baba se eerste
Inhoudsopgawe
God maak die wêreld en vir ons
GENESIS 1:1-2:4
God het die wêreld en vir ons perfek gemaak.
Lank, lank gelede, aan die heel begin, was God daar. God maak die eerste lig om deur die donker te skyn.
God maak die berge en riviere, die see en land. God maak al die plante en diere.
God maak mense om vir die aarde te sorg. Alles wat God gemaak het, is mooi en goed.
GEBED
Dankie Here dat U my sondes vergewe en vir my help om te doen wat U vra en so vir U gelukkig te maak. Amen.
Noag en die ark
GENESIS 6:5-9:19 Noag maak God gelukkig, net soos ons Hom gelukkig moet maak.
Op die aarde is daar baie mense, maar hulle is lelik met mekaar.
God besluit om die aarde vol water te maak en skoon te was.
Noag is baie lief vir God en luister na Hom.
God sê vir Noag om ’n groot ark te bou.
Toe dit begin reën, is Noag, sy familie en al die diere wat God gestuur het, veilig in die ark.
GEBED
Dankie dat U my vergewe wanneer ek verkeerde dinge doen. Ek wil ook vir U gelukkig maak. Amen.
Abraham, Sara en Isak
GENESIS 12, 15, 18, 21
Ons is vandag almal deel van God se familie omdat Hy sy belofte aan Abraham nagekom het.
God kies vir Abraham en Sara om Hom te volg en die aarde weer goed te maak.
Hulle sal ’n baie groot familie hê wat almal kinders van God sal wees.
Abraham en Sara vertrou vir God, want hulle het nie kinders nie. Toe Sara al baie oud is, kry sy haar eie baba. Sy naam is Isak. Hy is die begin van hulle baie groot familie.
GEBED
Dankie dat ek alles kan glo wat U belowe. Ek is so bly ek is deel van u familie. Amen.
Moses in die mandjie
EKSODUS 1:8-10, 22; 2:1-10
God gee vir Moses ’n nuwe huis waar hy veilig kan grootword.
Na baie jare word Abraham se groot familie, die Israeliete, almal slawe in Egipte.
God kies vir Moses om sy Israeliete uit Egipte te lei.
Toe die nare koning van Egipte besluit om al die Israelitiese babaseuntjies dood te maak, help God vir hulle. Hy help vir baba Moses se mamma en sussie om hom te red.
Toe Moses ’n grootmens word, lei hy die Israeliete uit Egipte. GEBED
Dankie dat U altyd vir my sorg en my veilig hou. Amen.
Dawid en Goliat
1 SAMUEL 17
God help ons altyd om sy werk te doen.
Die Israeliete is bang!
Een van die Egiptiese soldate is ’n baie groot reus!
Net een jong seun, Dawid, is nie bang nie. Dawid het vir God baie lief en weet dat God hom sal help.
Dawid stap toe nader om teen die reus te veg. Hy gooi ’n klip teen die reus se kop –en die reus val om!
God het vir Dawid en die Israeliete gehelp om te wen.
GEBED
Dankie dat U my sal help wanneer ek moeilike dinge moet doen. Amen.
Daniël in die leeukuil
DANIËL 6
Daniël was getrou aan God, daarom het God hom gered.
Daniël is baie lief vir God en bid elke dag. Ander mense hou nie hiervan nie.
Hulle maak toe ’n wet: As jy tot God bid, sal jy in die leeukuil gegooi word.
Daniël hou aan om elke dag tot God te bid. Die mense gooi toe vir Daniël in die leeukuil!
Die leeus het nie vir Daniël gepla nie, want God het hom beskerm.
GEBED
Baie dankie dat Daniël nooit opgehou het om te bid nie. Amen.
Jesus se geboorte
LUKAS 2:1-20
God stuur sy enigste
Seun om vir ons te red en gelukkig te maak.
Maria en Josef kom in Betlehem aan. Die enigste plek waar hulle kan rus, is in ’n stal.
Daardie aand word baba Jesus in die stal gebore.
Daar naby pas skaapwagters hul skape op.
Die engele kom vertel vir hulle dat God se seun, Jesus, gebore is. Die skaapwagters is baie bly en gaan dadelik na Jesus toe. Die engele sing liedjies om God te loof en prys.
GEBED
Baie dankie dat U u Seun, Jesus, vir ons gegee het. Amen.
Jesus vang vis
LUKAS 5:1-11 MATTEUS 4:18-22
Jesus kies gewone mense om sy dissipels te wees.
Petrus en sy vriende is vissermanne.
Hulle gaan elke dag visvang, maar vandag is daar nie visse nie.
Jesus sê vir Petrus: “Gaan probeer weer.” Petrus en sy vriende gaan weer op hulle bote uit. Daar is nou baie vis om te vang! Petrus is verstom.
Jesus sê vir Petrus en sy vriende om saam met Hom te kom sodat hulle vir ander mense van God kan leer.
GEBED
Dankie dat U vir my ook kies om u dissipel te wees. Amen.
Jesus roep die kinders
MARKUS 10:13-15
God is lief vir elkeen van sy kinders, klein en groot.
Op ’n dag bring ’n groep mammas hulle kinders na Jesus. Die kinders is baie opgewonde! Maar Jesus se helpers raas met hulle: “Gaan weg!”
Jesus roep: “Nee, moenie die kinders wegjaag nie! Kom na my toe!”
Die kinders is baie bly en Jesus bid vir elkeen.
Jesus is baie lief vir kinders. Kinders is baie spesiaal vir God.
GEBED Baie dankie dat ek vir U spesiaal is, al is ek nog klein. Amen.
Die verlamde man
MARKUS 2:1-12
God gee vir ons maatjies om ons te help.
Daar is ’n man wat nie kan loop nie. Sy vriende neem hom na Jesus.
Toe hulle by die huis kom waar Jesus is, is dit vol mense.
Die vriende gaan maak ’n gat in die dak en laat sak hul vriend af tot by Jesus.
Jesus sê: “Staan op, vat jou bed en loop.”
Dit is presies wat die man doen! Almal is bly en sê dankie vir God.
GEBED
Baie dankie dat U vir my goeie maatjies gee. Ek is so bly dat U ook my maatjie is. Amen.
Broodjies en vissies
JOHANNES 6:1-15
Soos God vir ons sorg, moet ons ook vir ander mense sorg.
Jesus vertel vir ’n groot groep mense van God. Die mense word later honger, maar niemand het kos nie.
Jesus se helpers kry ’n klein seuntjie met vyf broodjies en twee vissies. Die seuntjie gee sy kos vir Jesus.
Jesus sê vir God dankie. Hy begin deel die kos met almal en daar was meer as genoeg.
Dit is ’n wonderwerk.
GEBED
Dankie dat U die mense gehelp het om kos te kry. Ek wil ook graag vir ander mense help. Amen.
Jesus lewe!
JOHANNES 20:1-18 LUKAS 24:1-12
Deur Jesus se dood aan die kruis is my sondes vergewe.
Jesus het gekom om vir ons te help. Baie mense was lief vir Hom. Maar party mense was vir Jesus bang en het Hom seergemaak. Hulle het Hom aan ’n kruis gehang. Toe is Hy dood.
Maria Magdalena gaan na Jesus se graf, maar die graf is leeg.
Sy draai om en sien ’n man.
Dit is Jesus! Hy lewe!
Maria gaan vertel vir almal die goeie nuus: “Jesus lewe!”
GEBED
Ek is so bly dat U lewe. Nou weet ek dat niks vir U onmoontlik is nie. Amen.
God se beloftes is ’n kosbare geskenk vir ons kinders en skep ruimte vir hulle om groot te word binne ’n lewenslange verhouding met God.
Hierdie betekenisvolle Bybel bevat: Lieflike waterverf illustrasies wat jong hartjies sal bekoor
• Twaalf spesiaal uitgesoekte verhale
• Elke belofte binne die Bybelverhale word mooi verduidelik en met ’n geskenk ikoon uitgelig
Opregte gebede wat kinders en gesinne aanmoedig om gebed deel te maak van hul daaglikse lewens.
Vier die gawe van geloof en begelei jou kind op ’n pad van vreugde en ontdekking met hierdie kosbare Bybel.
Kopiereg © 2024
Alle regte voorbehou.
Christian Media Publishing, Posbus 3228, Matieland Poskantoor Stellenbosch, 7602, Suid-Afrika www.christianmediapublishing.com
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07
Illustrasies: Leana Bothma
Omslag ontwerp: Jacqui Crawford Design
Eerste uitgawe 2024
10 9 8 7 6 5 4 3 2 1
ISBN 9781991257369