “Toe ry ek agter hom aan en net da’ by die Urology hospital toe draai hy in. Ek stop hom by die parking lot en ek sê hom, ‘oompie, ek sien jy short ‘n hubcap en ek het een wavoor ek no use het’. Ek dog daai man slaat agteroor, hy kannie glo ek offer hom ‘n spare hubcap nie. Ma’ so is die oompie baie bly da’ weg, die hospitaal in, om sy waterworks te ga’ uitcheck.” Waaroor was ek nou weer opgewerk? Dalk moet ons in hier­ die dae maar fokus op die klein stories om ons. Julle gaan sien, my kinders gaan nog verniet studeer, by ‘n universiteit, van hulle eie keuse natuurlik. OE

Ons Eie

Oktober 2016

ADRESVERANDERING Indien u van adres verander het of binnekort gaan ver­ander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/of nuwe kontak­ besonderhede (adres, telefoonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel. Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang.

www.suidwes.co.za


Op die geestelike akker

Wat dink jy? In die vorige uitgawes het ons gekyk na die woorde wat ons spreek en die invloed daarvan op ons alledaagse lewe. Ons gedag­ tes het egter ewe veel invloed. 2 Korintiërs 10:5b – Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Hierdie stukkie skrif lyk oënskynlik eenvoudig, maar dit omvat so baie van die praktiese sy van ons geloof. Die sin is vol werkwoorde. Kom ons kyk ook na Efesiërs 4:23 – Julle gees en gedagtes moet nuut word. Die mens se brein is soos ‘n groot stuk weiveld – die breinkenners sal praat van sinapse en neurone of senuweeselle wat bane kan vorm. Dié bane is soos voetpaadjies wat in die weiveld van die brein uitgetrap word. Hoe meer voete oor ‘n sekere deel loop, hoe wyer word die voetpad en hoe meer voete lok dit. So vorm ons gedagtes voetpaaie in ons koppe – baie negatiewe denke lok nog meer negatiewe ‘voete’ na daardie gebied en so raak ons negatiewe mense. Gelukkig is die teendeel ook waar – hoe meer ‘happy feet’ spore in die kop maak, hoe groter word die positiewe voetpaadjies. Ja, maklik gesê. Hoe op aarde kan jy jou gedagtes beheer, dit gaan mos vanself op loop? As die Bybel sê jy kan gedagtes gevange neem, dan is dit so. Dan is dit ‘n geval van jy moet dit aanleer. Die slim mense sê die brein is ‘n spier wat geoefen kan word. Die bekende Amerikaanse prediker Joyce Meyer vertel dat ons nie die gedagtes in ons koppe sommer passief hoef te aanvaar nie, ons kan werklik aktief

www.suidwes.co.za

raak om ons gedagtewêreld te beheer – dus ons gedagtes ‘gevange’ te neem. As ons dan 2 Korintiërs 10:5b lees sien ons dat ons, nadat ons gedagtes gevange geneem is, dit aan Christus gehoorsaam moet maak. Dié vers is in Die Boodskap soos volg vertaal: “Julle moet ’n nuwe gesindheid kry en op ’n nuwe manier oor dinge dink.” Dit beteken dus ons moet die ou gedagtes, die gedagtes wat so negatief gelaai is, met ander gedagtes vervang. Hoe doen ek dit? Die Bybel in Praktyk se verklarende aantekeninge het die volgende verduideliking oor Efesiërs 4:23: Die gelowige se lewe is ‘n proses waarin jy dit al meer regkry om te leef soos wat God wil hê. Christus het jou nuut gemaak, maar dit beteken nie dat jou “ou mens”, jou natuurlike geaardheid, onmiddellik ondergeskik is aan die wil van die Gees nie. Dit word ‘n lewenslange proses waarin die Heilige Gees jou eie wil ombuig sodat jy al meer wil doen wat God wil hê. Dit hou in dat jy moet weet wat God wil hê, en daarom moet jy tyd maak om die Bybel te lees en te bestudeer. So sal jou gees en jou ge­dagtes vernuwe word, en sal die beeld van God in jou al sigbaarder word. ‘n Mens kan dus aflei dat die negatiewe voetpaadjies vol van God se Woord gemaak moet word. Dink aan die dinge daar bo en nie gedagtes van hierdie wêreld nie. Dit is erg bevrydend wanneer jy besef dat jy tog beheer oor jou gedagtes kan neem. Wanneer jy besef jy het nie nodig om die veldpaadjies te volg wat jou elke dag by die donker put laat uitkom nie. Dat jy kan kies om die paadjies te volg wat jou elke dag by die Koninkryk van God uitbring. Dit gee nuwe betekenis aan die groetwoorde: “Mooi loop”.

Ons Eie

Oktober 2016

5


AKT UEE L

6

Ons Eie

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Boer van Stella wen dié sleepwa IN DIE FEEDX-PROMOSIE wat vroeër vanjaar deur Suidwes aangebied was, kon 'n gelukkige klant ’n sleepwa ter waarde van R21 000 wen. Hans le Roux, 'n boer van Stella, was die man wat breed geglimlag het toe hy as die wenner aangewys is! Hennie van Staden van Industria Steel het die waentjie vervaardig en geskenk. "Die inskywings het letterlik ingestroom om die waentjie te wen. Suidwes bedank graag vir Hennie vir sy groot skenking, dit het die promosie 'n goeie hupstoot gegee," sê Annette Neethling (produkbestuurder by Suidwes).

Van links is Hennie van Staden van Industria Steel (borg en vervaardiger van die waentjie), Herman van Schalkwyk (HUB van Suidwes), Hans le Roux (wenner) en Hannes Heroldt (takbestuurder Stella Kontreiwinkel) by die oorhandiging van die waentjie.

Gulde geleentheid vir opkomende boere

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

SUIDWES HET GELD van AgriSeta ontvang om opleiding aan 20 opkomende boere te verskaf. Na suksesvolle voltooiing van die program ontvang hulle die 'NQF 2: Nasionale Sertifikaat in Gemengde Boerdery'. "BathoPele Development Institute het reeds so 'n program ontwikkel en daarom bied hulle die opleiding aan. Die eerste opleidingsessie het in Augustus begin en eindig in Maart 2017," sê Riekie du Preez (opleidingsbeampte by Suidwes). Malcolm Moore (takbestuurder op Bos­hoff) het die openingsdag bygewoon en Suidwes aan die boere, wat van Boshoff en omgewing afkomstig is, verwelkom en meer oor Suidwes Landbou vertel. Die studente ontvang opleiding in basiese boerderybestuur, infrastruktuur, hulpbronbestuur en veeproduksie.

7


AKT UEE L

Winderige meganisasiegeleentheid op Migdol ONDANKS ‘N WIND wat verwoed gewaai het, het 69 mense ‘n inligtingsaand bygewoon wat deur Suidwes op Migdol aangebied is. Bo-en-behalwe die uitstallings wat hulle opgerig het, het verskeie insetverskaffers met boere kom gesels oor produkte en die aanwending daarvan. Daar is oor bande, olie, imple-

mente, laers, trekkers en meer gesels. Suidwes se vier divisies, Handel, Graan, Meganisasie en Fin, was ook verteenwoordig om boere die geleentheid te gee om vrae te vra of probleme te bespreek.

Jan Nell ontspan saam met Piet Delport (direkteur van Suidwes).

Op aandag en gereed om die dag se stoffies af te sluk – van links is Fanie van Vuuren, Pieter van Zyl en Riek Kotze.

8

Ons Eie

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

9


PRO DUKNUUS

Engen and SAVTEC give first engines a second life Engen’s long heritage within the Agricultural sector is built upon a tradition of quality that has seen the company consistently recognised as the preferred fuels and lubricants brand for farmers in South Africa. Combining this decades long association with its drive to develop the technical skills of the country’s youth, Engen partnered with the South African Federation of Vintage Tractor and Engine Clubs (SAVTEC), for the Engen Engine Restoration Challenge 2016. The winners of the event were announced on Saturday, September 24th marking Heritage Day. The winners were announced at the Bloemfontein Family Tractor and Food Festival at the Ferreira Museum, Kwaggafontein, Bloemfontein. In the junior class for scholars, first place and a R20 000 prize went to Liezel Gouws from Klerksdorp. Liezel recently competed in the ParaOlympics in Rio running the Class T37 100m and 400m, making the finals of both events. Gerick Muller from Mossel Bay was second and Rudolf Gouws from Klerksdorp third. They pocketed R15 000 and R10 000 respectively. In the senior class, Torsten Löwe from Pretoria walked away with the R50 000 first prize, followed by Jo-

10

hann Rust from Kuilsrivier (R20k) and Francois van Rooyen from Brackenfell (R15k). “We have been very excited to be involved in this initiative,” says Paul Leask, Engen Lubricants National Sales Manager. “Engen’s association with vintage tractors and our support for youth skills development makes it a natural fit for us. “Engen, along with SAVTEC have embraced this heritage project and in doing so, have discovered that – beyond the mechanical aspects – the challenge has brought people together, assisted in building relationships and provided a reminder that hope and new life happen when love and care come together,” adds Leask. While all entrants received a fantastic hamper of Engen products, the top two regional entries in the Senior and Junior categories were eligible to go on to the finals, which were judged at the Central Free State Club. The fact that these events have proven successful in drawing large crowds and significant interest provided the impetus in 2014 for SAVTEC to approach Engen with a request to sponsor a national competition to encourage veterans and newcomers to become involved in the restoration of old engines. Key to the spirit of the competition is the highlighting of the development of technology via the restoration of vintage machinery and the transfer of knowledge to the

Ons Eie

youth, with youth skills development essential to the future sustainability of SAVTEC and the country at large. Engen agreed to put up R250 000 in prizes and to assist with the marketing of the competition which was launched at Agri Megaweek in September 2015. Christo Pieterse, Chairman of SAVTEC’s Central Free State Club believes that the competition has been hugely successful. “The low cost of approximately R2 500 to buy an old engine and R3 000 to restore it, has made the competition very attractive, commanding huge interest, with 27 seniors and 14 juniors competing,” he says. “Entrants have come mainly from SAVTEC’s member clubs along with Agricultural and Technical schools, Technical Training Colleges and many from the broader community.” All competitors were required to complete a workbook with pictures and documentation of their processes, along with their engines which were exhibited and judged on a regional level in the semi-finals. Pieterse was thrilled with the standard of entries, as well as the impact that the competition had on a human level. He recounts the following: “I spoke at length with the father of a disabled son who told me just how the two of them have valued their time together breathing new life into an old Wolsely engine. Although the two scooped a third place, they are sadly unable to attend the finals. Another youngster who suffers from

Oktober 2016

severe dyslexia called me with an offer to rebuild an engine for me if I were to complete his workbook! Last, but not least, one entrant’s father passed away in the week leading up to the semi-finals and he spoke of how he was able to continue his work on the engine in loving memory of his father.” John Kennedy, Engen’s Lubricants Business Manager, says that while Engen is constantly focused on the shifting landscape of modern, increasingly mechanised agriculture, an initiative that has also proven highly successful is the Engen Museum at Nampo where the company has hosted demonstrations of the startups of old engines and the driving of vintage tractors. “This competition has clearly demonstrated that giving first engines a second life is a compelling, absorbing and highly rewarding undertaking, requiring painstaking research, concentrated detective work in tracking down parts and the hands of a surgeon in assembling and starting the engines,” adds Kennedy. For more information please contact Gavin Smith, Engen Group Communication Manager, Gavin.Smith@engenoil.com Tel: +27 21 403 4312 Cell: +27 82 379 1700

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

11


AKT UEE L

Dit dreun op Bothaville Dié groep boere het ‘n meganisasie-inligtingsdag op Bothaville bygewoon wat deur Suidwes aangebied is. Praktiese demonstrasies met ‘n verskeidenheid implemente is gehou om te wys wat die tegnologie kan doen wat tans in die mark beskikbaar is.

Vleisdag propvol handige inligting ‘N SUKSESVOLLE VLEIS­INLIGTINGSDAG is op 17 Aug 2016 by die Armoedsvlakte Bultoetstasie buite Vryburg deur die LNR aangebied. Dr Ben Greyling (Navorsingsprogram–bestuurder: Vleisbees Verbeteringskema by LNR) het die verwelkoming hanteer en ‘n insiggewende aanbieding gelewer oor die Beef Genomics Project en baie klem geplaas op die impak van DNA op beeskuddes. Daar is ook gefokus op die waarde van rekordhouding wat die produsent in staat stel om inligting te Dr Ben Greyling, regs in die foto, het baie klem gelê op die interpreteer en kritiese afleidings te maak. impak van DNA op beeskuddes. By hom is van links Jan van Zyl Dr Joel Nkuna van Ngunzi Genetics het ‘n en Robbie Dawes (Vryburg Kontreiwinkel se bestuurder). aanbieding gedoen oor funksionele effekti-

12

Ons Eie

Oktober 2016

witeit van kunsmatige inseminasie met ‘n praktiese demonstrasie. Dr Machedi, (adjunk direkteur: Veeartsenydienste by NWPG) het ’n teoretiese aanbieding gemaak oor reproduksiesiektes spesifiek in die Vryburg-omgewing. Jan van Zyl (Brahman Beestelers­ genootskaap van Suid-Afrika) het gesels oor verskeie maniere om jou vleisfabriek se produksie te verhoog. Hy het ook ’n praktiese aanbieding gedoen met han­dige raad en voorstelle wat hy uit ervaring geleer het. Die dag is ook deur landbou studente van die NWU Mafikengkampus bygewoon.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

November 2016

13


AKT UEE L

Uit die lede vir die lede

Voortspruitend uit ‘n strategiese beplanningsessie van die direksie van Suidwes Landbou vroeër vanjaar, is ‘n vars kernstrategie vir die toekoms van die Maatskappy vasgelê. Hierdie strategie word verwoord in die nuwe leuse: “Uit die lede vir die lede”.

DIE LEUSE GEE gestalte aan die unieke waardes, doelwitte, die visie en die kultuur van die Maatskappy. Gedurende die werksessie het die direksie ook ‘n oorhoofse raamwerk, met die beginsels vir strategiese planne vir elke afdeling en filiaal van die Maatskappy, bespreek. Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte (HUB), dr Herman van Schalkwyk, was die tyd ryp vir heroorweging van die Maatskappy se strategiese rigting om sodoende die direksie se verpligtinge teenoor die aandeelhouers te kan nakom, teen die agtergrond van omvangryke

veran­derings in die politieke-, ekonomiese-, klimaats- en bestuursomge­ wing. “Ons visie vir die Suidwes Landbou van die toekoms is om een van die beste landboubesighede in die land te wees, wat binne- en buitelandse geleenthede ontgin om te groei en risiko te verskans. Die Maatskappy moet opnuut geposisioneer word om die ‘Eerste Keuse’ vir lede, kliënte en personeel te wees. Suidwes gaan alles doen om die beste waarde-virgeld diens en produkte te lewer en deur volgehoue vernuwing aan die voorpunt van dienslewering te bly,”

het dr Van Schalkwyk gesê. Die direksie het ook realistiese uitdagings, oor die korter en lang termyn, vir wins voor belasting en die aansporingskortingskema voorgestel. Die idee is ook om die Maatskappy se koöperatiewe karakter te behou, terwyl daar deurgaans na vernuwing gestrewe word. Hierdie koöperatiewe kultuur moet verseker dat lede en hulle belange altyd voorrang geniet. Ander sake wat ook aandag gekry het is: - Onderskeid moet getref word tus-

sen die missie- en visiestellings vir die landbou- en Africum-bene van die Groep. - Uitbreiding, aankope en samewerkingsooreenkomste sal voortdurend oorweeg word om die veranderende landskap ten volle te benut. - Ambisieuse groei van alle ondernemings van die Maatskappy sal ‘n fokus bly en die nie-winsgewende besigheidseenhede sal omgedraai word om ‘n bydrae tot die Maatskappy se groei en sukses te lewer. OE

Nuwe energie van Tosca tot Humansdorp NUUS OOR DIE VARS kernstrategie vir die toekoms van Suidwes Landbou is gedurende September en Oktober 2016 na aandeelhouers, kliënte en personeel van die Maatskappy in elke uithoek van die bedieningsgebied uitgedra. Gedurende die inligtingsvergaderings, wat in 18 dorpe in Noordwes, Vrystaat, Noord-Kaap en Mpumalanga aangebied is, het die

14

uitvoerende komitee van Suidwes die nuwe visie en missie van die Maatskappy verduidelik. Dr Herman van Schalkwyk het by die inligtingsvergaderings die nuwe slagspreuk en baniere wat Suidwes visueel uitbeeld, verduidelik en gesê dat dit deel van die nuwe energie vir die Maat-

bl 15 >>>

Ons Eie

Net soos hierdie boere op Hoopstad, het boere in 16 ander dorpe ook die inligtingsdae bygewoon.

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L >>>

Nuwe energie

Rubik se kubis,

wat nou deel is van Suidwes se nuwe veldtog, dui op die komplekse en veelkantige wêreld waarin Suidwes sy bestaan maak. Die kleure en blokkies beeld die ekonomie, politiek, tegnologie, personeel, lede, klimaat en ander omgewingsfaktore uit. Die Maatskappy vorm die kern, of die as, van die kubis en verander, soos die kubis, voortdurend in ‘n dinamiese omgewing waarin verskuiwings en aanpassings gemaak moet word om by die nuwe uitdagings aan te pas.

www.suidwes.co.za

skappy is en dat dit soos ‘n tsunami sal wees, wat die Maatskappy vorentoe sal dryf. Hy het weer die versekering gegee dat boere steeds die eienaars van die Maatskappy sal bly. “Die aansporingskorting wat Suidwes aan lede bied, maak Suidwes uniek en is die bewys dat die onderneming in die boere se hande is,” het hy gesê. Suidwes se voetspoor strek nou van Tosca in die Noordwes provinsie tot in Humansdorp in die Wes-Kaap. ‘n Wyer voetspoor versprei die Maatskappy se risiko en die groter omset lei tot meer bedingingsmag vir rabatte en ander korting by verskaffers.

HOOPSTAD - van links kuier Petrus Roux en Lourens Erasmus saam met ds. Francois du Plooy van die NG Kerk Hoopstad en Attie de Necker.

HOOPSTAD - Adrie de Necker ontvang ‘n geskenk van voorsitter, Hansie Viljoen. By elke vergadering is ‘n trekking vir die geskenk gedoen.

Ons Eie

Sien nog foto’s van die inligtingsdae op bl 16.

November 2016

15


AKT UEE L >>> Uit die lede vir die lede

Boere van oral het Suidwes se inligtingsdae bygewoon LICHTENBURG

Op Lichtenburg was Patrick Nelissen , Piet Steinman, Kobus Cordier, Kallie Peters en Frans Marx by mekaar.

BULTFONTEIN WolmaransstadDié jongmanne van Bultfontein is Dirk Gouws, boere van links is Jan Muller, Pieter-Albert Botha, Heinrich Botha Pieter Jonker, Mar- en Callie Buitendag. thinus Koekemoer, DELMAS Martiens Koekemoer, Andre Jordaan en Apie Barnard.

WOLMARANSSTAD

WOLMARANSSTAD Die Viljoens: Henrikus, pa Hansie en Dihan kuier saam met Kallie Rossouw, Francois van Zyl en Herman van Schalkwyk.

16

Ons Eie

Oktober 2016

Op Delmas het SG Greyling die trekking gewen en kry sy geskenk by Hansie Viljoen.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

17


AKT UEE L

KONTREIKUIER Ons Eie het by die nuwe direkteur van Wyk 7, Anton Botha, gaan kuier. Hy vervang Theo Delport in dié Wyk. Anton het besondere insig in die finansiële kant van boerdery, hoewel hy maar vir ongeveer 13 jaar voltyds boer.

Finansiële kundigheid ‘n bate vir dié boerdery Anton Botha boer net buite Bultfontein in die Vrystaat. “Ek is eintlik ‘n opkomende boer, my voorsate was nie boere nie en my boerdery is nog relatief klein,” het hy ligtelik aan Ons Eie gesê.

Anton en Lucia Botha boer nog net vir 13 jaar lank voltyds.

“JY SAL ONS HEK sommer sien. Langs die Welkompad is ‘n koringland en dit is tans die enigste stukkie groen in hierdie omgewing,” beduie Anton die pad na sy plaas, Mc Grathspark. Die plaasnaam is oorgedra van die Engelse familie wat dit aanvanklik besit het. Anton het nie oordryf nie, sy besproeiingskoring ís die enigste stukkie groen in die droogtegeteisterde omgewing. Dit vergestalt die desperate afwagting op reën wat baie boere in Suidwes se bedieningsgebied beleef. Hulle boerdery het die droogte tot dusver oorleef deur slim finansiële besluite en deur konserwatiewe beplanning. Anton lê baie klem op prysbestuur, wat ‘n belangrike komponent van risikoverskansing is. Anton boer saam met sy seun Heinrich (Heinz) in ‘n goed gediversifiseerde boerdery met mielies as hoofgewas. Hulle plant ook koring onder besproeiing en is besig om ‘n pekanneutboord te vestig. Hulle het ook grond by Hertzogville waar hulle ‘n wildkomponent vestig. Hulle hou ‘n verskeidenheid vlaktewildsoorte,

bl 20 >>>

18

Ons Eie

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

19


AKT UEE L

KONTREIKUIER

Die pekanneutbome word saam met die koring geplant om die grond ten volle te benut.

insluitend buffels, daar aan. Dit is deel van ons strategie om buitelandse geld met hulle boerdery te verdien. Anton vertel dat hy ‘langs die treinspoor’ grootgeword het, sy pa was in die Spoorweë, en hy sou ‘n treindrywer geword het as sy pa nie ander planne gehad het en hom gemotiveer het om te gaan studeer nie. Hy is gebore in Umtata, was op skool in Barkley-Oos en het eindelik matriek geskryf by Hoërskool President Steyn in Bloemfontein. Na skool het hy aan Kovsies ‘n B.Com. graad verwerf. Hy het ook ‘n diensplig-draai in die Weermag by 1SAI gemaak en het as ‘n tweede luitenant uitgeklaar. Boerdery “Ons boerdery-strategie is om risiko te verskans. As boere in vyf distrikte weens droogte nie plant nie, is die logiese volgende stap vir my om mielies te begin koop,” sê Anton. Dit is een van die redes waarom hulle die 2015/16-seisoen kon oorleef. “Ek dink baie mense het hulle kop geskud toe ek mielies begin koop het, maar dit was ons redding.” “Ek fokus daarop om graanpryse te verskans. Ons is die laaste twee jaar aan geweldige markkragte, waarvan die wisselkoers ‘n groot element is, uitgelewer. Ons verstaan dat die mielieprys oor kort periodes baie kan wissel, maar die afgelope seisoen het die prys met tot R3 000 gewissel.

20

Onder sulke omstandighede is dit lewensbelangrik om prysbestuur reg te doen.” “Baie boere besef nie dat prysrisiko die grootste risiko is nie – veral in die onseker markte waaraan ons tans blootgestel is. Nie alle boere is toegerus om dit te bestuur nie.” Anton se raad is dat jy elke dag ten minste tien minute aan prysbestuur moet bestee. “As jou prysbestuur reg gedoen word, gaan jy outomaties meer wins genereer. Dit is belangrik om die groot hoeveelheid inligting wat beskikbaar is, reg te gebruik. As dit nie jou koppie tee is nie, maak seker jy kry die regte mense om daarmee te help – mense met ‘n bewese rekord.” Pekanneute Die Bothas het drie jaar gelede begin om pekanneute te plant. Dit behels aanvanklik ‘n baie duur belegging, maar Anton beskou die bome as hulle pensioen. “Dit is ook nie net die koste van die plantmateriaal en besproeiing wat in gedagte gehou moet word nie. Ons plant in goeie grond wat dus vir sewe jaar uit produksie gehaal word voordat die bome begin produseer.” Die drupbesproeiing was ‘n groot uitgawe, maar water is belangrik om die bome suksesvol te onderhou. Hoewel dit nagenoeg R180 000/ha oor 7 jaar beloop – aanvangskoste, geleentheidskoste en onderhoud

Ons Eie

van die boord insluit , gee elke 35 ha ongeveer dieselfde inkomste as 1000 ha mielies. Die bome bly natuurlik ook vir baie jare in produksie, het Anton vertel. Daar is ‘n groep boere in die Bultfontein-omgewing wat saam hierdie ‘nuwe’ projek aanpak. Hulle beplan om die neute na China uit te voer en kan tans R100/kg daarvoor kry. Wanneer die bome tien jaar oud is, kan die boord twee ton neute per hektaar produseer. “As ons die som konserwatief maak, kan ‘n boom 14,5 kg neute lewer,” sê Anton. Die neute word met ‘n skudmasjien uit die boom tot in ‘n net geskud en word dan in groottes geklas. Die groter neute is meer werd. “Dit is maar ‘n langtermynprojek en die somme moet baie noukeurig gemaak word.” Insekte is ‘n groot probleem by pekanneute en insekbeheer dus ‘n belangrike deel van risikobestuur. Miere is groot sondebokke omdat dit die wortels van klein boompies vreet. ‘n Ander probleem is dat knaagdiere

aan die druppers vreet agter die water aan, het Anton vertel. Droogte Vir die Bothas is hierdie droogte iets nuuts. “Ons boer nie vir 50 jaar al nie. Ons het nog nie ‘n bloudruk vir so ‘n soort krisis nie en dit was vir ons ‘n baie groter uitdaging. Ons het egter al geleer om voortdurend na alternatiewe geleenthede te soek. ‘n Mens kan nie net aanvaar dat dit ‘n swak jaar is en jou daaraan oorgee nie. Ek het in die jare in my belasting/rekenmeesters praktyk heelwat kennis oor ekonomie en belasting opgedoen en veral geleer om die makro-omgewing te verstaan.” “Bultfontein is ‘n baie homogene omgewing wat gesaaides betref. Die boere hier is almal aan dieselfde uitdagings blootgestel. ‘n Groot bate van ons boerdery is prysbestuur – ons het letterlik op SAFEX oorleef en mie­ lies gekoop en verkoop toe ons nie kon plant nie. Ons het net seker gemaak ons maak ons nie vas aan kontrakte wat nie gelewer kan word nie. Baie boere moes in hierdie tyd kontrakte afkoop wat hulle nie kon diens nie. Dit laat baie boere met ernstige kontant­ vloeiprobleme,” het Anton gesê.

bl 23>>> Die Bothas handhaaf ‘n konserwatiewe meganisasiebeleid waarin elke stuk masjinerie moet werk.

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L


AKT UEE L

22

Ons Eie

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Bydrae tot Suidwes Landbou Anton het Wyk 7,die Bultfontein/Wesselsbrongebied, by Theo Delport op Suidwes se direksie oorgeneem. “Ek moet ‘n groot man se skoene volstaan in dié amp, dit is regtig ‘n ‘humbling’ ondervinding wat baie druk op my plaas,” het Anton aan Ons Eie vertel. “Dit is egter vir my ‘n voorreg om op dié manier by ‘n dinamiese landbou-onderneming soos Suidwes betrokke te kan raak en ek hoop regtig dat ek met my agtergrond ‘n bydrae kan maak. Dit gaan ‘n uitdaging wees, maar ek het werklik ‘n passie vir landbou en ek glo ek sal dit hier kan uitleef.” Anton het baie ervaring opgedoen in die oudit- en risikokomitees van ander direksies waarop hy dien en gedien het. Tog voel hy dat hy baie by Suidwes se direkteure kan leer. “Die direkteure is verantwoordelik teenoor die aandeelhouers van die maatskappy en ek sal my bes doen om na hulle belange in die maatskappy om te sien.” Anton voel dat ‘n direkteur moet weet waar sy fokus-gebied is en hom daarby moet bepaal. “Moenie inmeng op plekke wat nie deel van jou opdrag is nie. Die Maatskappywet en King 3-verslag is baie duidelik oor die rol en die verwagtinge van ‘n direkteur,” sê hy. Anton dien tans ook op die dagbestuur van Graan SA, die uitvoerende bestuur van Vrystaat Landbou en ook as lid van die Cheetas Rugby-unie se ouditkomitee.

www.suidwes.co.za

Saamboer Die dag toe Anton en Lucia se oudste, Heinrich (Heinz), by die boerdery instap, het Anton hom bank toe geneem en hom tekenreg op die boerderyrekening gegee. “Ek dink dat ‘n onderneming, waar twee mense saam moet werk, op we­dersydse vertroue gebou moet word. Ons het die kinders ook van kleins af geleer om self hulle geldsake te bestuur.” Volgens Heinz fokus hulle elkeen op sy sterkpunte. “Ek sien om na die praktiese sy van die boerdery en Pa fokus op die bemarking en die ekonomiese sy daarvan. Ons is eerste-generasie boere en moet dikwels ons eie pad oopkap.” Volgens Anton het hulle twee soms ‘robuuste debatte’, maar hulle praat sake uit en kry dit altyd reg om dinge te laat werk. Vir ‘n buitestander raak dit gou duidelik dat dié twee manne ‘n besondere verhouding het en mekaar respekteer en verstaan. Hein se lewensfilosofie is dat dit nie nodig is om 100% in jou werk te gee om suksesvol te wees nie, maar jy moet

Ons Eie

KONTREIKUIER

vandag beter doen as gister. Hy is ook die een wat die oorskakeling na presisieboerdery in alle opsigte voorstaan. “Ons meganisasiebeleid is konserwatief en daarom moet elke implement, trekker en gereedskapstuk werk,” vertel Hein. Vir Anton is boedelbeplanning in die gemeenskaplike boerdery baie belangrik. “Ons beplan nie om die boerdery te verdeel nie, omdat ons saam meer bedingingsmag

Oktober 2016

Anton en Heinz Botha kyk na hulle gesnoeide pekan­ neutplante. met aankope het,” sê Anton. Hy het lank terug begin om R150/ha vir erfoordraging te belê. Hy hanteer dit soos enige ander boerdery-uitgawe. “Ons praat met mekaar en daar is geen geheime op die plaas nie,” verduidelik Anton. OE

23


AKT UEE L

Kies jou woorde mooi In hierdie artikel verduidelik adv. Kobus Engelbrecht, die bemarkings­ hoof van Sanlam Besigheidmark, hoe belangrik dit is om dubbelsinnige woorde te vermy wanneer jy jou testament opstel. Iets wat nou baie eenvoudig en ongekompliseerd voorkom, kan later ‘n groot probleem veroorsaak.

24

‘n Boer se nalatenskap – slaggate om te vermy

DIE VOORAFGAANDE STELLING kan met die volgende praktiese voorbeeld toegelig word: Gestel ‘n boer besit onder andere ‘n plaas en ‘n woonhuis op die naaste dorp. Hy bemaak die plaas aan sy seun en die woonhuis aan sy dogter. Omdat daar ‘n groot verskil in die waarde van die plaas en die woonhuis is en hy sy kinders gelykop wil laat erf, bemaak hy ook ‘n bedrag geld aan sy dogter. Die woonhuis word in die testament bloot as “my woonhuis” beskryf. Nadat die boer sy testament opgestel het, koop hy ‘n huis in ‘n kusdorp. Die gesin gebruik hierdie huis gedurende vakansies. Die boer pas nie sy testament aan om hierdie laasgenoemde huis spesifiek aan iemand te bemaak nie. Regtens val dié huis nou in die restant van sy boedel.

Ons Eie

Oktober 2016

Die boer tree af en hy gaan woon in die huis by die see. Nou kom die boer te sterwe. Die vraag is nou: watter een van hierdie twee huise is sy woonhuis? Watter huis moet die dogter erf? Die potensiaal vir konflik is nou baie groot, want, gestel die dogter neem die standpunt in dat die huis op die kusdorp haar pa se woonhuis was aangesien hy die laaste ruk van sy lewe daar gewoon het. Die seun daarenteen, kan dink die “woonhuis” is die huis op die dorp, aangesien dit die enigste woonhuis was wat hulle pa besit het toe hy sy testament laat opstel het. So ‘n geskil kan uiteindelik in die hof eindig met die gevolglike koste daaraan verbonde, sowel as die onenigheid wat dit in die familie kan veroorsaak. Om die probleem te voorkom, moes die ligging van die woonhuis in die testament beskryf word. Byvoorbeeld, “Ek bemaak my woonhuis in Lelie­ straat 2, Cradock aan my dogter”. So word enige twyfel uit die weg geruim. Onthou ook om jou testament aan te pas as jy ‘n woonhuis verkoop en ‘n ander een koop. Gestel jy bemaak jou woonhuis aan jou dogter en jy omskryf dit baie spesifiek. Nou verkoop jy hierdie huis en koop ‘n ander huis, maar jy pas nie jou testament aan nie. In jou testament word ‘n woonhuis wat jy nie meer besit nie, dus aan jou dogter bemaak. Nou ontstaan daar ‘n vraag oor jou voorneme. Het jy bedoel dat jou dogter die woonhuis wat jy in die plek van die eerste een gekoop het, moet erf of nie? Weer eens ontstaan die moontlikheid van konflik en die gepaardgaande koste. Wysig jou testament dus wanneer jy bates koop en verkoop. Motorvoertuie en meubels kan baie maklik ook die bron van dubbelsinnigheid en konflik wees. Net so ook aandele. Die boer het byvoorbeeld ‘n aantal Sanlam-aandele besit in die stadium toe hy sy testament opgestel het. Hy verwoord sy testament soos volg: “Ek bemaak al my aandele aan my seun, Jan.” Met sy afsterwe, besit die boer egter ‘n uitgebreide aandeleportefeulje. Wat was sy bedoeling? Moet Jan net die Sanlam-aandele erf óf alle aandele? Weer ontstaan ‘n potensiële bron van konflik. Die bemaking van kontant kan ook ‘n uitlegpro­ bleem skep. Gestel die boer bewoord sy testament: “Ek bemaak al my kontant aan my vrou”. Wat presies bedoel hy hiermee? Die kontant in sy beursie, die kontant in sy kluis, die saldo van sy tjekrekening, spaarrekening, geldmarkrekening of wat? Deur eenvoudig te verklaar: “Ek bemaak R100 000 aan my vrou” en daarvoor voorsiening te maak, kan jy al hierdie onsekerhede uit die weg ruim. Om te verseker dat jou nalatenskap werklik jou wense weerspieël, is dit belangrik dat jou boedelbeplanning en die opstel van jou testament met groot sorg hanteer word. OE

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

25


L A NDBO PRO DUKNUUS UKUNDI G

New Holland het ‘n baler vir elkeen se behoeftes

Die bekende BC5070-vierkantbaler is beskikbaar met ‘n swaardiens knoopmeganisme en ‘n 2 m opteltafel en kan ‘n baal van tussen 31 cm tot 132 cm in lengte vorm. Dit beskik oor ‘n vliegwiel van 56 cm in deeursnit en lewer 98 slae per minuut. Hierdie baler benodig slegs 56 kW. DIE VOLGENDE MODEL in New Holland se balerstal, is die BR6080 en BR6090-vastekamer kettingbalers. Albei balers beskik oor ‘n 2.0 m opteltafel wat die materiaal oor ‘n 1.4 m rotorvoerder voer om ‘n 1.2 m baal te vorm met die rolstaafsisteem wat oor 34 of 36 rollers beskik. Die BR6080 is slegs in ‘n rotorvoeropsie beskikbaar wat die baal met twee lyne tou bind. Die BR6090-baler is in ‘n rotorvoer­ opsie, asook die rotorsnyopsie, om materiaal fyner op te kerf, beskikbaar. Die baler kan ook met die Bale Command Plus-sisteem, wat elektries beheer word, tou of net gebruik om mee te bind. Die sisteem beheer die baler outomaties. Dit maak byvoorbeeld die keuse tussen tou of net, kies die hoeveelheid lae tou of net wat die baal moet bind, aktiveer die mes wat die tou of net sny, dui aan dat die baalkamer se deur oopgemaak kan word, en wanneer die deur weer toe is om voort te gaan. Hierdie model balers is veral gewild vir die baal van mieliereste en verg 50 tot 80 Kw. Die voordele van New Holland se vastekamerbalers: • Eenvoudige baalvormingsisteem, • sagte-kern bale wat laer risiko van verotting verseker, • verg min onderhoud, en • het ‘n toe baalkamer wat die verlies van material verminder. Die Roll-Baler 125 met ‘n 2.1 m hidrouliese opteltafel, ‘n vyftand

26

Die Bale Command Plus-sisteem.

staafontwerp toegerus met 16 en 18 tande per ry onderskeidelik, verseker ‘n uitstekende optelaksie met ligte asook digte materiaal. 18 Rollers (200 mm in deursnit) is agressief ontwerp om kontak met materiaal te verbeter en vorm 1.25 m bale, wat styf in net toegedraai word. Die balers het ‘n outomatiese smeringsisteem wat verseker dat alle kettings en bewegende dele gesmeer word sonder om die operateur te verontrief. Die reeks balers is standaard met die Crop Cutter-sisteem van 20 chroom messe wat in- of uitgeskakel kan word. Nog ‘n baler uit New Holland se stal is die Roll-Belt 150 varieërendekamerbaler. Die baler is ‘n kombinasie van ‘n rollerbaler en ‘n bandbaler. Die 2.3 m wye hidrouliese opteltafel, met 5-tand staafsisteem, verseker dat al die kosbare materiaal deurgevoer

Ons Eie

word na die vier 273 mm breë bande, wat dan ‘n perfekte baal van 90 –150 cm deursnit vorm. Die baler word elektronies beheer deur die Bale Command Plus-sisteem of ook beskikbaar met die New Holland IntelliViewsisteem. Voordele van Roller-Belt kombinasiebalers: • Vorm hoë digtheid bale, • Vorm goedgevormde bale, • breë baal vormingsbande verminder verliese, • growwe bande, wat positiewe greep op bale verseker, verbeter die vorm, en • aanvangsrollers verseker perfekgevormde bale met positiewe baalrotasie. New Holland se vlagskip ba­ lers staan bekend as die BB (Big Baler)-reeks. Die reeks beskik oor twee modelle, naamlik BB1270

Oktober 2016

en die BB1290, albei standaard met Rotor-voersisteem, of met die Rotorsnysisteem optioneel beskikbaar. Beide die balers lewer ‘n baal van 1200 mm wyd en tussen 1 m en 2.6 m lank. Die BB1270 baler lewer ‘n baal van 700 mm hoog terwyl die BB1290 ‘n baal van 900 mm hoog lewer. Die balers gebruik onderskeidelik hidrouliese opteltafels van 1.96 m of 2.35 m. Dit tel materiaal op en voer dit met ‘n rotor (Crop Cutteropsie) van 1.2 m wyd (‘W-tand’), of met drie pakkervurke wat uit nege enkeltande (standaardopsie) bestaan. Die plunjer van die baler beweeg teen 48 slae per minuut en ‘n slaglengte van 710 mm. Hierdie balers word deur die New Holland PLM-skerm, die Intelli­ View beheer. Dit beheer onder andere funksies soos die baaldigtheid. Hierdie balers het ‘n PTO-kW vereiste van 85 tot 110 kW en kan met opsies soos ‘n skaal en vogsensors toegerus word. Vir meer inligting oor New Holland se balers, kontak gerus jou naaste New Holland-handelaar of Jacques du Plessis by 083 458 7871. OE

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

27


L A NDBO UKUNDI AKT UEEGL Hoewel die benaming ‘Multirisiko versekering’ aandui dat meer as een gevaar gedek word, is by verre die meeste multi-risiko versekeringseise in Suid-Afrika die gevolg van droogte. Multi-risiko versekering is presies wat dit sê – ‘n omvattende dekking mits goeie boerderypraktyke toegepas word. Die individuele kliënt word teen sy eie geskiedkundige opbrengs gemeet en die verskil tussen die waarborgopbrengs en die gestroopte opbrengs word as ‘n eis uitbetaal.

Wat is die stand van multi-risiko oesversekering in Suid-Afrika? Multi-risiko oesversekering moet in ‘n langer tydskonteks gesien word as enkele jare. Die geskiedenis het gewys dat produksietoestande en reënval dikwels in siklusse van natter of droër jare voorkom. Neem byvoorbeeld die droogtes van 1964 tot 1967, vanaf 1982 tot 1987, weer vanaf 1991 tot 1996 en dan ook die droër jare vanaf 2001 tot 2007.

Multi-risiko oesversekering in Suid-Afrika Johan van den Berg van Santam Landbou bespreek in hierdie artikel die stand van multi-risiko oesversekering in Suid-Afrika. Korttermynresultate gee dikwels ‘n skewe beeld weens die agtereenvolgende droë of nat jare. Die probleem is egter dat die jare waarin daar wel eise voorkom, dit groot bedrae beloop. Droogte kom oor groot gebiede voor met gevolglike baie groot eisbedrae en nie kol-kol soos met die voorkoms van byvoorbeeld hael nie. Uit ‘n versekeraar se oogpunt is dit ‘n probleem, want genoeg geld moet elke jaar toegeken word om eise in hierdie ‘katastrofiese’ jare uit te betaal. Die koste om hierdie kapitaal beskikbaar te hou is hoog want dit kan nie vir iets anders gebruik word nie. Met groot Multi-risiko eise weens droogteskade in drie uit die laaste vier jaar, het selfs die langtermynresultate van Multi-risiko versekering baie verswak. Hoewel Santam steeds Multirisiko as produk aanbied, is daar beperkings op hierdie tipe versekering oor die afgelope seisoene ingestel. So kon bestaande kliënte byvoorbeeld voorkeur kry om weer te verseker indien die risiko aanvaarbaar was. Dit is dus belangrik dat daar ‘n langtermyn versekeringsgeskiedenis opgebou moet word tussen die versekerde

en die versekeraar. Dit stel die versekeraar in staat om na individuele onderskrywing vir kliënte te kyk wat goeie risikobestuur doen. Koste van Multi-risiko oesversekering Daar is min versekeringsprodukte wat die uitgebreide dekking gee wat Multi-risiko versekering gee. Dit is een van die redes waarom dit relatief duur is. Hoewel dit vir ‘n versekeringsmaatskappy arbeidsintensief is, is die koste om dit te bestuur relatief min teenoor die versekeringskoste om die risiko’s te dek. Onthou egter, indien ‘n versekeringsproduk duur is, is dit gewoonlik ook ‘n aanduiding van die risiko van die gewas in ‘n spesifieke omgewing. Neem ‘n voorbeeld: Die Multi-risiko versekeringstarief as persentasie van die versekerde waarde, is meer as drie keer hoër in Lichtenburg in Noordwes as in Middelburg in Mpumalanga. Hoekom? In ‘n ontleding is gevind dat daar oor die langtermyn ‘n ongeveer 30% waarskynlikheid is om nie insetkoste te verhaal in Lichtenburg nie, dit wil sê in drie uit tien jaar sal ‘n boer in Lichtenburg ‘n verlies maak.

Kredietfasiliteite by Suidwes beskikbaar GEDURENDE DIE LAASTE paar jaar het Suidwes aangepas by die finansiële behoeftes van hulle graanprodusent-kliënte wat wyd verspreid is oor die graanproduksiegebiede in die land. Suidwes het tans ‘n verskeidenheid finansiële produkte vir graanprodusente beskikbaar. Suidwes se Produksiekredietfasiliteit is geskoei op die finansiering van direkte produksie-insette vir die somer- of wintergraanseisoene. Daar is sekuriteitsverseistes van toepassing op hierdie finansieringsproduk. Die Wentelkrediet-finansierings­ produk van Suidwes is sekerlik die mees plooibare tipe finansiering waarmee boere hulle graaninsette

28

direk van insetverskaffers kan aanskaf. Die krediet word direk in die boer se tjekrekening inbetaal. Hy kan hierdie fasiliteit dus gedurende die seisoen as ‘n tipe ‘oortrokke fasiliteit’ bestuur. Hy kan selfs geld in hierdie fasiliteit inbetaal om rente te bespaar. Wanneer die inkomste uit veeverkope byvoorbeeld beskikbaar word, kan dit hier inbetaal word. Met ‘n wentelkredietfasiliteit kan produsente ook graan aan ander graankopers bemark en selfs direk vanaf hulle plase aan kopers lewer. Suidwes sal wel ‘n sessie oor die graaninkomste neem onder hierdie omstandighede.

Ons Eie

Graanprodusente is deeglik bewus van die moeilike periode waardeur die hele graanbedryf, insluitend oesversekeraars en finansierders gedurende die laaste paar jaar is. Produsente moet vroegtydig hulle aansoeke om insetfinansiering vir oorweging indien. Uit gesprekke met die bestuur van Suidwes is dit duidelik dat hierdie landboumaatskappy gereed is om die komende seisoen volstoom aan te pak en hul skoene vierkantig in die finansieringsarena van die graanbedryf vol te staan. OE

Oktober 2016

Hierdie syfer hang natuurlik af van die kommoditeitsprys en die bereke­ ning is op ‘n mielieprys van ongeveer R2500/ton gedoen. Daarenteen sal ‘n goeie boer in Middelburg, Mpumalanga in minder jare nie gelykbreek nie. Hierdie verskil in risiko reflekteer in die prys van versekering. Met laer kommoditeitspryse en/of hoër insetkoste kan die aantal jare waarin verliese gemaak word of nie gelykgebreek word nie, vermeerder. Hoe versekerbaar is die graanproduksiegebiede van Suid-Afrika? Hierdie vraag kan ook anders gestel word, naamlik: Hoe lewensvatbaar en volhoubaar is graanproduksie soos dit tans bedryf word? Dit is nie net droogte en swak opbrengste wat verliese tot gevolg kan hê nie, dit geld ook as laer kommoditeitspryse voorkom. Stygende insetkoste maak die risiko vir verliese ook baie groter indien die prys nie tred hou nie. Agtereenvolgende swak jare maak volhoubaarheid baie moeilik, want om twee of drie misoeste ‘op te vang’ is nie maklik nie. Elke produsent sal strategies moet dink of sy produksiestelsel volhoubaar is oor die langtermyn. Dit kan dalk raadsaam wees om in goeie jare ‘n verandering aan die tipe boerdery of boerderystelsel te doen, want tydens droogtes kan eintlik niks gedoen word behalwe om te probeer oorleef nie. Gevolgtrekking Die kwessie rondom Multi-risiko oesversekering is eintlik maar net ‘n simptoom van die riskantheid van graanproduksie in groot dele van Suid-Afrika. Daar is nie werklik goedkoper en meer akkurate alternatiewe vir Multi-risiko oesversekering in die huidige vorm nie. Watter metode of produk ookal gebruik word, die inherente risiko (en prys) bly dieselfde. Hoewel Multi-risiko oesversekering in sy huidige vorm arbeidsintensief is, is dit steeds die enigste versekerings­ produk wat die individuele risiko vir ‘n kliënt volledig dek. OE

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

29


L A NDBO UKUNDI AKT UEEGL

Boer slimmer met dié vlootbestuurstelsel in jou sak Suidwes bied ‘n handige intreevlak vlootbestuurstelsel vir trokke, trekkers, stropers en geelmasjiene (grondverskuiwingstoerusting) aan produsente. Met dié stelsel van Orbcomm, die Qic–Sur Plus, kan ‘n boer sy toerusting baie effektief deur ‘n toep (app) vanaf ‘n selfoon, tablet of skootrekenaar intyds (realtime) bestuur.

30

Ons Eie

DIE TOEP LAAT jou toe om te sien waar jou toerusting is, teen watter spoed dit ry, plant, spuit of kunsmis toedien. ‘n Sattelietfoto sal wys of die masjien in elke ry beweeg en of die ‘pto’ aangeskakel was of nie. Dit sal ook die enjinure van elke masjien aandui sodat jy kan bepaal wanneer dit gediens moet word. “Dié handige stuk tegnologie gaan waarskynlik binnekort as standaardtoerus­ ting saam met alle trekkers, stropers en geelmasjiene wat by Suidwes beskikbaar is, verkoop word. Suidwes se pryse op dié tegnologie is baie mededingend in die mark,” het Thys Brits, streekbestuurder van Orbcomm, aan Ons Eie gesê.

