Die Pos 9 Junie 2017

Page 1

Dorpe se ligte bly (vir eers) aan

2

Kontrak bekyk ná geld glo verdwyn

7

Bekende van Modimolle sterf ná siekte

5

®

9 Junie 2017

R6.00

Vernielde leeus se tweede lewe kortgeknip

Die stropers het die twee diere se velle afgeslag, hulle onthoof en hul pote en sterte afgesny. Twee personeellede van Emoya Big Cat Sanctuary vertroos mekaar nadat hulle op die oorblyfsels van twee van die leeus wat uit haglike omstandighede uit sirkusse in SuidAmerika gered is, afgekom het.

José en sy goeie maat Liso lê rustig in hul kamp by die Emoya-reservaat. Foto’s: Facebook/Animal Defenders International

Zani Hiepner en Ronél van Jaarsveld ’n Lewe van vryheid en leeuwees was net vir ’n kort tyd vir twee vernielde sirkusleeus van Suid-Amerika beskore nadat stropers vandeesweek op ’n Vaalwater-reservaat toegeslaan het. Die Pos het verlede jaar berig oor 33 sirkusleeus wat uit haglike omstandighede bevry is. Altesame 24 van die leeus is uit Peru en nege Columbië gered. Hulle is op die Emoya Big Cat Sanctuary buite Vaalwater hervestig. Twee van dié diere is vermoedelik op Sondagnag, 4 Junie, deur stropers afgemaai, ten spyte van die reservaat se 24-uur veiligheidsmaatreëls en gewapende wagte. Die eienaars het Maandagoggend op die leeus se oorblyfsels afgekom. Die twee mannetjies, Liso en José, is in Peru uit die sorg van ’n sirkus verwyder. Die twee was glo hegte maats en het sedert hul hervestiging op 1 Mei verlede jaar ’n kamp op Emoya gedeel. Dié hervestigingsprojek van die 33 leeus is gesien as die grootste hervestiging per lug van diere wat ooit onderneem is. Die stropers, wat die veiligheidsmaatreëls gepypkan het, het volgens die polisie die twee diere se velle afgeslag, hulle onthoof en hul pote en sterte afgesny. Konst. Monate Mamabolo van die polisie se provinsiale kommunikasie-eenheid het gesê die ondersoek oor die manier waarop die diere doodgemaak is, duur nog voort. Hy kon nie bevestig of hulle eers vergiftig is nie. Die pad na herstel sedert die leeus se

hervestiging was moeilike vir Savannah Heuser, stigter en mede-eienaar van Emoya en haar span vrywilligers. Sy het die skuiling in 2012 op 16-jarige ouderdom die lig laat sien. Die leeus se toestand met hul aankoms was beroerd. “Al die katte se naels was uitgetrek en hulle het erge gesigskade opgedoen in hul tyd in die sirkusse. Dit het erge artritis, blindheid en selfs breinskade in van die diere veroorsaak,” het sy vroeër aan Die Pos vertel. Die reservaat het elke dier ondersoek en daagliks indiviuele behandeling gegee. Deel hiervan was die toedien van ’n natuurlike antibiotika vir die artritis en daaglikse aanvullings om hul bene weer te versterk. Die pad na vryheid was lank, maar by Emoya het die diere ’n stukkie Bosveldparadys gevind om in af te tree, het sy gesê. “Die verskriklike slagting onder die wild van Suid-Afrika en die res van Afrika bereik onrusbarende vlakke. Stropers raak al hoe waaghalsiger en elke wildskuiling, -reservaat en natuurpark het ’n teiken geword,” het ’n hartseer Heuser, gesê. “Dit is tyd dat mense wêreldwyd saamstaan teen die handel in wilde diere.” Ondersoekers en forensiese kenners is genader om die skuiling vir enige leidrade te deursoek. Heuser en haar span hoop dat die skuldiges binnekort aan die pen sal ry. Die reservaat se veiligheid is opgeskerp. * Minunette Heuser en haar dogter Savannah het ondersteuners op Facebook gewaarsku teen slenters wat mense laat glo hulle skenk geld vir bedreigde diere.

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.