Kom Speel & Leer Bybel - Afrikaans

Page 1



Aan: __________________________ et liefde van: __________________________


Hallo jy! Ek is saam met jou bly dat jy hierdie prente-Bybel in jou hand vashou. Glo my, jy gaan nou ’n opwindende reis deur die Bybel neem. Ek het spesiaal twee karakters, Sammy en Amy, vir jou geskep wat jou vriende op hierdie Bybelreis gaan wees. Jy gaan saam met hulle deur die Bybel beweeg, die Bybelkarakters ontmoet en só belewe hoe wonderlik die Bybel is. Eintlik wil Kom speel en leer jou help om die Bybel te lees soos Christene dit deur die eeue al gedoen het. Elke keer as hulle die Bybel gelees het, het hulle hulle verbeel hulle is binne-in die Bybelstorie. Op dié manier het hulle ervaar dat God vandag nog met sy kinders praat. So word Bybellees een groot Wow! My gebed is dat jy, nadat jy dit gelees het, nooit weer dieselfde sal wees nie én verseker die volgende sal weet: Jesus het my lief, dit weet ek verseker, want die Bybel leer dit vir my! Ek weet jy gaan die leesavontuur sommer baie geniet.. Groete

Oom Ewald van Rensburg


Liewe ouer/versorger Die Kom speel en leer Bybel gaan kinders op ‘n opwindende reis neem. Luister hierna. Die driejarige Jean se ma moes vanaand sy geliefkoosde slaaptydstorie vir die derde keer aan hom voorlees. Na die derde keer doen klein Jean ‘n vreemde ding. Hy het die boek op die grond neergesit, dit oopgemaak en saggies eers die een voet en toe die ander op die oop bladsye gesit. Hy het in verwondering afgekyk en toe daar niks gebeur nie, teleurgesteld begin huil. Die ma was verward oor haar seuntjie se gedrag totdat haar agtjarige dogtertjie, Michelle, hierdie eenvoudige verduideliking gegee het: “Jean hou baie van die boek.” Meteens het sy ma verstaan – Jean wou in die boek inklim om daarvan deel te word! Kom speel en leer Bybel wil kinders help om ‘binne-in die Bybel te klim’, deel daarvan te word, op hulle verstaansvlak sowel as emosionele vlak daarin te speel en só die Bybel te leer verstaan en lief te kry. Die Kom speel en leer Bybel gebruik daarom die volgende metodes om bogenoemde te bereik: • Elke Bybelstorie het kleurvolle Bybel-illustrasies, waar ook hedendaagse kinders, Amy en Sammy, iewers by die Bybelprentjie inloer as simbool daarvan om die hedendaagse kind deel van die Bybelstorie te maak. • Elke Bybelstorie strek oor vier bladsye. Die eerste twee bladsy bestaan uit die eenvoudige oorvertel van die Bybelstorie sowel as ‘n aktiwiteit waar die kind gevra word om die weggesteekte Bybel te soek. ‘n Belangrike geloofsfeit word so oorgedra. • Die volgende twee bladsye is die praktiese toepassingsgedeelte. Op hierdie twee bladsye word Sammy en Amy saam met die Bybelkarakters gesien sodat die kinders kan leer dat die Bybel steeds vandag relevant is. • Nog ’n belangrike feit is dat die hele Bybel geskryf is met vier temperamentsgroepe (SJ, SP, NF, NT) in gedagte sodat elke kind op die unieke manier waarmee God hulle bedraad het, met elke storie interaksie kan hê. (Lees meer hiervan op www.christianmediapublishing.com) My gebed is dat die Kom Speel en leer Bybel kinders sal help om as jong dissipels van Jesus voluit te lewe omdat hulle God, medemens (Mark 12) en God se Woord (Psalm119) liefhet.

Ewald van Rensburg N.S. Onthou hoe nader jy en jou kind aan God beweeg, hoe nader beweeg julle aan mekaar.


Inhoudsopgawe 1. God het alles mooi en goed gemaak 2. Noag en die ark 3. Abraham en Sara se wonderbaba 4. Die baba in die mandjie 5. Jerigo se mure 6. Rut en Naomi 7. Klein Samuel 8. Jong Dawid en Goliat 9. Abigajil en die twee kwaai mans 10. Dawid, ’n man na God se hart 11. ’n Slawedogtertjie help generaal Naäman 12. Elisa en die blinde soldate 13. Jong Josia word koning 14. Drie vriende in die oond 15. Jesus word gebore 16. Die wyse manne 17. Jesus raak weg 18. Water word wyn 19. ’n Seuntjie deel sy padkos 20. Jesus vertel ’n storie van ’n skaap 21. Jesus is lief vir kinders 22. Skelm Saggeus word gawe Saggeus 23. ’n Verlamde man en sy vriende 24. Maria se geskenk 25. Jesus en sy vriend, Petrus 26. Goeie Vrydag 27. ’n Leë graf 28. Die Heilige Gees kom aarde toe 29. Petrus en Johannes en die verlamde man 30. Paulus en Silas sing in die tronk Opvoedingsgids vir ouers en versorgers

6 10 14 18 22 26 30 34 38 42 46 50 54 58 62 66 70 74 78 82 86 90 94 98 102 106 110 114 118 122 126


Ewald van Rensburg Illustrasies deur Magriet Brink


et alles ooi en d o G . goed ge aak 1 Genesis 1 en 2 –

Ek is God. Ek het jou gemaak en is baie lief vir jou. Maar alles was nie altyd soos dit nou is nie. In die begin was alles deurmekaar en donker. Toe het Ek lig gemaak. Ek het die lig “dag” genoem, en Ek het die donker “nag” genoem. Ek het ook die blou lug, die see, die droë land, en al die bome, plante, blomme en gras gemaak. En Ek het die son en maan gemaak.

6


Toe was dit die goggas, voÍls en visse se beurt. Daarna het Ek al die soorte diere gemaak. Toe weet Ek die aarde kort nog iets – mense wat soos Ek sal dink en doen! Ek het Adam en Eva gemaak. Alles was vir My goed en mooi.

Help Sammy en Amy om die Bybel in die prent te vind.

Die Bybel leer ons dat God alles gemaak het. Daar is niemand soos God nie!

7


Vertel die storie van die skepping. Kyk na die prent. Noem alles wat God gemaak het? Kyk ook na die prent op die vorige bladsy. Noem hier ook alles wat God gemaak het?

God het alles op aarde gemaak! Hy vra ons om goed daarvoor to sorg.

8


Here, U het die hele wêreld gemaak. U het die sterre, die maan en die son gemaak. U het ook al die diere en voëls gemaak en alles in die see. En U het al die mense op aarde gemaak. U het ook vir my gemaak. U is wonderlik! Amen.

Nooi iemand om saam met jou te gaan stap. Kyk na al die goed wat God gemaak het. Wys die dinge vir mekaar en sê dan:

“Kyk wat het die Here gemaak. Hy is wonderlik!” (Moenie net na die groot goed kyk nie; onthou ook die kleintjies!)

9


ag en die ark – Genesis 6– o N . 9 2 God het vir Noag gesê: “Dit gaan so baie reën dat die aarde soos een groot see gaan wees! Jy moet ’n ark bou, want Ek wil jou beskerm.” Noag was lief vir God en het die ark gebou, al het die mense hom gespot. Noag, sy familie en ’n mannetjie en ’n wyfie van elke soort dier het in die ark gegaan. Dit het baie lank gereën, maar Noag-hulle was veilig en droog.

10


Uiteindelik het God ’n sterk wind gestuur om die aarde droog te blaas. Noag-hulle kon weer uit die ark klim. Toe maak God die eerste reënboog. ’n Reënboog sê vir ons: ’n belofte wat God maak, is ’n belofte wat Hy hou!

Kan jy die Bybel in die prent sien? Help Sammy en Amy om dit te vind.

Die Bybel leer ons dat God sy beloftes hou.

11


Wat het in die storie van Noag gebeur? Waar is die reënboog? God se reënboog het altyd sewe kleure: rooi, oranje, geel, groen, ligblou, donkerblou en pers. Kyk of jy die kleure kan kry.

As jy ’n reënboog sien, moet jy altyd sê: Die reënboog sê vir ons dat God altyd doen wat Hy belowe!

12


Liewe Here, wanneer ek ’n reënboog sien, weet ek dat U u beloftes hou. U slaap nooit nie en U sal my altyd beskerm. Baie dankie!

Teken ’n reënboog. Wys jou prent vir ’n maat en vertel jou maat dat

God altyd doen wat Hy belowe. Hy het belowe om sy kinders op te pas. Plak jou prent iewers op. Wat moet jy onthou as jy jou prent sien?

Amen.

13


a a en Sa 3. bGrenesis 18:1–15 en 2r1a se wonderbaba –

:1 – 8

Abraham en Sara wou baie graag kinders hê, maar hulle was al baie oud. Eendag het drie manne, wat eintlik engele was, vir Abraham kom kuier. Nadat hulle lekker saamgeëet het, het hulle vir hom vertel dat Sara ’n babaseuntjie gaan hê. Toe Sara hierdie nuus hoor, het sy gelag. Waarom het Sara gelag? Het sy dalk vergeet dat God enigiets kan doen?

14


Weet jy wat? Na ’n jaar het Sara ’n babaseuntjie gehad! Sy naam was Isak, en dit beteken “hy lag”. Toe Isak drie jaar oud was, het Abraham en Sara ’n groot partytjie gehou om vir almal te vertel hoe wonderlik goed God is.

Kan jy die Bybel in die prent raaksien?

Die Bybel leer ons dat God alles kan doen.

15


Wat het alles in die storie van Abraham, Sara en Isak gebeur? Kyk na die mense in die vorige prent. Hoe voel hulle, dink jy? Waarom het Abraham en Sara hulle babaseuntjie “hy lag” genoem?

Sê hardop: “Onthou, God kan alles doen!”

16


Here, dankie dat U enigiets kan doen. Ons wil daaroor bly wees en feesvier, want daar is niemand soos U nie. Ek wil U loof, want U is goed! Amen.

Isak se naam beteken “hy lag”. Elke mens se naam beteken iets. Vind uit wat joune en die res van jou gesin s’n beteken. Het God al wonderlike dinge vir jou of julle familie gedoen? Vertel mekaar daarvan, en sê vir God dankie omdat Hy alles kan doen.

17


b a b a i n die a n d j i e e 10 i D . – Eksodus 2:1– 4 Lelike Farao wou al die Joodse babaseuntjies doodmaak. Maar God het ’n plan met Moses gehad. Moses se mamma het ’n biesiemandjie gemaak en hom daarin gesit. Toe gaan steek sy die mandjie in die Nylrivier tussen die riete weg. Die mandjie dryf soos ’n klein arkie op die water. Moses se sussie, Mirjam, kruip naby weg om te kyk wat gebeur.

18


Natuurlik begin baba Moses later huil! Die Farao se dogter was daar naby, en Mirjam sien hoe sy die baba optel en troos. Mirjam stap vinnig nader. Die Farao se dogter vra of daar ’n Joodse vrou is wat Moses kan grootmaak. En raai wie bring Mirjam vir haar? Moses se eie mamma! Só het God gesorg dat Moses veilig is!

Het jy al die Bybel in die prent raakgesien?

Die Bybel leer ons dat God altyd vir ons sorg. Hy het ’n plan vir ons lewe.

19


Sjoe, dit is ’n mooi storie! Wat het alles in die storie met baba Moses gebeur? Blaai terug na die vorige prent en kyk of jy kan sê hoe elke persoon voel.

Moses se mandjie was nie baie sterk nie, maar die Here het hom opgepas. Hy was veilig in sy mandjie, net soos Noag veilig in sy ark was.

20


Liewe Here, ek wil graag vir U liedjies sing want U sorg elke dag vir my. Ek wil altyd naby U bly! Amen.

Waarvan kan ’n mens bootjies maak? Het jy al ’n blokkie hout probeer, of stokkies met tou aan mekaar vasgebind? Vra iemand om jou te wys hoe om ’n bootjie uit papier te vou. Bou vir jou ’n bootjie en kyk hoe lank dit op die water kan bly. Jy kan ook vir Moses in sy bootjie teken.

21


igo se r e J . 5

re – Josua 2

en 6

Josua stuur twee spioene na Jerigo, maar die soldate sien hulle! Ragab laat ’n lang rooi tou by haar venster uithang en help die twee spioene om by die tou af te klim en te ontsnap. Die spioene vertel toe vir Josua dat daar dik, hoë mure om Jerigo is. Josua en sy soldate wonder hoe hulle ooit teen Jerigo se mense kon wen. Maar God sê: “Loop elke dag een keer om die stad, ses dae lank.

22


Op die sewende dag moet julle sewe maal omloop. Dan moet die priesters op hulle ramshorings blaas, en julle ander moet hard skree. Dan sal die mure omval!� Weet julle, dit het net so gebeur! Israel het gewen. En Ragab is ook gered!

Onthou om die Bybel in die prent te soek. Miskien kan die kat jou help!

Die Bybel leer ons daar is niemand so sterk soos God nie.

23


Wat het in die storie gebeur? Loop sewe keer om ’n stoel of ’n boks en sê:

“My God is so groot; daar is niks wat Hy nie kan doen nie!”

24


Liewe Here, niemand is so sterk soos U nie. Iemand wat by U wegkruip, hoef nie bang te voel nie. Amen.

Speel wegkruipertjie. Het jy ’n plek waar jy gaan wegkruip as jy bang is? Hoe kan jy by die Here wegkruip? Hoe kan Hy jou help as jy bang is?

Onthou altyd as jy bang is: Die Here is by my. Hy is baie sterk, en Hy kan my help.

25


en Nao i – Rut 1–4 t R . 6 Daar was hongersnood in Betlehem. Naomi, haar man en twee seuns het na Moab toe getrek. Daar het die twee seuns getrou. Maar toe gebeur ’n baie hartseer ding – Naomi se man en seuns gaan dood. Naomi besluit om terug te gaan na Betlehem toe. Haar een skoondogter, Orpa, bly agter, maar die ander een, Rut, sê: “Waar Mamma gaan, gaan ek. Mamma se God is my God.”

26


Toe hulle in Betlehem aankom, wonder Naomi waar hulle kos gaan kry. Rut weet God sal hulle help. Sy het koring gaan optel waar die mense ge-oes het. Die boer, Boas, sien haar en sê sy werkers moet haar help. Later het die Here hulle weer deel van ’n familie gemaak. Rut en Boas het getrou, en hulle het ’n babaseuntjie gehad. En ouma Naomi het by hulle gebly. So het die Here vir Rut en Naomi gesorg.

Waarna kyk die kat, dink jy? Sien jy die Bybel in die prent?

Die Bybel leer ons dat God elke dag vir ons sorg.

27


Wat het in die storie van Naomi en Rut gebeur? Boas was Ragab, die vrou van Jerigo, se seun. Boas en Rut se seuntjie was Obed, en hy was die oupagrootjie van Dawid, die koning van Israel. Weet jy wat? Hulle name is almal deel van Jesus se stamboom (familielyn)!

So sorg God vir alles.

28


Liewe Here, U oorlaai ons met goedheid.

Bind ‘n stukkie tou om jou vingers. Lank gelede het mense dit gedoen as hulle iets wou onthou. As jy na die tou kyk, moet jy onthou:

U het vir Rut en Naomi gesorg,

Die Here sorg elke dag vir my.

aan u liefde is daar geen einde nie.

en U sorg elke dag vir ons. Amen.

Gaan slaap vanaand met die tou om jou vinger. Wat gaan jy onthou as jy môreoggend die tou sien?

29


.7 Klein

Sa

el – 1 Samuel 1–3

Hanna wou so graag kinders hê! Sy het toe vir God gevra om vir haar ’n kindjie te gee. Die Here het haar gebed gehoor, en Samuel is gebore. Sy mamma en sy pappa was baie lief vir hom! Toe Samuel drie jaar oud was, het Hanna hom na Eli, die priester, gebring want sy het vir God belowe Samuel sal vir Hom werk. Eli het mooi vir Samuel gesorg en Samuel het na Eli geluister. As sy mamma kom kuier, het sy altyd vir hom ’n nuwe manteltjie gebring. Almal was goed vir klein Samuel.

30


Een nag het Samuel wakker geword van ’n stem wat hom roep. Hy het opgestaan en na Eli gehardloop, maar dit was nie Eli wat hom geroep het nie. Na die derde keer het Eli geweet dis God wat met Samuel wil praat. Toe Samuel weer die stem hoor, het hy mooi geluister wat die Here sê.

Help Sammy en Amy om die Bybel in die prent te kry.

Die Bybel leer ons dat God mense gebruik wat vir ons goed is om ons to wys dat Hy ons liefhet.

31


Kyk na die prent op die vorige bladsy. Samuel lyk baie gelukkig. Wie is al die grootmense by hom? Waarom is hy so vrolik?

Samuel se mamma en pappa het kom kuier, en vir hom ’n present gebring. En Eli is ook baie lief vir hom.

32


Here, dankie vir al die mense wat vir my lief is en vir my sorg. Dankie dat U ook baie lief is vir my. Amen.

Gesels oor die goeie dinge wat mense vir jou doen. Wat doen hulle om te wys hulle is lief vir jou? Het jy al vir hulle dankie gesê omdat hulle dit vir jou doen? Vir wie kan jy vandag gaan dankie sê? Onthou om ook vir die Here dankie te sê!

Hy is lief vir jou, en Hy wys dit deur die mense wat goed is vir jou.

33


g Dawid en Goliat – 1 n o J . Samuel 17 8 Al die Israeliete is bang vir die grote Goliat. Jong Dawid kom daar aan en sê vir sy broers en die res van die Israeliete: “Moenie so bang wees nie, God is baie groter en sterker as die reus Goliat. Ek sal teen hom veg. God het my al gehelp om ’n leeu en ’n beer dood te maak!” Jong Dawid neem toe sy slingervel en gaan staan voor Goliat. Goliat lag hom uit! Toe sê Dawid vir hom: “Jy kan maar spot. Ek kom in die naam van die Here, die Almagtige.”

34


Dawid tel toe ’n klippie op, sit dit in sy slingervel, en gooi... Goliat val morsdood neer! Dawid het op God vertrou, en God het hom gehelp.

Ek wonder of Sammy en Amy die Bybel sal kry. Help hulle gou!

Die Bybel leer ons dat God ons help as ons op Hom vertrou.

35


Dit was ’n lekker storie, nè? Vertel weer wat alles gebeur het. Kyk weer na die vorige prent. Hoe voel die soldate? Waarom is daar ’n “dinkwolkie” bokant Dawid se kop? Waaraan dink Dawid?

Sal die Here jou ook help as jy Hom vra?

36


Here, ek vertrou op U. Mense wat U nie vertrou nie, val soos Goliat. As ek sukkel, sal U my altyd help. Amen.

Gaan soek ’n mooi ronde klippie. Skryf daarop: Vertrou God! Bêre dit in jou huis naby die voordeur, waar almal dit kan sien. As jy die klip sien, moet jy onthou dat die Here ons help as ons moeilike dinge moet doen.

37


gajil en die twee kwaai ans i b . 9 Samuel 25 –1

Nabal is ’n baie onvriendelike man, maar sy vrou, Abigajil, is baie gaaf! Nabal is ook baie ryk. Dawid se manne het Nabal se veewagters gehelp. Maar toe Dawid se manne vir Nabal kos vra, jaag Nabal hulle weg! Dit maak Dawid baie kwaad. Hy wil sommer met Nabal gaan baklei. Abigajil wil die kwaai manne keer. Sonder dat Nabal weet, laai sy 200 brode, 2 kruike wyn, 5 gaar skape, 5 bakke gebraaide koring, 100 rosyntjiekoeke en 200 pakkies gedroogde vye op donkies.

38


Sy neem dit vir Dawid. Toe Dawid sien hoe gaaf Abigajil is, is hy nie meer kwaad nie. Maar toe Abigajil vir Nabal hiervan vertel, word hy so kwaad dat hy ’n beroerte kry en dood neerval! Aangesien Abigajil vriendelik en goed was, kon sy ’n groot geveg keer.

Wie kan vir Sammy en Amy help om die Bybel te vind: die hond of die kat?

Die Bybel leer ons dat God wil hê ons moet vriendelik en gaaf met mense wees. Daar is niemand soos God nie!

39


Hoe goed kan jy die storie onthou? Wat het die manne gedoen? En wat het Abigajil gedoen? Watter mense in die prent is nog kwaad? Wie is vriendelik?

Abigajil was vriendelik en gaaf, en so het sy ’n groot geveg gekeer.

40


Here, u goedheid strek tot in die hemel. U is goed en vriendelik teenoor alle mense. Help my om ook altyd so te wees. Amen.

Skryf op ’n groot stuk papier:

“Wees gaaf met mense.” Plak dit iewers op.

Was jy vandag al gaaf met iemand? Gesels met jou broers en susters, en maak planne om vandag gaaf te wees met iemand. Vanaand kan julle vir mekaar vertel wat julle gedoen het.

41


10. Dawid, ’n an na God se art – Psalm 23, Psa lm 139

, Handelinge 13:22

Dawid was sy lewe lank baie lief vir God. Hy het die koning van Israel geword, en hy was ’n baie goeie koning. Hy was baie dapper. Toe hy ’n skaapwagter was, het hy ’n leeu en ’n beer doodgemaak. Hy het die reus, Goliat, oorwin.

42


Dawid was ook ’n musikant en ’n digter. Ons kan sy liedere in die Bybel in die boek, Psalms, lees. Hy het gedink aan God se troue sorg, en geskryf: “Die Here is my Herder, Hy sorg vir my, ek het genoeg van alles.” Hy het onthou dat God hom uniek gemaak het, en geskryf: “Toe ek nog binne-in my mamma was, het U al geweet hoe ek sal lyk. U is wonderlik.” Geen wonder die Here het gesê: “Dawid is ’n man so reg na My hart.”

Sammy en Amy sal die Bybel sommer gou-gou kry. Dit is naby hulle!

Die Bybel leer ons dat God baie lief is vir sy kinders. Hy sorg vir ons soos ’n herder.

43


Kyk na die prent op die vorige bladsy. Kan jy sien waaroor Dawid sing? Hoe voel die mense in die prent?

God is lief vir jou en Hy het jou ook wonderlik gemaak.

44


Here, U sorg vir my net soos ’n skaapwagter vir sy skape sorg. U is lief vir my. U beskerm my en U is altyd by my. Amen.

Wat is die eerste vyf woorde van Psalm 23? Maak die herder en die skape uit klei of klippies of enige iets anders. Hou jou linkerhand in die lug op en sê die eerste vyf woorde van Psalm 23. Wys met elke woord na ’n ander vinger. Begin by jou duim. Kyk of jy die hele Psalm 23 uit die kop kan leer.

45


n a o d g e t w e a r l t S j i 11. ’n Konings 5:1–14 e el p generaal Naa –2

’n Gelowige dogtertjie van Israel is na ’n ver land ontvoer. Sy werk nou by generaal Naäman, ’n baie belangrike man. Toe word Naäman melaats. Dis ’n baie slegte siekte. Die dogtertjie sien hoe die vrou huil, en sy wil haar help. Sy vertel haar dat die man van God wat in Israel woon, Naäman gesond kan maak. Naäman vertrek dadelik Israel toe, maar voor hy by Elisa kom, stuur Elisa ’n boodskap: “Was sewe maal in die Jordaanrivier, dan sal God jou gesond maak.”

46


Naäman is woedend, want die Jordaanrivier is baie modderig! Maar hy doen tog maar wat Elisa sê. En weet jy wat? Toe hy die sewende keer uit die water kom, is hy gesond! Van toe af is Naäman en sy vrou baie lief vir God.

Die Bybel is iewers op die wal van die rivier. Kyk hoe vinnig jy dit kan kry.

Die Bybel leer ons dat die Here partykeer kinders gebruik om wonderlike dinge te doen.

47


Vertel wat alles met die dogtertjie in die storie gebeur het en wat sy gedoen het. Kyk na die prent op die vorige bladsy. Wat het Na채man nou net uitgevind? Hoe voel hy?

God doen partykeer groot dinge as kinders goeie dinge vir Hom doen, soos om hartseer mense te troos.

48


Here, daar is niemand so groot soos U nie. Dankie dat U iemand wat so klein soos ek is, wil gebruik. Help my om mense te vertel dat U wonderlike dinge kan doen. Amen.

Wat kan jy alles doen om mense te help of bly te maak? Ken jy iemand wat siek is of dalk ongelukkig is? Al is jy nog klein, kan jy vir die persoon gaan vertel dat Jesus vir ons almal lief is en vir ons sorg. Wat kan jy nog vir die persoon gaan doen?

49


lisa en die blinde E . 2 s o l d a te 1 – 2 Konings 6:14– 23

Die koning van Aram het besluit om Elisa te kom vang. Elisa se werker skrik skoon sy asem weg, want orals waar hy kyk, is daar soldate! Maar Elisa sê: “Toemaar! Daar is meer aan ons kant!” Die Here maak die werker se oë oop en hy sien oral engele. Die soldate storm op Elisa af, maar die Here maak hulle almal blind. Elisa lei hulle tot by die koning van Israel. Toe maak God weer hulle oë oop.

50


Die koning van Israel wil weet wat hy moet doen. Moet hy hulle doodmaak? Elisa sê: “Nee, wees gaaf met hulle. Gee vir hulle lekker kos en drinkgoed, en stuur hulle dan huis toe.” Toe was daar vrede tussen Aram en Israel!

Soek die Bybel in die prent. Dis nie ver van Sammy en Amy af nie!

Die Bybel leer ons om nie te baklei nie, en vriendelik te wees met mense.

51


Waarom het Elisa se werker sy asem weggeskrik? Wat het toe gebeur? Gaan kyk weer na die prent op die vorige bladsy. Elisa lyk glad nie bang nie. Waarom nie? Het die koning na Elisa se goeie raad geluister? Wat het toe gebeur?

Onthou, goeie dade is altyd beter as baklei!

52


Here, dankie dat U altyd by my is wanneer ek skrik en bang is. Help my om liewer gaaf te wees as om met ander mense te baklei. Amen.

Dink aan ’n manier om vrede te maak as jy en jou broers en susters weer baklei. Vra jou ma of pa om julle te help om ’n plan uit te dink, en om julle te help om dit te doen as julle weer kwaad is vir mekaar.

53


ong Josia word J . 3 ko n i n g 1 – 2 Konings 23:4–

20, Psa lm 119:105

Josia was maar ag jaar oud toe hy koning geword het. In daardie tyd het die mense van God vergeet en verkeerde dinge gedoen. Dit het God se hart seergemaak. Maar gelukkig was Josia anders. Hy het God baie liefgehad! Josia het die tempel laat skoonmaak. Iemand vind toe die Bybel wat daar onder ’n klomp goed lê.

54


Iemand het dit vir Josia gelees, en toe het hy vir God belowe dat hy en al sy mense sou leef soos wat die Bybel sĂŞ. Josia het gedoen wat die Bybel sĂŞ. So het hy vir almal gewys hoe lief hy vir God was.

Help Sammy en Amy om die Bybel te vind.

Die Bybel leer ons dat God deur die Bybel met ons praat en ons wys hoe om te lewe.

55


Kyk weer na die prent op die vorige bladsy. Wat het met Josia gebeur? Hoe voel die mense wat daar by hom staan? Hoe het Josia vir almal gewys dat hy lief is vir die Here?

As ons lief is vir die Here, moet ons ook lewe soos die Bybel vir ons sĂŞ.

56


Here, dankie dat U vir ons die Bybel gegee het om vir ons te sê hoe om te lewe. As ek doen soos die Bybel sê, sal ek gelukkig wees, net soos ’n boom by ’n waterstroom wat lekker vrugte dra. Amen.

Sit vanaand almal bymekaar. Maak die kamer donker. Wat sal gebeur as jy iewers heen loop? Skakel ’n flits aan of steek ’n kers op. Kan jy nou sien waar om te loop?

Die Bybel is soos ’n kers of ’n flitslig – dit wys vir ons die pad. Die Bybel sê in Psalm 119:105 – “U Woord is vir my soos ’n lamp wanneer ek in die donker loop.”

57


1

91:1 e n i d r e v i n e i m d r l ie oond – Daniel 3, Psa 14. D

Op ’n dag word Sadrag, Mesag en Abednego na koning Nebukadnesar toe gebring. Hy skree: “Aanbid hierdie hoë beeld of brand!” Sonder om bang te wees antwoord hulle: “Ons sal nie. Ons aanbid net ons God.” Nebukadnesar is so kwaad dat hy die oond sewe keer warmer maak. Sy lyfwagte moet die vriende in die oond gooi. Dit was so warm dat die wagte daar voor die oond verskroei het!

58


Skielik spring Nebukadnesar op. Hy sê: “Daar’s vier mense in die oond! Die een lyk soos ’n engel!” Dadelik laat hy die drie vriende uit die oond uit kom. Hulle het glad nie gebrand nie, nie eers hulle hare en klere nie. Hulle ruik nie eers na rook nie! Net God kan so ’n wonderlike ding doen. Die drie vriende was lief vir God, en het Hom aanbid, al wou die koning hulle doodmaak.

Kan jy die Bybel in die prent sien?

Die Bybel leer ons dat ons net vir God lief moet wees.

59


Vertel die storie van die drie vriende. Wat was hulle name? Van watter deel van die storie hou jy die meeste?

Ons moet ook lief wees vir God, net soos hierdie drie vriende.

60


Here, help my om altyd net vir U lief te wees. Dankie dat u engele my altyd beskerm. Amen.

Is dit partykeer moeilik om net vir Jesus lief te wees? Mense lag partykeer vir ons, of wil hê ons moet verkeerde dinge doen. Dis nie altyd maklik om net vir Jesus lief te wees nie, maar onthou die Here se belofte:

“Die Here sal sy engele stuur om jou te beskerm oral waar jy gaan.” Dit staan in Psalm 91:11. Teken ’n engel, en onthou die Here se belofte wanneer jy na jou prent kyk.

61


s s word gebore – Lu e J . 5 kas 2:1–20 1 “Josef,” sê die engel, “jy moet Maria se baba Jesus noem. Hy is die Seun van God.” Maar eers moet Josef en Maria Betlehem toe gaan. Die enigste blyplek is in ’n stal vol diere. En dit is waar die Baba Jesus gebore word. Maria draai Hom in doeke toe en lê Hom in ’n krip neer. Die herders is daardie nag in die veld by hulle diere. Skielik verskyn ’n engel by hulle en vertel hulle van Jesus. Toe sing ’n menigte engele in die lug oor Jesus.

62


Die herders gaan dadelik Betlehem toe om die Baba te sien. En in die stal, toe hulle na Jesus kyk, hoor hulle nog die woorde van die engele se lied: “Loof God en vrede aan alle mense.� Dis presies hoe hulle gevoel het!

Sammy en Amy verkyk hulle aan die Baba. Help hulle om die Bybel ook te sien.

Die Bybel leer ons dat Jesus baie spesiaal is, want Hy is die Seun van God. Die mense en die engele was bly toe Hy gebore is.

63


Vertel die storie van Jesus se geboorte. Blaai terug na die vorige bladsy. Wie sien jy almal in die prent? Hoe voel hulle oor die nuwe Baba wat gebore is?

Jesus se geboorte maak almal bly – tot vandag toe nog.

64


Liewe Here, al die mense sing. Die hele aarde klap hande, die see en alles daarin. Die diere dans en spring. Al die bome is bly, want Jesus is ons Koning.

Gaan vind uit wat alles gebeur het die dag toe jy gebore is. Gesels bietjie oor almal in julle gesin se geboortedae. Gesels oor Kersfees, en sĂŞ waarom almal ekstra bly is oor Jesus se geboortedag.

Amen.

65


e wyse anne – Matteus 2 –12 i D . 6 :1 1 In ’n ver land sien sterrekykers, slim en wyse manne, een nag ’n groot, helder ster. Hulle weet: iewers is ’n belangrike koning gebore. Hulle laai toe baie kosbare geskenke, soos wat ’n mens vir ’n koning gee, op hulle kamele en volg vir ’n paar jaar die groot, helder ster. Die ster gaan hang doodstil bokant die huis waar Josef, Maria en Jesus is.

66


Jesus is nie meer ’n baie klein babatjie nie. Die wyse manne klim van hulle kamele af en gaan in. Toe hulle die Kindjie sien, weet hulle Hy is die grootste Koning van alle tye. Hulle buig voor Hom neer, en gee hulle koningsgeskenke – goud, wierook en mirre – vir Hom.

Sien jy die geskenke wat die manne gebring het? En sien jy die Bybel?

Die Bybel leer ons die beste geskenk wat ons vir Jesus kan gee, is om sy vriend te wees.

67


Vertel weer die storie van die wyse manne. Watter geskenke het die wyse manne vir Jesus gebring? Mirre was baie goeie medisyne teen pyn. Wierook was ook medisyne en het boonop lekker geruik.

Die wyse manne het die beste geskenke waaraan hulle kon dink, vir Jesus gegee.

68


Liewe Here,

Wil jy graag vir Jesus ’n geskenk gee?

ek wil my beste vir U gee

Jy kan vir Hom ’n brief skryf om dit vir Hom te sê. Skryf op ’n stukkie papier:

omdat ek vir U lief is. Nes die wyse manne lank terug, moet almal vir U geskenke bring, want U is groot en goed. Amen.

‘Jesus, ek wil altyd u vriend wees. Amen.’ Jy kan dit mooi versier as jy wil. Bêre jou brief in jou Bybel.

69


s s raak weg – Lu e J . 7 kas 2:41–52 1 Josef en Maria het in Nasaret gaan bly. Daar het Jesus grootgeword. Hy het met sy maats gespeel, skoolgegaan en sy pa met sy houtwerk gehelp. Toe Jesus twaalf jaar oud was, het Hy saam met sy pa en ma Jerusalem toe gegaan vir die Paasfees. Daar was baie ander mense saam met hulle op die pad en in Jerusalem. Toe Josef en Maria na die fees terugloop huis toe, kom hulle agter dat Jesus weg is. Hulle soek oral, maar hulle kan Hom nêrens kry nie.

70


Later gaan hulle terug Jerusalem toe. Drie dae lank soek hulle oral, en eindelik kry hulle Hom – in die tempel. Die priesters sit verwonderd en luister hoe Hy oor God gesels en hulle vrae antwoord. Maria en Josef was baie, baie bly toe hulle Jesus kry.

Hoeveel boekrolle sien jy? Help vir Sammy en Amy om die Bybel te vind.

Die Bybel leer ons dat ouers vir kinders moet sorg.

71


Wat het in die storie gebeur? Raai hoe voel die mense in die prent op die vorige bladsy.

Ouers moet vir hulle kinders sorg, en die Here sorg vir ouers en kinders.

72


Liewe Here, U sorg vir my nes my eie mamma en pappa. U sorg dat die riviere vol water is. U laat die koring en mielies op die lande groei. Almal en alles op die aarde moet sing en dans, want U is goed! Amen.

Kry ’n lang, smal stuk papier. Skryf op die een kant maniere neer hoe jou ouers vir jou sorg, en op die ander kant hoe die Here vir julle gesin sorg. Jy kan ook ’n prent teken, as jy liewer wil. Rol jou “boekrol” op en gaan wys dit vir jou ouers.

73


at W . 8 1

er word wyn –

Johannes 2:1–12

Daar is ’n groot troue in Kana. Jesus, sy dissipels en sy ma, Maria, is almal daar. Almal gesels en lag. Hulle dans en eet en drink. Hulle vier fees oor die twee mense wat met mekaar trou. Maar toe raak die wyn op. Maria gaan vra dadelik vir Jesus om te help. Daar staan ses groot waterkanne wat elk 100 liter kan hou. Jesus sê die kelners moet hulle almal vol water maak. Toe sê Hy: “Neem daarvan na die seremoniemeester toe.”

74


Toe die seremoniemeester dit proe, sê hy vir die bruidegom: “Dis fantasties! Hoekom het jy die beste wyn vir laaste gelos?” Dit was Jesus se eerste wonderwerk.

Kyk of jy Amy en Sammy kan help om die Bybel tussen al die vrolike mense te kry.

Die Bybel leer ons dat Jesus wonderwerke doen om mense te help.

75


Vertel die storie van die troue in Kana. Kyk na die prent op die vorige bladsy. Hoe voel die gaste by die troue? Kan jy sien wie die bruid is? Watter wonderlike ding het by daardie troue gebeur?

Jesus hou daarvan as mense gelukkig is.

76


Here, U kan enigiets verander. U kan water in wyn verander. U kan ook hartseer mense gelukkig maak. Dankie dat U so groot en goed is. Amen.

Vandag kan jy en jou gesin ’n partytjie hou. Wat het ’n mens nodig? Vrolike mense en ’n lekker speletjie of twee. Iets om te drink en iets om te eet. Julle kan ook die plek waar julle partytjie gaan hou, versier. Voordat julle begin, moet julle vir Jesus dankie sê omdat –

Hy vir julle goed is en omdat Hy by julle partytjie is.

77


Se ntjie deel s n ’ . 9 y p a d kos 1 – Johannes 6:1– 15

Baie mense het na Galilea se groot meer toe gekom. Hulle wou na Jesus luister en kyk hoe Hy mense gesond maak. Ná ’n tyd is almal honger. Sy vriende wil die mense huis toe stuur, maar Jesus sê hulle moet eers die mense kos gee. Maar hulle het nie kos nie! Toe bring Andreas, een van Jesus se vriende, ’n seuntjie na Jesus toe. “Hierdie seuntjie wil twee vissies en vyf broodjies gee. Maar dis heeltemal te min.” Jesus glimlag vir die seuntjie en neem sy padkos. Hy dank God, en begin die kos uitdeel. En die vissies en broodjies word al meer, sodat almal daarvan kan eet.

78


Daar was 5 000 mans en nog baie meer vrouens en kinders. Daar was genoeg kos vir almal, en daar het twaalf mandjies kos oorgebly. Wat ’n wonderwerk!

Dink jy Amy en Sammy sal die Bybel in die prent kry? Wys vir hulle waar dit is.

Die Bybel leer ons dat Jesus die honger mense jammer gekry het, en ’n wonderlike ding gedoen het om hulle te help.

79


Kyk na die prent op die vorige bladsy. Hoeveel vissies het die seuntjie by hom gehad? En broodjies? Vertel wat met die seuntjie en sy padkos gebeur het. Wie het vir Jesus gehelp om die duisende honger mense kos te gee? Hoe het die mense gevoel nadat hulle geëet het?

God gebruik almal – kinders ook – vir sy werk.

80


Here, net U kan spesiale groot dinge doen! U weet as mense honger en moeg is. U gee kos aan u kinders. Amen.

Gesels met jou ma of pa oor hoe julle gesin mense kan help wat honger is. Wat kan jy doen om te help? Vra jou ma of pa of hulle weet van mense wat help om honger mense kos te gee, miskien by ’n sopkombuis of ’n skool of julle kerk. Hoe kan julle help?

81


s s vertel ’n 20. JeLukas 15:1–7, Johannsetorie van ’n s kaa pja 49:16 –

a s 10:1–1 0, Jesaja 43:1, Jes

Jesus het graag stories vertel. Hier is ’n storie wat Hy vertel het: “’n Skaapwagter het honderd skape gehad. Op ’n dag raak een van hulle weg. Die skaapwagter het hom dadelik gaan soek. Hy moes baie ver soek, maar eindelik kry hy hom. Die skaap het verdwaal en was bang en moeg. Die herder was so bly om sy skapie te kry dat hy hom op sy skouers getel en teruggedra het.

82


By die huis het almal partytjie gehou omdat hy sy verlore skaap gekry het.” Jesus sê vir die mense wat na sy storie luister: “Ek is soos ’n goeie skaapwagter, en julle is soos my skape. Ek sorg vir julle. ’n Goeie skaapwagter ken sy skape se name. Ek ken ook julle name!”

Waarna kyk Sammy en Amy? Help hulle om die Bybel ook te kry.

Die Bybel leer ons dat God lief is vir sy kinders. Hy ken elkeen se naam.

83


Kyk weer na die prent op die vorige bladsy. Vertel die storie wat jy in die prent sien. Tel hoeveel skape daar in die prent is.

Jesus is lief vir jou, en Hy ken jou op jou naam.

84


Here, dankie dat U vir my baie lief is. U ken my naam, en U vergeet nooit van my nie. My naam is op u hand geskryf. Amen.

In Jesaja 49:16 sê die Here: Jou naam is op sy hand geskryf. Skryf jou naam op ’n stuk karton. Maak nou ’n modderafdruk van jou hand oor jou naam. Laat die modder droog word. As jy na jou afdruk kyk, moet jy onthou:

Jou naam staan op God se hand. Hy ken jou naam, en Hy vergeet nooit van jou nie!

85


s s is lief vir kinders –16 e J 3 1 : . 0 1 1 – Markus 2 Jesus was lief vir kinders. En die kinders het graag na sy stories geluister. Dit was vir hulle lekker om by Hom te wees, want Hy het altyd met vriendelike oë na hulle gekyk. Eendag bring ’n klomp mammas hulle kinders na Jesus toe. Hulle wil hê Jesus moet hulle kinders sien en met hulle gesels. Maar Jesus se dissipels raas met hulle: “Jesus is moeg. Moenie Hom pla nie!”

