Vreugde! Kleuters Bybel Sagteband

Page 1

Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybel is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ’n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ’n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ’n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ’n vreugde-vervulde lewe te lei.

Gids vir ouers: Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige uiteensetting van die ikone blaai na bladsy 108.

Unieke temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • • •

Lees die Bybelstorie en gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind, sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.

s rs vier Jesu

Kinders vier Jesus

Ontwikkelingsfases

Kinde

ISBN: 978-1-92059-347-6

www.christianmediapublishing.com

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits



Aan my Vreugde! Kleuter: ______________________ Met liefde van: _____________________



Kind

ers vier Jesus

’N DRUKNAAM VAN

CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING


Nota aan ouers en versorgers Lees en geniet hierdie tweede bundel Bybelverhale en illustrasies saam met jou kleuter. Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van ’n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem met die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer. Ná die teks is daar ’n gebed wat jy saam met die kleuter kan bid. Kyk ook uit vir die vyf dierevriende, wat die Bybelverhaalreis saam met die kleuter aflê: Hasie, Bytjie, Liewenheersbesie, Hondjie en Katjie. Hulle verskyn gewoonlik op die laaste illustrasie by elke verhaal, en help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of waarde van die verhaal is. Gebruik hierdie boek, propvol Bybelverhale, om vir jou kleuter die vreugde en betekenis van Christenskap te demonstreer asook om die betekenis wat Jesus in hulle lewe kan bring, te beklemtoon.

66


Inhoudsopgawe 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13. 14. 15. 16. 17. 18. 19. 20. 21. 22. 23. 24. 25.

Noag vertrou op God Moses in die mandjie Die tien plae Jerigo se mure Dawid word koning gemaak Dawid en Goliat Dawid en Jonatan ’n Seuntjie word koning Sterrekykers Jesus word gedoop Jesus en die duiwel Jesus kies mense Jesus sorg vir ons Jesus is baie lief vir kinders Jesus se stories Jesus is die goeie skaapwagter Lasarus Jesus maak die storm stil Bartimeus Jesus loop op die water! Jesus stap saam met twee vriende ’n Visvangstorie Petrus, Johannes en die verlamde man Paulus Jesus kom weer Gids vir ouers en versorgers

8 12 16 20 24 28 32 36 40 44 48 52 56 60 64 68 72 76 80 84 88 92 96 100 104 108 7


1. Noag vertrou op God (Genesis 8-9)

Dit het baie lank gereën. Die hele aarde was soos een groot see. Maar Noag-hulle was veilig in die ark. God het belowe om Noag, sy gesin en al die diere te red.

8


As God iets belowe, kan ’n mens maar weet dat Hy dit sal doen. God het toe ’n sterk wind gestuur om die aarde droog te waai.

9


Uiteindelik kon Noag-hulle veilig uit die ark klim. Toe maak God die eerste reënboog. Daardeur het God vir Noag belowe dat Hy nooit weer so baie water op een slag op die aarde sal laat val nie. Kom ons bid saam: Dankie, Here, dat U altyd doen wat U belowe. Amen

110 0


Elke keer wanneer jy ’n reënboog sien, onthou dan dat jy God altyd kan vertrou.

Ken jy die kleure van die reënboog?

11


2. Moses in die mandjie (Eksodus 2)

Die wrede Farao het besluit om al die Joodse seuntjies dood te maak. Moses se mamma en sy suster, Mirjam, was baie bang dat die Farao hom ook sou doodmaak. Hulle het hom in ’n mandjie op die rivier laat afdryf. Die Farao se dogter het die huilende Moses tussen die riete gekry. Sy was jammer vir hom. Moses se suster het vir haar gesê dat sy iemand ken wat na hom sou kyk.

12


13


Toe bring Mirjam Moses se eie ma na haar toe! So het God gesorg dat Moses veilig deur sy eie mamma grootgemaak word in die Farao se paleis. Kom ons bid saam: Here, dankie dat U elke dag vir my sorg. Amen

God wil net die beste vir sy kinders hê.

114 4


Wat was die naam van Moses se suster?

15


3. Die tien plae (Eksodus 6-13)

God het vir Moses na Egipte toe gestuur om vir die Farao te vra om die Israeliete te laat wegtrek. As die Farao weier, sal God slegte goed (plae) met die Egiptenaars laat gebeur, maar nie met die Israeliete nie. Die Farao het vir Moses “Nee!” gesê.

16


En toe het die slegte goed al die Egiptenaars getref: paddas, steekvlieë, donkerte vir drie dae en nog baie ander dinge. Met Moses-hulle het egter niks gebeur nie!

17


Ná tien sulke slegte goed, het die Farao vir Moses gesê: “Ek het nou genoeg gehad. Julle kan maar trek.” Kan jy al die paddas op bladsy 17 tel?

118 8


Kom ons bid saam: Dankie, Here, dat U my altyd beskerm. Amen

Jy kan maar op die Here staatmaak, want Hy beskerm sy kinders.

19


4. Jerigo se mure (Josua 6)

Daar was ’n hoë, dik muur rondom die stad Jerigo. Dit het gekeer dat geen vyand by die stad kon inkom nie. God het vir Josua belowe dat hulle die stad sou oorneem. Hy het sy plan aan Josua verduidelik. Die Israeliete het presies gemaak soos wat God gesê het en vir ses dae al om die stad geloop. Op die sewende dag het hulle sewe keer om die stad geloop.

20


21


Daarna het die priesters op hulle ramshorings geblaas en die res het kliphard geskreeu. Toe het die mure inmekaar geval. Die Israeliete het gewen, nes God belowe het. Kom ons bid saam: Here, daar is niemand so sterk soos U nie. Amen

222 2


Daar is niemand in die wye wêreld soos God nie.

Hoeveel dae het die Israeliete om Jerigo geloop?

23


5. Dawid word koning gemaak (1 Samuel 16)

Saul was ’n slegte koning wat nie na God wou luister nie. God het toe vir Samuel na Betlehem toe gestuur om daar ’n nuwe koning te kies. By Isai se huis wou God nie een van sy seuns, wat voor Samuel verskyn het, kies nie. Toe het Samuel vir Isai gevra: “Het jy nog seuns?”

24


25


“Ja, Dawid, my jongste, maar hy pas die skape op,” het Isai geantwoord. Samuel het onmiddelik gesê: “Gaan haal hom.” Toe Dawid by die huis ingestap het, het God vir Samuel gesê dat Dawid die nuwe koning moes wees. Kom ons bid saam: Dankie, Here, dat U my ook gebruik, al is ek nog jonk. Amen

God dink jy is net so spesiaal soos Dawid en Hy is baie lief vir jou.

226 6


Wat het Dawid gedoen voordat God hom koning gemaak het?

27


6. Dawid en Goliat (1 Samuel 17)

Al die Israeliete was bang vir die groot Goliat. Die sterk reus het almal wat teen hom geveg het, gewen. Dawid het daar aangekom met kos vir sy broers. Hy het na Goliat gekyk en vir die res van die Israeliete gesê: “Moenie so bang wees nie, God is baie groter en sterker as die reus, Goliat. Ek sal teen hom baklei.”

28


Goliat het hom doodgelag vir die seun wat teen hom wou veg.

29


Dawid het met sy slingervel ’n klip na die reus toe gegooi. Dit het vir Goliat tussen die oë getref. Die reus het dood neergeval! Kom ons bid saam: Here, saam met U hoef ek vir niks bang te wees nie. Amen

330 0


God het vir klein Dawid gehelp om die groot Goliat te wen! Wat was die naam van die reus vir wie Dawid doodgemaak het?

31


7. Dawid en Jonatan (1 Samuel 20)

Dawid het ná Goliat se dood by koning Saul gaan bly. Al die Israeliete het baie van Dawid gehou, veral omdat hy vir Goliat gewen het en boonop sulke mooi liedjies kon skryf en sing. Saul was baie jaloers op Dawid. Toe het daar ’n mooi ding gebeur.

32


Saul se seun, Jonatan, en Dawid het beste vriende geraak. Hulle het elke dag saam gespeel en was baie lief vir mekaar. Jonatan het egter gehoor dat sy pa, Saul, vir Dawid wou doodmaak. Hy het toe vir Dawid gehelp om van Saul af weg te kom.

33


Kom ons bid saam: Here, dankie dat U vir my vriende gee. Amen

Vriende help altyd vir mekaar.

Wat is jou beste maatjie se naam?

334 4


35


8. ’n Seuntjie word koning (2 Konings 22-23)

Lank, lank gelede het mense nie ’n Bybel gehad soos vandag nie. Die Israeliete het boonop vergeet wat die Here gesê het en verkeerde dinge gedoen. Dit het God se hart seergemaak. Josia was maar net agt jaar oud toe hy die nuwe koning geword het. Hy was baie lief vir God. Op ’n dag het hy die tempel laat skoonmaak. Iemand het toe ’n Bybel daar onder ’n klomp goed gevind. Nadat iemand dit vir Josia gelees het, het hy vir God belowe dat die Israeliete van toe af sou maak soos die Here sê. 36


37


Kom ons bid saam: Here, dankie dat ek na die Bybel kan luister. Amen

Onthou om elke dag jou Bybel te lees.

338 8


Wat is jou gunsteling Bybelstorie? 39


9. Sterrekykers (Matteus 2:1-23)

Slim mans van ’n ver, ver land het op hulle kamele ’n blink ster gevolg. Hierdie ster het vir hulle vertel dat ’n spesiale koning in die wêreld gebore is. Die blink ster het die slim mans tot by Betlehem gebring. Daar het die ster doodstil bo ’n huis bly hang. Hulle het vir Jesus, God se seun, daar gekry. Maria en Josef was ook daar.

40


41


Die slim manne het die beste en mooiste geskenke van daardie tyd – wierook, mirre en goud – vir Jesus gegee. Daarna het hulle baie bly terug huis toe gegaan. Kom ons bid saam: Jesus, U is koning van die wêreld. Amen

442 2


Onthou om elke dag, nes die slim mans met hulle geskenke, jou beste vir Jesus te gee.

In watter dorp was Jesus gebore?

43


10. Jesus word gedoop (Matteus 3)

God het vir Johannes gebruik om die mense van Jesus te vertel. Hy het hulle ook vertel dat hulle God moes liefhê. Eendag het Johannes in die rivier gestaan en weer gepraat oor God se Spesiale Een wat sou kom.

44


Toe het Jesus daar by die rivier aangekom. Opgewonde het Johannes dadelik vir almal gesê dat Jesus God se Spesiale Een is! Jesus het tot by Johannes in die rivier gestap.

45


Net toe het God uit die hemel gepraat sodat almal dit kon hoor: “Dit is my Seun wat ek baie liefhet. Luister na Hom!” Kom ons bid saam: Jesus, ek wil altyd na U luister. Amen

God sê ook vir jou: “Jy is my kind en Ek is baie lief vir jou!”

Wat het Johannes met Jesus in die rivier gedoen? 446 6


47


11. Jesus en die duiwel (Matteus 4:1-11 en Lukas 4:1-13)

Op ’n keer het Jesus na die woestyn toe gegaan om alleen te wees. Die duiwel, wat altyd probeer om mense verkeerde dinge te laat doen, het na Jesus toe gegaan. Hy het probeer om Jesus ’n klomp slegte en verkeerde dinge te laat doen. Jesus wou glad nie na die duiwel luister nie. Jesus het vir hom gesê dat dit altyd beter is om na God te luister. Die duiwel het Jesus toe uitgelos, want hy het geweet dat Jesus baie groter, sterker en slimmer as hy is.

48


49


Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U baie sterker as die duiwel is. Amen

Jesus is altyd aan jou kant, daarom hoef jy nie vir die duiwel bang te wees nie.

Wat het die duiwel van Jesus geleer?

550 0


51


12. Jesus kies mense (Matteus 4:18-22 en Johannes 1:43-51)

Eendag het Petrus en sy broer, Andreas, visgevang. Jesus het toe na hulle gegaan. Jesus het vir hulle gesê: “Kom saam met My. Julle gaan My help om mense te leer om God lief te hê.” So het Jesus ook vir Filippus, wat in dieselfde dorp as Petrus en Andreas gebly het, raakgeloop en vir hom gesê: “Volg My.” Filippus het weer dadelik vir Natanael genooi om in sy span te wees. Hy het later twaalf mense in sy span gehad. Hierdie twaalf mense, wat vir Jesus oral gevolg het, noem ons sy dissipels.

52


53


Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat ek ook U dissipel is. Amen

’n Dissipel is iemand wat vir Jesus lief is, na Hom luister en graag ander mense help.

Hoeveel dissipels het Jesus gekies om in sy span te wees?

