Die Pos 8 Desember 2017

Page 1

Twee raadslede op een dag in hof

2

Twee vas ná kastige huiskopers toeslaan

5

Skelms doen reeds ‘Kersinkope’

2

®

8 Desember 2017

R6.00

Die Warmbadmarathonklub se beoogde Kerswedloop, wat op Dinsdag, 5 Desember, op die Almapad buite Bela-Bela gehou sou word, moes uitgestel word. Deelnemers was egter nie té teleurgesteld nie, want die deurdringende reën wat oor groot dele van die omgewing uitgesak het, was uiters welkom. Dié paar bittereinders het nogtans besluit om die bergpaaie om die dorp aan te durf. Die wedloop, waarin deelnemers in Kersklere en –kleure getooi moet wees, is uitgestel na Donderdag, 7 Desember, om 17:15. Foto: Herman Steyn

Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee Ronél van Jaarsveld Die Modimolle-Mookgopong-munisipaliteit het op Dinsdag, 5 Desember, ’n vuurwarm vergadering gehad. Die warmste punt op die agenda was ’n verslag van die munisipaliteit se ouditkomitee oor die hantering van geldsake. Verteenwoordigers van die ouditeurgeneraal het ook die raadsvergadering bygewoon. Fikile Modau, voorsitter van die komitee, se terugvoer oor die prestasie-ouditverslag van die eerste kwartaal was glad nie goed nie. Daar is onder meer bevind dat interne

kontroles swak is, bankrekonsiliasies nie betyds gedoen word nie en dat daar groot hoeveelhede items is wat nie gerekonsilieer is nie. Dit kan, volgens die komitee, lei tot wanadministrasie. “Die raad moet bestuurders verantwoordelik hou,” het Modau gesê. Die komitee het ook hul kommer oor die munisipaliteit se kontantvloei, die laat betaling van salarisse en die impak wat die staking op Mookgophong op invordering van skuld het, uitgespreek. “Dié probleme kan tot gevolg hê dat die nasionale tesourie die munisipaliteit se billike toedelingtoelae weerhou,” het sy gewaarsku. Sy het gesê dat bestuurders in vakante sleutelposte so spoedig moontlik aangestel word.

Een van die munisipaliteit se tekortkominge is glo dat finansiële verslae nie kwartaalliks voorgelê word nie. Die raad is ook ingelig dat die finansiële inligting wat aan die komitee beskikbaar gestel is, van swak kwaliteit was. Dit het aan die lig gekom dat die portefeuljekomitee vir finansies sewe maande gelede byeengekom het. Nonini Monepya, EFF-raadslid, het die blaam daarvoor voor die deur van amptenare gelê wat glo nie opdaag vir vergaderings nie. Ander raadslede het dié probleem beaam. Van die vergaderings kan volgens hulle nie voortgaan nie omdat dié amptenare inligting oor sekere kwessies moet verskaf.

Die laaste item op die agenda was vrae wat DA-raadslid Johann Abrie aan die raad gerig het betreffende munisipale toelaes wat van die regering ontvang is en die stand van die raad se waterrekening by Magalies Water. Die EFF se raadslede het gesê dat hulle nie die vrae vooraf ontvang het nie en uit protes die vergadering verlaat het. Hulle is gevolg deur die ANC se raadslede. Die vrae is glo die vorige dag ingedien. Die speaker, Dingaan Motswhene, en munisipale bestuurder, OP Sebola, het onderneem dat die vrae, sowel as antwoorde daarop, ingesluit sal word by die agenda van die volgende vergadering in 2018.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 8 Desember 2017 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu