Die Pos 19 April 2013

Page 1

G E L I S E N S I E Ë R D

KONTAK

(014) 717-4114 Nelson Mandela Rylaan, Nylstroom (Tussen Nyl Uitlate en Brent Oil)

®

www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus

‘Monster’ weer in hof

R6.00

19 April 2013

diepos.linmedia.co.za

BLADSY 3

Al hoe meer inbrake Gebied om Laerskool Warmbad geteister BLADSY 4

Dooie dier was moontlik dragtig BLADSY 6

BESPREKINGS WORD

AANBEVEEL!

Ma sterf ná oueraand

Kotzé sê hy wou nie vir Ina seermaak

Ses ‘stropers’ gevang

ONS SPESIALISEER IN: • Italiaanse geregte • Seekos geregte • Alle braai geregte • Oxtail • Pizza

Die wrak van die voertuig waarin Mariana Mattheus van Bela-Bela dood is. Haar gr. 6-seun, De Wet, (inlasfoto), is in die hospitaal in Pretoria opgeneem. Die gemeenskap van Bela-Bela was dié week geskok en verslae ná ’n motorongeluk wat die lewe van ’n ma van drie seuns geëis het en een van Laerskool Warmbad se leerders in die hospitaal laat beland het. Mariana Mattheus en haar jongste seun, De Wet, ’n gr. 6-leerder, was Dinsdagaand, 16 April, op pad terug van ’n ouervergadering by die laerskool, toe haar Nissan X-trail reg van voor teen ’n sementlorrie met ’n sleepwa op die Thabazimbi-pad gebots het. Die Mattheus-gesin woon op dié pad. Die ongeluk het sowat 16 km buite die dorp gebeur. Mariana se man Dolf, was voorheen ’n apteker by Van Heerden Apteek op Bela-Bela, maar werk die

laaste paar jaar as apteker by MediPost in Pretoria. Volgens Pieter Raaths wat ook op dié pad woon, het hy die slag gehoor en kort daarna ’n oproep van Hannelie Roodt, wat ook op dié pad woon, gekry en is hy toe uit na die toneel. Raath het aan Die Pos gesê hy is só moedeloos oor die toestand van dié pad, dat hy al tot namens die Bela-Bela Belastingbetalersforum ’n brief aan die president geskryf het. “Die pad is uiters gevaarlik en is plek-plek slegs 5,2 m wyd weens kantbreke, pleks van die standaardwydte van 8,2 m vir dié tipe hoofpad.” ’n Baie emosionele Hennie Coetsee, hoof van Laerskool Warmbad, het aan Die Pos gesê die skool is

stomgeslaan oor die tragedie. Veral die personeellede wat nog by die oueraand met Mattheus gepraat het, is baie getraumatiseerd. “Sy was ’n ontsettende betrokke ouer. Geen taak was vir haar te groot nie. Sy was altyd bereid om die myl te stap vir haar kinders en vir die skool. Sy het alles met oorgawe aangepak. Sy en Dolf was altyd so dankbaar teenoor die personeel vir wat hulle vir hul kinders beteken. Sy was ’n geliefde ouer by die skool. Ons is stomgeslaan. Ons is stil.” De Wet se twee ouer boeties was ook in Laerskool Warmbad. Christiaan is tans ’n eerstejaar-student op Tukkies en Carl is in gr. 8 in Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria. Hy was verlede jaar hoofseun by Laerskool Warmbad. Dr. Meyer de Jonge was die aand aan diens en is dadelik in kennis gestel van die ongeluk. Sy vrou, René, en Mariana was beste vriendinne, en sy seun, Corné, en De Wet is ook saam in gr. 6 en van jongs af maats. De Jonge was só emosioneel dat hy by tye gesukkel het om te praat. “Dolf is stukkend,” het hy gesê. De Jonge het aan Die Pos gesê Mariana is op slag dood. De Wet is eers na die St Vincent’s-hospitaal op Bela-Bela geneem, maar is later die aand na die Muelmed-hospitaal in Pretoria oorgeplaas. Volgens De Jonge het De Wet heelwat snye en beserings aan sy kop en gesig, maar glo hy dat hy “oukei” sal wees. De Jonge was teen Woensdagoggend, 17 April, in Pretoria om die gesin by te staan en ook op hoogte te bly van De Wet se besoek aan ’n neurochirurg in die stad. René de Jonge, wat teen Woensdagoggend op pad terug was van Pretoria, het aan Die Pos gesê Mariana het altyd ’n aansteeklike vrolikheid en lewensvreugde gehad. Sy het die vermoë gehad om mense te bemoedig. “As sy haar kop op ’n ding gesit het, kon niks haar keer nie. Haar seuns was haar alles. Sy het altyd tyd vir hulle gehad. Sy was ’n opregte mens en altyd positief. Sy was baie lief vir lappies en het die mooiste kwilte gemaak. Sy het die lewe geleef en ’n wonderlike slag met kinders gehad, veral met die afvlerkies. Sy was ’n vriendin deur dik en dun.” Teen druktyd was begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie.

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom

HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

NABOOM: 076 035 9082 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.