554 4


55


13. Jesus sorg vir ons (Matteus 6:25-34)

Jesus het op ’n baie mooi plek gesit en met sy dissipels en ’n klomp ander mense gepraat oor hoe kinders van God moet lewe. Toe Hy die voëltjies in die lug sien vlieg, het Jesus dadelik vir hulle gevra: “Sien julle die voëltjies wat hier bo ons vlieg?” Almal het opgekyk en hulle koppe geknik. “God, ons Vader, sorg vir hulle. Hy gee vir hulle kos om te eet. Onthou, God het julle, as sy kinders, nog baie meer lief. Daarom moet julle nooit bekommerd wees nie.

56


Hy sal vir julle alles gee wat julle nodig het.”

57


Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U altyd vir ons gee wat ons nodig het. Amen Dit is God wat so mooi vir die gras, blommetjies, bome en voëltjies sorg. Hy sorg ook vir jou.

58


Waarvoor wil jy vandag vir Jesus dankie sê?

59


14. Jesus is baie lief vir kinders (Markus 10:13-16)

Op ’n dag het ’n klomp mammas hulle kindertjies na Jesus toe gebring. Hulle wou gehad het dat Jesus hulle moes aanraak. Jesus se dissipels het met die mammas hieroor geraas. Maar Jesus het dadelik vir sy dissipels gesê dat hulle nie die kindertjies moes wegjaag nie. Hulle het mos teen dié tyd al geweet dat Hy baie lief vir kinders is.

60


61


Die kindertjies het toe almal na Jesus toe gehardloop. Hy het vir hulle drukkies gegee, hulle hare gevryf, sy hande op hulle koppe gesit en vir hulle vertel dat hulle baie spesiaal is. Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U ’n baie spesiale plek vir kinders in U hart het. Amen

Kinders, net soos jy, is baie spesiaal vir Jesus. Hy het jou baie lief.

62


Wat het Jesus gedoen toe die kindertjies na Hom toe gehardloop het?

63


15. Jesus se stories (Lukas: 10:25-37)

Jesus was ’n wonderlike storieverteller en het die volgende storie vertel: “Eendag het daar ’n man alleen op ’n gevaarlike pad geloop. Slegte mense het hom ingewag. Hulle het hom geslaan en al sy goed gesteel.

64


Daar het ’n priester verbygeloop, maar hy wou glad nie die man, wat baie seergekry het, help nie.

65


Toe loop iemand anders van die kerk ook daar verby sonder om hom te help. Uiteindelik het ’n goeie man gestop en hom gehelp. Hy het die man op sy donkie gelaai en hom na die naaste dorp toe geneem.”

Hoe kan jy ander mense help?

66


Kom ons bid saam: Jesus, help my om ander mense altyd te help. Amen Jesus wil hê ons moet mense help wat swaarkry.

67


16. Jesus is die goeie skaapwagter (Lukas 15:3-7 en Johannes 10:1-15)

Jesus het eenkeer gesê: “Ek is die goeie skaapwagter. ’n Goeie skaapwagter ken elkeen van sy skape se name. Die skape ken sy stem. As hy roep, kom die skape na hom toe.” Op ’n ander keer het Jesus hierdie mooi storie vertel: “Daar was ’n skaapwagter wat honderde skape gehad het.

68


Toe raak een van hulle weg. Hy het die ander skape net daar gelos en na die skaap wat weg was, gaan soek. Toe hy die skaap kry, was hy so bly!”

69


Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U altyd goed na my kyk. Amen

70


Jesus ken jou op jou naam.

Hoeveel skape is daar op bladsy 69?

71


17. Lasarus (Johannes 11:33-44)

Naby Jerusalem, in ’n baie klein dorpie, Betanie, het vriende van Jesus gebly – Marta, Maria en hulle broer, Lasarus.

72


Lasarus het baie siek geword. Hulle het vir Jesus daarvan laat weet. Maar Hy het te laat daar aangekom, want Lasarus was toe al vier dae dood. Jesus het gehuil toe Hy sien hoe hartseer Maria-hulle was, omdat hy ook vir Lasarus liefgehad het. Jesus het saam met hulle na sy graf toe gegaan, weer gehuil en toe gesê: “Lasarus kom uit!”

73


Lasarus het sowaar uit die graf gestap. Almal was baie bly om hom weer te sien. Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U my troos wanneer ek hartseer is. Amen

74


Hoeveel dae was Lasarus dood voor Jesus gekom het?

Jy mag maar huil wanneer jy hartseer is.

75


18. Jesus maak die storm stil (Markus 4:35-41)

Eendag was Jesus en die dissipels in ’n boot op die water. Jesus was baie moeg en het aan die slaap geraak. Skielik het daar ’n groot storm opgekom. Die see het rof geraak. Die dissipels was baie bang toe die groot branders teen die boot geslaan het. Hulle het vir Jesus wakker gemaak. Hy kon dadelik sien dat hulle baie bang was.

76


77


Jesus het die storm laat ophou en vir sy dissipels gesê: “Julle moenie bang wees nie, want Ek is mos hier by julle om julle te help.” Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U my altyd help wanneer ek bang is. Amen

Niemand is so sterk soos Jesus nie; selfs storms luister na Hom. Noem die dinge wat mense bang maak. Wanneer jy bang is, wat doen jy?

778 8


79


19. Bartimeus (Markus 10:46-52)

As jy blind is, kan jy niks sien nie. Bartimeus was blind. Al wat hy kon doen, vandat hy kon onthou, was om langs die straat te sit en bedel. Eendag het hy gehoor hoe Jesus aangestap kom en hy het hard geroep: “Jesus, help my, asseblief!” Die mense het hom probeer stilmaak, maar hy het net harder geskreeu. Jesus het na hom toe gestap en hom gehelp.

80


81


Blinde Bartimeus kon dadelik weer sien. Hy was so bly dat hy sommer verder saam met Jesus gegaan het. Wat is die naam van die blinde man vir wie Jesus gesond gemaak het?

882 2


Kom ons bid saam: Jesus, help die blindes sodat hulle kan weet dat U hulle baie lief het. Amen

Jesus genees vandag nog blinde mense.

83


20. Jesus loop op die water! (Markus 6:45-51)

Nadat Jesus die vissies en broodjies meer gemaak het, het Hy sy dissipels met die boot weggestuur. Jesus het toe ’n stil plek gaan soek om te bid. Die wind het baie sterk begin waai en die dissipels het swaar geroei. Skielik het Jesus op die rowwe see na hulle aangeloop gekom! Hy wou sy dissipels help.

84


85


Hulle het groot geskrik, want hulle het gedink dit is ’n spook! Jesus het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie. Dit is net Ek!” Toe Hy in die boot klim, het die wind ophou waai.

886 6

Wat het gebeur toe Jesus in die boot geklim het?


Kom ons bid saam: Jesus, U is altyd by my. Help my om nie bang te wees nie. Amen Jesus kan jou altyd help omdat Hy so groot en sterk is.

87


21. Jesus stap saam met twee vriende (Lukas 24:13-35) Twee vriende van Jesus het na hulle dorpie, Emmaus, gestap. Terwyl hulle so gesels het oor Jesus se dood, het Jesus skielik langs hulle gestap.

88


Hulle het Hom glad nie herken nie, seker omdat hulle so hartseer was oor wat die mense aan Jesus gedoen het. Jesus het met hulle oor die Bybel begin praat.

89


Hulle was amper by die huis en het besluit om Jesus vir ete te nooi. Toe Hy die brood breek, sien hulle dit is Jesus! Toe is Jesus weer weg. Hulle het dadelik teruggeloop na die dissipels en vir hulle vertel: “Jesus leef! Ons het Hom self gesien!”

Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat ek weet U leef, want die Bybel leer dit vir my. Amen Jesus het die dood oorwin.

90


Wat het die twee mans vir die ander dissipels vertel?

91


22. ’n Visvangstorie (Johannes 21:1-13)

Petrus en die ander dissipels het die hele nag in ’n boot probeer visvang en niks gekry nie. Toe hulle met ’n leë boot terugkom, het Jesus vir hulle op die strand gewag. Hulle het Hom nie herken nie.

92


Hy het vir hulle gesê: “Gooi julle nette weer uit!” Hulle het toe baie vis gevang. Johannes het geskreeu: “Dit is Jesus!” Petrus het dadelik in die see gespring om vinniger by die strand uit te kom.

93


Toe hulle op die strand kom, het Jesus klaar vir hulle ontbyt gemaak. Hy het vir hulle vis en brood gegee om te eet.

994 4

Wat het Petrus gedoen toe hy vir Jesus op die strand gesien het?


Kom ons bid saam: Jesus, U is ook vir my baie goed. Amen

Jesus weet altyd die beste.

95


23. Petrus, Johannes en die verlamde man (Handelinge 3:1-26)

Eendag het Petrus en Johannes ’n verlamde man gesien wat by die kerk gesit en bedel het. Hy het dadelik gevra of hulle nie iets vir hom wou gee nie. Petrus het vir hom gesê: “Kyk na ons.” Die man het na hulle gekyk, want hy het gehoop hulle gaan vir hom iets gee. “Geld het ek nie. Maar ek gee vir jou wat ek het. In die naam van Jesus, staan op en loop!” het Petrus gesê.

96


97


Die man het opgestaan, geloop en gespring! Ja, hy was so bly dat hy nie kon ophou om vir God dankie te sê nie.

Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U vandag nog mense gebruik om ander mense te help. Amen

98


Wat het die verlamde man vir God gesê nadat hy gesond gemaak is?

Kinders van God help altyd mense wat swaarkry.

99


24. Paulus (Handelinge 9:1-19)

Daar was ’n man met die naam Paulus. Hy was baie lelik met die mense wat vir Jesus liefgehad het. Hulle was bang vir Paulus. Oppad na ’n groot stad, Damaskus, het daar skielik ’n helder lig op Paulus geskyn. Dit het hom so bang gemaak dat hy op die grond neergeval het. Jesus het met Paulus begin praat en vir hom vertel dat hy nie meer so lelik met God se kinders moes wees nie. Van toe af het Paulus vir Jesus liefgehad en almal van Jesus vertel.

100


101


Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U mense wat lelike dinge doen, kan verander om vir U lief te wees. Amen Onthou om vir ander te vertel hoe wonderlik Jesus is.

102


Wat het Paulus gedoen nadat hy vir Jesus ontmoet het?

103


25. Jesus kom weer (Openbaring 21)

Jesus woon nou ook in ’n wonderlike plek wat ons die hemel noem, maar eendag gaan Hy terugkom. Hy self het dit belowe. Jesus hou altyd sy beloftes. Wanneer Hy terugkom, sal Hy alles op die aarde splinternuut maak. Dit gaan die mooiste plek ooit wees. Die vrugtebome gaan heeljaar vrugte dra. Ons sal almal baie gelukkig wees, want niemand gaan ooit weer hartseer wees nie. Dit is iets om na uit te sien.

104


105


Onthou dat as Jesus iets belowe, doen Hy dit.

106


Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U eendag alles splinternuut gaan maak. Amen

Hoe sal jy die hemel beskryf?

107


Gids vir ouers en versorgers Temperament

Elke kind is uniek – maar daar is sekere eienskappe, wat gemeenskaplik is aan alle mense, wat in vier temperamente verdeel kan word. Sommige kinders floreer in omstandighede waar daar definitiewe reëls, ’n bestendige roetine en verantwoordelikhede (roetine-kinders) is; ander verkies om in die oomblik te lewe en geniet dit om dinge te doen (aksie-kinders); dan is daar diegene wat daarvan hou om probleme op ’n kreatiewe manier op te los, selfs al beteken dit om dinge anders as op die bekende manier te doen (waarom-kinders) en laastens kinders wat volgens hulle verbeelding en waardes lewe (die verbeeldingryke, mensegeoriënteerde kinders). CMP boeke is ontwikkel sodat hulle elke temperamenttipe sal aantrek en stimuleer. Vir meer inligting oor die temperamente, besoek die CMP webwerf, www.christianmediapublishing.com

Ontwikkeling

CMP neem die verskillende ontwikkelingsfases van kinders in ag. Ons doel is om ouers en versorgers te help om kinders intellektueel en emosioneel te stimuleer sodat maksimum groei op hierdie gebiede verseker kan word. Vir meer inligting, besoek die CMP webwerf, www.christianmediapublishing.com

Geloofsvorming

Die vorming van kinders se geloof is deels uniek vir elke kind. Daar is egter ook algemene kenmerke van geloofsvorming wat vir die meeste kinders geld. Hoe word geloof by kinders gevorm? Daar is drie algemene maniere: • Ouers doen gereeld basiese dinge saam met hulle kinders: Bybellees, vertel van Bybel- en ander stories, bid en die aktiwiteite in hierdie boek. • Kinders vra self geloofsvrae. Neem hierdie vrae ernstig op en antwoord dit eerlik op kinders se verstaansvlak. • Kinders volg hulle versorgers se voorbeelde.

Emosionele Intelligensie

Ons ervaar emosies reeds lank voordat ons die taal aanleer om dit in woorde uit te druk. Daarom behoort kinders daarin gelei te word om dit wat hulle voel, in woorde uit te druk. Kyk na die prentjies wat by elke storie is en vra dan vir jou kind hoe voel die mense en diere in die prentjie. Op hierdie manier raak hulle bewus van hul eie emosies, maar ook die emosies van ander en skep ons ’n leergeleentheid waar hulle taal kan aanleer om hulself emosioneel uit te druk.

108


Leesvaardigheid

Wanneer jou kind begin lees, gaan ’n wonderlike wêreld oop. Geniet elke oomblik op hierdie reis saam met jou kind. Neem jou kind op jou skoot waar hy of sy gemaklik en veilig voel, blaai die boek van voor af oop, hou dan die boek voor julle albei oop, lees duidelik en met gevoel en laat jou kind met jou saam “kamma-lees”. Jy kan maar dieselfde stories oor en oor lees. Wys met jou vinger waar jy lees – so kan jou kind die verband begin maak tussen letters, woorde, klanke en betekenis. Moedig jou kind se eerste leespogings aan, al klink dit soos brabbeltaal.

Luistervaardigheid

Luister is ’n belangrike leer- en ontwikkelingsvaardigheid. Help jou kind om met aandag te luister en te verstaan wat hy of sy hoor, om sy of haar verbeelding te gebruik, om die storie of dele daarvan te onthou en om dit self weer te gee. Vra jou kind om die stories oor te vertel na aanleiding van die prentjies. Vra vrae oor en rondom die storie. Laat woorde weg uit ’n verhaal wat die kind ken en vra hom of haar om die woorde in te vul.

Woordeskat

Gebruik alle kanse om jou kind se woordeskat uit te brei. Dis ’n lewenslange geskenk. Begin met alledaagse voorwerpe en persone in die illustrasies. Wys na die illustrasie, sê die woord, maak ’n sinnetjie daarmee en sê die woord weer. Laat jou kind die woord herhaal. Kyk of jy dieselfde woord op ’n ander plek ook kan gebruik, byvoorbeeld “tent” in hierdie boek en weer by ’n kampeerplek.

Spraakvorming

Bou aan jou kind se woordeskat reg van die begin af – woorde is die boustene van spraak. Noem gedurig voorwerpe rondom jou, wys dit uit, maak seker dat jou kind na jou mond kyk en aan jou lippe en keel voel wanneer jy die woorde uitspreek. Soos jou kind ouer word, verhoog stelselmatig die ingewikkeldheidsgraad van die woorde terwyl jy jou kind se begrip daarvan verbreed. Moedig jou kind se eerste pogings om te praat aan. Help jou kind om die klanke en woorde uit te spreek. Op hierdie stadium is akkuraatheid nie so belangrik soos die probeerslag nie.

Syfervaardigheid

Dis uiters belangrik dat jou kind syfervaardig word en getalbegrip ontwikkel. Speel met eenvoudige somme, soos: “Hoeveel eendjies is daar in die prentjie? Twee eendjies kom by – hoeveel is daar nou? Drie vlieg weg ... ” (Wys op jou vingers.) Jou kind kan ook die vorm van syfers leer – knip groot syfers uit karton en laat hom of haar daarmee speel. Bou ’n getallelyn daarmee.

109


Kinde

s rs vier Jesu

© Alle regte voorbehou. Christian Media Publishing Posbus 3228, Matieland Poskantoor, Stellenbosch, 7602, Suid-Afrila www.christianmediapublishing.com Outeur: Ewald van Rensburg Illustrasies, Ontwerp en Uitleg: Lilani Brits Publikasie-projekbestuurder: Noeline N Neumann Reg No 2010/008573/07 Geen gedeelte van hierdie publikasie mag op enige manier gereproduseer word nie – elektronies of andersins – sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Eerste uitgawe, 2016 10 9 8 7 6 5 4 ISBN 978-1-920593-47-6

3



Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybel is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ’n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ’n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ’n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ’n vreugde-vervulde lewe te lei.

Gids vir ouers: Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige uiteensetting van die ikone blaai na bladsy 108.

Unieke temperament

Geloofsvorming

Woordeskat

Spraakvorming

Leesvaardigheid

Luistervaardigheid

Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • • •

Lees die Bybelstorie en gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind, sê die gebed saam met jou kind op.

Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.

s rs vier Jesu

Kinders vier Jesus

Ontwikkelingsfases

Kinde

ISBN: 978-1-92059-347-6

www.christianmediapublishing.com

Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.