BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Interhoërkoors Lees binne ®
Chaos 26 Februarie 2016
R6.00
Polisie kry dwelms in parkie
5
Twee babas sterf in ongeluk
6
op Modimolle
Modimolle se rustige atmosfeer was dié week aan skerwe ná twee groot betogings die dorp lamgelê het. Inwoners van Phagameng het hul tot die strate gewend in ’n poging om die munisipaliteit te dwing om water aan al die uitbreidings te verskaf. Sommige dele is reeds vier maande lank sonder water. Inwoners eis ook die bedanking van Meisie Lekalakala, burgemeester. Die eerste betoging het op Vrydag, 19 Februarie, plaasgevind. Die tweede betoging op Dinsdag, 23 Februarie, het handuit geruk en meer as ’n honderd polisiebeamptes het op die skare losgebrand met rubberkoeëls en skokgranate. Altesame 88 mense is in hegtenis geneem.
Foto’s: Herman Steyn
Lees die berigte op bladsy 2 en 3 vir die volledige prentjie.
WEN!
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
12
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER