Ja! Kleuter Bybelstories oor Liefde - Afrikaans

Page 1

Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. ’n Ja! Kleuter sê ’n groot Ja! om Jesus te volg én om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.

Gids vir ouers: Ja! Kleuter is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige gids vir ouers blaai na bladsy 24.

OntwikkelingsUnieke fases temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.

ISBN: 978-1-92059-330-8

Kleuters sê JA! vir Liefde www.christianmediapublishing.com

9781920593308_JKBS OOR LIEFDE COVER_2021.indd 1

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

2022/05/03 10:45:25



Aan my Ja! Kleuter:

______________

Met liefde van:

__________________

1


Inhoudsopgawe 1. God gee kos en water 2. Nehemia help om Jerusalem weer mooi te maak 3. Jona wil nie na God luister nie 4. Die pappa met die oop arms 5. Jesus het sy vriende lief

4 8 12 16 20

© Alle regte voorbehou. Christian Media Publishing, Posbus 3228, Matieland Poskantoor, Stellenbosch, 7602 www.christianmediapublishing.com Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07 Teks: Ewald van Rensburg Illustrasies, ontwerp en uitleg: Lilani Brits Publikasie-projekbestuur: Noeline N Neumann 10

9

Eerste uitgawe 2018 8 7 6 5 4 3

ISBN 978-1-92843-649-2


Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

’N DRUKNAAM VAN

CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING


1. God gee kos en water (1 Konings 17)

Elia was ’n man wat die Israeliete van God vertel het. Maar koning Agab en die res van die volk wou nie na God luister nie. Toe vertel hy vir koning Agab daar gaan vir baie lank geen reën wees nie, omdat Agab nie wil hoor nie. Koning Agab besluit toe om vir Elia te laat doodmaak. God stuur toe vir Elia om naby ’n riviertjie te gaan wegkruip. Daar was genoeg water om te drink, maar geen kos nie. Elia het baie honger geword.

4


5


God stuur toe kraaie met vleis en brood in hulle bekke. Hulle het in die oggend en die aand na Elia toe gekom. Elia het geweet dat God altyd vir hom sal sorg.

Kom ons bid saam: God, ons Vader, dankie dat U altyd vir my gee wat ek nodig het. Amen.

Sê altyd vir Jesus dankie dat jy kos het om te eet en iets het om te drink.

66


7


2. Nehemia help om Jerusalem weer mooi te maak (Nehemia 1-7)

Nehemia was ’n Israeliet. Hy was die skinker in die Persiese koning se paleis. Dit was ’n belangrike werk, want hy moes alles proe voordat die koning iets kon drink.

8


Hy het van die Israeliete wat na Jerusalem teruggegaan het, gehoor hoe sleg alles daar lyk. Selfs die mure is afgebreek. God wou hê dat hy sy mense moes gaan help om Jerusalem weer vir Hom mooi te maak. Nehemia was baie lief vir God.

9


Hy besef toe hy moet dadelik vir die Persiese koning vra of hy na Jerusalem kan teruggaan. Hy was nogal bang vir wat die koning sou sê, daarom het hy gebid net voordat hy vir hom gevra het. Die Here het sy gebed verhoor. Hy is terug Jerusalem toe. Daar het hulle weer die plek mooi gemaak en vir God belowe dat hulle altyd na Hom sal luister.

Kom ons bid saam: God, ons Vader, ek wil na U luister sodat ek ook mooi goed vir U kan doen. Amen.

1 0 10 10


Daar is niks wat jou meer bly maak as om vir God lief te hê nie. 11


3. Jona wil nie na God luister nie (Jona 2)

God het vir Jona gevra om vir die mense van Nineve te gaan sê om nie meer verkeerd te doen nie. Jona wou nie na God luister nie. Jona vaar toe met ’n boot weg van God af. Maar niemand kan van God wegloop nie, want God kan oral sien.

Nineve

Boot na Tarsis

12


Skielik is daar ’n storm op die see. Almal op die boot is bang. Die matrose gooi toe vir Jona in die see. God stuur ’n groot vis om Jona te red. Dié sluk vir Jona in. Binne-in die vis sê Jona vir God dat hy jammer is.

13


Die vis spoeg hom op die strand uit en Jona gaan doen wat God vra. Hy sê vir die mense van Nineve om nie meer verkeerd te doen nie. Hulle sê: “Here, ons is jammer.” God vergewe hulle. Maar Jona is kwaad daaroor, want hy hou nie van die mense nie. God is lief vir alle mense en daarom vergewe Hy hulle.

Kom ons bid saam: Jesus, help my om altyd jammer te sê as ek verkeerd doen. Amen.

114 4


Sê jammer as jy verkeerd was. Jesus het jou en alle mense lief.

15


4. Die pappa met die oop arms (Lukas 15)

Jesus was lief om stories te vertel. Hierdie is een van sy mooiste stories ... Eendag was daar ’n goeie pappa wat baie lief vir sy twee seuns was. Die jongste seun besluit op ’n dag dat hy al sy geld wil hê en het toe van die huis af weggegaan.

16


Hy het na ’n baie ver land gereis en al sy geld uitgemors. Toe al sy geld op was, moes hy varke oppas. Hy het selfs die varke se kos geëet om aan die lewe te bly.

17


Dit het so sleg met hom gegaan, dat hy besluit het om na sy pa terug te gaan. Toe sy pa sien dit is hy wat aangestap kom, het hy na hom gehardloop en hom vasgehou. Sy pa was so bly om hom terug te hê dat hy vir sy jongste seun nuwe klere gegee en ’n groot partyjie gehou het.

Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U sulke mooi stories vertel het om vir ons te leer hoe lief U ons het. Amen.

18


Ons hemelse Pappa is altyd lief vir ons.

19


5. Jesus het sy vriende lief (Johannes 13)

Jesus en sy vriende het aan tafel gesit. Jesus het gesien dat sy vriende se voete vol stof was omdat hulle heeldag deur die strate geloop het. Hy het sy hemp uitgetrek en ’n handdoek om sy lyf gebind. Toe het Hy water in ’n skottel gegooi. Hy het begin om sy vriende se voete te was en toe af te droog. Petrus was een van Jesus se beste vriende. Natuurlik wou hy nie toelaat dat Jesus, hulle leier, sy voete was nie: “U sal nooit my voete was nie.”

20


21


Maar Jesus het gesê: “As Ek nie jou voete was nie, is jy nie deel van My nie.” En toe laat Petrus toe dat sy voete gewas word. Hierdeur het Jesus gewys dat Hy al sy vriende liefhet en vir hulle omgee.

Kom ons bid saam: Jesus, help my om vir al my maats lief te wees. Amen.

222 2


Onthou om spesiale dinge vir jou maats te doen. 23


Gids vir ouers en versorgers Geloofsvorming

Die vorming van kinders se geloof is deels uniek vir elke kind. Daar is egter ook algemene kenmerke van geloofsvorming wat vir die meeste kinders geld. Hoe word geloof by kinders gevorm? Daar is drie algemene maniere: 1. Ouers doen gereeld basiese dinge saam met hulle kinders - Bybellees, vertel van Bybel- en ander stories, bid en die aktiwiteite in hierdie boek. 2. Kinders vra self geloofsvrae. Neem hierdie vrae ernstig op en antwoord dit eerlik op kinders se verstaansvlak. 3. Kinders volg hulle versorgers se voorbeelde.

Emosionele intelligensie

Ons ervaar emosies reeds lank voordat ons die taal aanleer om dit in woorde uit te druk. Daarom behoort kinders daarin gelei te word om dit wat hulle voel, in woorde uit te druk. Kyk na die prentjies wat by elke storie is en vra dan vir jou kind hoe voel die mense en diere in die prentjie. Op hierdie manier raak hulle bewus van hul eie emosie, maar ook die emosies van ander en skep ons ’n leergeleentheid waar hulle taal kan aanleer om hulself emosioneel uit te druk.

Leesvaardigheid

Wanneer jou kind begin lees, gaan ’n wonderlike wêreld oop. Geniet elke oomblik op hierdie reis saam met jou kind. Neem jou kind op jou skoot waar hy of sy gemaklik en veilig voel, blaai die boek van voor af oop, hou dan die boek voor julle albei oop, lees duidelik en met gevoel en laat jou kind met jou saam “kamma-lees”. Jy kan maar dieselfde stories oor en oor lees. Wys met jou vinger waar jy lees – so kan jou kind die verband begin maak tussen letters, woorde, klanke en betekenis. Moedig jou kind se eerste leespogings aan, al klink dit soos brabbeltaal.

Luistervaardigheid

Luister is ’n belangrike leer- en ontwikkelingsvaardigheid. Help jou kind om met aandag te luister en te verstaan wat hy of sy hoor, om sy of haar verbeelding te gebruik, om die storie of dele daarvan te onthou en om dit self weer te gee. Vra jou kind om die stories oor te vertel na aanleiding van die prentjies. Vra vrae oor en rondom die storie. Laat woorde weg uit ’n verhaal wat die kind ken en vra hom of haar om die woorde in te vul.

Woordeskat

Gebruik alle kanse om jou kind se woordeskat uit te brei. Dis ’n lewenslange geskenk. Begin met alledaagse voorwerpe en persone in die illustrasies. Wys na die illustrasie, sê die woord, maak ’n sinnetjie daarmee en sê die woord weer. Laat jou kind die woord herhaal. Kyk of jy dieselfde woord op ’n ander plek ook kan gebruik, byvoorbeeld “tent” in hierdie boek en weer by ’n kampeerplek.

Syfervaardigheid

Dis uiters belangrik dat jou kind syfervaardig word en getalbegrip ontwikkel. Speel met eenvoudige somme, soos: “Hoeveel eendjies is daar in die prentjie? Twee eendjies kom by – hoeveel is daar nou? Drie vlieg weg ... ” (Wys op jou vingers.) Jou kind kan ook die vorm van syfers leer – knip groot syfers uit karton en laat hom of haar daarmee speel. Bou ’n getallelyn daarmee.

24



Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. ’n Ja! Kleuter sê ’n groot Ja! om Jesus te volg én om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.

Gids vir ouers: Ja! Kleuter is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige gids vir ouers blaai na bladsy 24.

OntwikkelingsUnieke fases temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.

ISBN: 978-1-92059-330-8

Kleuters sê JA! vir Liefde www.christianmediapublishing.com

9781920593308_JKBS OOR LIEFDE COVER_2021.indd 1

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits

2022/05/03 10:45:25


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.