TRADERS ®
R5.00
www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus
Dit gaan beter met Lulu
WE BUY & SELL DIE NEW & USED IT E IT KWAL FURNITURE P O O WINSK 15 SUTTER RD WINKEL! 014 - 736 2898
13 Julie 2012
Hartseer ná oud-Nylie se dood “Liewe seun en boeta, nou besef ons eers hoe groot jou seer moes wees. Ons sou dit so graag anders wou hê.”
Kleuter steeds in hospitaal ná brand
— MW se ouers en suster
BLADSY 2
Hande in hare oor koper Koperdiewe maai onder persele in Bosveld BLADSY 3
Hoe gaan dit werk? Talle vrae oor dorp se waardasierol
Danie Visser Inwoners van Modimolle was die afgelope week baie hartseer oor die tragiese dood van ’n gewilde oud-Nylie van die omgewing, mnr. Marthinus Wessel (MW) Pretorius (24). Volgens adjt.off. James Findlay, woordvoerder van die SAPD op Modimolle, het MW ongeveer 16:30 verlede Vrydagmiddag, 6 Julie, sy eie lewe geneem. Pretorius se ouers, mnr. Wessel en me. Tineke Pretorius, was in Switserland toe die tragedie hom afgespeel het. Familie het hulle met die nuus geskakel. Voordat die egpaar oorsee is, het hulle met ’n familielid gereël om gereeld vir MW te gaan kuier in die tyd wat hulle weg is. Mnr. André Pretorius en sy vrou, Anita, het gereeld vir MW gaan kuier by sy ouers se huis in Magasynstraat. Mnr. Wessel Pretorius het aan Die Pos gesê dat sy seun ’n depressielyer was en juis daarom het hulle familie gevra om gereeld by hom te gaan inloer. Vrydagmiddag het André en Anita gesukkel om vir MW telefonies in die hande te kry, en besluit om na die huis te ry. Hulle het opgemerk dat MW se bakkie in die inry staan, en ook dat die huis se deure oopstaan. Anita het op hom afgekom waar hy homself in die stort geskiet het. Hy het vier briewe agtergelaat. Elke briefie was vir iemand anders bedoel. Daar was een vir sy pa, Wessel, waarin hy dankie sê vir alles wat sy pa vir hom gedoen het en dat sy pa hom “leer boer het”. Daar was ook briewe vir sy ma, suster Michelle en sy neef Tiaan Bogaards. MW se ouers het die eerste vlug teruggekry MW Pretorius (24), oud-Nylie van Modimolle, wat op Vrydag, 6 Julie, sy eie lewe geneem het.
BLADSY 5
STAAL
P A L I S A D E S
STAAL
Suid-Afrika toe, en het op Dinsdag,10 Julie, in die land aangekom. “Hy was ’n ware boerseun,” het sy pa aan Die Pos gesê. MW het grootgeword op ’n plaas in die Loubadomgewing, waar hy homself lankal reeds begin uitleef het in die boerderybedryf. Hy was ’n oud-leerder van Laerskool én Hoërskool Nylstroom. Ná sy matriekjaar het hy sy droom gevolg om vir ’n jaar oorsee te gaan werk en meer van die wêreld te sien. Met sy terugkeer het hy verskeie los werkies begin doen. Volgens sy pa het hulle nie die laaste paar weke enigiets buitengewoons aan sy optrede gemerk nie. MW sal veral baie gemis word deur sy ouers, sy suster, Michelle, sy neef Tiaan Bogaards en sy boesemvriend mnr. Tielman Bosch. “Liewe seun en boeta, nou besef ons eers hoe groot jou seer moes wees. Ons sou dit so graag anders wou hê. Vir ons was jy die beste seun en broer. Jou tyd was regtig te kort en die einde het so skielik gekom. Ons eer jou nagedagtenis en dink in liefde aan jou,” het sy ouers en sussie ná die tragedie in ’n briefie geskryf. Die begrafnis vind op Vrydag, 13 Julie, om 11:00 vanuit die NG Kerk Waterberg plaas. Sonder behandeling kan depressie lewensbedreigend raak omdat selfmoordgevoelens kan ontstaan en toeneem. Dit is dus uiters belangrik om hulp te soek as iemand vermoed hulle is depressief. Effektiewe behandeling is beskikbaar en daar word gereken dat meer as 80% van mense wat hulp soek, verligting van simptome ervaar. Mense wat vir langer as twee weke depressief is, moet dringend ’n dokter of sielkundige kontak vir behandelingsopsies, of vir verwysings na professionele kundiges op die gebied van depressie. Mense wat selfmoord oorweeg of reeds beplan het om selfmoord te pleeg, skakel Lifeline se nasionale noodlyn by tel. 086 132 2322 of skakel ’n sielkundige in die omgewing. Vir meer inligting oor depressie besoek die webtuiste www.psychologyworx.co.za(.)
STAAL
S T Fabriek A NABOOMSPRUIT NYLSTROOM Tel : 014 743 3385 A Tel : 014 717 5541 Faks : 014 743 3385 / Faks : 014 717 4684 086 565 2480 Dawie : 072 698 3321 Hans van Rensburgstr 119 L Van Riebeeckstr 59 admin@biglnaboom.co.za V Besoek ons vir die beste pryse! E N Ons verskaf: • MIELIEMEEL • PALISSADE OMHEININGS S • MIELIE SEMELS • VENSTERRAME • KORING SEMELS T • DIEFWERING • GEEL MIELIES • DEURRAME • VEE-VOERE • VEILIGHEIDSHEKKE E • VOËLSADE • WELDING ACC R • HOENDERKOS • HEKMOTORS • HONDEKOS • VOLLE REEKS NUWE S STAAL EN SINK
GROOT VOORRAAD TEEN SAKPAS PRYSE!!! HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011
MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191
NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661
ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: www.diepos.com
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom