BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Dood ná rit by stampkarbaan Waterberg is sopnat ná reën
5 14
Oud-inwoner sterf in tronk
2
®
R6.00
11 September 2015
Nagadder byt Juba-broer se kind (3) Jacobus Joubert (3) se hand nadat hy deur ’n nagadder gebyt is. Jacobus is na die Montanahospitaal in Pretoria geneem waar hy met ’n teengif behandel is. Hy is ontslaan en sterk tuis aan. Marlene Vermaak
Jacobus Joubert (3) is op Saterdag, 29 Augustus, deur hierdie nagadder (bo) in Polokwane gebyt. Jacobus is Adriaan van die Juba Broers se seun.
Adriaan Joubert, een van die bekende Juba Broers, se seun Jacobus (3) is op Saterdag, 29 Augustus, op hul plaas by Loubad deur ’n nagadder gebyt. “Die Juba Broers het ’n dubbelkajuitbakkie as borg van ’n onderneming in Polokwane ontvang en het ’n vertoning daar gereël vir die ontvangs van die bakkie,” het Joubert aan Die Pos gesê. “Ek was voor die vertoning besig om al ons elektroniese toerusting in die motor te laai. Ewe skielik het ek my seuntjie, Jacobus, wat op daardie stadium naby die motor was, vreeslik hoor huil. Ek het dadelik daarheen gehardloop omdat ek bang was dat hy dalk geval het.” “Ek het verskriklik groot geskrik toe ek vir Jacobus by die motor sien, want hy het ’n slang in sy hand gehad. Ek het dadelik besef dit is ’n
nagadder,” het Joubert gesê. “Ek het die slang weggeruk, maar het sekondes later besef dat ek die slang nodig gaan hê vir identifikasie en teengif, en het gehardloop om die slang te kry, dood te maak en in ’n krat te sit,” het Joubert verduidelik. “Jacobus het die slang vermoedelik langs die kombi gekry en dit opgetel om te ondersoek. Ek dink daar is ’n groot kans dat ek in my op-en-aflopery dalk verby die slang gestap het. Ek weet nagadders is maar lui, en die slang sou nie sommer weggeseil het nie,” het Joubert gesê. Joubert het sy twee dogters, Anika en Elrika, by sy broer Martiens (die ander lid van die Juba Broers) op die plaas gaan aflaai en daarna onmiddellik na die Montanahospitaal in Pretoria gery. “Ek weet gelukkig ’n paar goed van slange en slangbyte en het besef ’n mens moet die wond met hierdie soort gif eerder nie afbind nie. Dit is beter as die gif verdun en deur die
WEN!
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
hele lyf versprei as dat dit op een plek konsentreer,” het Joubert gesê. Joubert se vrou, Anri, was by Van Heerden Apteek op Bela-Bela waar sy werk. “Ek het vir Anri gebel en verduidelik wat gebeur het. Sy het sommer ook dadelik in haar eie motor gespring en ons by die Montana-hospitaal ontmoet,” het Joubert gesê. Jacobus is in die hospitaal se ongevalle-afdeling opgeneem en daarna na die pediatriese waakeenheid oorgeplaas. Omdat ’n pasiënt heeltemal stil gehou moet word tydens die toediening van teengif en antibiotika, is Jacobus vir ’n hele ruk onder verdowing gehou. Joubert het later die aand vinnig terug Polokwane toe gery en was steeds betyds vir die optrede en die ontvangs van die Juba Broers se nuwe bakkie. Jacobus is weer op Woensdag, 2 September, ontslaan en sterk nou tuis aan. Die wond moet daagliks dopgehou word vir infeksie. “Jacobus was op Maandag, 7 September, weer by die dokter. Die swelling het heelwat verminder, maar die vinger lyk nog baie sleg. Daar is heelwat weefselskade en die dokter het gesê dat ons dalk later veloorplantings moet oorweeg, maar dat dit nou nog te gou is om ’n besluit te neem en die omvang van die skade te bepaal,” het Joubert vertel. “Mense moet nou versigtig wees vir slange. Die meeste spesies is dié tyd van die jaar baie aktief,” het Joubert gewaarsku.
20
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER