Die Pos 22 September 2017

Page 1

Chaos op snelweg ná trokongeluk

2

Woedende bye val gesin en diere aan

4

®

22 September 2017

R6.00

FOKUS- Braaivleis, BLAAIE sonskyn en samesyn

Kragreus gee uitstel Ronél van Jaarsveld Die Modimolle-Mookgophongmunisipaliteit het uitstel gekry tot Dinsdag, 26 September, om R20,7 miljoen aan Eskom te betaal. Van dié bedrag is reeds R4 miljoen oorbetaal, het die burgemeester, Marlene van Staden, gesê. Eskom het die munisipaliteit in kennis gestel dat hulle met die afsnyproses gaan begin indien die uitstaande bedrag nie teen die sperdatum betaal is nie. Die dorp se algehele uitstaande skuld aan die kragverskaffer beloop R201 miljoen.

Ons wil na maniere kyk hoe ons munisipaliteite kan bystaan. Dorpe sal skade ly weens politiekery. Inwoners het ontsteld gereageer nadat Die Pos verlede week berig het dat die dorp se kragtoevoer moontlik op spitstye afgesny gaan word. Een van die inwoners het gesê sy verstaan nie hoekom sy benadeel moet word omdat die munisipaliteit agterstallig is nie. Sy sê sy gebruik voorafbetaalde kaartjiekrag en skuld Eskom nie ’n sent nie. Volgens Morné Mostert, hoof van plaaslike regeringsake by AfriForum, raak die munisipaliteit ál verder agterstallig. In Desember verlede jaar was Modimolle R81

vir erfenis

Erfenisdag val vanjaar op Sondag, 24 September, en daarom is die daaropvolgende Maandag ook ’n vakansiedag. Dié dag staan ook in die volksmond as “Braaidag” bekend omdat duisende Suid-Afrikaners op dié dag ook die land se unieke braaikultuur vier. Wessel Swart, ’n gr. 5-leerder van Laerskool Nylstroom, het nie grootmense nodig om vir hom te sê hoe om 'n vuurtjie te pak en wanneer om die vleis om te draai nie. Foto: Herman Steyn miljoen aan Eskom verskuldig en Mookgophong meer as R94 miljoen — in totaal dus R175 miljoen. Eskom het begin om verskeie agterstallige munisipaliteite se kragtoevoer af te sny. Thabazimbi se kragtoevoer sou vanaf Donderdag, 21 September, onderbreek word, maar Eskom het op Saterdag, 17 September, aangekondig dat hulle met verskeie munisipaliteite nuwe afbetalingsooreenkomste aangegaan het en die ligte sal vir eers aanbly. Van die ander dorpe wat geraak word, is Lichtenburg, Schweizer-Reneke, Koster, Bloemhof en

Christiana. “Ons wil na maniere kyk hoe ons munisipaliteite kan bystaan,” het Mostert gesê. “Dorpe sal skade ly weens politiekery,” het hy gesê. Op Modimolle en Mookgophong is die politieke bestuurspan deur die DA, VF+ en EFF verkies. Hulle stamp egter dikwels koppe met die administratiewe bestuur wat steeds uit die vorige politieke era dateer. Mostert het verwys na groot ondernemings wat in Januarie sake teen Eskom aanhangig gemaak het om te probeer keer dat hul dorpe se kragtoevoer afgesny word. “’n

Hofdatum is bepaal en al die sake is saamgevoeg. As gevolg hiervan het baie van die maatskappye hul krag direk van Eskom af ontvang,” het hy gesê. “Ek dink die oplossing sal daarin lê dat meer mense krag kan verskaf en hul oorskot in die kragnetwerk (grid) terugsit,” het hy gesê. Volgens hom is AfriForum besig om vertoë by Eskom en die nasionale energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) in te dien. “Ons verstaan dat Eskom die uitstaande geld moet invorder, maar ons glo dat ander oplossings gevind kan word om dit te doen,” het hy gesê.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.