Eskom sny dalk drie dorpe se krag
3
Reuseslang seil tussen grafte rond
4
Upgrades to start at Vaalwater ®
26 Mei 2017
R6.00
3
Motorryer tref beampte ’n Motorryer het ’n gesondheids- en veiligheidsbeampte op Bela-Bela raakgery toe die motorryer glo die stopen-ry-beheerborde verontagsaam het. Op die foto is Andy Gill van APAambulansdienste besig om die beampte op die toneel te behandel. Foto: Herman Steyn
Andries van der Heyde ’n Jong gesondheids- en veiligheidsbeampte is op Woensdagaand, 17 Mei, op die hoek van Swanepoelstraat en Rooibergweg op Bela-Bela deur ’n motorryer raakgery wat glo ’n stopteken by padwerke verontagsaam het.
Die slagoffer wou anoniem bly. ’n Kontrakteur van die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap (Sanral) is die afgelope twee weke besig om die padoppervlak van die verkeersirkel tot by Swanepoelstraat te herstel. Stop-en-ry-beheerborde is opgerig om verkeer met ’n ompad deur Oosthuizenstraat te herlei, maar volgens ’n Sanral-verteen-
woordiger, wat ook anoniem wou bly, ervaar die kontrakteur dat motorryers baie ongeduldig agter die stuur is. Op die aand van die ongeluk is ’n ander motorryer, wat ’n noodgeval gehad het, glo deurgelaat toe die bestuurder van die bakkie wat die beampte getref het, sy kans gesien, deurgery en die jong man getref het. Risimati Ntekele, hoof van tegniese diens-
te by die Bela-Bela-munisipaliteit, het by navraag gesê die motorryer het die beampte só hard getref dat hy etlike meter deur die lug getrek en neergeval het. Volgens die Sanral-verteenwoordiger was al die verkeersborde op en die motorryer sou slegs sowat 3 minute moes wag voordat hy weer kon ry. APA-ambulansdienste het die beampte op die toneel behandel en na die Warmbadhospitaal geneem. Hy is reeds ontslaan, maar het erge beserings aan sy been opgedoen, het die verteenwoordiger gesê. Sers. Hester van Zyl, polisiewoordvoerder op die dorp, het by navraag gesê ’n ongeluksverslag is geopen, maar daar is tot dusver geen klagte gelê nie. Sanral het egter aan Die Pos gesê dat hulle die saak nie daar gaan laat nie. Volgens Ntekele is mense in die omgewing baie ongeduldig wanneer daar padwerke aan die gang is. “Dit is verregaande dat mense oor die toestand van die paaie kla, maar wanneer iemand of die munisipaliteit daaraan werk en stop-en-ry-beheerborde oprig, het mense skielik geen geduld nie. ’n Man het nou seergekry. Dit werk nie so nie,” het Ntekele gesê. Die padprojek word deur Sanral gefinansier en sou teen Woensdag, 24 Mei, voltooi wees.