Kommer oor wrede plaasaanvalle
2
Nóg ’n inwoner neem eie lewe
5
Hansies skitter op afskeid
22
®
29 September 2017
R6.00
Inwoners van Bela-Bela het Saterdag, 23 September, toegekyk hoe een van die dorp se bekendste supermarkte, BelaBela SuperSpar, in puin gelê word deur ’n brand. Die brand het vermoedelik teen ongeveer 02:00 uitgebreek. Hoewel talle mense opgedaag het om te probeer help, moes hulle magteloos toekyk hoe brandweermanne sukkel om die regte koppelings vir hul pype te kry en daarna ook ervaar dat die dorp se waterpype leeg is. Eers toe nooddienswerkers van die Tshwane-munisipaliteit teen dagbreek op die toneel aankom, is die vlamme onder beheer gebring, maar dit was toe reeds te laat om die winkel te red. Lees ook berig op bl. 3. Foto’s: Niel Swart
8