Ja! Kleuter Bybelstories oor Jesus - Afrikaans

Page 1

Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. ’n Ja! Kleuter sê ’n groot Ja! om Jesus te volg én om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.

Gids vir ouers: Ja! Kleuter is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige gids vir ouers blaai na bladsy 24.

OntwikkelingsUnieke fases temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.

ISBN: 978-1-92059-329-2

Kleuters sê JA! vir Jesus www.christianmediapublishing.com

9781920593292_JKBS oor Jesus COVER_2021.indd 1

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

2022/05/03 10:55:56



Aan my Ja! Kleuter:

______________ Met liefde van:

__________________


Inhoudsopgawe 1. Jesus word gebore 2. Hier kom Koning Jesus 3. Die Kruis 4. Jesus staan uit die dood op 5. Jesus gaan terug huis toe

4 8 12 16 20

© Alle regte voorbehou. Christian Media Publishing, Posbus 3228, Matieland Poskantoor, Stellenbosch, 7602 www.christianmediapublishing.com Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07 Teks: Ewald van Rensburg Illustrasies, ontwerp en uitleg: Lilani Brits Publikasie-projekbestuur: Noeline N Neumann 10

9

Eerste uitgawe 2018 8 7 6 5 4 3

ISBN 978-1-92843-648-5


Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

’N DRUKNAAM VAN

CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING


1. Jesus word gebore (Lukas 1-2)

Maria was van die dorpie Nasaret. Sy was verloof aan Josef. Eendag kom iemand vir haar kuier. Dit was nie sommer enigiemand nie, hoor. Dit was een van God se hoofengele, Gabriël, wat vir haar kom kuier het. Hy het vir haar vertel dat sy ‘n baba gaan hê wat eintlik die Seun van God is. Dadelik vra sy: “Hoe kan so iets gebeur, ek is dan nog nie getroud nie?” Gabriël het dadelik gesê dat sy nie bekommerd moet wees nie, want vir God is niks onmoontlik nie. Die baba sal ‘n wonderwerk uit die hemel wees. 4


5


Sy kon nie anders as om vir die engel te sê nie: “Sê vir God ek sal dit doen. God kan maar met my maak soos Hy goed dink.” Die engel is toe daar weg en haar lewe was nooit weer dieselfde nie. Sy en Josef is toe later getroud. Dit was die grootste oomblik toe hierdie spesiale baba uit die hemel, in Betlehem gebore is en sy Hom vasgehou het. Josef het toe die baba Jesus genoem. Ja, die baba, Jesus, sou die wêreld heeltemal verander.

Kom ons bid saam: Here, ek wil U loof en prys, omdat U enigiets kan doen. Amen.

6


Jesus Naammeans: beteken: The nameseJesus “God “God Red”. vir Mamma of Saves”. AskVra Mummy or Daddy Pappa wat jou naam beteken. what your name means.

7


2. Hier kom Koning Jesus (Matteus 21)

Toe hulle naby Jerusalem kom, het Jesus vir sy vriende gesê: ”Bring vir My ‘n jong donkie.” Hy sê toe vir hulle waar om so ‘n donkie te kry en wat hulle vir sy eienaar moet sê. Toe hulle by die plek aankom waarheen Jesus hulle gestuur het, vat hulle die jong donkie. Dadelik vra die eienaar: “Waarom vat julle my donkie?” Hulle antwoord: “Jesus het hom nodig.” Toe die man dit hoor, was hy tevrede en het hy sy donkie dadelik vir hulle gegee.

8


9


Jesus het op dié donkie Jerusalem ingery. Baie mense het langs die pad gestaan, met palmtakke gewaai en uitgeroep: “Loof die Here. Hier kom die Koning!”

Kom ons bid saam: Here Jesus, ek wil ook elke dag van U liefde sing. Amen.

10 10


Vertel vir almal dat Jesus die beste Koning van jou lewe is.

11


3. Die Kruis (Matteus 21)

Jesus se vyande het geweet dat hulle Jesus moet doodmaak. Hulle het Hom na Pilatus, die belangrikste man in die hele land, gestuur om Hom skuldig te bevind. Maar hy kon niks teen Jesus kry nie. Pilatus besluit toe om die mense te vra. Toe hulle vir Jesus sien, het hulle kliphard geskree: “Kruisig Hom!” Jesus se vyande het vir hulle gesê om dit te doen. Pilatus laat toe vir Jesus kruisig op ‘n plek met die naam Golgota. Daar het Jesus tussen twee ander mense aan ‘n kruis gehang.

12


13


Jesus het aan die kruis gevra dat God, sy Vader, tog die mense wat so lelik met Hom was, moet vergewe. Die Vrydagmiddag is Jesus dood. Maar dié Vrydag staan nou bekend as Goeie Vrydag, omdat Jesus hierdeur gesorg het dat mense weer vriende met God kan wees.

Kom ons bid saam: Here Jesus, dankie dat U aan die kruis vir my sonde gesterf het. Amen.

14


Jesus het aan die kruis gesterf sodat ons verkeerde dinge – ons sonde – vergewe kan word.

15


4. Jesus staan uit die dood op (Matteus 28)

Jesus is die Vrydag begrawe in ‘n graf wat ‘n vriend van Hom, Josef, gegee het. Almal was baie hartseer. Sondagoggend vroeg het ‘n klomp vroue na die graf gegaan. Hulle het gewonder hoe hulle by die graf gaan inkom, want daar was ‘n groot klip voor die ingang van die graf gerol. Toe hulle daar aankom, was die klip klaar weggerol en die graf was leeg. ‘n Engel het vir hulle vertel dat Jesus uit die dood opgestaan het.

16


17


Baie bly hardloop hulle toe om vir die res van Jesus se vriende die goeie nuus te vertel. Een van die vroue, Maria Magdalena, het teruggekom na die leë graf toe. Daar het iemand vir haar geroep: “Maria!” Sy het geweet dit is Jesus self. Sy het toe vir almal gaan vertel dat sy Jesus met haar eie oë gesien het.

Kom ons bid saam: Here Jesus, dankie dat U lewe en dat ek hemel toe kan gaan. Amen.

18


Jesus leef! Daarom gaan almal wat Hom liefhet hemel toe as hulle doodgaan.

19


5. Jesus gaan terug huis toe (Handelinge 1)

Jesus se vriende was baie bly om Hom terug te hê. Hulle het geweet dat daar niemand so sterk soos Hy is nie. Hy het selfs teen die dood gewen. Eendag het Jesus vir hulle gesê dat Hy moet teruggaan na sy Vader in die hemel toe. Dit is waar sy regte huis is. Maar hulle moenie hartseer wees nie, want Hy gaan vir al sy vriende daar plek regkry. Jesus en sy vriende het toe teen ‘n berg opgeklim.

20


21


Daar het ‘n wolk gekom. Die wolk het toe vir Jesus weggeneem. Jesus se vriende het baie hartseer na bo gekyk. Skielik staan daar twee engele. Hulle sê toe vir die dissipels (dit is wat mense Jesus se vriende genoem het) dat Jesus weer eendag sal terugkom. Hulle moet nou vir die res van die wêreld gaan vertel dat Jesus vir almal lief is.

Kom ons bid saam: Here Jesus, ek weet U is in die hemel, want die Bybel leer my dit. Amen.

22


Al is Jesus in die hemel, weet ons Hy kyk na ons en sorg vir ons.

23


Gids vir ouers en versorgers Geloofsvorming

Die vorming van kinders se geloof is deels uniek vir elke kind. Daar is egter ook algemene kenmerke van geloofsvorming wat vir die meeste kinders geld. Hoe word geloof by kinders gevorm? Daar is drie algemene maniere: 1. Ouers doen gereeld basiese dinge saam met hulle kinders - Bybellees, vertel van Bybel- en ander stories, bid en die aktiwiteite in hierdie boek. 2. Kinders vra self geloofsvrae. Neem hierdie vrae ernstig op en antwoord dit eerlik op kinders se verstaansvlak. 3. Kinders volg hulle versorgers se voorbeelde.

Emosionele intelligensie

Ons ervaar emosies reeds lank voordat ons die taal aanleer om dit in woorde uit te druk. Daarom behoort kinders daarin gelei te word om dit wat hulle voel, in woorde uit te druk. Kyk na die prentjies wat by elke storie is en vra dan vir jou kind hoe voel die mense en diere in die prentjie. Op hierdie manier raak hulle bewus van hul eie emosie, maar ook die emosies van ander en skep ons ’n leergeleentheid waar hulle taal kan aanleer om hulself emosioneel uit te druk.

Leesvaardigheid

Wanneer jou kind begin lees, gaan ’n wonderlike wêreld oop. Geniet elke oomblik op hierdie reis saam met jou kind. Neem jou kind op jou skoot waar hy of sy gemaklik en veilig voel, blaai die boek van voor af oop, hou dan die boek voor julle albei oop, lees duidelik en met gevoel en laat jou kind met jou saam “kamma-lees”. Jy kan maar dieselfde stories oor en oor lees. Wys met jou vinger waar jy lees – so kan jou kind die verband begin maak tussen letters, woorde, klanke en betekenis. Moedig jou kind se eerste leespogings aan, al klink dit soos brabbeltaal.

Luistervaardigheid

Luister is ’n belangrike leer- en ontwikkelingsvaardigheid. Help jou kind om met aandag te luister en te verstaan wat hy of sy hoor, om sy of haar verbeelding te gebruik, om die storie of dele daarvan te onthou en om dit self weer te gee. Vra jou kind om die stories oor te vertel na aanleiding van die prentjies. Vra vrae oor en rondom die storie. Laat woorde weg uit ’n verhaal wat die kind ken en vra hom of haar om die woorde in te vul.

Woordeskat

Gebruik alle kanse om jou kind se woordeskat uit te brei. Dis ’n lewenslange geskenk. Begin met alledaagse voorwerpe en persone in die illustrasies. Wys na die illustrasie, sê die woord, maak ’n sinnetjie daarmee en sê die woord weer. Laat jou kind die woord herhaal. Kyk of jy dieselfde woord op ’n ander plek ook kan gebruik, byvoorbeeld “tent” in hierdie boek en weer by ’n kampeerplek.

Syfervaardigheid

Dis uiters belangrik dat jou kind syfervaardig word en getalbegrip ontwikkel. Speel met eenvoudige somme, soos: “Hoeveel eendjies is daar in die prentjie? Twee eendjies kom by – hoeveel is daar nou? Drie vlieg weg ... ” (Wys op jou vingers.) Jou kind kan ook die vorm van syfers leer – knip groot syfers uit karton en laat hom of haar daarmee speel. Bou ’n getallelyn daarmee.

24



Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. ’n Ja! Kleuter sê ’n groot Ja! om Jesus te volg én om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.

Gids vir ouers: Ja! Kleuter is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige gids vir ouers blaai na bladsy 24.

OntwikkelingsUnieke fases temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.

ISBN: 978-1-92059-329-2

Kleuters sê JA! vir Jesus www.christianmediapublishing.com

9781920593292_JKBS oor Jesus COVER_2021.indd 1

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

2022/05/03 10:55:56


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.