Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. ’n Ja! Kleuter sê ’n groot Ja! om Jesus te volg én om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.
Gids vir ouers: Ja! Kleuter is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige gids vir ouers blaai na bladsy 24.
OntwikkelingsUnieke fases temperament
Geloofsvorming
Woordeskat
Spraakvorming
Leesvaardigheid
Luistervaardigheid
Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.
Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.
ISBN: 978-1-92059-333-9
Kleuters sê JA! vir God se Grootheid www.christianmediapublishing.com
9781920593339_JKBS OOR GOD SE GROOTHEID COVER_2021.indd 1
Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits
2022/05/03 10:01:47
Aan my Ja! Kleuter:
______________ Met liefde van:
__________________ 1
Inhoudsopgawe 1. My God is so groot 2. Niks is vir God onmoontlik nie 3. God is baie sterker as Baäl 4. Vyf brode en twee vissies 5. Daar is niemand soos Jesus nie
4 8 12 16 20
© Alle regte voorbehou. Christian Media Publishing, Posbus 3228, Matieland Poskantoor, Stellenbosch, 7602 www.christianmediapublishing.com Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07 Teks: Ewald van Rensburg Illustrasies, ontwerp en uitleg: Lilani Brits Publikasie-projekbestuur: Noeline N Neumann 10
9
Eerste uitgawe 2018 8 7 6 5 4 3
ISBN 978-1-92843-647-8
Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits
’N DRUKNAAM VAN
CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
1. My God is so groot (Genesis 1-2)
God het ons mooi wêreld gemaak. Hy het eers die lig geskep. Die son vir die dag en die maan en die sterre vir die nag. Hy het ook die see en die land gemaak. Toe maak Hy die plante en bome. Oral waar jy kyk, was daar blomme en vrugte.
4
Ons groot God het ook ander dinge in hierdie mooi wêreld gemaak, selfs die visse wat rondswem en die voëls wat so pragtig sing. Die wilde diere, die mak diere, die insekte en goggas – alles kom van God af.
5
Toe doen God iets baie spesiaal ... Hy maak die eerste mense. Die man se naam was Adam en die vrou s’n Eva. Die Here het hulle baie lief gehad.
Kom ons bid saam: Here, U is so groot, daar is niks wat U nie kan doen nie. Dankie dat U alles so mooi gemaak het. Amen.
66
God het al die mooi dinge in die wêreld gemaak. 7
2. Niks is vir God onmoontlik nie (Genesis 12, 13, 15, 17, 18 en 21)
God het vir Abraham gesê om na ’n ander land toe te trek. Hy vat toe sy vrou, Sara, en sy neef, Lot, saam. Hulle was gelukkig daar totdat Lot en Abraham se werkers met mekaar begin stry het. Daarom het Abraham vir Lot gesê: “Kies waar jy wil bly.” Lot kies toe die groenste, beste deel.
8
9
God belowe toe vir Abraham dat Hy vir hom sal sorg en vir hom ’n groot familie sal gee. Abraham en Sara het geen kinders gehad nie. Hulle wou graag kinders hê, maar hulle was al baie oud. Het God dan van hulle en sy belofte vergeet? Eendag het drie mans vir Abraham kom kuier. Hulle vertel toe vir hom dat Sara ’n seuntjie gaan hê. Toe Sara dit hoor, het sy gelag. God wou by haar weet waarom sy lag. Het sy vergeet dat God enigiets kan doen? Hulle het toe ’n seuntjie, Isak, gehad.
110 10 0
Kom ons bid saam: Dankie dat U ook vir my sorg. Dankie dat U enigiets kan doen. Amen.
God kan enigiets doen wat mense nie kan nie en kom altyd sy beloftes na.
11
3. God is baie sterker as Baäl (1 Konings 18)
Elia het na koning Agab en sy kwaai vrou, Isebel, toe gegaan. Hy het vir hulle gesê: “Ek gaan vir julle wys dat God baie sterker is as julle god, Baäl. Vra julle Baäl om hout aan die brand te steek. Ek sal vir God dieselfde vra.” Niks het met hulle hout gebeur nie. Daar was geen teken van vuur nie.
12
13
Elia gooi toe sy hout nat en bid tot God. God steek toe die sopnat hout aan die brand. Almal het besef dat God groter en baie sterker as Baäl is. Maar Elia was nog nie klaar nie: “God gaan dit nou nog laat reën ook.” Al wat daar in die lug was, was ’n wolkie so groot soos ’n mens se hand. Koning Agab en die res van die mense kon nie glo wat hulle sien nie, want skielik was die lug donker en het dit begin reën en reën en reën. Daar is niemand soos ons God nie.
Kom ons bid saam: God, ons Vader, dankie dat U so groot en sterk is. Amen. 114 4
God is groot en daar is niks wat Hy nie kan doen nie.
15
4. Vyf brode en twee vissies (Johannes 6)
Baie, baie mense het graag na Jesus kom luister. Op so ’n dag was die mense teen etenstyd baie honger. Hulle het skoon vergeet om vir hulle kos in te pak.
16
Jesus sê toe vir sy vriende hulle moet vir die mense kos gee. Andreas, een van Jesus se vriende, bring toe ’n seuntjie na Hom toe en sê: “Hierdie seuntjie het twee vissies en vyf broodjies by hom. Maar dit is te min om al hierdie mense kos te gee.”
17
Maar Jesus glimlag vir die seuntjie en neem sy kos by hom. Hy het vir God daarvoor dankie gesê. Jesus vat toe die vissies en die broodjies en gee al die mense daarmee kos. Dit was ’n wonderwerk! Almal het genoeg geëet. Daarna het die dissipels twaalf mandjies volgemaak met die kos wat oorgebly het.
Kom ons bid saam: Here Jesus, ek weet U kan enigiets doen. Amen.
118 8
Jesus kon wonderwerke doen, wat gewone mense nie kan doen nie.
19
5. Daar is niemand soos Jesus nie (Lukas 8)
Toe Jesus weer met ’n klomp mense praat, het Jaïrus tussen hulle deurgestap en voor Jesus op sy knieë neergeval. Hy sê toe vir Jesus: “My dogtertjie is baie siek. Ek weet U kan haar gesond maak.” Jesus het saam met hom gegaan. Mense het na hulle toe aangehardloop gekom en vertel dat Jaïrus se dogtertjie alreeds dood is.
20
Jesus het vir Jaïrus getroos: “Moenie bekommerd wees nie. Hou net aan glo.” Toe hulle by Jaïrus se huis kom, het Jesus al die huilende mense stilgemaak. Hy het hulle vertel dat die dogtertjie net slaap. Die mense het vir Jesus uitgelag. Jesus het in die huis gegaan, die dogtertjie se hand gevat en vir haar gesê: “Staan op!”
21
Sy het dadelik gesond geword. Jesus het gesê dat hulle vir haar kos moet gee. Almal het toe geweet daar is niemand soos Jesus nie.
Kom ons bid saam: Here Jesus, U is regtig wonderlik. Ek is baie lief vir U. Amen.
222 2
Daar is niemand soos Jesus nie. Onthou, Jesus kan ons regtig help.
23
Gids vir ouers en versorgers Geloofsvorming
Die vorming van kinders se geloof is deels uniek vir elke kind. Daar is egter ook algemene kenmerke van geloofsvorming wat vir die meeste kinders geld. Hoe word geloof by kinders gevorm? Daar is drie algemene maniere: 1. Ouers doen gereeld basiese dinge saam met hulle kinders - Bybellees, vertel van Bybel- en ander stories, bid en die aktiwiteite in hierdie boek. 2. Kinders vra self geloofsvrae. Neem hierdie vrae ernstig op en antwoord dit eerlik op kinders se verstaansvlak. 3. Kinders volg hulle versorgers se voorbeelde.
Emosionele intelligensie
Ons ervaar emosies reeds lank voordat ons die taal aanleer om dit in woorde uit te druk. Daarom behoort kinders daarin gelei te word om dit wat hulle voel, in woorde uit te druk. Kyk na die prentjies wat by elke storie is en vra dan vir jou kind hoe voel die mense en diere in die prentjie. Op hierdie manier raak hulle bewus van hul eie emosie, maar ook die emosies van ander en skep ons ’n leergeleentheid waar hulle taal kan aanleer om hulself emosioneel uit te druk.
Leesvaardigheid
Wanneer jou kind begin lees, gaan ’n wonderlike wêreld oop. Geniet elke oomblik op hierdie reis saam met jou kind. Neem jou kind op jou skoot waar hy of sy gemaklik en veilig voel, blaai die boek van voor af oop, hou dan die boek voor julle albei oop, lees duidelik en met gevoel en laat jou kind met jou saam “kamma-lees”. Jy kan maar dieselfde stories oor en oor lees. Wys met jou vinger waar jy lees – so kan jou kind die verband begin maak tussen letters, woorde, klanke en betekenis. Moedig jou kind se eerste leespogings aan, al klink dit soos brabbeltaal.
Luistervaardigheid
Luister is ’n belangrike leer- en ontwikkelingsvaardigheid. Help jou kind om met aandag te luister en te verstaan wat hy of sy hoor, om sy of haar verbeelding te gebruik, om die storie of dele daarvan te onthou en om dit self weer te gee. Vra jou kind om die stories oor te vertel na aanleiding van die prentjies. Vra vrae oor en rondom die storie. Laat woorde weg uit ’n verhaal wat die kind ken en vra hom of haar om die woorde in te vul.
Woordeskat
Gebruik alle kanse om jou kind se woordeskat uit te brei. Dis ’n lewenslange geskenk. Begin met alledaagse voorwerpe en persone in die illustrasies. Wys na die illustrasie, sê die woord, maak ’n sinnetjie daarmee en sê die woord weer. Laat jou kind die woord herhaal. Kyk of jy dieselfde woord op ’n ander plek ook kan gebruik, byvoorbeeld “tent” in hierdie boek en weer by ’n kampeerplek.
Syfervaardigheid
Dis uiters belangrik dat jou kind syfervaardig word en getalbegrip ontwikkel. Speel met eenvoudige somme, soos: “Hoeveel eendjies is daar in die prentjie? Twee eendjies kom by – hoeveel is daar nou? Drie vlieg weg ... ” (Wys op jou vingers.) Jou kind kan ook die vorm van syfers leer – knip groot syfers uit karton en laat hom of haar daarmee speel. Bou ’n getallelyn daarmee.
24
Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. ’n Ja! Kleuter sê ’n groot Ja! om Jesus te volg én om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.
Gids vir ouers: Ja! Kleuter is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige gids vir ouers blaai na bladsy 24.
OntwikkelingsUnieke fases temperament
Geloofsvorming
Woordeskat
Spraakvorming
Leesvaardigheid
Luistervaardigheid
Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.
Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.
ISBN: 978-1-92059-333-9
Kleuters sê JA! vir God se Grootheid www.christianmediapublishing.com
9781920593339_JKBS OOR GOD SE GROOTHEID COVER_2021.indd 1
Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits
2022/05/03 10:01:47