Vreugde!Kleuters Bybelstories oor vertroue in God - Afrikaans

Page 1

Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstories-reeks is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ’n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ’n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ’n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ’n vreugde-vervulde lewe te lei.

Gids vir ouers: Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige uiteensetting van die ikone blaai na bladsy 24.

Ontwikkelingsfases

Unieke temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

oor v ertroue in God

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar. ISBN: 978-1-92059-351-3

www.christianmediapublishing.com

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

Kinders vier God se beloftes!



Aan my Vreugde! Kleuter: _________________ Met liefde van: _________________


Inhoudsopgawe: 1. Noag vertrou op God

4

2. Moses in die mandjie

8

3. Dawid en Goliat

12

4. Jesus en die duiwel

16

5. Jesus is die goeie skaapwagter

20 © Alle regte voorbehou.

CMP Kids ‘n druknaam van Christelike Media Publikasies, Posbus 4502, Durbanville, 7550 www.christianmediapublishing.com Outeur: Ewald van Rensburg Illustrasies: Lilani Brits Publikasie-projekbestuur: Noeline N Neumann Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07 Teks: Maranatha Christelike Uitgewers: Gebruik deur vriendelike ooreenkoms. Eerste uitgawe, eerste druk 2013 ISBN 978-1-920593-51-3

Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en

unieke temperament.

Vir ‘n volledige uiteensetting van die ontwikkelingsfases en unieke temperament-ikone besoek die CMP webwerf: www.cmpublishing.co.za


oor vertro e in God u

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

Kinders vier God se beloftes!


1. Noag vertrou op God (Genesis 8-9)

Dit het baie lank gereën. Die hele aarde was soos een groot see.

4


Maar Noag-hulle was veilig in die ark. God het belowe om Noag, sy gesin en al die diere te red. As God iets belowe, kan `n mens maar weet dat Hy dit sal doen. God het toe `n sterk wind gestuur om die aarde droog te waai.

5


Uiteindelik kon Noag-hulle veilig uit die ark klim. Toe maak God die eerste reënboog. Daardeur het God vir Noag belowe dat Hy nooit weer so baie water op een slag op die aarde sal laat val nie.

Kom ons bid saam: Dankie, Here, dat U altyd doen wat U belowe. Amen

66


Elke keer wanneer jy `n reënboog sien, onthou dan dat jy God altyd kan vertrou.

7


2. Moses in die mandjie (Eksodus 2)

Die wrede Farao het besluit om al die Joodse seuntjies dood te maak. Moses se mamma en sy suster, Mirjam, was baie bang dat die Farao hom ook sou doodmaak. Hulle het hom in `n mandjie op die rivier laat afdryf. Die Farao se dogter het die huilende Moses tussen die riete gekry. Sy was jammer vir hom. Moses se suster het vir haar gesê dat sy iemand ken wat na hom sou kyk.

8


9


Toe bring Mirjam Moses se eie ma na haar toe! So het God gesorg dat Moses veilig deur sy eie mamma grootgemaak word in die Farao se paleis.

Kom ons bid saam: Here, dankie dat U elke dag vir my sorg. Amen

God wil net die beste vir sy kinders hê.

10


11


3. Dawid en Goliat (1 Samuel 17)

Al die Israeliete was bang vir die groot Goliat. Die sterk reus het almal wat teen hom geveg het, gewen. Dawid het daar aangekom met kos vir sy broers. Hy het na Goliat gekyk en vir die res van die Israeliete gesê: “Moenie so bang wees nie, God is baie groter en sterker as die reus, Goliat. Ek sal teen hom baklei.”

12


Goliat het hom doodgelag vir die seun wat teen hom wou veg.

13


Dawid het met sy slingervel `n klip na die reus toe gegooi. Dit het vir Goliat tussen die oë getref. Die reus het dood neergeval!

Kom ons bid saam: Here, saam met U hoef ek vir niks bang te wees nie. Amen

14


God het vir klein Dawid gehelp om die groot Goliat te wen!

15


4. Jesus en die duiwel (Matteus 4:1-11 en Lukas 4:1-13)

Op `n keer het Jesus na die woestyn toe gegaan om alleen te wees. Die duiwel, wat altyd probeer om mense verkeerde dinge te laat doen, het na Jesus toe gegaan. Hy het probeer om Jesus `n klomp slegte en verkeerde dinge te laat doen. Jesus wou glad nie na die duiwel luister nie. Jesus het vir hom gesê dat dit altyd beter is om na God te luister. Die duiwel het Jesus toe uitgelos, want hy het geweet dat Jesus baie groter, sterker en slimmer as hy is.

16


17


Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U baie sterker as die duiwel is. Amen

Jesus is altyd aan jou kant, daarom hoef jy nie vir die duiwel bang te wees nie.

18


19


5. Jesus is die goeie skaapwagter (Lukas 15:3-7 en Johannes 10:1-15)

Jesus het eenkeer gesê: “Ek is die goeie skaapwagter. `n Goeie skaapwagter ken elkeen van sy skape se name. Die skape ken sy stem. As hy roep, kom die skape na hom toe.” Op `n ander keer het Jesus hierdie mooi storie vertel: “Daar was `n skaapwagter wat honderde skape gehad het.

20


Toe raak een van hulle weg. Hy het die ander skape net daar gelos en na die skaap wat weg was, gaan soek. Toe hy die skaap kry, was hy so bly!”

21


Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U altyd goed na my kyk. Amen

22


Jesus ken jou op jou naam.

23


Gids vir ouers en versorgers Geloofsvorming-Ikoon

Die vorming van kinders se geloof is deels uniek vir elke kind. Daar is egter ook algemene kenmerke van geloofsvorming wat vir die meeste kinders geld. Hoe word geloof by kinders gevorm? Daar is drie algemene maniere: 1. Ouers doen gereeld basiese dinge saam met hulle kinders - Bybellees, vertel van Bybel- en ander stories, bid en doen die aktiwiteite in hierdie boek. 2. Kinders vra self geloofsvrae. Neem hierdie vrae ernstig op en antwoord dit eerlik op kinders se verstaansvlak. 3. Kinders volg hulle versorgers se voorbeelde.

Emosionele Intelligensie-Ikoon

Ons ervaar emosies reeds lank voordat ons die taal aanleer om dit in woorde uit te druk. Daarom behoort kinders daarin gelei te word om dit wat hulle voel, in woorde uit te druk. Kyk na die prentjies wat by elke storie is en vra dan vir jou kind hoe voel die mense en diere in die prentjie. Op hierdie manier raak hulle bewus van hul eie emosie, maar ook die emosies van ander en skep ons ’n leergeleentheid waar hulle taal kan aanleer om hulself emosioneel uit te druk.

Leesvaardigheids-Ikoon

Wanneer jou kind begin lees, gaan ’n wonderlike wêreld oop. Geniet elke oomblik op hierdie reis saam met jou kind. Neem jou kind op jou skoot waar hy of sy gemaklik en veilig voel, blaai die boek van voor af oop, hou dan die boek voor julle albei oop, lees duidelik en met gevoel en laat jou kind met jou saam “kamma-lees”. Jy kan maar dieselfde stories oor en oor lees. Wys met jou vinger waar jy lees – so kan jou kind die verband begin maak tussen letters, woorde, klanke en betekenis. Moedig jou kind se eerste leespogings aan, al klink dit soos brabbeltaal.

Luistervaardigheids-Ikoon

Luister is ’n belangrike leer- en ontwikkelingsvaardigheid. Help jou kind om met aandag te luister en te verstaan wat hy of sy hoor, om sy of haar verbeelding te gebruik, om die storie of dele daarvan te onthou en om dit self weer te gee. Vra jou kind om die stories oor te vertel na aanleiding van die prentjies. Vra vrae oor en rondom die storie. Laat woorde weg uit ’n verhaal wat die kind ken en vra hom of haar om die woorde in te vul.

Woordeskat-Ikoon

Gebruik alle kanse om jou kind se woordeskat uit te brei. Dis ’n lewenslange geskenk. Begin met alledaagse voorwerpe en persone in die illustrasies. Wys na die illustrasie, sê die woord, maak ’n sinnetjie daarmee en sê die woord weer. Laat jou kind die woord herhaal. Kyk of jy dieselfde woord in ’n ander konteks ook kan gebruik – as daar ’n tent in die prentjie is waarna julle kyk, sê dan: Ons slaap in ’n tent wanneer ons gaan kamp.

Syfervaardigheids-Ikoon

Dis uiters belangrik dat jou kind syfervaardig word en getalbegrip ontwikkel. Speel met eenvoudige somme, soos: “Hoeveel eendjies is daar in die prentjie? Twee eendjies kom by – hoeveel is daar nou? Drie vlieg weg ... ” (Wys op jou vingers.) Jou kind kan ook die vorm van syfers leer – knip groot syfers uit karton en laat hom of haar daarmee speel. Bou ’n getallelyn daarmee.

24



Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstories-reeks is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ’n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ’n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ’n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ’n vreugde-vervulde lewe te lei.

Gids vir ouers: Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige uiteensetting van die ikone blaai na bladsy 24.

Ontwikkelingsfases

Unieke temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

oor v ertroue in God

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar. ISBN: 978-1-92059-351-3

www.christianmediapublishing.com

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

Kinders vier God se beloftes!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.