Pas jou goed en mense op met Qic–Guardian Suidwes verskaf, ook uit die Orbcomm-stal, die baie effektiewe Guardian – ‘n klein toestel, so groot soos ‘n man se duim, wat deurentyd gemonitor kan word met ‘n toep op ‘n selfoon. Dit wys dus elke oomblik waar die toestel is en hoe vinnig dit beweeg. Dit is ook met ‘n paniekskakelaar toegerus. “Dit is baie handig vir ‘n boer om in ‘n voertuig se paneelkissie of kattebak te hou of vir sy vrou of kinders om by hulle te dra. Dit het baie sekuriteitstoepassings omdat ‘n panieksein onmiddelik drie sms’e na selfoonnommers van jou keuse stuur. Dit sal ook op Google Maps die posisie wys presies waar die paniekskakelaar geaktiveer is,” sê Thys Brits. Hy kan gekontak word by 083 925 2755 of brits.thys@orbcomm.com OE

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016 November 2016

31


L A NDBO UKUNDI G

Is die VSA-graanboere ons vooruit? ARTIKEL DEUR:

Gerrie Ludick Inteligrow Precision Farming

Nuwe toedieningspraktyke soos hierdie vloeibare stikstof- grondtoediener was te sien.

Vuil lande soos die in die Vrystaat onttrek duisende liters water en kilogramme stikstof en ander voedingstowwe uit die grond uit.

Boeredae word ernstig opgeneem. Dis hier waar die produsente hulle inligting kry vir die komende seisoen.

Weerstasies soos hierdie word aan presisieboerderystelsels gekoppel om risiko’s te verminder.

Tydens ‘n onlangse besoek aan die VSA en veral in die state Iowa, Minnesota, Wisconsin en Montana, het ‘n span Suid-Afrikaanse landboukundiges en boere waardevolle lesse geleer. Die toer, wat deur die outeur meegemaak is, was uitstekend deur Villa Crop Protection en Winfield in die V.S.A gereël. Wat kon ons huis toe bring en hoe vergelyk ons? Onkruidbeheer is ‘n baie hoë prioriteit in die VSA. ‘n Duidelike strategie van zero-toleransie word toegepas. Onkruidbeheer is ‘n leefstyl en alles word gedoen

32

om bespuitingseffektiwiteit te verhoog. Amerikaanse produsen– te bestee meer aan onkruiddoders as Suid-Afrikaanse boere. Hulle het die som gemaak dat onkruide van 10 cm hoog tot soveel as twee sakkies ureum per

Ons Eie

hektaar kan benut, afhangende van die druk, natuurlik. Dit is R400 se kunsmis en omgereken na ‘n onkruiddoder soos glifosaat, is dit ses liter, genoeg om jou lande drie keer te spuit! Onkruid wat 30 cm hoog groei, neem tot

Oktober 2016

vier sakkies ureum se stikstof per hektaar weg. Die waarde daarvan is nagenoeg R800 per hektaar, genoeg om twaalf liter glifosaat te koop! Produsente uit die VSA sal ‘n oorval kry as hulle nou in die

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G Noordwes Provinsie en Vrystaat moet ry en sien hoe vuil die lande is van John Deere-bossies en bloudissels. Hulle sal beslis nie glo dat ons eintlik in ‘n droë streek boer nie! Navorsingspersele regoor die VSA word in groot getalle deur produsente besoek. Hulle belê baie geld in navorsing en waardevolle inligting oor kultivarkeuses per streek, gewaskeu– ses, plantvoeding, onkruidbeheer, tegnologie en bewerkingspraktyke word op die persele ingesamel. Die produsente vertrou die data én die navorsingspan en pas hulle planne dienooreenkomstig aan. In Suid-Afrika staan ons nie terug met die gehalte van ons boeredae nie. Baie geld en tyd word hieraan bestee, dit wil egter voorkom of ons produsente nie besef hoeveel inligting beskikbaar is nie, of is ek verkeerd? Presisieboerdery word al vir baie jare deur al die rolspelers

Presisieboeredry bring mee dat baie meer data beskikbaar is en gevolglik makliker algoritmes vir modulering getrek kan word.

Slotsom Swak mieliepryse in die VSA is die produsente se voorland hierdie jaar, aangesien ‘n rekordoes verwag word na ‘n uitstekende reënseisoen. Al word die produsente deur die staat gesubsidiëer, en al het hulle van die beste tegnologie in die wêreld, is hulle nie veel beter af as ons produsente nie. Wat ons wel kan noem, is dat hulle ver meer erns maak met onkruidbestuur en toedieningsnavorsing – hulle is op hierdie gebied beslis ‘n stap voor. Ons kan hierop verbeter, dit is net ‘n kopskuif ver! Pas die wysvinger reël toe.

OE

aangemoedig. Dit bring mee dat hulle baie meer data het en gevolglik makliker algoritmes vir modulering kan trek. Daar is goeie samewerking in die bedryf om inligting en data te deel. Dit strek tot voordeel van al die produsente en maatskappye in die landbou – iets waarmee ons nog sukkel. Satellietbeelde, veral NDVi-beelde word ingespan vir monitering. Hier is ons die Amerikaners egter voor, in terme van die verskeidenheid satelliete wat ons gebruik, want ons kan kies tussen die bestes uit die VSA én Europa.

(Met erkenning aan Winfield)

Stuit miere in hulle spore SOMER IS DIE TYD van die jaar wanneer miere ’n groot irritasie in en om jou huis kan wees. Moenie vrees nie, Protek beskik oor ’n reeks beproefde produkte om gou van hierdie onwelkome gaste ontslae te raak! Protek Nip It Ant Control is ’n topgehalte mierlokaas en is verpak in gerieflike, gereed-vir-gebruik strooihouers. Die lokaas word deur die miere opgetel, by die nes ingedra en wis die hele kolonie binne een week uit, insluitende die koningin. Protek Alphathrin en Protek Knox Ant is breëspektrum-insek-

Wet 36 van 1947 Knox Ant: diazinon 240 g/l, L7175, VERSIGTIG, Alphathrin: alpha-cypermethrin (pyrethroid) 100 g/l, L7850, VERSIGTIG, Registrasiehouer: Arysta LifeScience Suid-Afrika (Edms) Bpk, Reg. Nr. 2009/019713/07. Nip-It: hydramethylnon 20 g/kg, L8579, VER-

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

doders wat jou huis en tuin beskerm teen huishoudelike insekte, soos miere, kakkerlakke, weeluise, vlieë en muskiete. Alphathrin het ‘n vinnige uitklopaksie en lang nawerking en bied uitstekende waarde vir geld; meng slegs 5 ml Alphathrin per liter water en behandel. Knox Ant beskik oor ’n baie lang nawerking en sal die hele miernes uitwis, insluitende die koningin. Albei produkte kan op meubels, gordyne en mure gespuit word, dit is reukloos en sal nie vlek nie!

SIGTIG, Registrasiehouer: Prinswer Manufacturing (Edms) Bpk, Reg. Nr. 2006/095395/23 Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438. Tel 011 812 9800 of 0861 PROTEK 0861 77 68 35, www.proteksa.co.za.

33


L A NDBO UKUNDI G

NUWE PRODUKTE

NOU BESKIKBAAR BY

SUIDWES LANDBOU

FLINTCO

Flintco Ferto 1211 12T met 6M Auger Flintco Ferto 2017 20T met 6M Auger Flintco SF0606 Saadkar met 5M Auger Flintco Kraan Flintco SF0303 Saadkar met 5M Conveyor

R 239 474 + BTW R 296 421 +BTW R 176 000 +BTW R 217 684 + BTW R 125 052 + BTW

* Produkte mag verskil van die foto’s

HEELGOEDERE GEBRUIKTE VOORRAAD BESKRYWING

kW

MODEL

Case Farmall JX 110 Rob New Holland TD5.90 DT met vurk New Holland 6610 4 x 4 New Holland 6610 4 x 4 New Holland TM 150 Rob DT Quantum Boom spuit 14 m Massy 455 Cab Massy 455 Rob New Holland T8030 New Holland T8040 Gps toegerus New Holland T8040 TM 7010 Rob 4 x 4 T 6050 12 X 12 Cab

82 65 66 66 110

2013 2013 2003 2002 2009 2012 2012 2011 2009 2010 2007 2011 2014

34

74 74 201 223 223 104 92

Ons Eie

ENGIN URE 1362 3800

5500 4500 7500 3850 6500 5700 2900 3500

Oktober 2016

AANTAL BESKIKBAAR 1 1 1 1 3 1 1 1 1 1 1 1 2

VERKOOPPRYS R 475 000,00 R 385 000,00 R 160 000,00 R 150 000,00 R 335 700,00 R 90 000,00 R 320 000,00 R 250 000,00 R 580 000,00 R 850 000,00 R 590 000,00 R 428 000,00 R 535 000,00

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Risiko’s vir graanproduksie in die 2016/17-seisoen

ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Senior bestuurder produsentekommunikasie en –inligting by Suidwes

Die afgelope jaar is gekenmerk deur ondergemiddelde reënval en hoë temperature. Plek-plek het verrassingsbuie die verskil gemaak tussen sukses en mislukking. Ondergemiddelde reënval oor die afgelope paar jare het daartoe gelei dat die ondergrondse vogreserwes uitgeput is. Gevolglik was daar geen opgegaarde vog wat as oorbrugging kon dien totdat dit weer reën nie. Gesaaides was uitsluitlik aangewese op reënbuie.

Januarie toe aanplantings gedoen was. Die optimale vensterperiode vir aanplanting was reeds verby toe daar eers geplant kon word. Met wisselvallige neerslae, eie aan ‘n El Niño-jaar, is daar tot in Februarie geplant. Hitte-eenhede het afgeneem, dae het korter geword, maar ten spyte van al die negatiewe produksietoestande is ‘redelike’ oeste afgehaal. Gunstige eksterne faktore, soos die swak rand, hoër internasionale pryse, die droogte en verwagte swakker oeste, het die prys ondersteun. Vlakke van bokant R5 000 is op SAFEX vir witmielies behaal. Sonneblompryse was ook aansienlik hoër as waaraan produsen­ te gewoond was. Ongelukkig kon die hoë pryse nie altyd benut word nie, aangesien daar nie oessekerheid was nie. Die voordeel vir produsente wat wel oeste gehad het, is dat die graan teen goeie pryse verkoop kon word. Dit het hulle in staat gestel om die meeste van hulle verpligtinge te kon nakom.

Die afgelope jaar het die reën eerstens, baie laat voorgekom – eers laat in Desember, vroeg

Die komende seisoen Vog is steeds min, die winterreën wat in Julie voorgekom het, het

www.suidwes.co.za

Ons Eie

gehelp om primêre bewerkings te kon doen, maar geen reserwevog kon opgebou word nie. Om met redelike sekerheid te plant, behoort meer as 100 mm reën te val, voordat die risiko sodanig verlaag het om te plant. Tans is die voorspellings wel dat die weer na ‘n La Nina neig, maar kan verswak na ‘n neutrale voorspelling. Dit wil blyk dat goeie reën eers teen laat Desember kan voorkom. Gegewe die verswakking van El Niño, is die waarskynlikheid vir beter neerslae goed. Goeie grondbewerkingspraktyke en boerderypraktyke oor die algemeen, moet gevolg word om risiko tot die minimum te beperk. Laer plantestand en konserwatiewe kunsmistoediening is enkele praktyke wat aandag kan kry. Wat pryse aanbetref is die internasionale aanbod hoog en gevolglik is pryse laag. Dit geld vir mielies, soja en koring. Die plaaslike prys word gestut deur die swak rand en die onsekerheid

Oktober 2016

of daar genoeg mielies sal wees totdat die nuwe seisoen se vroeë lewerings begin. Vroeë aanduidings is dat daar ‘n voorneme is om vroeë witmielies onder besproeiing te plant. Die huidige lae vlakke van die damme en riviere kan egter lei tot waterbeperkings vir besproeiing. Tans is daar baie onsekerhede aan die produksiesowel as aan die pryskant. Produsente word aangemoedig om goeie pryse te benut. Gebruik verskansingsprodukte soos om ‘put’-opsies te koop. Pryse word sonder verpligte lewering verseker, dus word slegs die goeie pryse benut. Vir ‘n volledige bemarkingsplan vir u graan, nader Suidwes Graan se verkrygingspan. Hulle kan ‘n plan aan u voorlê, wat aan u unieke behoefte sal voldoen. Hou in gedagte dat die weervoorspelling slegs ‘n voorspelling is en nie ‘n eksakte wetenskap nie. Enigiets is moontlik, beheer wat u kan, en laat die res aan die Vader oor.

35


L A NDBO UKUNDI G

Maak die regte keuses vir planttyd ARTIKEL DEUR:

Frans Joubert Nasionale Verkoopsbestuurder by TRIOMF Kunsmis

Mielies is Suid-Afrika se belangrikste graangewas. Met nuwe gebruike van mielies wat elke dag in die media beklemtoon word en die skerp styging in die wêreldbevolking, word die druk op voedselproduksie elke dag meer. Onder normale toestande kan ʼn gemiddeld van 2,5 tot 3 ton/ha in die westelike produksiegebiede verwag word en 5 tot 6 ton/ha in die oostelike produksiegebiede (droëland). Onder besproeiing kan tussen 8 tot 10 ton/ha verwag word vir die grootste gedeeltes van die land, maar dit kan so hoog as 18 ton/ha wees in die

36

Oranjeriviergebied. Kuilvoeropbrengste van tussen 20 ton/ha (droëland) en 80 ton/ha (besproeiing) kan teen 68% tot 70% vog in die mielieproduserende gebiede verwag word. Mielies wat vir kuilvoer verbou word, raak ‘n baie belangrike gewas met die toenemende groei in voerkrale, aangesien dit die hoofvoerbron in voerkrale is. Hoë ru-oliepryse skep ’n geleentheid vir etanolproduksie wat mielieverbouing verder gewild gaan maak. Kultivars met hoë styselinhoud gaan baie meer in aanvraag raak. Selfs ander gewasse soos graansorghum, wat ook uiters geskik is vir etanolproduksie, gaan belangrik word. KIES DIE REGTE KULTIVAR Daar is sekere faktore om te oorweeg vir die korrekte

bl 38 >>>

Ons Eie

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

37


L A NDBO UKUNDI G

>>>

Regte keuses vir planttyd

kultivarkeuse. Kultivars met ’n medium tot laat groeitydperk lewer, onder normale toestande met voldoende vog, hoër opbrengste as vinnige groeiseisoenkultivars. Maar waar vog beperk kan raak in die kritiese graanvullingsperiode kan kort groeilengtekultivars beter vaar. Onder besproeiing kan twee gewasse per jaar in wisselbou na mekaar op dieselfde land verbou word. Met hierdie praktyk lewer die ultra-vinnige kultivars die beste resultate. Kultivars met langer groeitydperke kan stremming soos droogtes en siektes baie beter hanteer as ultra-vinnige kultivars. Hulle herstelvermoë na hael of enige soort stremming is ook beter. Kultivars verskil in eienskappe en moet vir ’n spesifieke doel geplant word. Dit kan geplant word vir die meulenaars, vir veevoer, kuilvoer, etanolvervaardiging en nog baie meer. ’n Goed

gespasieerde plantestand vorm die fondasie van suksesvolle mielieverbouing. Die ideale plantdiepte is 50 mm tot 75 mm in nat grond. Die pit moet verkieslik in nat grond geplant word. VOEDINGSTOFBEHOEFTES Bemesting speel ’n baie belang­ rike rol by die suksesvolle produksie van mielies om optimale groei te verseker. Bemestingsriglyne is aan twee veranderlikes gekoppel, naamlik opbrengspotensiaal en grondvoedingstatus van die P en K in die grond. Daarom is dit baie belangrik dat elke land volgens sy voedingsbehoeftes en opbrengspotensiaal bestuur en bemes word. Twee weke voor blom, bereik die tempo van N- en P-opname in die mielieplant ʼn piek, terwyl P-opname ʼn maksimum bereik in die volblomstadium en wanneer die maksimum waterverbruik plaasvind.

SIMPTOME VAN TEKORTE: Stikstoftekorte: • Onderste blare is liggroen of geel, partykeer ’n V-vorm vergeling op die blaar. • Onvolwasse afsterwing van blaarpunte. • Plante kan kleiner wees en neem langer om te blom. • Mieliekoppe is korter en swak bestuiwing kom soms voor. Fosfortekorte: • Blare het ʼn pers verkleuring. • Plante groei stadiger. • Bestuiwing word vertraag. • Wortelsisteem is swak ontwikkel. • Pitgrootte en hoeveelheid neem af. Kaliumtekorte: • Jong plante se blaarrante is gebrand (nekroties). Dit begin op die onderste blare en versprei boontoe. • Volwasse plante val makliker om omdat die stamme onder sulke toestande meer vatbaar is vir siektes. • Koppe is kleiner en die pitte word al kleiner na die punt van die kop en ontbreek op die voorste punt. Magnesiumtekorte: • Geel tot wit tussennerfse strepe wat eerste by die ouer blare voorkom. • Later vertoon die strepe die tipiese krale-effek weens die

38

Ons Eie

Oktober 2016

dooie (nekrotiese) kolle wat in die strepe vorm. Kalsiumtekorte: • Die verskyning en ontvouing van nuwe blare word verhinder. • Die punte van die blare is amper kleurloos en is met ʼn taai jellieagtige stof bedek wat veroorsaak dat die blare aanmekaar kleef –blare wat soos sambokke lyk is tipies. Swaweltekorte: • Jong plante is liggroen tot geel en is matig verdwerg. • Ouer plante se boonste blare is liggroen tot geel terwyl die onderste blare nog groen bly (teenoorgestelde van Ntekortsimptome) Dit is van kardinale belang om ‘n betroubare, goed gevestigde handelsmerk te kies wanneer kuns­misaankope oorweeg word. Kies ‘n kunsmisvervaardiger of -verskaffer wat ‘n wye reeks revolusionêre produkte aanbied. Anders as wat die populêre uitkyk was tot op hede, kan die gehalte van kunsmis verskil. ‘n Goeie, gekwalifiseerde raadgewer met ondervin­ding is ook altyd van groot nut met kunsmisaanbeve­ lings. Deesdae kan produsente ook heelwat geld bespaar deur kunsmis direk by die vervaardiger aan te koop.

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G


L A NDBO UKUNDI G

Volg ’n veilige

produksiestrategie

na droogte

ARTIKEL DEUR:

Dr G.J. (Gawie) du Toit (Pr.Sci.Nat.)

GDT Grondkundekonsultant

Weens die invloed van klimaat, veral reënval op droëlandsaaiery in die RSA, was vogstremming die afgelope twee seisoene glad nie bevorderlik vir goeie mielieproduksie nie. Veral die afgelope seisoen (2015/16) was die min reën gedurende die stuifmeelstort- en kopvulstadium krities en in baie gevalle het boere selfs nie genoeg reën ontvang om te kon plant nie. Hierdie toedrag van sake was veral op die westelike mielieproduse­ rende gebied van die RSA van toepassing. In hierdie artikel antwoord die grondkundekonsultant, dr Gawie du Toit, die vraag wat onwillekeurig gevra word: Wat moet die produksiebenadering wees om die ‘beskikbare’ produksiekapitaal ten beste aan te wend? Moet

40

daar nou geld bestee word vir ‘n ‘maksimum oes’ om verliese wat gelei is te probeer vergoed – dus ’n hoërisikostrategie te volg? Of moet daar nugter en oordeelkundig te werk gegaan word om ‘op­ timum wins’ na te jaag? Dus ‘n konserwatiewe benadering te volg om insetrisiko so laag as moontlik te hou om die beste rendement vir elke rand wat spandeer word, te behaal. Dit is nou hier waar koelkop te werk gegaan moet word en nugter besluite oor die aanwending van fondse vir aankoop van produksiemiddele geneem moet word.

Navorsingsresultate en praktiese ervaring oor ‘n wye front oor 40 jaar, toon onteenseglik dat in die meeste gevalle met aansienlik minder NPK klaargekom kan word as wat Statiese NPK-rigly­

ne vir ‘n denkbeeldige mikpunt (potensiaal) aandui. Al beloof dit groot finansiële voordeel teen baie laer risiko. Hou steeds die prominente rol wat klimaat en veral reënval speel in gedagte.

>>>> bl 42

Wat is die beste produksie­ strategie na ‘n droogte en wat beteken voorgaande in die praktyk? Kom ons kyk na en­ kele moontlike strategieë. 1) NPK-bemesting NPK-bemesting beloop minstens een-derde van die totale produksie-uitgawes vir mielieproduksie. Dit is dus belangrik om die effek van die NPK-inset op mielieproduksie kortliks te bekyk en te sien of besparing daarop moontlik is. Ons moet kyk of daar met minder misstof (NPK) klaargekom kan word na ‘n droogte. Oor die algemeen word te veel NPK toegedien om aan teoreties hoë oesverwagtinge te voldoen.

Ons Eie

Die pH van die grond in die voorgrond in Foto 1 is krities laag en het geen mielie-oes gelewer nie, terwyl die melies in die agtergrond in grond met ‘n goeie pH, 7.7 t/ha gelewer het. Voorts moet benadruk word dat die goeie oes behaal kon word waar 7 mg/kg P in die grond gemeet is. Slegs ‘n beskeie hoeveelheid ‘vars P’ is met planttyd saam met ‘n klompie N en K gebandplaas, opgevolg met ‘n latere N-aanvulling as bo-bemesting. Die foto is in 2012 op die Oostelike Hoëveld geneem. Die punt is dat met die regte grond-pH, slegs ‘n fatsoenlike klompie P in die band (‘vars P’) besonder doeltreffend is vir goeie oeste. Derhalwe is opbou van P in grond ondoeltreffend, duur en dit verhoog die finansiële risiko astronomies.

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

41


L A NDBO UKUNDI G >>> Volg ’n veilige produksiestrategie

Fosfor (P) en Kalium (K) Albei voedingselemente is ook goed voorsien en baie min daarvan is met planttyd nodig. Grond-pH (H2O) Grondsuurheid (pH) kan ‘n groot effek op die oes hê en dit moet pertinente aandag ontvang. Gebruik ‘n goed beplande program vir kalktoediening. Hier begin die gevaarligte in sommige gevalle flikker (kyk die rooi syfers in Tabel 1). Veral diep in die ondergrond kan dit krities raak, want dit is moeilik en ‘n baie duur proses om kalk diep ingewerk te kry. Onthou kalk reageer as ‘n kontakreaksie met die suur kleideeltjies. Dit los nie op soos stikstof wat met water af beweeg in die grond nie. In dié verband is dit belangrik om te kyk na Figuur 1. Figuur 1 wys wat gebeur indien kalk nie toegedien word om grondversuring weens die produksieproses en die toediening van stikstof teen te werk nie. In albei gevalle is ‘n oormaat NPK toegedien om goeie oeste te verseker. Die blou lyn se persele het deurentyd kalk ontvang wat die grond-pH op ‘n gesonde vlak van minstens pH (H2O) van 6.0 kon hou met pH (KCl) van sowat 5.2. Dit is insiggewend dat daar vir die eerste ses seisoene (81/83 tot 84/86) eintlik geen oesverskil tussen + en – kalk was nie. Daarna het grondversuring ‘n drastiese verlaging in die oes tot gevolg gehad, sodat die dramatiese verskil na 30 jaar 0.5 – teenoor 6.0 t/ha

42

Diepte pH(H2O) (c m)

was. Die grond-pH het gedaal na 4.3 (in water gemeet) of 3.5 (in KCl). Die betrokke proef is op die Nooitgedacht-Navorsingstasie by Ermelo uitgevoer. 2 Oesverwagting: Meesal word te hoog gemik. 'n Baie meer nugter benadering moet gevolg word. 'n Realistiese oesmikpunt moet die uitgangspunt wees. Neem die gemiddelde oes oor vyf jaar, of selfs eerder 10 jaar, as die mikpunt. 3 Mieliekultivars: Saad van ‘gewone/normale’ kultivars kos aansienlik minder as dié van elite (stapelgeen) basters. Voorts moet duur spuitprogramme ook by laasgenoemde gevolg word – dit kan nou gespaar word. 4 Stand: Die uitdaging is altyd daar om meer pitte per hektaar te plant vir 'n ‘groter oes’. Omdat die klimaat in Suid-Afrika baie wissel, is dit beter om ook 'n konserwatiewe benadering te volg met plante­

Geval 1 0-30 30-60 60-90 90-120 120-150 180-210 210-240 Geval 2 0-30 30-60 60-90 90-120 120-150 Geval 3 0-30 30-60 60-90 90-120 120-150 150-180 Geval 4 0-30 30-60 60-90 90-120 120-150 150-180

P B ray1 mg/k g

K

Ca

Mg

mg/k g

mg/k g

mg/k g

kgN/ha

Tot N(kg/ha) in profiel

6.45 5.64 5.83 7.08 5.85 6.12 7.01

31 9 2 1 1 2 1

117 471 113 47 40 34 26

265 163 375 425 302 328 311

83 56 114 144 152 211 191

98 602 89 31 35 24 30

909

5.61 7.15 4.99 6.44 5.90

16 20 2 1 2

61 66 102 145 77

227 165 269 592 560

77 62 99 181 284

72 408 97 113 46

736

5.20 4.80 4.79 5.64 6.17 5.52

8 12 1 1 2 1

98 99 86 120 81 62

279 161 269 478 459 374

87 56 103 222 310 294

55 171 34 31 30 29

350

5.21 6.08 6.30 5.16 5.32 6.12

40 1 3 1 1 1

134 79 86 64 47 33

229 426 398 452 467 378

62 126 125 190 184 145

60 46 59 9 12 23

209

stand. Heelwat duur saad word sodoende gespaar. Al sou die ‘watertafelgrond’ wel

op 'n goeie waterreserwe dui, is dit beter om maar die ‘pêre’ met 'n realistiese stand in te hou.

