Die Pos 27 Maart 2013

Page 1

®

www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus

AB trou

R6.00

28 Maart 2013

diepos.linmedia.co.za

Ongeluk eis oud-Warrie

BL. 2

Bergh en Bam Bosveldse glanspaar wys hulle gee om BLADSY 3

Groot pret by die dam Olimpiese swemmer kom wys ook lyf BLADSY 40

Die wrak van die motorfiets waarmee Dries Grobler, oud-Warrie, verongeluk het. In die agtergrond is die voertuig waarteen hy gebots het. Andries van der Heyde Dries Grobler (22), ’n bekende en gewilde oud-Warrie, is in die vroeë oggendure van Donderdag, 21 Maart, in ’n botsing op die Alma-pad buite Bela-Bela dood. Hy was die seun van Bertus en Martie Grobler van BelaBela. Die ongeluk het ongeveer 02:00 die oggend gebeur. Na wat Die Pos verneem het ’n groep jongmense dié aand eers by die plaaslike kuierplek, Mango, gekuier en toe besluit om die kuier voort te sit by die groot boom buite die

dorp op dié pad, waar baie jongmense gaan sodra die dorp se kuierplekke hul deure sluit. Dries het soontoe gery op sy BMW 650-motorfiets en was glo heel eerste by die boom. Omdat daar niemand anders was nie, het hy blykbaar besluit om om te draai en te gaan kyk hoekom sy vriende so draai. Sy motorfiets het egter op die heuwel voor die dorp teen ’n vriend van hom se bakkie gebots. Die ambulansdienste van LifeMed was baie gou op die toneel nadat hulle ontbied is, maar Grobler se lewe kon nie gered word nie. Hy is op die toneel dood verklaar nadat hy

veelvuldige hoofbeserings opgedoen het. Die bestuurder van die voertuig en sy passasier het geringe beserings opgedoen. Volgens ao. Glen Manamela, polisiewoordvoerder op Bela-Bela, is die bestuurder van die bakkie in hegtenis geneem op aanklagte van dronkbestuur en ’n saak van strafbare manslag is geopen. “Daar is niks vir jongmense om te doen op die dorp behalwe om in kuierplekke rond te hang nie,” het Dries se pa, Bertus, aan Die Pos gesê. “Hy was ’n wonderlike seun. Die gemeenskap was baie lief vir hom...die ongeluk maak nie vir my sin nie.” Dries was voorheen in ’n motorfietsongeluk. Hy het herstel van sy beserings, maar kon nie verder rugby speel vir Hoërskool Warmbad nie. Hy het egter steeds by elke byeenkoms sy kant gebring en gebraai vir sy span. Dries het ná skool by sy pa se onderneming, Grobbies Scrapyard, aangesluit. Mense sal hom onthou as die een op wie almal kon staatmaak. Almal het hom geken, het sy geliefdes aan Die Pos gesê. Die gesin wil baie dankie sê vir al die ondersteuning die afgelope ruk deur bemoedigende SMS’e, e-posse, deur Facebook, besoeke, ’n drukkie, oproepe, blomme en eetgoed. Die Grobler-gesin waardeer dit opreg. Dries is op Woensdag, 27 Maart, vanuit die NG-Wes kerk op Bela-Bela begrawe. Van die kommentaar wat van sy vriende dié week op sy Facebook-blad geskryf het, lui: Johan Fourie: Hy was en sal ’n vriend bly. Sy vriendskap het vir almal so baie beteken. Ons gaan jou mis, Driesie! Claudia Harrington: Ek het nie woorde nie. Ons harte is so seer. Ons het nog oor so baie dinge gepraat wat ons nog wou doen. Daar is ’n gat in ons harte. Leon, oom Bertus en tannie Mart, ons is altyd daar vir julle. Stephan Botha: Baie sterkte vir jul gesin en ek hoop jy rus in vrede, Dries my ou maat. Tot ons weer sien.

DIESEL

? Tenderised Steak

TEL: (014) 717-5552 28 Mar - 5 Apr 2013

SPECIALS HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

Drums & Dye

95 KG

64

Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

08

25

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

Nylstroom

KG NABOOM: 083 654 5820/(014) 736 2723 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.