My Klein Bybel- en Gebedeboekie - Afrikaans

Page 1

BYB E My Klein Gebedeboekie &

Inhoud God het alles gemaak 4 Noag en sy ark 6 Moses in die mandjie 8 God laat sy mense deur die see loop 10 Dawid word koning 12 Dawid veg teen ’n reus 14 Twee groot maats 16 Daniël in die leeukuil 18 Jesus word gebore 20 Die sterrekykers 22 Volg vir Jesus 24 Jesus maak die storm stil 26 Die seuntjie met sy vyf broodjies en twee vissies 28 Die goeie herder 30 Moet nooit vergeet om dankie te sê nie 32 Jesus aan die kruis 34 Jesus lewe! 36 Jesus gaan hemel toe 38 Jesus se vriende kom bymekaar 40

BYB E L My Klein Gebedeboekie &

God het alles gemaak

Genesis 1-2

In die begin het God alles gemaak: die son, maan, sterre, gras, bome en die blou, blou see.

Hy het ook die diere, voëls en die visse gemaak. Toe maak Hy die eerste mense: Adam en Eva.

4

Gebed uit Psalm 8

Jesus, ek kyk na alles wat U gemaak het.

Dán weet ek U is spesiaal en wonderlik. Amen.

5

Noag en sy ark

Genesis 6–8

God het vir Noag gesê om ’n ark te bou.

Noag, sy familie en van al die diere het toe daarin geklim. God self het dit gesluit. Dit het baie gereën en die aarde was soos ’n groot see. Almal in die ark was veilig.

6

Gebed uit Psalm 121

Jesus, as ek na die berge kyk, weet ek dat U dit gemaak het. Ek weet ek is veilig by U omdat U vir my lief is. Amen.

7

Moses in die mandjie

Eksodus 2

Die farao het nie van die Israeliete gehou nie en wou al die babaseuntjies doodmaak. Moses se ma het hom toe in ’n mandjie weggesteek.

Sy suster het gesien hoe die farao se dogter hom kry. Die farao se dogter vra toe ’n Israelitiese vrou om hom groot te maak. Raai wie? Moses se ma!

8

Gebed uit Psalm 63

Jesus, dankie dat U net die beste vir my wil hê. Amen.

9

God laat sy mense deur die see loop

Eksodus 14

Die Israeliete het uit Egipte weggetrek. Die farao se soldate wou hulle vang. By die see kon die Israeliete nie verder nie. Moses sê toe: “Moenie bang wees nie. God gaan iets wonderliks doen.” God maak toe vir hulle ’n pad deur die see.

10

Gebed uit Psalm 77

Jesus, dankie vir al die wondelike dinge wat U gedoen het. Amen.

11

Dawid word koning

1 Samuel 16

God het vir Samuel gestuur om een van Isai se seuns die nuwe koning te maak. Hulle was almal groot en mooi. Elke keer as Samuel dink dis die nuwe koning, sê God: “Nee, Samuel.” Later vra Samuel vir Isai: “Het jy nog seuns?” Toe die jongste seun, Dawid, instap, sê die Here vir Samuel: “H´y is die nuwe koning.”

12

Gebed uit Psalm 139

Here, hoe wonderlik het U my gemaak. Ek weet ek is baie spesiaal. Amen.

13

Dawid veg teen ’ n reus

1 Samuel 17

Al die soldate was bang vir die reus, Goliat.

Hy het vir Dawid gespot. Dawid was nie bang nie, want hy het geweet God help hom altyd.

Dawid het toe ’n klippie in sy slingervel gesit en gemik ... Goliat het neergeval.

14

Gebed uit Psalm 20 Jesus, dankie dat ek U altyd kan vertrou. Amen.

15

Twee groot maats

Dawid en Jonatan, koning Saul se seun, was beste maats. Hulle het elke dag alles saam gedoen en belowe om mekaar altyd te help.

16

Gebed uit Psalm 25 Jesus, dankie dat ek maats het om mee te speel. Amen.

17

Danie..l in die leeukuil

Omdat Daniël vir God lief was, het die koning hom vir die leeus gegooi. God het sy engele gestuur om die leeus se bekke toe te maak. Almal, die koning ook, het toe geweet Daniël se God is die enigste God.

18

Gebed uit Psalm 46

Jesus, as ek bang is, kan ek U vra om my te beskerm. Amen.

19

Jesus word gebore

Lukas 2

“Josef,” het die engel gesê, “jy moet Maria se baba Jesus noem. Hy is die Seun van God.” Jesus is toe in ’n stal in Betlehem gebore. Die engele het vir die herders gesê om na Jesus te gaan.

20

Gebed uit Psalm 96

Jesus, dankie dat U gebore is. Almal moet vir U sing, want U is ons koning. Amen.

21

Die sterrekykers

Sterrekykers het eendag ’n groot, helder ster gesien. Iewers is ’n koning gebore! Die ster het sowaar bo die plek waar Jesus was, gaan stilstaan. Daarna het hulle duur geskenke vir Hom gegee.

