Die Pos 18 Oktober 2013

Page 1

G E L I S E N S I E Ë R D

KONTAK

(014) 717-4114 Nelson Mandela Rylaan, Nylstroom (Tussen Nyl Uitlate en Brent Oil)

®

www.buildersdiscount.co.za

R6.00

18 Oktober 2013

ONS SPESIALISEER IN: • Italiaanse geregte • Seekos geregte • Alle braai geregte • Oxtail • Pizza

diepos.linmedia.co.za

BESPREKINGS WORD

AANBEVEEL!

Inwoners van BelaBela het Red October-dag op Donderdag, 10 Oktober, gevier en ballonne die lug ingestuur.

Andries van der Heyde Red October-dag, wat vanjaar landwyd op Donderdag, 10 Oktober, gevier is, is gehou om mense te onthou wat weens geweld in Suid-Afrika gesterf het. Daar is veral gefokus op plaasmoorde, en om troos te bring vir mense wat geliefdes verloor het. Die grootste Red October-byeenkoms het by die Unie-gebou in Pretoria plaasgevind, waar sangers Steve Hofmeyr en Sunette Bridges die dag ook meegemaak het. Daar was volgens aanduidings meer as 5 000

Bejaarde erg aangerand

mense by dié byeenkoms. Mense regoor die land het ballonne die lug ingestuur tydens die verrigtinge. Elke rooi ballon het een slagoffer verteenwoordig. Op Bela-Bela het Marieta Zeelie ’n Red October-byeenkoms by Bosveld Gallery op die ou Warmbad-pad aangebied, waar belangstellendes en slagoffers van geweld byeengekom het. Hennie Horak van die Warmbad Buurtwag het die gaste toegespreek oor veiligheid. Hy het gesê dat mense vertroud moet raak met hul bure, hulle moet verdagte voorwerpe voor hul eiendom optel en weggooi en

3

inskakel by hul plaaslike buurtwag-stelsels. “Ons wil ’n veilige land vir onsself skep, maar in hierdie land gaan dit oor oorlewing,” het hy gesê. Johan Zeelie, wat ook betrokke was by die reël van die byeenkoms, het aan Die Pos gesê respek vir ander mense begin al by die manier hoe kinders grootgemaak word. Hy het gesê geweld raak alle rasse in Suid-Afrika. “Ons samelewing het baie siek geword. Ons soek die simptome wat gelei het tot die misdaad, maar ons soek nie na die oorsprong of oorsaak hoekom die persoon geweld gekies het nie,” het hy gesê. Pieter Ras van die Marula interkerklike

Dié dorp kry nuwe bome

5

groep het uit die Bybel voorgelees en mense bemoedig. Hy het gesê gelowiges moet “waak en bid”, soos wat die Bybel voorskryf. “Misdaad is nie nuut nie en ons sien dit raak erger en erger. Maar kyk op wanneer dit gebeur, want ons krag en veiligheid kom van die Here af. Ek moedig almal aan om nie net vir jouself te bid nie, maar vir ander se veiligheid en ook vir die hele Suid-Afrika,” het Ras gesê. Ná die verrigtinge het die mense 33 ballonne die lug ingestuur — een rooi ballon vir elke slagoffer wat volgens hulle die afgelope ruk in die Waterberg gesterf het weens geweld.

Húlle hou dorp veilig

8

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 18 Oktober 2013 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu