Die Pos 8 Februarie 2013

Page 1

TRADERS www.buildersdiscount.co.za

R5.00

8 Februarie 2013

WE BUY & SELL DIE IT NEW & USED KWALITE FURNITURE P 1003 KRETZCHMARLAAN WINSKOO (oorkant NTK) WINKEL! 014 - 736 2898

diepos.linmedia.co.za

Kotzé-saak wéér uitgestel Ingrid Pepler Johan Kotzé, die sogenaamde “Modimollemonster”’, was vandeesweek met handboeie aan sy medebeskuldigdes vasgeketting toe hy in die hooggeregshof in Pretoria verskyn het. Die boeie is nie tydens die kort hofverrigtinge verwyder nie. Kotzé is van die Grootfontein-gevangenis naby Bloemfontein vir die hofverrigtinge na Pretoria gebring. Sedert sy vorige hofverskyning in November verlede jaar is hy vir ’n tweede ronde psigiatriese en sielkundige toetse by Grootfontein aangehou. Die staat beweer Kotzé en sy medebeskuldigdes het sy 19-jarige stiefseun, Conrad Bonnette, verlede jaar op 3 Januarie vermoor en sy vervreemde vrou Ina Bonnette ontvoer, verkrag, seksueel aangerand en probeer vermoor. Luidens die lywige klagstaat is die gru-aanval deur Kotzé georkestreer. Kotzé en Bonnette is intussen geskei. Regter Bert Bam het op Maandag, 4 Februarie, die saak tot Maandag, 15 April uitgestel. Hy het gesê verskeie faktore het ’n rol in die uitstel gespeel. Een daarvan is die feit dat Kotzé se regsverteenwoordiger, adv. Bernard Bantjes, betrokke is by die Boeremagverhoor wat ook tans in die hooggeregshof aan die gang is. Hy het beveel dat Kotzé weer in die Grootvlei-tronk vir verdere psigiatriese en sielkundige evaluering aangehou moet word. Kotzé se drie medebeskuldigdes, Andries Sithole (42), Pieta Mohlane (23) en Sello Frans Mphaka (29) van Makapanstad word steeds in Pretoria aangehou. Bam het aan die regsverteenwoordigers gesê hy wil dit baie duidelik maak dat alle partye moet sorg dat hulle op 15 April om 09:00 die oggend gereed is om voort te gaan met die verhoor sodat die saak dan binne ’n week of twee afgehandel kan word. Ina Bonnette, versekeringsmakelaar van Modimolle en die hoofgetuie in die opsienbarende

Johan Kotzé vandeesweek in die hooggeregshof in Pretoria saam met Andries Sithole, die tweede beskuldigde in die Kotzé-verhoor. Kotzé was vandeesweek met handboeie aan sy medebeskuldigdes vasgeketting toe hy in die hooggeregshof in Pretoria verskyn het. Foto: Herman Steyn

verhoor, het vroeër getuig hoe Kotzé haar gemartel het voordat hy die ander drie mans beveel het om haar te verkrag. Volgens getuienis was sy op ’n bed in sy huis vasgebind en moes sy hoor hoe haar seun Conrad gesmeek het vir sy lewe voordat Kotzé hom in die kop, hart en knie geskiet het. Die trane het geloop toe sy getuig het hoe sy haar seun se lyk in die kamer langsaan gekry het nadat sy bevry is. Bam het met die aanvang van die hofsaak in

November verlede jaar geweier om die verdediging se versoek toe te staan om die saak uit te stel sodat Kotzé ’n tweede keer geëvalueer kon word en het beveel dat die saak moet aangaan. Bantjes, wat namens Kotzé verskyn, het toe vir die hof gesê Kotzé bevraagteken die verslag van drie psigiaters by die Weskoppies-psigiatriese hospitaal in Pretoria wat almal bevind het dat hy sy verhoor kan staan. Hy het die hof meegedeel dat die kwessie oor Kotzé se toerekeningsvatbaarheid in geskil ge-

STAAL

P A L I S A D E S

STAAL

plaas sal word op patologiese en nie-patologiese gronde. Nadat Kotzé toe geweier het om te pleit op die aanklagte het die hof ’n pleit van onskuldig namens hom aangeteken. Hy het aangevoer hy is nie toerekeningsvatbaar nie en sy vermoë om die hofprosedure te volg is in gedrang. Sy medebeskuldigdes het almal skuld ontken op al die aanklagte. Hulle beweer Kotzé het hulle gedwing om Bonnette aan te val.

STAAL

S T Fabriek A NYLSTROOM NABOOMSPRUIT Tel : 014 717 5541 Tel & Faks : 014 743 3385 A Faks : 014 717 4684 Hans van Rensburgstr 119 Dawie : 072 698 3321 biglnaboom@telkomsa.net L Van Riebeeckstr 59 V Besoek ons vir die beste pryse! E N Ons verskaf: • MIELIEMEEL • PALISADE OMHEININGS S • MIELIE SEMELS • VENSTERRAME • KORING SEMELS T • DIEFWERING • GEEL MIELIES • DEURRAME • VEE-VOERE • VEILIGHEIDSHEKKE E • VOËLSADE • WELDING ACC R • HOENDERKOS • HEKMOTORS • HONDEKOS • VOLLE REEKS NUWE S STAAL EN SINK

GROOT VOORRAAD TEEN SAKPAS PRYSE!!! HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.