22

Gebed uit Psalm 76

Jesus, ek wil my beste vir U gee

net soos die sterrekykers lank gelede, omdat ek vir U lief is. Amen.

23

Volg vir Jesus

Matteus 4

Petrus en Andreas was vissers.

Toe Jesus hulle sien, sê Hy: “Volg My!” Hulle het alles net so gelos en saam met Hom gegaan.

24

Gebed uit Psalm 119

Jesus, ek wil ook soos die dissipels gehoorsaam wees aan U. Amen.
25

Jesus maak die storm stil

Matteus 8:22–25

Daar was ’n groot storm.

Die dissipels het baie bang geword. Jesus sê toe vir die storm: “Hou op!” Dadelik was die storm stil.

“Julle moenie bang wees nie, want Ek is altyd daar om julle te help.”

26

Gebed uit Psalm

27

Jesus, U is soos ’n helder lig wat die donker wegjaag, daarom hoef ek nie bang te wees nie. Amen.

27

Die seuntjie met sy vyf broodjies en twee vissies

Johannes 6:1–15

’n Klomp mense het na Jesus kom luister. Toe dit laat word, sê Jesus vir sy dissipels om vir hulle kos te gee.

Andreas sê toe: ”Hier is ’n seuntjie met twee vissies en vyf broodjies.” Jesus het dit geneem, gebid en vir almal daarmee kos gegee.

28

Gebed uit Psalm 111

Jesus, net U kan sulke spesiale dinge doen. U gee kos aan al u kinders. U doen altyd soos U beloof het.

Amen.

29

Die goeie herder

Lukas 15:1–7

Jesus het hierdie storie vertel:

Daar was ’n herder wat honderd skape gehad het, maar een het weggeraak. Hy het dadelik dié skaap gaan soek. Toe hy hom kry, was hy baie bly.

30

Gebed uit Psalm 23

Jesus, soos die goeie herder vir sy skape lief is, net so is U vir my lief. Amen.

31

Moet nooit vergeet om dankie te se ^ nie

Lukas 17:11–19

Tien mans met sere op hulle lyf het geroep: “Jesus, help ons!” Jesus stuur hulle toe terug dorp toe. Terwyl hulle loop, het hulle gesond geword.

Net een van die tien het vir Jesus kom dankie sê.

32

Gebed uit Psalm 100

Jesus, dankie vir alles wat U vir my doen. Amen.

33

Jesus aan die kruis

Matteus 26

Een Vrydag het Jesus aan ’n kruis gehang om alles wat ons verkeerd doen, weg te neem. Nou kan ons weer kinders van God wees. Daarom noem ons dié dag Goeie Vrydag.

34

Gebed uit Psalm 31 Jesus, my lewe is in u hande. U sal my nooit laat val nie en my altyd help. Amen.

35

Jesus lewe!

Matteus 28

Die Sondag het vroue na Jesus se graf geloop. Hy was nie meer daar nie!

’n Engel het gesê: “Jesus lewe, nes Hy belowe het.” Hulle hardloop toe om vir almal die goeie nuus te vertel.

36

Gebed uit Psalm 91

Dankie, Jesus, dat U vir die engele gesê het om my op te pas, waar ek ook al gaan. Amen.

37

Jesus gaan hemel toe

Handelinge 1

Jesus het vir sy dissipels gesê: “Vertel ander mense van My.

Onthou, Ek is altyd by julle.” Jesus het toe na die hemel gegaan. Twee engele het gesê: “Jesus sal eendag weer terugkom.”

38

Gebed uit Psalm 47

Jesus, almal op aarde moet hande klap vir U.

Ons moet ons mooiste liedjies sing, want U is die koning van die aarde. Amen.

39

Jesus se vriende kom bymekaar

Handelinge 2:43–47

Jesus se vriende het vir almal van Hom vertel. Al hoe meer mense het van Hom begin weet. Hulle het gereeld bymekaar gekom en was soos ’n gelukkige familie.

40

Gebed uit Psalm 84

Jesus, dankie dat ek kerk toe kan gaan.

Ek hou daarvan om saam met ander maats liedjies vir U te sing. Amen.

41

BYB E L My Klein Gebedeboekie &

My Klein Bybel- & Gebedeboekie bevat van die mees geliefde Bybelverhale van alle tye. Elke pragtig-geïllustreerde storie word vergesel deur ’n gebed uit die Psalms. Hierdie Bybel gee vir klein kindertjies ’n liefde vir God se Woord en leer hulle van kleins af hoe om te bid.

Kopiereg © 2024 Christian Media Publishing Christian Media Publishing Posbus 3228, Matieland Poskantoor, Stellenbosch, 7602, Suid-Afrika

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07

Teks: Ewald van Rensburg

Illustrasies: Magriet Brink

Uitleg: Christian Media Publishing Omslag ontwerp: Jacqui Crawford Design Eerste uitgawe 2024

ISBN: 978-1-92843-778-9

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.