‘Vrygelaat’ vir R100 000
3
Klein Nylrivier stink
5
®
14 Julie 2017
R6.00
Die lugruim gaan brul
24
’n Paar bekendes van die kykNET-sepie, Getroud met Rugby, het Bela-Bela op Donderdag, 6 Julie, besoek. Die akteurs is ’n blaaskans van die filmstel gegun om vakansiegangers by ATKV Klein-Kariba met verskeie aktiwiteite te vermaak. Op die foto van links is David Louw (wat die rol van Simon Greeff vertolk), Sean van Noordwyk (Reitz Bekker in die program), Werner Coetzer (Blitz Vermeulen), Melissa Willering (Chrissie Bekker), Stephanie Baartman (Bibi) en Marijke van der Westhuizen (Maryke Baltramé). Foto: Andries van der Heyde
Bekende sakeman se familie treur ná tragiese skietongeluk met haelgeweer Andries van der Heyde ’n Sakeman van Bela-Bela wat ’n ervare skut en oud-polisieman was, is dood ná ’n skoot uit sy haelgeweer hom in ’n fratsongeluk getref het. Die 54-jarige Tiaan Oosthuizen en ’n werker wou op Woensdag, 5 Julie, ’n slang op Oosthuizen se kleinhoewe langs Marula Oase (voorheen Marula Mountain Village) van kant maak omdat die gesin onlangs hul honde verloor het as gevolg van slangbyte. Oosthuizen het glo met sy haelgeweer in die hand deur die draad geklim toe die skoot afgegaan het. Hy is op slag dood. Volgens Adolph Vosloo, sy aangenome seun, het sy pa in die 1980’s by die polisie op Bela-Bela gewerk, waarna hy na
Tiaan Oosthuizen (54), voormalige eienaar van die Marula Mountain Villagevakansieoord buite Bela-Bela, is dood ná ’n skietongeluk. Pretoria oorgeplaas is. Hy het daar as speurder in die presidensiële beskermingseenheid diens gedoen. Hy was glo ’n ervare skut wat altyd baie wapenveilig was. “My pa was altyd baie verantwoordelik met wapens,” het hy gesê. Volgens die polisie sal ’n nadoodse
ondersoek gedoen word. Tiaan en sy vrou, Riekie, het ’n skuldinvorderingsonderneming, Oosthuizen and Associates, in 1991 begin met takke in Pretoria, Johannesburg, Klerksdorp, die Suidkus, Botswana, Lesotho en Swaziland. Vosloo het gesê sy pa was gereeld in die buiteland vir sake. Die egpaar het Marula Mountain Village in 2003 gekoop en dié ontwikkeling twee jaar gelede verkoop. Hulle het steeds op ’n kleinhoewe langs die vakansieoord gewoon. Die egpaar is in 1991 getroud, waarna Oosthuizen Riekie se drie kinders as sy eie aangeneem het. Oosthuizen was ’n aktiewe gemeentelid by die Ou Apostoliese-gemeente op die dorp waar hy die amp van profeet beklee het.
Die familie beskryf hom as iemand wat tydens sy aardse lewe ’n leermeester, vaderfiguur, anker, saggeaarde en aardse mens was wat nooit bang was om sy hande vuil te maak nie. Hy het nooit sleg van ander gepraat nie, en sou enigiemand in nood bygestaan het en het gereeld as “familiesielkundige” opgetree, het hulle gesê. Oosthuizen se dankdiens vind op Saterdag, 15 Julie, om 12:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk in Quaggaweg op BelaBela plaas. Hy laat sy vrou Riekie agter, asook sy drie getroude kinders en hul eggenote — Adolph en Carla Vosloo, Felecia en Louis Lawrence, Denise en Hugo Durand en ’n dogter Pamela Duka Oosthuizen. Oosthuizen was ook die gelukkige oupa van agt kleinkinders.
8