kuier in Bybelland Carike Keuzenkamp Geskryf deur Ewald van Rensburg Ge誰llustreer deur Chris Venter
Hallo Maatjies Ek is so bly dat julle saam met ons op hierdie reis na Bybelland gaan. Soos ons ’n paar gunsteling Bybelverhale saam lees, gaan ons op wonderlike avonture. Ghoempie en Ghoeghoe sal dan ’n storie met julle deel wat vir julle sal leer hoe om die lesse uit die Bybelstories te kan uitleef. Dit maak nie saak hoe klein ons is nie, ons kan God steeds gehoorsaam en ons liefde vir Hom en ander mense toon deur die manier waarop ons elke dag leef. As ’n spesiale bederfie kan julle na die stories op die CD luister en net omdat julle so spesiaal is, is daar ook drie liedjies wat julle kan geniet. Baie liefde
Carike, Ghoempie en Ghoeghoe
Inhoud 1. God maak alles.............................................................................. 4
Genesis 1
2. Noag en die ark............................................................................. 8
Genesis 6-9
3. Die Here praat met Samuel............................................... 12
1 Samuel 3
4. Drie wyse manne........................................................................ 16
Matteus 2
5. Jesus se eerste wonderwerk. ............................................ 20
Johannes 2
6. Die goeie skaapwagter en sy verlore skaap..... 24
Lukas 15
7. Jesus word gesalf....................................................................... 28
Markus 14
4
1. God maak alles Genesis 1
I
n die begin was alles donker en leeg. Toe besluit God dat Hy dinge wil verander. Hy maak toe heel eerste lig, en nou was daar dag (lig) en nag (donker). Toe maak Hy die blou lug en die blink see. Daarna maak God droĂŤ land sodat plante daarop kan groei. Die volgende dag word die son en die maan en die sterre gevorm. Toe maak Hy die goggas, voĂŤls en visse. Op die sesde dag maak Hy die mak en wilde diere wat op die aarde loop en kruip. En toe, heel laaste, maak God mense (Adam en Eva) om te sorg vir alles wat Hy gemaak het.
Ghoempie en Ghoeghoe kan nie glo hoe Kinderland se parkies lyk nie. Dit is vol rommel. Alles lyk so lelik en vaal. “Wat gaan ons hieraan doen?” wil Ghoeghoe weet. Ghoempie dink baie hard, en toe glimlag hy breed. “Ek weet! Ek het ’n plan. God het almal baie lief, daarom moet ons vir Hom dankie sê deur mooi na Sy aarde te kyk. Ek dink ons moet kinders vra om die rommel op te tel sodat alles weer skoon kan lyk.” Ghoeghoe sê opgewonde: “Maar ook kinders wat blommetjies en bome plant sodat alles nie net skoon lyk nie, maar ook mooi!”
6
God, U is so groot. Dankie dat U ook vir my gemaak het en my liefhet. Help my om altyd mooi na alles wat U gemaak het, te kyk. Amen
7
2. Noag en die ark Genesis 6-9
G
od sê vir Noag: “Bou ’n groot boot waarin jy, jou familie en alle verskillende soorte diere kan woon, want dit gaan baie reën. Alles gaan soos een groot see wees.” Noag doen toe presies soos God gesê het. Net daarna begin dit hard en aanhoudend reën. Noag-hulle voel baie veilig binne-in die ark, want God het mos belowe om almal in die ark te red. En as God iets belowe, kan ’n mens weet Hy sal dit doen. Ná 40 dae stuur God ’n sterk wind om die aarde droog te blaas. Toe Noag en sy gesin veilig uit die ark klim, sien hulle die eerste reënboog met sy pragtige kleure in die blou lug.
8
10
Dit reën al dae lank, en op reëndae vertel Ouma Ghoemp stories: “Dit was nie net Noag wat na God geluister het nie. Eric Liddell, een van die grootste atlete van alle tye, het dit ook gedoen. Luister net hoe het God hom daarvoor beloon. Hierdie man kon baie vinnig hardloop. Toe hy by die Olimpiese Spele die 100m moes hardloop en hoor dat dit op ’n Sondag val, het hy geweier, want dit was God se rusdag. Hy neem toe deel aan die 400m waarvoor hy glad nie geoefen het nie. En wat gebeur? Hy wen dit in ’n rekordtyd. Toe die mense hom vra hoe hy dit reggekry het, was sy antwoord: “Ek het vir Christus gehardloop.”
God ons Vader, help my om gehoorsaam aan U te wees, net soos Noag en Eric Liddell, die atleet. Amen
11
3. Die Here praat met Samuel 1 Samuel 3
E
en môre vroeg terwyl Samuel nog slaap, roep ’n Stem: “Samuel!” Hy skrik wakker en antwoord: “Ek kom!” en hardloop na Eli toe. Samuel sê: “Hier is ek. U het my geroep.” Eli skud sy kop. “Dit was nie ek nie,” sê hy. Die derde keer wat Samuel die Stem hoor, weet Eli dit is die Here wat Samuel roep. “As iemand jou weer roep, Samuel, sê jy: ‘Praat, Here, ek luister!’” Dis dan ook presies wat Samuel doen, en toe praat die Here met hom. Sommer gou het die mense van die hele land van Samuel gepraat, want Samuel het nie net geluister nie, maar ook altyd presies gedoen wat die Here gesê het.
12
14
Dit is Sondag in Kinderland en Ghoempie en Ghoeghoe gaan kerk toe. Terwyl die kinderdiens aan die gang is, vra ’n kind skielik kliphard: “Hoe klink God se stem?” Die predikant antwoord: “Dis die stem van God wat jy hoor as jy die Bybel lees of as dit vir jou gelees word, of wat jy hoor waar jy ookal is. Sy stem is vol liefde. Dit klink soos die stem van jou mamma of pappa wat jou troos as jy in die nag ’n nare droom gehad het en hulle langs jou bed vir jou sê: ‘Toemaar, alles is reg. Ek is by jou.’” Ghoempie fluister vir Ghoeghoe: “Sjoe! Wat ’n mooi antwoord.”
Liewe Jesus, help my om altyd te luister na wat U in die Bybel of deur ander mense vir my wil sê. Amen
15
4. Drie wyse manne Matteus 2
N
a Jesus se geboorte kom die slim sterrekykers in Jerusalem aan en vra: “Waar is die koning wat gebore is? Ons het sy ster sien opkom en dit gevolg.� Die slegte Herodes skrik baie groot, want hy is dan die koning. Hy probeer die sterrekykers uitvra om agter te kom wat aangaan, maar hulle is te slim vir hom. Hulle glip toe stilletjies daar weg en volg die groot, helder ster tot in Betlehem, waar hulle die Kindjie Jesus vind. Daar haal hulle die geskenke wat hulle die hele pad saamgebring het uit en gee dit vir Hom. Dis baie duur geskenke: Goud, wierook en mirre. Dit was dan die heel eerste Kersgeskenke ooit!
16
18
Dis ’n paar dae voor Kersfees in Kinderland. Ghoempie en Ghoeghoe kan nie wag vir Oukersaand om hulle geskenke oop te maak nie. Skielik lyk Ghoeghoe hartseer en Ghoempie vra: “Wat’s fout, Ghoeghoe?” Sy snik: “Ek dink sommer aan die kindertjies wat nie mammas en pappas of huise of geld het nie en geen presente gaan kry nie.” Dadelik is Ghoempie ook hartseer, maar dan glimlag hy breed: “Ek het ’n blink plan, Ghoeghoe!” Hulle reël toe ’n groot partytjie in die tuin voor die kerksaal. Al die arm kinders van die buurt word genooi. Ghoempie en Ghoeghoe en hulle maats gebruik hulle sakgeld om vir elkeen ’n geskenkie te koop.
Liewe Jesus, liefde is die grootste geskenk wat U gee. Help my om altyd liefde vir ander te gee. Amen
19
5. Jesus se eerste wonderwerk Johannes 2
J
esus, sy dissipels en sy mamma Maria is na Kana toe waar daar ’n groot troue gehou word. Terwyl die mense die troue vier, raak die wyn op. Maria vra toe vir Jesus of Hy sal help.
Jesus sê vir die kelners om 6 groot potte vol water te maak. Nadat hulle dit gedoen het, sê Jesus vir hulle: “Neem daarvan na die hoofkelner toe.” Toe die hoofkelner die water wat in wyn verander het, proe, roep hy verbaas uit: “Dis heerlik! Hoekom is die beste wyn vir laaste gelos?” Dit was Jesus se eerste wonderwerk, en sy dissipels het geglo Hy is baie spesiaal.
20
Ghoempie en Ghoeghoe sien dat die kinderhuis se kinders baie gelukkig buite rondspeel. Maar eenkant staan die oom en tannie van die kinderhuis en hulle lyk baie bekommerd. Ghoempie en Ghoeghoe gaan vra hoekom hulle so ongelukkig lyk.
22
Die oom antwoord: “Daar is vanaand geen kos vir die kinders nie. Ons weet nie wat om te doen nie.” Net toe stop ’n lorrie van die winkel om die hoek daar en die bestuurder kom na hulle toe gestap en sê: “Ons een yskas het gebreek en die kos gaan sleg word. Sal julle die kos kan gebruik?” Die oom en tannie dans sommer van plesier, en Ghoempie sê: “Jesus is so goed.”
Liewe Jesus, U kan enigiets verander. Soos water in wyn, sleg in mooi, hartseer in gelag. Dankie, dat U so groot en goed is. Amen
23
6. Die goeie skaapwagter en sy verlore skaap Lukas 15
O
p ’n dag vertel Jesus, die beste storieman ooit hierdie skaapstorie. ’n Skaap dwaal eendag te ver van die ander skape af. Wanneer die skaapwagter sy skape tel, is een skaap weg. Hy gaan soek na dit. Dit word donker. Die vreemde geluide van vleiseters kom al hoe nader en die skaap raak baie bang! Skielik hoor hy Sy skaapwagter se stem roep na hom. Toe antwoord hy op sy hardste: “Bê-ê-ê-ê!” So verander die verlore, bang skaap in die geredde, bly skaap! Sy skaapwagter het hom vasgedruk, op sy skouers getel en hom huis toe gedra. Net soos die skaapwagter vir sy skape oppas, pas Jesus ons op én is baie lief vir ons!
24
26
In Kinderland is daar ’n hele klompie stout kinders. Ghoempie en Ghoeghoe wonder wat hulle daaraan kan doen. Toe vertel Ouma Ghoemp vir hulle die volgende storie: Jare gelede, in Skotland, het iemand se Sondagskoolklas net uit moeilike, ongehoorsame kinders bestaan. Die stoutste en ongehoorsaamste was ’n seun met die naam Bob. Die Sondagskoolmeneer was al baie moedeloos en het nie meer geweet wat om te doen nie. Maar elke keer het hy ekstra aandag en liefde. gegee… Baie jare later het hierdie einste Bob ’n beroemde predikant geword. Hy was Robert Morrison, die sendeling in China wat die Bybel in Chinees vertaal het. Julle wonder seker wat julle moet doen? Gee vir Kinderland se stout kinders liefde … sommer baie daarvan.
Liewe Jesus, soos die goeie Herder vir sy skape lief is, net so is U vir my lief. Amen
27
7. Jesus word gesalf Markus 14
J
esus en sy dissipels word genooi om in Betanië by die huis van Simon, ’n vriend van hulle wat ’n nare velsiekte het, te gaan eet.
Terwyl hulle aan tafel sit, kom daar ’n vrou ingestap met ’n flessie baie duur parfuum-olie in haar hand. Sy breek die flessie oop en gooi al die olie op Jesus se kop uit sodat die kamer gevul word met ’n heerlike geur. Van die mense raas met haar omdat sy sulke duur olie sommer so uitmors, maar Jesus sê: “Los haar uit, sy het in liefde haar beste gegee! Mense sal altyd onthou wat sy hier vir My gedoen het.”
28
30
Ghoempie en Ghoeghoe vra vir Ouma Ghoemp hoe Kinderland se kinders hulle liefde vir Jesus aan ander kan wys. Toe vertel sy hierdie storie: Lank gelede was daar ’n seun wat op ’n skip gevaar het. Net voor slaaptyd hoor hy skielik ’n man skree: “Iemand het in die see geval!” Hy besluit toe om die lantern wat aan die dak hang, by die venster uit te hou. ’n Rukkie later hoor hy weer iemand roep: “Ons het hom gekry!” Die volgende dag vertel die kaptein vir almal hoe ’n liggie uit ’n venster hulle gehelp het om die man te red. Sien julle, dis die klein dingetjies wat vir ander wys jy is lief vir Jesus.”
Liewe Jesus, Ek het vir U ook baie lief. Help my om soos Maria altyd my beste vir U te doen. Amen
31
Outersreg © 2015 Christelike Media Publikasies – KIDS, Posbus 4502, Durbanville, 7751 www.christianmediapublishing.com Reg no: 2010/008573/07 Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, laserskyf of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Alle regte van die vervaardiger en die eienaar van die werk wat geproduseer word, word voorbehou. Openbare uitvoering, uitsending, verhuring, direk of indirek van hierdie CD, word verbied. Carike Keuzenkamp se deelname aan die publikasie en uitreiking, word moontlik gemaak met die vriendelike samewerking van Sony Music. Ghoempie en Ghoeghoe® is ’n geregistreerde handelsmerk en word beskerm deur Suid-Afrikaanse kopiereg, handelsmerk en ander wette wat van toepassing is in die Republiek van Suid-Afrika, asook deur Internationale konvensies en ander wette van ander lande. Carike Keuzenkamp is die eienaar van alle intellektuele materiaal en in beheer van alle intellektuele goedere.
Geskryf deur: Ewald van Rensburg Geïllustreer deur: Chris Venter Ontwerp, Setwerk en Omslagontwerp: Trinity Loubser Produksiebestuur: Noeline N Neumann Gedruk in Maleisië Eerste uitgawe, eerste druk 2015
ISBN 9781920593704
kuier in Bybelland
Ewald van Rensburg is 'n bobaas-storieverteller wie se bron heerlike stories oënskynlik onuitputlik is. Ewald spesialiseer in jeug- en familiebediening en is predikant in Somerset-Wes.
carike keuzenkamp
In haar nuutste boek, Carike, Ghoempie & Ghoeghoe kuier in Bybelland, deel sy van haar gunsteling Bybelstories. Getrou aan haar strewe om geloof in die daaglikse lewe van toepassing te maak, word elke Bybelstorie vergesel van ’ n moderne verhaaltjie waarin Ghoempie en Ghoeghoe kinders op ’n praktiese manier wys hoe om hulle geloof uit te leef. ’n Bonus is die gratis CD waarop sy die Bybelstories voorlees, met drie liedjies uit haar gouestatus-CD, Carike, Ghoempie & Ghoeghoe kuier in Bybelland.
kuier in Bybelland
Vir meer as ’n dekade reeds deel Carike Keuzenkamp en haar geliefde karaktertjies, Ghoempie and Ghoeghoe, waardevolle lewenslesse met Suid-Afrikaanse kinders; vermaak sy hulle en wys hulle terselfdertyd dat die lewe bedoel is om vol pret en geluk te wees.
carike, ghoempie en ghoeghoe
Carike, Ghoempie en Ghoeghoe
kuier in Bybelland Carike Keuzenkamp Geskryf deur Ewald van Rensburg Geïllustreer deur Chris Venter