Vrou ernstig ná ongeluk op grondpad
2
Slang spoeg sakeman in die oog
5
Waaier kap peuter (2) se vingertjies af ®
R6.00
19 September 2014
3
Brand eis Modimolle-boer
Frans Roos (74), bekende waatlemoenboer, is op dié plek dood nadat hy ’n veldbrand naby sy plaas probeer blus het. Foto: Herman Steyn
Denise van Bergen ’n Bekende waatlemoen- en beesboer van die Modimolle-omgewing, Frans Roos (74), is dood nadat ’n veldbrand naby sy plaas op Middelfontein (op die R101-pad tussen Modimolle en Mookgophong) begin het en hy vermoedelik probeer het om dit te blus. Sy seun, Bertus Roos, het aan Die Pos gesê dat hulle self nog nie seker is wat presies gebeur het nie. Hy sê daar is padwerkers van die departement van openbare werke wat besig is om aan dié pad te werk en lang grasse af te sny. “Die gras word op hope gepak, maar pleks
WEN! WEN! WEN!
daarvan dat hulle dit wegry, verbrand hulle dit. Dié vlamme het al voorheen oorgespring na ons plaas toe. Dit het die afgelope week kort-kort gebrand,” het Bertus gesê. Hy vertel dat hy en sy pa op die betrokke dag op die plaas besig was. Roos was glo op pad dorp toe, toe hy die rook gewaar het. Bertus sê sy pa het gery om te gaan kyk wat aangaan en vermoedelik toe probeer het om die brand te blus. Van die plaaswerkers het later vir Bertus gebel en gesê dat sy pa “seergekry” het en hy het hom na die toneel gehaas. Hy sê sy pa was alleen op die toneel. Hulle weet nie of hy geval het, en of hy deur die rook oorval is nie. Volgens Bertus het sy pa heelwat Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
brandwonde gehad, maar kon hy dit voor of ná sy dood opgedoen het. Hy sê dat hulle eers sal weet wat gebeur het ná die nadoodse ondersoek. Sy liggaam is glo op die plek gevind waar die veld reeds gebrand het, maar die polisie kon teen druktyd nog nie meer inligting verskaf nie. Boere van die omgewing vermoed dat die brand teen die teerpad by Middelfontein begin het, waar die padwerkers besig was. Mense het al van ongeveer 09:30 dié oggend op verskillende punte saamgekom om te help vuur slaan. Paul van Deventer, een van die talle vrywillige vuurslaners, sê daar het altesaam ongeveer 400-500 ha afgebrand. Ampie Abrie, ’n boer van die Jasper-
omgewing, het aan Die Pos gesê dat hulle die vorige dag (Maandag) al met veldbrande op Olifanstspoort gesukkel het, maar dat dit toe heeltemal geblus is. Hulle vermoed dat smeulende stukke moontlik weer deur die wind aangewakker is en die veld van voor af aan die brand geraak het, wat toe die Dinsdag saam met die brande by Middelfontein beveg moes word. Volgens Gerrit Ferreira, skakelbeampte van die brandvereniging op Modimolle, was Working on Fire se spanne heeldag besig en is die stryd uiteindelik teen laataand gewen. Ferreira sê hulle vermoed brandstigting en dat hulle beplan om ’n klag van die onwettige maak van oopvure teen die verantwoordelike partye te lê. Hy sê dat daar streng opgetree moet word teenoor mense wat nie die brandwette gehoorsaam nie — of dit nou boere of staatsdepartemente is. Roos was een van die pionier-waatlemoenboere van die omgewing en bekend en geliefd in die gemeenskap. Hy het ook vir jare met stoet-brahmaanbeeste geboer. Mense onthou hom as ’n harde werker wat lief was vir mense en sy Skepper. “Sy waatlemoene was die soetste in die land,” het nog ’n kennis oor hom gesê. Carel Koch, ’n plaaslike boer en jarelange vriend van Roos, het aan Die Pos vertel dat hy Roos in die laat 1980’s ontmoet het en baie respek vir hom en sy gesin gehad het. “Frans was ’n nederige en behulpsame mens wat altyd eerlike en opregte advies gegee het. Hy was veral baie lief vir sy beeste,” het hy aan Die Pos gesê. “Hy het net verlede jaar vir my gesê hy wil ophou met die waatlemoenboerdery en gaan rus, maar hy het toe in elk geval aangegaan daarmee. Hy het letterlik tot die einde toe gewerk, of soos die Engelse sê: he died with his boots on. Daar was nie aftrede vir hom nie. Hy het sy hart in alles gesit wat hy gedoen het.” Roos word oorleef deur sy vrou, Elize, drie seuns, Arrie, Frans en Bertus, drie skoondogters en vier kleinkinders. Daar was teen druktyd nog geen begrafnisreëlings nie. * Mense wat dalk meer inligting het oor hoe die brand ontstaan het, kan die ondersoekbeampte in die saak bel by tel. 073 4599 937.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER