®
www.buildersdiscount.co.za
R6.00
4 Oktober 2013
diepos.linmedia.co.za
— Beste plaaslike koerant
Dorpsdam is DOLLEEG! Denise van Bergen
Modimolle se dorpsdam is vir die eerste keer in baie jare feitlik leeg nadat die dam se sluise oopgemaak is om vuil water te dreineer. Foto: Herman Steyn
Wapens in veld gevind
2
Kinders glo in winkel verkrag
3
Modimolle se dorpsdam is vir die eerste keer in baie jare feitlik leeg. Hoewel die watervlak deur die jare al gevaarlik laag gedaal het weens min reën, is dit vir baie inwoners die eerste keer dat hulle die dam se bodem plek-plek kan sien. Dit volg nadat die munisipaliteit se gesondheidsdepartement glo opdrag gegee het om die sluise oop te maak om die dam leeg te tap. Munisipale werkers is op Woensdag, 18 September, by die dam gesien terwyl hulle besig was om dit te doen. Volgens munisipale woordvoerder, Patrick Shika, is dié besluit geneem omdat die dam se water glo ’n gesondheidsrisiko vir inwoners begin inhou het as gevolg van al die vuil water wat die afgelope tyd daarin gespoel het. Dat dit ook ’n vullishoop vir verbygaande voetgangers en toeriste wat langs die dam sit en piekniek hou geword het, is duidelik wanneer ’n mens sien hoeveel rommel op die bodem agtergebly het. “Kinders swem soms in die dam en baie mense vang nog daar vis. Die gehalte van die water was nie meer veilig nie, daarom is die sluise oopgemaak sodat die dam weer met vars water opgevul kan word deur reën. Daar is mense aangestel om die bodem en die meeste van die riete en plantegroei om en in die dam skoon te maak,” het Shika aan Die Pos gesê. Inwoners hou nou duime vas dat daar eersdaags voldoende reën sal val om die dam weer op te vul.
Oupa maak matriekrok
5
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom