kykNET Buite-Ekspo 2013

Page 1

Ekspo

Verlede jaar se ekspo was ’n reuse-sukses. Hiérdié naweek beloof om mense van hul voete af te slaan.

Mbizi en kykNET vol verrassings Hiéedié naweek skop die kykNET Buite Ekspo net buite Bela-Bela af. Die ekspo vind plaas vanaf 20 tot 22 September by Mbizi Lodge, sowat 8 km buite Bela-Bela op die Thabazimbi-pad. Verlede jaar se ekspo was ’n reuse-sukses met ’n bywoningsyfer van 17 500 besoekers. Die hooffokus van die ekspo is om die publiek bekend te stel aan die nuutste kampering- en buitelewe produkte tans beskikbaar in Suid Afrika, deur die bykans 200 uitstallers te besoek, wat hul produkte uitstal op ’n baie unieke manier. Daarmee saam beloof die aktiwiteite om vanjaar net so opwindend te wees met talle buitelugaktiwiteite wat op die gesin gefokus sal wees. LA Sport 4WD Challenge Club bied vanjaar weer asemrowende 4x4-vertonings op Saterdag aan en die publiek het Sondag die geleentheid om saam met hulle te ry. André de Villiers van Safari 4x4-roetes en N1 4x4 Pretoria sal die publiek vermaak met 4x4- en tydrenritte. Powered Flight bied uiters bekostigbare helikopterritte aan vir diegene wat net die pragtige Bosveld uit die lug wil beskou en ook instruksievlugte vir die meer avontuurlustiges onder ons. Camel Friends sal besoekers vermaak met kameelritte. B-well Canola-olie is die hoofborg van die B-well Buite Braaikoning-kompetisie wat deur Sarel Loots van Kokkedoor-faam aangebied sal word tesame met 4 Villa Rosa-akteurs wat saamspan met vier gelukkige Groot FM-luisteraars. Vanjaar word ’n splinternuwe konsep ook by die ekspo geloods naamlik die Pannekoek-uitdaging, waar Groot FM -

aanbieders saam met die SleepTVaanbieders en tannie Poppie van Kokkedoor sal kyk wie die meeste perfekte pannekoeke kan bak met 2 l deeg. Groot FM- luisteraars word ook hierby betrek en dit beloof om groot pret te wees. Met SleepTV se tweede reeks wat binnekort op kykNET afskop sal die twee aanbieders hiervan saam met Campworld ’n Kampkaskenades aanbied waar lede van die publiek sal kan meeding teen mekaar om te kyk wie ’n woonwatent die vinnigste kan opslaan. Nog ’n nuwe item is die aanbieding van ’n Jy is my Liefling-konsert met Machiel Roets, Nadia Beukes, Liza Brönner en Ilana van Wyk. Treffers van Liefling die Movie en FAK-liedjies word op ’n nostalgiese en baie moderne aanslag aangebied en dis ’n lekker sing-saam konsert. Vir die dames is daar vanjaar ’n spesiale tent met spesifieke uitstallers wat fokus op damesprodukte asook ’n Plaaskombuis waar tee, koffie en lekkernye bedien sal word. Daar sal hope kindervermaak wees, aangebied deur Kansa Waterberg, Just 4 Fun tesame met KooWee van kykNET. Kansa stel ook ’n splinternuwe projek bekend wat landwyd geloods sal word — Een Miljoen Hande vir Kansa. Die gedagte is om teen Wêreld Kankerdag volgende jaar een miljoen handjie-plakkers te verkoop as

fondsinsameling. Olof Bergh-brandewyn bring ’n verskeidenheid kunstenaars na die ekspo wat Juba, Amoré, Joe F, Anel Botha, Juan Boucher, Riaan Grobler en Armand Hofmeyr insluit. Vanjaar is Groot FM ook op ’n “groot” manier betrokke by die ekspo met twee buite-uitsendings van direk van terrein af en hulle sien ook om na die seremoniemeester-take in die kykNETbinnekring. Die bekende ds. Jan de Wet lei Sondagoggend die kerkdiens. Moenie vergeet van die bykans 22 kosstalletjies nie, wat net die beste sal voorsit om die honger te stil. Castle en Olof Bergh bied ook ’n volledige kroeg aan om die dors te les. Na ’n lang dag tussen die uitstallers, kan gaste hul voete op sit met lekker kos van hul keuse en ietsie koels terwyl hulle luister na die Olof Bergh-kunstenaars. Kampering by Mbizi Lodge is reeds vol bespreek, maar daar kan steeds by die omliggende oorde navraag gedoen word vir verblyf via die LekkeSlaapskakel by www.ekspo.co.za. Volg die akkommodasie-skakel. Vermy die ry en koop dagbesoekerkaartjies aanlyn by About Ticketz by www.ekspo.co.za of by die hekke teen R65 per volwassene en R35 vir kinders van vier tot 18. Kinders jonger as vier kan gratis ingaan. Vrydag is toegang ’n bietjie goedkoper en daar is ’n spesiale naweekpakket van R140 per volwassene en R75 vir kinders van vier tot 18.

Sarel Loots van ‘Kokkedoor’ faam sal jou mond laat water saam met B-well se Buite Braaikoning-kompetisie.

Besoek die webwerf by www.ekspo.co.za vir meer inligting of skakel Jacquelene Gossmann (uitstallers) by 082 201 6722 of Marius Opperman (media, bemarking, borge en skakelwerk) by 082 570 5758


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.