BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Wat ’n vieslike spul!
2
Kind in sop oor daggakoekies
3
Soos visse in die water
32
®
R6.00
25 September 2015
Veldbrand
rig groot skade aan
Daniel du Preez (21) wat byna verbrand het tydens ’n veldbrand op Donderdag, 17 September op Kolobe Ranch buite Vaalwater, met die rugsakspuit wat hy aangehad het.
Die praghuis van Simon du Toit wat op Kolobe Ranch net buite Vaalwater afgebrand het. Marlene Vermaak ’n Veldbrand het op Donderdag, 17 September, groot verwoesting op Vaalwater gesaai. Die brand het omtrent 75% van die plaas Kolobe Ranch buite Vaalwater verwoes, asook die byna voltooide grasdakhuis van die plaaseienaar, Simon du Toit. Minstens
WEN! 22 Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
nog vier plase is deur die brand geraak en hektare gras het afgebrand. “Ek het amper verbrand,” het Daniël du Preez, ’n werker op Kolobe Ranch, aan Die Pos gesê. “Ons was besig om die vuur by die varkhokke met rugsakwaterspuite te probeer blus, toe die wind gedraai en die vuur my heeltemal omsingel het,” het Du Preez vertel. “Toe ek omdraai en besef dat die gras nou reg rondom my brand, het ek
5 CD’s vir 5 gelukkige lesers Meer op bl.
10
Die Pos op Facebook en Twitter. Web: diepos.linmedia.co.za
groot geskrik. My hemp was gelukkig papnat, maar my hande en gesig was in die vlamme nadat ek deur die vuur na veiligheid probeer hardloop het.” ’n Plaaswerker het Du Preez dadelik begin natspuit en saam het hulle die vlamme op Du Preez vinnig geblus. Du Preez se rugsakspuit het ook brandskade opgedoen. “My hande en gesig het blase gehad en was baie rooi en styf geswel, maar dit was
darem nie te erg nie. Ek kon dit sommer self by die huis versorg. Maar ek het baie groot geskrik en besef nou hoe gevaarlik so iets kan wees,” het Du Preez gesê. “Ek dink Du Preez was verskriklik gelukkig om so lig daarvan af te kom. Ons het baie groot geskrik toe hy by die huis aankom,” het Martie Grobbelaar, vriendin van die plaasbestuurder, Braam Pretorius, gesê. Die watertoevoer na die personeelbehuising, chalets en lodge is ook tydens die brand beskadig en die span probeer steeds om alles te herstel. Die byna voltooide woning van Du Toit, wat in Gauteng woon, het vermoedelik kort ná die voorval aan die brand geraak en het in ’n baie kort tydjie in ’n bol vlamme verdwyn. Op Maandag, 21 September, was daar steeds stompe van groot bome rondom die huis wat gesmeul het. Kolobe Ranch het selfsorgeenhede en bied huisvesting aan jagters, sowel as toeriste. Volgens Pretorius sal hulle gou weer normaalweg kan voortgaan met die onderneming.