86


Jesus hoor sy dissipels raas en sê: “Moenie die kindertjies wegjaag nie.” Toe hardloop die kinders na Jesus toe. Hy gee hulle drukkies. Hy vryf hulle hare en Hy sê: “Weet julle, God is baie lief vir kinders.”

Kyk mooi na die prent. Sien jy waar die Bybel is?

Die Bybel leer ons dat Jesus lief is vir kinders.

87


Vertel wat gebeur het toe die mammas hulle kinders na Jesus geneem het. Kyk na die prente op hierdie bladsy en die vorige bladsy. Dink jy dit is vir die kinders lekker om by Jesus te kuier? Dink jy dis vir Jesus lekker om met hulle te gesels?

Jesus is lief vir jou. Hy wil altyd luister wat jy vir Hom wil sĂŞ.

88


Here, dankie dat U lief is vir my en vir al die kinders in die wêreld. Ek bid vir kinders wat swaar kry. Help hulle asseblief. Amen.

Kyk weer na die eerste prent. Sit jou vinger bo-op een van die kindertjies. Speel dit is jy wat daar by Jesus is. Wat wil jy graag vir Jesus sê? Jy kan dit nou vir Hom sê.

Hy het altyd tyd om na jou te luister, want Hy is lief vir jou!

89


s e S a g l g e e k g s word gawe Sag 22. SLukas 19:1–10 –

Skatryk Saggeus was ’n baie kort mannetjie. Niemand in Jerigo het van hom gehou nie, want hy was ’n skelm. Eendag hoor Saggeus Jesus is in Jerigo. Hy wil graag vir Jesus sien, maar daar is te veel mense! Die mense staan voor hom en stamp hom uit die pad. Maar Saggeus maak ’n plan. Hy klim in ’n boom. En toe kon hy alles sien. Jesus het hom ook gesien. Toe Hy onder die boom kom, begin Hy met Saggeus praat.

90


Almal is baie verbaas dat Jesus gaaf is met so ’n ou skelm. Jesus het by Saggeus gaan eet. En Saggeus het besluit om alles wat hy gesteel het, terug te gee. Jesus was baie bly, en Saggeus was gelukkig. Só het Jesus skelm Saggeus verander in gawe Saggeus.

Almal in die prent kyk na Saggeus. Kan jy sien wie ’n Bybel vashou?

Die Bybel leer ons dat Jesus mense help wie se lewe nie mooi is nie.

91


Dit was darem ’n mooi storie! Kan jy onthou wat gebeur het? Vertel.

Jesus sien almal raak. Hy maak mense wie se lewe deurmekaar en sleg is, weer mooi.

92


Here, elke dag sal ek vir U lief wees, en ook vir ander mense. Ek voel so bly, omdat ek u kind is. U maak alles vir my mooi. Amen.

Gesels met jou familie oor hoe Jesus mense verander. Kan een van hulle vertel hoe Jesus hulle verander het? Kan hulle van iemand vertel wie se lewe mooi geword het nadat die persoon die Here Jesus leer ken het?

Onthou: Die Here Jesus sien jou ook raak, en is lief vir jou. Hy wil jou lewe ook beter maak.

93


Verla de an en s n ’ . 3 y vriende 2 Markus 2:1–12 –

In die dorp Kapernaum kom vier mans aangestap. Hulle dra ’n bed, en op die bed lê hulle verlamde vriend. Die mans neem hulle vriend na die huis waar Jesus is. Daar drom die mense by die deure saam, want binne is dit klaar stampvol. Hoe nou gemaak? Die vier vriende klim met die trappe op tot bo-op die huis se dak. Hulle maak ’n gat in die dak. Hulle laat sak hulle vriend, bed en al, tot voor Jesus se voete.

94


Jesus kyk op. Hy sien dat die vier vriende vas glo dat Hy hulle vriend kan help, en Hy sê vir die lam man: “Staan op, vat jou bed en loop.” En daar staan die man op! Hy tel sy bed op en loop tussen die mense deur. “So iets het ons nog nooit gesien nie!” sê die mense vir mekaar. Jesus is elke mens se beste Vriend!

Kyk hoe vinnig jy die Bybel in die prent kan sien.

Die Bybel leer ons dat vriende mekaar help.

95


Speel jy is een van die verlamde man se vriende. Vertel nou wat jy en die ander alles gedoen het om hom by Jesus te kry. Blaai na die vorige bladsy. Hoeveel vriende het die verlamde man? Hy het nie vier vriende nie maar vyf! Jesus is ook sy Vriend.

96


Here, dankie dat U vir my maats gee. Help my om gaaf te wees met my maats, en hulle te help, net soos die vier vriende met hulle verlamde vriend gemaak het. Amen.

Wie is jou beste maats? Vertel vir mekaar wat julle graag saam met julle maats doen. Het jy ’n maat wat ’n bietjie swaarkry? Wat kan jy vandag vir jou maat doen? Hoe kan jy jou maat help?

97


24 .

aria se gesken k – Jo

:8 hannes 11:1–12

Jesus en sy dissipels kuier in Betanië by sy vriende, Lasarus, Marta en Maria. Lasarus is so vrolik dat hy nie kan ophou lag nie! ’n Paar dae tevore was Lasarus dood en Jesus het toe ’n wonderlike ding gedoen. Hy het Lasarus lewend gemaak! Soos gewoonlik bedien Marta lekker kos.

98


Skielik kom Maria in met ’n flessie baie duur lekkerruik-olie in haar hand. Sy loop tot by Jesus. Sy gooi die hele flessie olie op sy voete uit en droog dit met haar hare af. Die heerlike geur is die hele huis vol! Niemand sal ooit kan vergeet hoe lief Maria vir Jesus is nie.

Sien jy die Bybel in die prent raak?

Die Bybel leer dat die Here bly is as ons vir Hom wys ons is lief vir Hom.

99


Wat het Maria gedoen? Waarom dink jy wou sy so ’n wonderlike geskenk vir Jesus gee? (Jesus se ma se naam was ook Maria. Hierdie Maria was ’n ander Maria.) Na wie kyk al die mense in die prent? Hoe voel hulle oor die ding wat Maria vir Jesus doen?

100


Here Jesus, U is wonderlik. Dankie dat U vir my baie lief is. Ek het U ook baie lief. Help my om my beste vir U te gee. Amen.

Wat was die beste geskenk wat jy nog ooit gekry het? Waarom was dit so spesiaal vir jou? Maria wou vir Jesus met haar kosbare geskenk wys hoe lief sy Hom het. Hoe kan ons vir die Here wys ons is lief vir Hom? Teken ’n prent van iets wat jy vandag wil doen om te wys jy is lief vir Jesus. Kyk vanaand na jou prent en maak ’n regmerkie as jy dit gedoen het.

101


es s en sy vriend, Petrus J . 5 2 as 22:31–3 – Luk

4, 54–62

Die soldate het Jesus gevang en na die hoëpriester se huis geneem. Daar naby staan mense om ’n vuur om warm te word. Petrus, een van Jesus se vriende, stap soontoe. Skielik sê iemand: “Dié een is Jesus se vriend!” Doodbang antwoord Petrus: “Is nie!” Toe kom sê nog iemand dit. En Petrus sê hy weet nie wie Jesus is nie. Iemand anders sê toe: “Ek is seker hy ken vir Jesus!” Petrus sê hard: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie!”

102


Net toe kraai ’n haan. En Petrus onthou toe hoe Jesus hom gewaarsku het dat hy sou maak asof hy nie vir Jesus ken nie. Toe hy opkyk, kyk hy vas in Jesus se oÍ. Petrus bars in trane uit en hardloop weg.

Help Amy en Sammy om die Bybel in die prent te vind.

Die Bybel wys ons dat ons partykeer lelike dinge doen aan ander mense. Dit maak hulle baie seer. Dit laat ons baie sleg voel. Maar Jesus bly lief vir ons.

103


Hoeveel keer het Petrus gesĂŞ hy ken nie vir Jesus nie? Vertel wat toe gebeur het. Blaai terug na die prent op die vorige bladsy. Wat sien jy alles in die prent? Kyk na die gesigte en sĂŞ hoe die mense voel. Hoe dink jy het Jesus gevoel? Hoe het Petrus gevoel?

104


Here Jesus, ek is jammer as ek lelik met U of ander mense was. Dankie dat U my so liefhet dat U my vergewe. Amen.

Kyk mooi na die prent en na die kinders se gesigte. Wat sien jy? Hoe voel die kinders? Het jy al ooit so gevoel? Waarom het jy so gevoel?

Onthou: Jesus het nooit opgehou om Petrus lief te hĂŞ nie.

105


oeie Vrydag – Markus 15 e Lukas 23 G . 6 n 2 Om nege-uur een Vrydagoggend, in die jaar 33, hang ’n onskuldige Jesus aan ’n kruis op Golgota net buite Jerusalem. Twee misdadigers hang aan weerskante van Hom. Teen twaalfuur word dit skielik pikdonker. Toe die son teen drie-uur weer skyn, sê Jesus: “Vader, in u hande gee Ek my oor.” Toe sterf Hy.

106


Daarna is daar ’n geweldige aardbewing. Rotse vlieg deur die lug. Grafte gaan oop en mense wat lank dood was, word lewendig. ’n Romeinse soldaat roep uit: “Jesus was werklik die Seun van God!” Ons noem daardie dag, Goeie Vrydag, want op daardie dag het Jesus ons gewys hoe lief Hy ons het! Maar gelukkig eindig alles nie hier nie – Sondag is oppad!

Help Amy en Sammy om die Bybel in die prent te vind.

Die Bybel leer ons dat Jesus aan die kruis gesterf het omdat Hy ons almal liefhet.

107


Dit was baie hartseer, nè? Wat het gebeur? Blaai na die prent op die vorige bladsy. Wat doen die mense in die prent? Hoe voel hulle?

Gelukkig is dit nie die einde van die storie nie. ’n Wonderlike ding gaan Sondag gebeur!

108


Here Jesus, Goeie Vrydag se kruis help my onthou hoe lief U vir my is. Ek weet ook U vergewe al die verkeerde dinge wat ek doen. Dankie, Jesus, baie dankie.

Leer Johannes 3:16 uit jou kop:

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”

Amen.

109


Lee graf – Matteus 28:1– n :34 ’ . 7 10 en Lukas 24 2 Vroeg die Sondagmôre na Jesus se dood stap drie vroue na sy graf toe. Hulle was Jesus se vriende, en hulle is baie hartseer. Skielik is daar weer ’n aardbewing. ’n Engel het die swaar klip voor Jesus se graf kom wegrol. Die wagte by die graf skrik so groot dat hulle flou val! Die engel sê vir die vroue: “Moenie bang wees nie. Jesus het opgestaan uit die dood nes Hy belowe het!”

110


Die drie vroue hardloop reguit na die dissipels toe met die goeie nuus. Johannes en Petrus gaan dadelik kyk of dit regtig waar is. Verwonderd kyk hulle na die opgerolde doeke wat in die leë graf lê. Jesus lewe! Later daardie Sondag het Petrus vir Jesus raakgeloop. Petrus kon nie anders nie, hy moes vir almal vertel. En almal het daaroor gepraat – Jesus het vir Petrus vergewe!

Help Amy en Sammy om die Bybel in die prent te vind.

Die Bybel leer ons dat Jesus opgestaan het uit die dood. Niks is vir Hom onmoontlik nie!

111


Vertel van die wonderlike ding wat Sondagoggend gebeur het. Sien jy die haan in die prent? Waaraan laat dit jou dink? Wat dink jy het Petrus vir die mense vertel?

112


Here, dankie dat U uit die dood opgestaan het. Ek weet U lewe vandag nog. U is die Koning! Amen.

Skryf op ’n stuk papier:

Jesus het opgestaan! Niks is vir Hom onmoontlik nie. Teken nou onder die woorde iets wat jou laat dink aan Jesus wat opgestaan het. Plak jou prent iewers in die huis op.

113


ie eilige Gees 28. D– Handelinge 1:6 tot H ko aarde toe andelin ge 2:41

Presies veertig dae nadat Jesus uit die dood opgestaan het, staan Hy saam met sy vriende op ’n berg. Hy belowe: “Die Heilige Gees sal na julle toe kom. En julle sal die mense van My vertel.” En toe gaan Jesus in ’n wolk van hulle af weg. Twee engele troos hulle: “Jesus sal eendag weer só terugkom.” Tien dae later is al die Jesusvriende in Jerusalem bymekaar. Skielik ruk ’n stormwind die hele gebou en tonge vuur sit op elkeen. Die Heilige Gees kom woon in elkeen van hulle – net soos Jesus belowe het.

114


Kort daarna preek Petrus vir duisende mense oor Jesus. Drie– duisend van hulle besluit om Jesus te volg. Die Heilige Gees gee alle Jesusvriende krag sodat nog groter dinge kan gebeur...

Iewers tussen die mense is daar ’n Bybel. Kan jy dit sien?

Die Bybel leer ons dat Jesus die Koning is van alles en dat Hy deur die Heilige Gees nou oral en altyd by ons is.

115


Blaai terug na die vorige prent. Vertel die storie wat jy daar sien. Kyk na die mense se gesigte en sê hoe almal voel.

Sê: “Die Heilige Gees woon in God se kinders. Hy help ons om Jesus lief te hê.”

116


Liewe Jesus, dankie dat U die Heilige Gees vir ons gee om in ons te woon. Oral waar ons gaan, is U by ons. Amen.

Het jy geweet jy kan op enige plek met die Heilige Gees gesels? Hy woon in jou en hoor jou wanneer jy in jou gedagtes met Hom praat. Jy hoef nie jou oë toe te maak nie. Jy kan sê: “Here, help my!” Jy kan ook sê: “Dankie vir die mooi dag, Here!” Of: “Ons het darem nou lekker gespeel, Here!” Onthou om dit vandag kort-kort te doen. Kom vertel vanaand by die huis van party van die dinge wat jy vir die Heilige Gees gesê het.

117


an 29. Petr s en Johannes en die verla de – Handelinge 3:1–10

Jesus se twee vriende, Petrus en Johannes, gaan tempel toe. Daar sien hulle ’n verlamde man wat sit en bedel. Petrus sê vir hom: “Kyk na ons!” Die man hou sy hand uit vir ’n geldjie. Petrus sê vir hom: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek baie graag vir jou. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”

118


Net daar gebeur ’n wonderwerk. Die man staan self op. Toe hy besef wat met hom gebeur het, spring hy van blydskap in die lug en huppel al in die rondte. Hy lag en loof God sonder ophou. Die mense is verwonderd oor hoe groot en goed God is.

Help Amy en Sammy om die Bybel in die prent te vind.

Die Bybel leer ons: as God iets vir ons gedoen het, moet ons bly wees en vir Hom dankie sĂŞ.

119


Blaai terug na die vorige prent. Vertel die storie wat jy daar sien. Hoe voel die man wat verlam was? En Petrus en Johannes? Hoe voel die ander mense wat na die man kyk wat so spring?

Ons moet ook dankie sĂŞ vir al die goeie dinge wat die Here vir ons doen.

120


Here, ek wil U loof en dank omdat U elke dag so mooi en goed vir my en almal sorg. Amen.

Gesels oor al die dinge waarvoor julle dankie kan sê. Dink aan dinge soos jou familie, jou maats, skool, lekker sonskyn, genoeg kos, ’n warm bed, of bome wat skaduwee gee. Sit nou op julle hurke in ’n kring en speel ’n dankie-speletjie. Gaan in die kring om. Elkeen kry ’n beurt om op te spring en te sê: “Ek sê dankie vir...” Hou aan totdat elkeen drie keer kon opspring.

121


l s en Silas 30. P–aHandelinge 16:16–35sing in die tronk In die stad Filippi word twee van die Jesusvriende, Paulus en Silas, in die tronk gegooi omdat hulle die mense van Jesus vertel het. Teen middernag sing Silas en Paulus vir die Here. Al die mense in die tronk sit en luister. Net toe ruk ’n aardbewing die tronkdeure oop. Almal se boeie raak los, maar almal bly doodstil sit.

122


Die tronkbewaarder het groot geskrik, maar toe sien hy niemand het weggehardloop nie. Hy wil graag in Jesus glo, en Paulus help hom en sy mense daar en dan om Jesusvriende te word. Toe was hy Paulus en Silas se wonde, neem hulle na sy huis toe en gee hulle lekker kos. Paulus en Silas was altyd bly omdat hulle die Here Jesus geken het. Hulle was selfs in die tronk bly daaroor! So het God Paulus gebruik om van meer en meer mense Jesusvriende to maak.

Help Amy en Sammy om die Bybel in die prent te vind.

Die Bybel leer ons dat Jesusvriende selfs in die moeilikste tye kan bid en sing en bly kan wees omdat hulle weet: God sorg vir ons!

123


Wat was vir jou die lekkerste deel van die storie van Paulus en Silas? Blaai terug na die vorige prent. Vertel die storie wat jy daar sien. Lyk Paulus en Silas kwaad of hartseer? Hoe lyk die tronkbewaarder?

124


Liewe Here, dis so lekker om liedjies oor U te sing! Ek wil U prys so lank as ek lewe, ek wil vir U sing so lank as ek hier is. Amen.

Teken ’n prent van mense wat vrolik sing en God prys. Waaroor is die mense bly? Sê: “Dit

is goed om vir ons God te sing.”

Sing ’n lied waarmee julle God loof. Vandag moet julle ook elke nou en dan vir mekaar sê waaroor julle bly voel.

125


Opvoedingsgids vir ou Temperament

s ers en versorger

Elke kind is uniek - maar daar is sekere eienskappe, wat gemeenskaplik is aan alle mense, wat in vier temperamente verdeel kan word. Sommige kinders floreer in omstandighede waar daar definitiewe reëls, ‘n bestendige roetine en verantwoordelikhede is (roetine-kinders); ander verkies om in die oomblik te lewe en geniet dit om dinge te doen (aksie-kinders); dan is daar diegene wat daarvan hou om probleme op ’n kreatiewe manier op te los, selfs al beteken dit om dinge anders as op die bekende manier te doen (waarom-kinders) en laastens kinders wat volgens hulle verbeelding en waardes lewe (die verbeeldingryke, mense-georiënteerde kinders). CMP boeke is ontwikkel sodat hulle elke temperament-tipe sal aantrek en stimuleer. Vir meer inligting oor die temperamente, besoek die CMP webwerf, www.cmpublishing.co.za

Ontwikkelingsfases CMP neem die verskillende ontwikkelingsfases van kinders in ag. Ons doel is om ouers en versorgers te help om kinders intellektueel en emosioneel te stimuleer sodat maksimum groei op hierdie gebiede verseker kan word. Vir meer inligting besoek die CMP webwerf, www.cmpublishing.co.za

Geloofsvorming Die vorming van kinders se geloof is deels uniek vir elke kind. Daar is egter ook algemene kenmerke van geloofsvorming wat vir die meeste kinders geld. Hoe word geloof by kinders gevorm? Daar is drie algemene maniere: • Ouers doen gereeld basiese dinge saam met hulle kinders – Bybellees, vertel van Bybel- en ander stories, bid en doen die aktiwiteite in hierdie boek. • Kinders vra self geloofsvrae. Neem hierdie vrae ernstig op en antwoord dit eerlik op kinders se verstaansvlak. • Kinders volg hulle versorgers se voorbeelde.

Emosionele Intelligensie Ons ervaar emosies reeds lank voordat ons die taal aanleer om dit in woorde uit te druk. Daarom behoort kinders daarin gelei te word om dit wat hulle voel, in woorde uit te druk. Kyk na die prentjies wat by elke storie is en vra dan vir jou kind hoe voel die mense en diere in die prentjie. Op hierdie manier raak hulle bewus van hul eie emosie, maar ook die emosies van ander en skep ons ‘n leergeleentheid waar hulle taal kan aanleer om hulself emosioneel uit te druk.

126


Leesvaardigheid Wanneer jou kind begin lees, gaan ’n wonderlike wêreld oop. Geniet elke oomblik op hierdie reis saam met jou kind. Neem jou kind op jou skoot waar hy of sy gemaklik en veilig voel, blaai die boek van voor af oop, hou dan die boek voor julle albei oop, lees duidelik en met gevoel en laat jou kind met jou saam “kamma-lees”. Jy kan maar dieselfde stories oor en oor lees. Wys met jou vinger waar jy lees – so kan jou kind die verband begin maak tussen letters, woorde, klanke en betekenis. Moedig jou kind se eerste leespogings aan, al klink dit soos brabbeltaal.

Luistervaardigheid Luister is ‘n belangrike leer- en ontwikkelingsvaardigheid. Help jou kind om met aandag te luister en te verstaan wat hy of sy hoor, om sy of haar verbeelding te gebruik, om die storie of dele daarvan te onthou en om dit self weer te gee. Vra jou kind om die stories oor te vertel na aanleiding van die prentjies. Vra vrae oor en rondom die storie. Laat woorde weg uit ‘n verhaal wat die kind ken en vra hom of haar om die woorde in te vul.

Woordeskat Gebruik alle kanse om jou kind se woordeskat uit te brei. Dis ‘n lewenslange geskenk. Begin met alledaagse voorwerpe en persone in die illustrasies. Wys na die illustrasie, sê die woord, maak ‘n sinnetjie daarmee en sê die woord weer. Laat jou kind die woord herhaal. Kyk of jy dieselfde woord in ‘n ander konteks ook kan gebruik – as daar ‘n tent in die prentjie is waarna julle kyk, sê dan: Ons slaap in ‘n tent wanneer ons gaan kamp.

Spraakvorming Bou aan jou kind se woordeskat reg van die begin af – woorde is die boustene van spraak. Noem gedurig voorwerpe rondom jou, wys dit uit, maak seker dat jou kind na jou mond kyk en aan jou lippe en keel voel wanneer jy die woorde uitspreek. Soos jou kind ouer word, verhoog stelselmatig die ingewikkeldheidsgraad van die woorde terwyl jy jou kind se begrip daarvan verbreed. Moedig jou kind se eerste pogings om te praat aan. Help jou kind om die klanke en woorde uit te spreek. Op hierdie stadium is akkuraatheid nie so belangrik soos die probeerslag nie.

Syfervaardigheid Dis uiters belangrik dat jou kind syfervaardig word en getalbegrip ontwikkel. Speel met eenvoudige somme, soos: “Hoeveel eendjies is daar in die prentjie? Twee eendjies kom by – hoeveel is daar nou? Drie vlieg weg ... ” (Wys op jou vingers.) Jou kind kan ook die vorm van syfers leer – knip groot syfers uit karton en laat hom of haar daarmee speel. Bou ‘n getallelyn daarmee.

127


CMP Kids ‘n druknaam van Christelike Media Publikasies, Posbus 4502, Durbanville, 7550 www.christianmediapublishing.com Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07 Teks: Ewald van Rensburg© Illustrasies: Magriet Brink© Uitleg en ontwerp: Lilani Brits Publikasie-projekbestuur: Noeline N Neumann Gedruk en gebind in Maleisië Eerste uitgawe, eerste druk 2014 ISBN 9781920593193 By CMP is ons passievol oor die ontwikkeling van kwaliteit, bekostigbare kindermateriaal. Ons produkte word ontwikkel vanuit ‘n nié denominasionele, Christelike oogpunt. (ADD) Ons glo dat ‘n gesonde geestelike fondament die beste manier is om emosioneel gesonde kinders te ontwikkel. Ons materiaal neem ‘n kind buite die gewone leer na “luister en doen”. Ons glo dat die Heilige Gees met mense verbind d.m.v. hulle hele wese: “hart, siel, verstand en krag” (Markus 12:30). Ons materiaal spreek al hierdie aspekte aan en verskaf aan ouers, versorgers en onderwysers riglyne om kinders in die regte rigting te stuur.

128



Klim binne in die Bybel saam met Sammy en Amy! Kom Speel & Leer terwyl jy elkeen van jou gunsteling Bybelstories ervaar asof jy self deel is van die avontuur. • Lees die stories en soek die Bybel versteek in elke storie. • Gesels oor die Bybelstories en die betekenis daarvan vir jou as kind van God in vandag se tyd. • In die daaropvolgende gebed herinner God jou aan die les van die storie. • Nooi dan jou boeties, sussies en maatjies om saam te speel en te leer van God se wonderlike stories.

Jy kan selfs vir Mamma en Pappa en Ouma en Oupa saamnooi. Kom Speel & Leer saam met ons. Dit is wonderlik om ‘n kind van God te wees! Kom Speel & Leer Bybel bevat: • 30 unieke en pragtig geïllustreerde Bybelstories • Elke storie is saamgestel sodat kinders kan leer deur te speel • Kom Speel & Leer maak Bybellees pret terwyl dit ook belangrike Christelike waarhede aan die kind oordra Ewald van Rensburg is ‘n bobaas-storieverteller wie se bron heerlike stories oënskynlik onuitputlik is. Ewald spesialiseer in jeug- en familiebediening en is predikant in Somerset-Wes. Hy is getroud met Beatrix en hulle het twee kinders, Ewald en Liani.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.