OE

SLOT Die strewe na maksimum oes het eenvoudig geen ekonomiese voordeel teenoor die waarde van optimum wins nie. Die hoë finansiële inset om een-of-ander denkbeeldige oesmikpunt na te streef (maksimum oes) is net eenvoudig te riskant (en onekonomies), veral teen die agtergrond van beskikbare water (reënval) wat die bepalende faktor vir oeste is. Optimum wins, daarenteen, lewer die beste finansiële voordeel vir die laagste koste-inset met die laagste finansiële risiko. Deur verstandig te werk te gaan, gesonde oordeel aan die dag te lê, finansiële selfdissipline toe te pas, kan die wa tog deur die drif getrek word. FIGUUR 1

Drie J aar G emiddelde O es te Vir Die 29 J aar 1981/82 tot 2009/10 Vir +K alk E n -K alk Waartydens Dies elfde NP K Toegedien Was Mielie-o es ( t/ha )

Kyk na TABEL 1 – die gegewens is bekom van grondmonsters in die Leeudoringstad-gebied geneem. Dit is saam met dr Hendrik Smith van Nvirotek-lab ingesamel en deur die laboratorium ontleed. Stikstof (N) Volgens die kolom Totale N(kg/ha) in profiel, is dit duidelik dat ‘n groot oordrag van stikstof (N) uit die vorige seisoen (selfs twee seisoene) plaasvind. Stikstof is dus ‘reeds toegedien’ en aanvulling vir die komende seisoen is inderdaad nie nodig nie.

TABEL 1 Chemiese ontleding van grond vir vier gevallestudies

7 6 5 4 3 2 1 0

kalk+ kalk-

81-83 84-86 87-89 90-92 93-95 96-98 99-01 02-04 05-07 08-10

P roduk s ie-s eis oene 1981/82 tot 2009/10

Ons Eie

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

43


L AANDBO NDBO UKUNDI G

Gifplante

Moet liefs nie hierdie plakkie dra nie Cotyledon orbiculata L. ARTIKEL DEUR:

Dr Franci Jordaan Landbouwetenskaplike, Afdeling Weiding, Landelike, Omgewing- en Landbou-ontwikkeling, Potchefstroom

Geografiese verspreiding Plakkies is inheems aan Suid-Afrika en word in al nege provinsies aangetref, terwyl dit ook in Lesotho en Swaziland voorkom. Dit kom egter ook in ander Afrikalande soos onder andere Namibië, Mosambiek en Angola voor. Plakkies het onder andere ook na Nieu-Seeland, die suidweste van die VSA en Australië versprei, waar dit as ‘n ernstige onkruid beskou word. Beskrywing Plakkies is sukkulente, meerjarige plante wat gewoonlik 50 cm hoog is. Wanneer dit blom, kan dit tot een meter hoog wees. Die stingels is dik en vlesig en skiet wortels oral waar dit die grond raak. Die wortelstelsel is vlak. Die plante is immergroen. Dit reproduseer met

44

Afhangende van die provinsie waar hierdie plant voorkom, kan dit verskillende volksname hê. Van die bekendste volksname is plakkie, kouterie, nentabossie, krimpsiektebossie, bergbessie, varkiesblaar en honde-oorplakkie. Die genusnaam Cotyledon is vanaf die Griekse woord kotyledon afgelei wat koppievormige holte beteken – dit verwys na die blare van sommige spesies. Die spesienaam orbiculata is vanuit Latyn afgelei en dit beteken rond of sirkel en dit verwys ook na die ronde blare van hierdie plant.

saad, maar nuwe plante kan ook uit afgebreekte blare ontstaan wat op die grond lê (dus ook vegetatiewe voortplanting). Die groeitempo van hierdie plant word as baie vinnig beskryf. Die blaarkleur van plakkies wissel van groen tot grys, dikwels met ‘n rooi lyn om die rand. Die blare is met ‘n dun, wasagtige lagie bedek. Die blaarvorms wissel van smal-langwerpig tot byna rond. Die variasie in blaarkleur en -vorm kan aan die onmiddellike omgewing (habitat) waarin dit voorkom, toegeskryf word. Die blomme is wasagtig en buisvormig. Die blomme word op ‘n terminale bloeiwyse gedra. Die blomkleur wissel van ligoranje tot pienk, maar is gewoonlik koraal-rooi. Die

>>>> bl 46

Die blomme is wasagtig en buisvormig. Die blomme word op ‘n terminale bloeiwyse gedra. Die blomkleur wissel van ligoranje tot pienk, maar is gewoonlik koraal-rooi.

Ons Eie

Oktober 2016

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G >>>

Moet liefs nie hierdie plakkie dra nie blomme is hangend. Die blomme lok gewoonlik baie bye, skoenlappers, insekte asook verskeie voëls. Relatief min inligting oor die vrug en saad van die plant is bekend. Die vrug word as ‘n blasie of follikel beskryf. Hierdie blasie of follikel bevat gewoonlik baie elliptiese sade. Groei en ontwikkeling Plakkies blom in die winter, gewoonlik vanaf Junie tot Augustus. In die Wes-Kaap, waar winterreënval voorkom, blom hierdie plante egter gedurende die midsomer. Dit plant natuurlik met sade voort, terwyl vegetatiewe voortplanting, waar wortels uit die blare en/ of stingels ontwikkel, ook kan voorkom. Sade ontkiem gewoonlik in die lente wanneer genoeg vog beskikbaar is, maar geen ontkieming sal plaasvind indien versuiptoestande voorkom nie. Die sade het ‘n koue tydperk nodig om dormansie in die saadhuid te breek – in warm winters behoort die ontkiemingspersentasie van hierdie plantsade laer te wees. Habitatvoorkeure Plakkies verkies goed gedreineerde sandgrond en die plante kom veral op kliprante voor. Dit kan ook in grond wat arm is aan voedingstowwe groei. Die plant verkies volle sonlig of semiskaduwee. Dit is droogtebestand en kan lang droogtes en hoë temperature oorleef – dit is om hierdie rede dat dit dikwels as ‘n ‘kanniedood’-plant beskryf word. Dit het redelike weerstand teen ryp, met ander woorde dit kan lae temperature en ‘n mate van ryp weerstaan. Swartryp sal egter die blomme laat vrek. Omdat die plante oorspronklik uit gebiede met lae reënval kom, kan dit water baie effektief gebruik – hierdie eienskap help dat hierdie plante dikwels droogtes oorleef terwyl ander plante vrek. Gebruike van die plant • Plakkies word hoofsaaklik in Suid-Afrika as ‘n natuurlike medisyne gebruik – die vlesige

46

deel van die blaar word vir die behandeling van vratte en liddorings gebruik. Verhitte blare word verpulp en die pap word vir pitswere en ander inflammasies gebruik. Die blare kan geëet word om wurms uit te dryf en die sap word vir die behandeling van epilepsie gebruik. • Plakkies word dikwels in tuine, veral rotstuine, as sierplante aangeplant. Tipe toksien Die toksien wat in Plakkies gevind word, is ‘n hartglikosiede. Hierdie toksien is slegs vir diere giftig. Daar kon geen bewyse gevind word dat hierdie plante toksies vir mense is nie. Kliniese tekens van vergiftiging Plakkies is een van verskeie plante wat krimpsiekte by veral kleinvee veroorsaak. Hierdie plante is sukkulent en word in die droë seisoen dikwels gevreet as ander weiding nie beskikbaar is nie – veral tydens droogtes. Twee tipes krimpsiekte is reeds as gevolg van hierdie plant beskryf, naamlik akute of ‘opblaas’ krimpsiekte – dit veroorsaak skielike vrektes indien honger diere groot hoeveelhede van die plante gevreet het en kroniese of ‘dun’ krimpsiekte – dit gebeur na akute aanvalle of waar die diere vir ‘n lang tydperk aan die toksien blootgestel is. Simptome van hierdie siekte kan weke of maande nadat die diere daaraan blootge­ stel is, voorkom. Die simptome is soos volg: Uitputting; verlamming van die kop en nek; stuiptrekkings; respiratoriese verlamming en uiteindelik vrektes. ‘n Geval in die Oos-Kaap is genoteer, waar ‘n hele trop Angorabokke skielik gevrek het nadat hulle te veel van hierdie plant gevreet het. Indien groot hoeveelhede van hierdie plant dus in die veld voorkom en vergiftiging van die vee word vermoed, moet die veearts so gou moontlik gekontak word om gepaste behandeling voor te skryf. ‘n Interessante verskynsel by hierdie plant is dat die toksisiteit deur die habitat en veral die grondtipe beïnvloed word. Plakkies wat in sanderige grond groei,

Ons Eie

is meer giftig as plakkies wat op swaarder grond groei. Meganiese beheer Klein plante kan met die hand uitgetrek word, veral as die grond nat is. Sorg moet egter gedra word dat alle blare verwyder word, aangesien wortels en dus nuwe plante uit blare wat op die grond lê, gevorm kan word. Biologiese beheer Daar is geen spesifieke biologiese agense vir die beheer van hierdie plant in Suid-Afrika aangetoon nie.

Chemiese beheer Geen geregistreerde chemiese middels is bekend vir die beheer van hierdie plant nie. Soos reeds genoem, kan hierdie plant in die winter, vroeë lente of veral in droogtetye, wanneer weiding skaars is, probleme veroorsaak. Indien die plant in kampe op die plaas voorkom, moet diere (veral kleinvee) nie gedurende hierdie tye in daardie kampe geplaas word nie. Soos ook reeds genoem, is die plante nie toksies vir mense nie en kan dit enige tyd as sierplante in tuine gebruik word

OE

Literatuur Gebruik Anoniem. 2006. Poisonous plants. Veterinary Science Library. University of Pretoria. Botha, C.J. & Venter, E. 2002. Plants poisonous to livestock in Southern Africa. University of Pretoria. Faculty of Veterinary Science. Dept. of Para-clinical Sciences, Section Pharmacology and Toxicology. Pretoria, South Africa. Harris, S. 2004. Cotyledon orbiculata L. Free State National Botanical Garden. www.plantzafrica.com Van Wyk, B-E., Van Heerden, F. & Van Oudtshoorn, B. 2002. Poisonous Plants of South Africa. Briza Publications, Pretoria. Wells, M.J., Balsinhas, A.A., Joffe, H., Engelbrecht, V.M., Harding, G. & Stirton, C.H. 1986. A catalogue of problem plants in Southern Africa. Memoirs of the Botanical survey of South Africa, No. 53. Department of Agriculture and Water Supply: Pretoria.

Die blaarkleur van plakkies wissel van groen tot grys, dikwels met ‘n rooi lyn om die rand. Die blare is met ‘n dun, wasagtige lagie bedek.

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

47


L A NDBO UKUNDI G

Agrikalender Oktober 2016 ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

Grondontledings is noodsaaklik om die lande optimaal te bemes en pH met bekalking reg te stel. Die opname van plantvoedingstowwe, sowel as die algemene gesondheid van die plante, verbeter met die regstelling van die pH. Slaan ag op planttye dié seisoen. Aanvanklik was ’n La Nina voorspel, maar die ontwikkeling daarvan het getaan en tans word net ’n neutrale toestand voorspel. Die goeie nuus is: na verwagting sal die seetemperature aan die ooskus van Afrika koeler wees. Dit kan gunstig wees vir neerslae oor Suid-Afrika. Onthou egter dat klimaatvoorspelling nie ’n eksakte wetenskap is nie en dat omstandighede vinnig kan verander. Daar was dikwels voorheen El Niño (droë toestande) voorspel, en dan het daar bo-gemiddelde reën voorgekom. Die mieliebalansstaat is baie knap, en daar is ruimte om meer witmielies te verbou. Wees konserwatief met aanplantings, grondvog is beperk en die risiko is hoog om met ’n droë grondprofiel te plant.

Koring

AKKERBOU

Mielies

Oorweeg slegs om te plant as die grondtemperatuur bokant 15 grade Celsius is. Te lae temperature lei tot onbevredigende kiemkragtigheid en moontlike onkruiddoderbeskadiging. Deur te vroeg in die seisoen te plant, verhoog die risiko van warm en droë weer van Desember tot Januarie wanneer die gesaaides in saad kom. Behandel saad teen grondinsekte aangesien saailinge beskadig kan word. ‘n Swak stand kan groot verliese veroorsaak. Benut goeie pryse deur voorplantkontrakte, minimumpryskontrakte, of te verskans op SAFEX. Dit kan goeie pryse vir die komende seisoen verseker. Moet egter nie meer as 30 % kontrakteer nie.

Sonneblom

Sonneblom is ‘n goeie wisselbougewas, veral waar mieliesiektes soos Diplodia voorgekom het. Sonneblom kan geplant word sodra die gevaar van ryp verby is. Maak seker dat die lande wat geplant gaan word nie residue van skadelike onkruiddoders soos atrazien bevat nie. Sonneblom is baie gevoelig vir veral atrazien en terbutielasien wat tot swak ontkieming en ontwikkeling kan lei. Behandel saad teen grondinsekte om saailingskade te beperk. Bemes sonneblom tot dieselfde mate as mielies vir goeie opbrengste.

Grondbone

Grondbone is ‘n baie goeie wisselbougewas. Gesonde grondbone bind tot 30 kg N per jaar en dit hou voordele in vir die opvolgseisoen. Plant tussen 15 Oktober en 25 November wanneer grondtemperatuur nie te laag is nie. Daar word aanbeveel dat grondbone met tussen 15 en 20 Kg N geplant word op sandgronde. Dit sal ‘n sterk kiemplant vestig. Behandel die saad met Rhizobium-entstof om stikstofbinding te bevorder. Behandel die saad met ‘n swamdoder wat in kombinasie met die Rhizobium gebruik kan word. Reaksie op fosfaatbemesting word slegs verkry indien die grond geweldige lae fosfaatvlakke het. Plant slegs SANSOR-gesertifiseerde saad.

48

Ons Eie

Inspekteer lande gereeld vir die voorkoms van russiesekoringluis. Die meeste skade word tussen GS14 (vlagblaarverskyning) tot GS 18 (volle aarverskyning) aangerig. Die beste beskerming word verkry deur op GS12 te spuit. Verwagte opbrengs (ton/ha) Besmettingsvlakke by GS12 (% plante) 2.0 - 2.5

7

1.5 - 2.0

10

1.0 - 1.5 14 Bogenoemde riglyne geld net vir vatbare kultivars. Inspekteer lande vir vrotpootjiesimptome. Simptome sluit in wit are wat in kolle voorkom, plante is verdwerg en wortels en kroon verkleur swart en breek maklik af. Wisselbou is die enigste beheermaatreël. Insekte kan in die vroeë lente voorkom as plante aan vogstremming ly. Inspekteer lande gereeld vir bruinkoringmyt, want dormante eiers van die plaag kan uitbroei indien ligte reën gedurende Julie en Augustus voorkom. Simptome stem baie ooreen met droogteskade. Beheer onkruid deur tydig te spuit.

ALTERNATIEWE GEWAS

Akkerbone

Akkerbone is goed aangepas in die Noordwes Provinsie. Dit word hoofsaaklik as veevoer aangeplant, vir beweiding sowel as hooipro-duksie. Die voordeel van dié peulgewas is dat dit stikstof vanuit die lug bind en in die grond terugplaas. Tot soveel as 27 kg stikstof (N) kan per jaar in die grond teruggeplaas word. Aanplantings kan vroeg in die seisoen gedoen word, hoofsaaklik as weiding, aangesien dit moeilik is om goeie hooi gedurende die reëntyd te maak. Aanplantings gedurende Januarie het die voordeel dat dit gewoonlik nie so baie reën wanneer die voer gereed is vir hooimaak nie. Ses ton hooi kan met 300 mm reën gedurende die groeiseisoen produseer word. Dit het ’n ru-proteïen inhoud van 14% as 90% van die peule reeds verkleur het. Afhangend van rywydte is 9 tot 16 kg saad per hektaar vir aanplan­ ting nodig. Binneryspasiëring van 10 cm tussen plante is ideaal. Plant saad op ’n diepte van 4 cm wanneer grondtemperatuur meer as 9 grade Celsius is. Onkruiddoders is beskikbaar wat geregistreer is vir akkerboonproduksie. Hou akkerbone gerus as alternatief in die beplanning vir die komende seisoen in gedagte.

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G VEE Beeste Evalueer bulle en begin hulle regkry vir die komende teelseisoen. Laat die bulle toets vir Trichomoniase en Vibriose (geslagsiektes). Indien bulle aangekoop word, laat hulle toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir ses weke op die plaas aangepas word voordat hulle gebruik word om te dek. Hou die bulle fiks deur hulle elke dag te laat loop. Diere kan ingeënt word teen anaplasmose indien vrektes gereeld voorkom. Ent teen Vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamiene A indien dit nog nie gedoen is nie. Wees bedag op moontlike luisbesmetting veral by kalwers. Indien beeste vir die mark gevoer word, moet die bemarkingsplan in plek wees, aangesien daar heel waarskynlik baie diere vir Desember afgerond word, wat laer pryse tot gevolg kan hê. Geregistreerde brandmerk is verpligtend en moet op alle diere aangebring word. Voorsien goeie gehalte drinkwater aan die beeste en maak krippe gereeld skoon. Wanneer laas is inspeksie gedoen en die water in die krippe laat toets vir gehalte?

Skape

Voorkomende behandeling is goedkoper as nasorg. Volg ‘n goeie bestuursprogram om maksimum opbrengs en wins te verseker. Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Spuit of dip skape teen brandsiekte en Australiese jeukmyt. Beplan en voer ‘n voervloeiprogram uit. Indien beplan word om groenvoer vir die skape aan te plant, moet vogbewaring vroegtydig begin word om sukses te verseker. ‘Broek’ langwolskape om onsuiwer te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Indien lamtyd Maart-April is, moet ooie voor paartyd prikkelvoeding ontvang en op goeie voeding gehou word twee tot drie weke na paring om goeie besetting te verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg, goeie weiding gedurende lamtyd, om gesonde, sterk lammers te verseker. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd, om ‘n goeie lammeroes te verseker. Dit is verpligtend om skape te merk, tatoeëer dus skape om boetes te vermy. Tref betyds reëlings vir ’n skeerspan indien daar nog nie geskeer is nie.

OE

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

49


ALGEMEEN L A NDBO UKUNDI G

Kosmiese Kwêla

deur Willie Koorts

As dit sterre reën September/Oktober is tradisioneel die tyd vir die jaarlikse “World Space Week”. Vanjaar was dit van 4 tot 10 Oktober. Reg rondom die wêreld, insluitende Suid-Afrika, word daar openbare uitreikprogramme deur ruimte­ agentskappe, planetariums, museums, skole, sterrekundeklubs, ensovoorts aangebied. Hou jou plaaslike media dop vir inligting oor byeenkomste, asook hul webwerf (http://www. worldspaceweek.org) en FaceBookblad (https://www.facebook.com/ WorldSpaceWeek/). Saterdag, 8 Oktober 2016 was ook “International Observe the Moon Night” (InOMN). Dit is weereens ’n wêreldwye uitreikgebeurtenis waar observasie, waardering en begrip vir ons maan aangemoedig word. Baie Suid-Afrikaanse instansies en amateursterrekundeklubs neem reg oor die land hieraan deel. Die byna-eerstekwartiermaan is dan ideaal om te bekyk. Hou jou plaaslike media dop, asook die InOMN-webwerf (http://www. lpi.usra.edu/observe_the_moon_ night/).

Datum

Sonop

Sononder

01 Okt

05h55

18h26

15 Okt

05h40

18h33

01 Nov

05h25

18h43

15 Nov

05h17

18h54

(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)

Dit reën sterre Wanneer die aarde deur die rommelstreep beweeg wat deur ’n komeet in sy wentelbaan agtergelaat word, kry ons ’n verhoogde aantal ‘verskietende sterre’ wat lyk of hulle hul ontstaan het uit ’n spesifieke punt van die naghemel. Ons praat hiervan as ’n ‘sterrereën’. Die sterrereën se naam verwys na die konstellasie waar hierdie ‘stralings­ punt’ sy ontstaan het. Halley se komeet is verantwoordelik vir twee sulke sterrereëns, die eta Aquariids in Mei en die Orionids in Oktober. Soos die naam aandui, is die stralingspunt van die Orionids in die sterrebeeld van Orion – dus maklik om te kry. Meteore geassosieer met die Orionids kan tussen 2 Oktober en 7 November gesien word, met maksimum aktiwiteit op die oggend van 21 Oktober vanaf middernag tot 04:00. Tot soveel as 30 meteore kan per uur verwag word, maar ongelukkig gaan die maan bietjie pla vanjaar en dit moeilik maak om die dowwe meteore te sien. Jou blote oog is die beste ‘instrument’ om ’n sterrereën waar te neem. Ons oë is baie goed aange-

pas om beweging waar te neem, selfs uit die hoek van jou oog. Ons oë het ook ’n lekker wye hoek. Rig jouself gerieflik in op ’n gemakstoel en maak seker jy het ’n onbelemmerde uitsig op die noord-ooste­ like horison, sonder enige ligte. Hou telling van al die meteore wie se spore jy kan terugtrek na Orion. Die ‘Supermaan’ November se volmaan is nogal besonders. Nie alleen is dit die grootste en naaste volmaan vir die jaar nie, dit is ook die naaste volmaan tot dusver in die 21ste eeu! Daar gaan eers oor 18 jaar weer ’n volmaan so naby wees! Die wentelbaan van die maan om die aarde is effens ellipties. Dit bring mee dat die maan elke maand effens verder van ons af beweeg en dan weer effens nader. As dit volmaan is wanneer die maan naby sy naaste punt is, praat sterrekundiges van ’n perigeumvolmaan.

’n Sterrewiggelaar, Richard Nolle, het in 1979 met die term ‘supermaan’ vorendag gekom. Sy definisie is maar arbitrêr, waarvolgens daar vanjaar ses supermane is! Hy beweer supermane kan aardbewings en vulkaniese uitbars­ tings veroorsaak, maar dit is egter nie waar nie. Die enigste direkte invloed op die aarde is ’n effense hoër hooggety en laer laaggety. Teenoor die kleinste volmaan, bekend as die ‘apogeum-volmaan’, is die perigeem-volmaan 14% groter en sowat 30% helderder. Die gemiddelde afstand van die maan op sy verste punt is 405 400 km, teen 362 600 km op sy naaste punt. In November kom dit egter so na as 356 500 km weens komplekse skommelings in sy baan. Volmaan is amptelik om 15:52 op 14 November, binne ’n uur-en’n-half vandat die maan sy naaste punt aan die aarde bereik het. Ongeveer elke 14de volmaan val saam met perigeum, maar dit is net elke 18 jaar so naby as vanjaar.

Maanfases

Nuwemaan

50

Eerste kwartier

Volmaan

Laaste kwartier

01 Okt

09 Okt

16 Okt

22 Okt

30 Okt

07 Nov

14 Nov

21 Nov

Ons Eie

Oktober 2016

www.suidwes.co.za

OE


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2016

51


L A NDBO UKUNDI G

52

Ons Eie

Oktober 2016

www.suidwes.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.