®
www.buildersdiscount.co.za
R6.00
23 Augustus 2013
— Beste plaaslike koerant
Stink storie
4
Dorp se riool-sage duur steeds voort
Misdaad styg
8
Al hoe meer huise geteiken
Waterberg wéér in
myn se visier “
Denise van Bergen
Matrieks spog meer foto’s op bladsy 28
diepos.linmedia.co.za
Nóg ’n aansoek om prospekteringregte vir yster, koper, chroom en nikkel, hierdie keer op die plase Rietfontein 194KR en Bakovenkrans 192 KR in die Heuningfonteingebied, hou ’n bedreiging vir die hele Waterberg-area, van Modimolle tot so ver as Lephalale en Botswana, in. Johan Bosch van die plaas Rietfontein, wat saam met Bakovenkrans aan die voet van die Waterberg lê, het na wat verneem word sowat drie weke gelede ’n brief van die betrokke maatskappy wat aansoek doen, Vharanani Mining (PTY) Ltd, ontvang. Hy het dadelik die saak met Chris Wagner, voorsitter van die Waterberg-bewaringsforum, opgeneem. ’n Vergadering is summier gereël om grondeienaars in dié omgewing, asook die omliggende gemeenskap,
”
Hoe vinniger ons hierop reageer, hoe beter is ons kans om dit te keer. bymekaar te roep om die aansoek dringend teen te staan. Ongeveer 50 mense het die vergadering op Donderdagoggend, 15 Augustus, bygewoon. Bosch het uitgewys dat die hele Waterbergarea geraak sal word, en nie net hulle wat binne die gespesifiseerde area val nie, en daarom behoort almal saam te staan om daarteen te veg vir die bewaring van “ons berg”. “Hoe vinniger ons hierop reageer, hoe beter is ons kans om dit te keer. Die grondeienaars kan egter nie alleen baklei nie,” het hy gesê. Instansies soos die bewaringsforum, al ses die betrokke plaaslike munisipaliteite en ander rolspelers in omgewingsbewaring, asook die gemeenskap moet volgens hom betrek word. Hy het verder gesê dat daar ’n kanaal geskep moet word sodat indien ander grondeienaars hulself dalk eendag in soortgelyke situasies bevind, daar ook vir hulle ondersteuning beskikbaar is. Volgens Wagner is hierdie die vyfde mynaansoek in die suidelike deel van die Waterberg, en sal dit waarskynlik nie die laaste wees nie. “Mynbou sal altyd ’n bedreiging vir die Waterberg inhou,” het hy gesê. Die nadele van
só ’n prospektering in hierdie gebied is uitgelig, soos die verlies van water en skoon lug. Ander bedreigings wat dit mag inhou is veldbrande en die stelselmatige vertering van die berg. Volgens hom loop Vaalwater die risiko om hul hoofbron van water in die proses te verloor, sou hierdie aansoek goedgekeur word. “Munisipaliteite moet help keer dat hierdie aansoek aanvaar word, want hoewel dit beperkte werkgeleenthede mag skep, sal dorpe geen water meer hê nie,” het Wagner bygevoeg. ’n Plaaslike geoloog van Vaalwater, Richard Wadley, het gesê dat daar al telkens voorheen toetse gedoen is en daar bewys is dat spoelklippe in die Waterberg geen of baie min minerale waarde het. Volgens hom is daar ook nie steenkool nie, omdat die berg en klippe te oud is. Hierdie bewyse sal gebruik word om die eienaars en gemeenskap se besware teen die aansoek te versterk. Daar is verder besluit om ’n komitee te stig, wat die besware kan bestuur en kommunikasiekanale tussen almal betrokke oop te kan hou. Bosch is as voorsitter verkies om hierdie komitee te lei.
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom