Die Pos 27 Julie 2012

Page 1

®

R5.00

www.buildersdiscount.co.za

27 Julie 2012

Groot hartseer ná gru-ongeluk Leerder van Laerskool Vaalwater sterf in botsing Twee mans en ’n seun van Vaalwater is op slag dood en ’n ander seun beseer in dié gru-motorongeluk wat net buite Vaalwater plaasgevind het. Die oorledenes was só vas in die wrak dat hulp ingeroep moes word om die liggame uit wrak verwyder te kry.

Francien Zaayman Laerskool Vaalwater en die gemeenskap is in rou gedompel ná ’n gru-motorongeluk wat die lewe van een van hul leerders geëis het. Die motorongeluk het om ongeveer 20:50 op Vrydag, 20 Julie, op die deurpad tussen Lephalale en Vaalwater, net buite Vaalwater, gebeur. ’n Swaarvoertuig wat op pad terug vanaf Lephalale was en ’n Ford Ranger-bakkie wat vanuit die dorp gekom het, het mekaar reg van voor getref. Tydens die botsing het die dubbelkajuitbakkie waarin daar vier insittendes was, twee volwasse mans en twee seuns, onder die swaarvoertuig beland. Die twee volwasse mans, mnre. Ian Meadon en Jaco Berninie van Springs is op slag dood. Een van die seuns, Tristan Meadon (10) van Laerskool Vaalwater, is ook op slag dood. Die ander seun, José Berninie, het nog ’n polsslag gehad. Die deur aan José se kant moes afgeskeur word sodat die noodhulpmense hom kon bereik. Ná ’n groot gesukkel is hy later uit die wrak verwyder en kon mediese hulp aan hom verleen word. Hy is per ambulans na die Montana-hospitaal in Pretoria geneem. Die res van die oorledenes was só vas in die wrak dat hulp ingeroep moes word om die liggame uit die wrak verwyder te kry. Die bestuurder van die swaarvoertuig kon nêrens op die toneel gevind word nie. Daar word vermoed dat hy weggehardloop het. Teen druktyd was José se toestand stabiel en was hy nog in die hospitaal in ’n koma. Hy het bloeding op die brein opgedoen en ’n ribbebeen het deur sy long gesteek. José se pa, wat in die ongeluk oorlede is, laat ’n vrou en twee stiefdogters agter. Mnr. Ian Meadon laat ’n vrou, en drie kinders agter. Tristan was die enigste kind van mnr. Gideon Thiart en me. Monica Meadon.

Tristan Meadon, ’n gr.5-leerder van Laerskool Vaalwater, het die afgelope naweek in ’n gru-ongeluk buite Vaalwater gesterf.

DIESEL

? Drums & Dye

TEL: (014) 717-5552

2kg IQF Beef Grillers

27 July - 3 Aug 2012

SPECIALS HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

Gevriesde skaapnek

2280 2600 5040

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

KG

Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom

KG

NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.