®
www.buildersdiscount.co.za
R5.00
1 Februarie 2013
diepos.linmedia.co.za
Skuldig!
In hiérdié kantoor by die Kranskop-diensstasie naby Modimolle is petrol oor die 34-jarige Jaco Rossouw (inlasfoto) gegooi, en aan die brand gesteek.
3
Klippe in pad en onwettige betogings by myn
5
Kotzé se saak hervat in hooggeregshof
Ingrid Pepler Die petroljoggie wat in een van die mees opspraakwekkende moorde in die Waterberg se geskiedenis die bestuurder van die Kranskop-diensstasie met petrol aan die brand gesteek het, word aanstaande week gevonnis. Joseph Maphurumela (34) is vroeër vandeesmaand in die Modimollestreekhof deur streeklanddros Theuns Prinsloo skuldig bevind op aanklagte van moord en brandstigting. Die saak spruit uit ’n voorval op 6 Maart 2011 waarin die 34-jarige Jaco Rossouw (34), bestuurder en mede-eienaar van die Kranskopdiensstasie op die N1-hoofweg, noodlottige brandwonde opgedoen het. Rossouw, ’n pa van twee kleuters, was bekend vir die liefdadigheidswerk wat hy in die Waterberg-omgewing gedoen het. Volgens getuienis het Maphurumela die dag van die voorval laat by die werk opgedaag. Hy moes om sesuur vir diens aanmeld en het omstreeks nege-uur se kant met ’n geleentheid by die vulstasie opgedaag. Hy is daarna na Rossouw se kantoor om petrolgeld te vra. Rossouw het aan hom verduidelik dit is nie maatskappybeleid om werknemers se vervoergeld te betaal nie. Hy het toe die kantoor verlaat en het sowat ’n uur later teruggekeer. Rossouw het die veiligheidsdeur en sy kantoordeur van binne oopgemaak, waarna petrol oor hom, die mure en sy lessenaar uitgegooi en met ’n vuurhoutjie aan die brand
6
gesteek is. Iemand het kort daarna die kantoordeur oopgemaak waarna Rossouw hulp van omstanders gekry het. Hy het ernstige brandwonde aan veral sy kop, bolyf en bene opgedoen sowel as inwendige beserings, volgens getuienis. Rossouw is op die perseel behandel voordat hy per ambulans na BelaBela gebring is. Trompie Jonker, paramedikus van Tromar Ambulansdienste, en Hendrik Baloyi van die provinsiale ambulansdiens, het skouer-aan-skouer geveg om sy lewe te probeer red. Nadat Rossouw gestabiliseer is, is hy in ’n noodvlug per helikopter na Pretoria gebring waar hy in die waakeenheid van die Muelmed-hospitaal opgeneem is. Hy is later oorgeplaas na die Milpark-hospitaal in Johannesburg, waar hy drie weke later weens die erns van sy beserings beswyk het. Maphurumela is self onder polisiebewaking met ligte brandwonde in die hospitaal opgeneem. Almon Mohlala, ’n petroljoggie wat ook by die Kranskop-diensstasie gewerk het, het aanvanklik saam met Maphurumela tereg gestaan op aanklagte van moord, brandstigting en diefstal. Alle klagtes teen hom is egter teruggetrek. Pine Pienaar het vir die staat verskyn. Kapt. Pierre Nel is die ondersoekbeampte in die saak. Kol. Malesela Mogale, speurhoof van Modimolle, het vandeesweek aan Die Pos gesê dit was ’n hoë profiel saak en die ondersoekbeampte het uitstekende werk gedoen.
Bouer van talle historiese geboue sterf
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom
HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011
MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191
NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661
ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za