Donker tye wag dalk vir twee dorpe Vyf verdagtes ontsnap uit selle
3 5
15 ®
15 September 2017
R6.00
Alles in oranje getooi
Plaasvrou dood
ná vroegoggend aanval
’n Bejaarde egpaar is op Woensdagoggend, 13 September, op hul plaas tussen Bela-Bela en Modimolle deur vier rowers oorval. Die Peterson-egpaar woon by TNT Trading op die R101-pad. Pattie Peterson (73) (foto heel regs) is in die maag gewond en op die toneel oorlede. Haar man, Cecil (83), is in die kakebeen geskiet terwyl hy in die huis op die aanvallers geskiet het. ’n Groot soektog na die vier verdagtes is van stapel gestuur. (Lees berig op bl.2.) Foto’s: Herman Steyn
Cecil Peterson het sy vrou glo kamer toe gesleep nadat sy gewond is. Hy het twee veiligheidshekke in die gang toegemaak en vanuit die gang op die rowers begin skiet totdat hy self in die kakebeen gewond is. ’n Werker het die polisie ontbied.
8