Die Pos 15 Desember 2017

Page 1

Polisie lê beslag op sakke vol dwelms

2

Mense stroom na Modi se ‘liggiehuis’

5

Wat ’n groot gemors! ®

15 Desember 2017

R6.00

3

JC Earle en Rhuan Smith van Modimolle by een van die dorp se laagwaterbruggies wat weer verlede week verspoel het. Foto: Herman Steyn

Skade ná swaar reën; Die dam se vlak was ’n geskatte 33%, maar nie alles daarvan is bruikbaar nie

Ronél van Jaarsveld Inwoners van Modimolle het die afgelope twee weke se reën met ope arms verwelkom en hul reënmeters met valkoë dopgehou. Die Donkerpoortdam se opvangsgebied en gedeeltes stroomop het verlede week (tot Vrydag, 8 Desember) tussen 65 mm en

dam egter nog leeg

70 mm gemeet. Aan die onderkant van die dam en op die dorp, het sowat 95 mm reën geval, het DA-raadslid Sarna Groenewald gesê. Die dam se vlak was op Maandag, 11 Desember, ’n geskatte 33%, maar nie alles daarvan is bruikbaar nie as gevolg van slik. Volgens ’n verslag wat die munisipaliteit se tegniese departement van waterdienste aan Groenewald gestuur het, het die dam, wat

saam met water vanaf Magalies Water en verskeie boorgate die dorp van water voorsien, slegs water vir 110 dae oor. Die verslag lui ook dat die afgelope twee weke se reën slegs gehelp het om die daaglikse behoefte aan water, wat baie hoog is, te voorsien en om verdamping te verminder. Inwoners word aangemoedig om spaarsaam met water te werk. Verskeie strate en huise in Phagameng het

skade gely tydens die swaar reën wat op Dinsdag, 5 Desember (40 mm), en Woensdag, 6 Desember (62 mm), geval het. Die groot hoeveelheid reën wat binne ’n kort tyd geval het, het veroorsaak dat die rivier sy walle oorstroom en talle paaie was vir ’n kort ruk onbegaanbaar. Die stene van die strate in Phagameng wat onlangs geplavei is, is ook uit die pad gespoel.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.