Die Pos 4 Augustus 2017

Page 1

Bela-Bela’s MM steps down

2

Vermeende rowers loop hul rieme styf

6

Fokus op Vrouedag

13

®

4 Augustus 2017

R6.00

Die ou polisiekantien, ’n gebou wat agter die polisiekantore op Modimolle staan, het in die slag gebly nadat dit aan die brand geraak het. Vier laerskoolkinders wou glo skelm rook, maar ’n brand het ontstaan. Op die inlas is van die uitgebrande items op die toneel. Foto’s: Herman Steyn

veroorsaak glo brand Die vier sondebokke (tussen 11 en 13 jaar) het glo laat spaander toe die vlamme handuit ruk Ronél van Jaarsveld Die rookwolke was groter as wat vier jong rokertjies voor gehoop het toe ’n stoorkamer waaragter hulle glo skelm wou opsteek die naweek vlamgevat het. Die drie seuns en ’n meisie van Modimolle tussen die ouderdomme van 11 en 13 jaar word ná die petalje van brandstigting aangekla.

Die polisie het net voor 12:00 op Saterdagmiddag, 29 Julie, benoude oproepe van inwoners ontvang dat die jare-oue polisiekantien wat op ’n erf agter die polisiekantore geleë is, aan die brand is. Dié vervalle gebou is die afgelope ruk slegs as ’n stoorkamer vir papierwerk gebruik, het ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie gesê. Sers. Ciska Fourie was gou op die toneel

en het die brandweer ontbied terwyl van die offisiere die vlamme met ’n tuinslang probeer blus het. Die vier sondebokke het glo laat spaander toe die vlamme handuit ruk, maar is deur ’n inwoner gesien wat hulle aan die polisie uitgewys het. Die vier laerskoolkinders is op Maandag, 31 Julie, aangekla van brandstigting en het op Dinsdag, 1 Augustus, in die hof verskyn. Hulle is in hul ouers se sorg vrygelaat.

“In gevalle soos dié, afhangende van die hof se besluit, word kinders gestuur om ’n afwentelingsprogram te voltooi. ’n Maatskaplike werker sal dan ’n verslag lewer wat aandui of die kinders ’n gevaar vir die samelewing is of nie. In baie gevalle sal hulle dan nie ’n kriminele rekord kry nie,” het Findlay gesê. Enigeen wat nog inligting oor die voorval het, kan vir Fourie, die ondersoekbeampte, bel by tel. 082 927 7756.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.