Vreugde!Kleuters Bybelstories oor die goeie en mooi Jesus - Afrikaans

Page 1

Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstories-reeks is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ’n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ’n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ’n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ’n vreugde-vervulde lewe te lei.

Gids vir ouers: Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige uiteensetting van die ikone blaai na bladsy 24.

Ontwikkelingsfases

Unieke temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

oo r

die g

su e J i oeie en moo

s

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar. ISBN: 978-1-92059-348-3

www.christianmediapublishing.com

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

Kinders vier ’n liefdevolle Jesus!



Aan my Vreugde! Kleuter: _________________ Met liefde van: _________________

1


Inhoudsopgawe: 1.

Sterrekykers

4

2.

Jesus word gedoop

8

3.

Jesus sorg vir ons

12

4.

Jesus is baie lief vir kinders

16

5.

Jesus kom weer

20 © Alle regte voorbehou.

CMP Kids ‘n druknaam van Christelike Media Publikasies, Posbus 4502, Durbanville, 7550 www.christianmediapublishing.com Outeur: Ewald van Rensburg Illustrasies: Lilani Brits Publikasie-projekbestuur: Noeline N Neumann Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07 Teks: Maranatha Christelike Uitgewers: Gebruik deur vriendelike ooreenkoms. Eerste uitgawe, eerste druk 2013 ISBN 978-1-920593-48-3

Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en

unieke temperament.

Vir ‘n volledige uiteensetting van die ontwikkelingsfases en unieke temperament-ikone besoek die CMP webwerf: www.cmpublishing.co.za


oo r

die goe

ie en mooi J

esus

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

Kinders vier `n liefdevolle Jesus!


1.

Sterrekykers (Matteus 2:1-23)

Slim mans van `n ver, ver land het op hulle kamele `n blink ster gevolg. Hierdie ster het vir hulle vertel dat `n spesiale koning in die wêreld gebore is. Die blink ster het die slim mans tot by Betlehem gebring. Daar het die ster doodstil bo `n huis bly hang. Hulle het vir Jesus, God se seun, daar gekry. Maria en Josef was ook daar.

4


5


Die slim manne het die beste en mooiste geskenke van daardie tyd - wierook, mirre en goud - vir Jesus gegee. Daarna het hulle baie bly terug huis toe gegaan.

Kom ons bid saam: Jesus, U is koning van die wêreld. Amen

66


Onthou om elke dag, nes die slim mans met hulle geskenke, jou beste vir Jesus te gee.

7


2.

Jesus word gedoop (Matteus 3)

God het vir Johannes gebruik om die mense van Jesus te vertel. Hy het hulle ook vertel dat hulle God moes liefhê. Eendag het Johannes in die rivier gestaan en weer gepraat oor God se Spesiale Een wat sou kom.

8


Toe het Jesus daar by die rivier aangekom. Opgewonde het Johannes dadelik vir almal gesê dat Jesus God se Spesiale Een is! Jesus het tot by Johannes in die rivier gestap.

9


Net toe het God uit die hemel gepraat sodat almal dit kon hoor: “Dit is my Seun wat ek baie liefhet. Luister na Hom!”

Kom ons bid saam: Jesus, ek wil altyd na U luister. Amen

God sê ook vir jou: “Jy is my kind en Ek is baie lief vir jou!”

110 0


11


3. Jesus sorg vir ons

(Matteus 6:25-34)

Jesus het op `n baie mooi plek gesit en met sy dissipels en `n klomp ander mense gepraat oor hoe kinders van God moet lewe. Toe Hy die voëltjies in die lug sien vlieg, het Jesus dadelik vir hulle gevra: “Sien julle die voëltjies wat hier bo ons vlieg?” Almal het opgekyk en hulle koppe geknik. “God, ons Vader, sorg vir hulle. Hy gee vir hulle kos om te eet. Onthou, God het julle, as sy kinders, nog baie meer lief. Daarom moet julle nooit bekommerd wees nie.

12


Hy sal vir julle alles gee wat julle nodig het.”

13


Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U altyd vir ons gee wat ons nodig het. Amen Dit is God wat so mooi vir die gras, blommetjies, bome en voëltjies sorg. Hy sorg ook vir jou.

14


15


4.

Jesus is baie lief vir kinders (Markus 10:13-16)

Op `n dag het `n klomp mammas hulle kindertjies na Jesus toe gebring. Hulle wou gehad het dat Jesus hulle moes aanraak. Jesus se dissipels het met die mammas hieroor geraas. Maar Jesus het dadelik vir sy dissipels gesê dat hulle nie die kindertjies moes wegjaag nie. Hulle het mos teen dié tyd al geweet dat Hy baie lief vir kinders is.

16


17


Die kindertjies het toe almal na Jesus toe gehardloop. Hy het vir hulle drukkies gegee, hulle hare gevryf, sy hande op hulle koppe gesit en vir hulle vertel dat hulle baie spesiaal is. Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U `n baie spesiale plek vir kinders in u hart het. Amen

Kinders, net soos jy, is baie spesiaal vir Jesus. Hy het jou baie lief.

18


19


5.

Jesus kom weer (Openbaring 21)

Jesus woon nou ook in `n wonderlike plek wat ons die hemel noem, maar eendag gaan Hy terugkom. Hy self het dit belowe. Jesus hou altyd sy beloftes. Wanneer Hy terugkom, sal Hy alles op die aarde splinternuut maak. Dit gaan die mooiste plek ooit wees. Die vrugtebome gaan heeljaar vrugte dra. Ons sal almal baie gelukkig wees, want niemand gaan ooit weer hartseer wees nie. Dit is iets om na uit te sien.

20


21


Onthou dat as Jesus iets belowe, doen Hy dit.

22


Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U eendag alles splinternuut gaan maak. Amen

23


Gids vir ouers en versorgers Geloofsvorming-Ikoon

Die vorming van kinders se geloof is deels uniek vir elke kind. Daar is egter ook algemene kenmerke van geloofsvorming wat vir die meeste kinders geld. Hoe word geloof by kinders gevorm? Daar is drie algemene maniere: 1. Ouers doen gereeld basiese dinge saam met hulle kinders - Bybellees, vertel van Bybel- en ander stories, bid en doen die aktiwiteite in hierdie boek. 2. Kinders vra self geloofsvrae. Neem hierdie vrae ernstig op en antwoord dit eerlik op kinders se verstaansvlak. 3. Kinders volg hulle versorgers se voorbeelde.

Emosionele Intelligensie-Ikoon

Ons ervaar emosies reeds lank voordat ons die taal aanleer om dit in woorde uit te druk. Daarom behoort kinders daarin gelei te word om dit wat hulle voel, in woorde uit te druk. Kyk na die prentjies wat by elke storie is en vra dan vir jou kind hoe voel die mense en diere in die prentjie. Op hierdie manier raak hulle bewus van hul eie emosie, maar ook die emosies van ander en skep ons ’n leergeleentheid waar hulle taal kan aanleer om hulself emosioneel uit te druk.

Leesvaardigheids-Ikoon

Wanneer jou kind begin lees, gaan ’n wonderlike wêreld oop. Geniet elke oomblik op hierdie reis saam met jou kind. Neem jou kind op jou skoot waar hy of sy gemaklik en veilig voel, blaai die boek van voor af oop, hou dan die boek voor julle albei oop, lees duidelik en met gevoel en laat jou kind met jou saam “kamma-lees”. Jy kan maar dieselfde stories oor en oor lees. Wys met jou vinger waar jy lees – so kan jou kind die verband begin maak tussen letters, woorde, klanke en betekenis. Moedig jou kind se eerste leespogings aan, al klink dit soos brabbeltaal.

Luistervaardigheids-Ikoon

Luister is ’n belangrike leer- en ontwikkelingsvaardigheid. Help jou kind om met aandag te luister en te verstaan wat hy of sy hoor, om sy of haar verbeelding te gebruik, om die storie of dele daarvan te onthou en om dit self weer te gee. Vra jou kind om die stories oor te vertel na aanleiding van die prentjies. Vra vrae oor en rondom die storie. Laat woorde weg uit ’n verhaal wat die kind ken en vra hom of haar om die woorde in te vul.

Woordeskat-Ikoon

Gebruik alle kanse om jou kind se woordeskat uit te brei. Dis ’n lewenslange geskenk. Begin met alledaagse voorwerpe en persone in die illustrasies. Wys na die illustrasie, sê die woord, maak ’n sinnetjie daarmee en sê die woord weer. Laat jou kind die woord herhaal. Kyk of jy dieselfde woord in ’n ander konteks ook kan gebruik – as daar ’n tent in die prentjie is waarna julle kyk, sê dan: Ons slaap in ’n tent wanneer ons gaan kamp.

Syfervaardigheids-Ikoon

Dis uiters belangrik dat jou kind syfervaardig word en getalbegrip ontwikkel. Speel met eenvoudige somme, soos: “Hoeveel eendjies is daar in die prentjie? Twee eendjies kom by – hoeveel is daar nou? Drie vlieg weg ... ” (Wys op jou vingers.) Jou kind kan ook die vorm van syfers leer – knip groot syfers uit karton en laat hom of haar daarmee speel. Bou ’n getallelyn daarmee.

24



Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstories-reeks is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ’n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ’n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ’n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ’n vreugde-vervulde lewe te lei.

Gids vir ouers: Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige uiteensetting van die ikone blaai na bladsy 24.

Ontwikkelingsfases

Unieke temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

oo r

die g

su e J i oeie en moo

s

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar. ISBN: 978-1-92059-348-3

www.christianmediapublishing.com

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

Kinders vier ’n liefdevolle Jesus!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.