Die Pos 7 Julie 2017

Page 1

Wat ’n stink storie op Mookgophong!

2

Nuwe naam is toe nié Modiphong

3

Gewese Warrieonnie sterf ®

7 Julie 2017

R6.00

Ronél van Jaarsveld

Dié trekker wat glo by ’n boer in die Delmas-omgewing gesteel is, is teruggevind nadat hy die hulp van ’n privaat speurder ingespan het. Twee van die boer se trekkers is teruggevind en nog drie vermoedelik gesteelde trekkers is op ’n plaas buite Modimolle gevind.

Die koper het die trekkers na bewering vir R300 000 elk gekoop, hoewel dit tweedehands sowat R1,5 miljoen elk werd is.

’n Inwoner van Modimolle is in die warm water nadat drie gesteelde trekkers glo deur ’n privaat speurder en lede van die polisie se voertuigdiefstaleenheid op sy grond gevind is. Hy word volgens die polisie ook verbind met die diefstal van nóg twee peperduur trekkers. Hoewel sy naam aan Die Pos bekend is, mag hy eers geïdentifiseer word nadat hy in hegtenis geneem is. Die Pos het verneem dat ’n boer van die Delmas-omgewing ’n privaat speurder se hulp ingeroep het nadat twee John Deere 6930trekkers op Dinsdag, 6 Junie, by hom gesteel is. Die waarde van elke trekker is glo ver oor R1 miljoen. Die privaat speurder het inligting ontvang dat die trekkers moontlik op ’n plaas op die Driefonteinpad buite Modimolle is. Die privaat speurder, saam met die polisie se voertuigdiefstaleenheid, het die plaas gaan deursoek. Die eienaar was nie daar nie. Hoewel twee trekkers gevind is, was dit egter nie dié waarna hulle gesoek het nie. Volgens ’n bron na aan die ondersoek, wat anoniem wil bly, het die span inligting ontvang dat die man grond in die omgewing huur. Hulle is daarheen en het ’n rooi Casetrekker gevind, wat ook nie was waarna hulle

8

gesoek het nie. Hulle het die trekker se besonderhede getoets en gevind dat dit vermoedelik gesteel is. Die speurders is terug na die trekkers op die Driefonteinplaas en volgens die polisie se stelsel is dié John Deere- en Landini-trekkers ook as gesteel aangemeld in Ogies in Mpumalanga en Villiers in die Vrystaat. Die polisie het op al drie trekkers beslag gelê. ’n Soektog na die eienaar van die plaas is gelas, maar hy kon nie onmiddellik opgespoor word nie. ’n Bron het aan Die Pos gesê hulle verwag dat hy homself dié week aan die polisie sou oorhandig. Volgens Barend Pienaar, voorsitter van die gemeenskappolisiëringsforum (GPF), het hul groepe foto’s van die vermiste trekkers versprei en gevra dat enigeen wat inligting het, hulle moet kontak. ’n Beloning is aangebied. ’n Boer van die Settlers/ Codrington-omgewing het hulle geskakel en gesê dat die trekkers by hom staan en dat hy dit onlangs gekoop het. Die polisie het beslag gelê op die twee trekkers en dit aan hul regmatige eienaar terugbesorg. Nog iemand na aan die ondersoek het gesê dat die koper die trekkers na bewering vir R300 000 elk gekoop het, hoewel dit tweedehands sowat R1,5 miljoen elk werd is. Volgens ao. James Findlay, woordvoerder van die polisie, wil hulle nie op dié stadium van die ondersoek kommentaar lewer nie.

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 7 Julie 2017 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu