Leefstyl 6 September 2013

Page 1

Lushof deur water te spaar Bladsy III

Koningskos uit die dieptes

Bladsy IV

Bladsy II

Lewe gesond hiérdié lente Bladsy II

Potte gee diepte aan tuin


Bladsy II

DIE POS/THE POST 6 September, 2013

LEEFSTYL / LIFESTYLE

Potte in 'n tuin kan hoogte en diepte gee Marlene Vermaak ié tyd van die jaar begin die grasperke vir die eerste keer weer behoorlik groei. Die skielike groenigheid maak mens sommer weer lus om te begin woel en werskaf in die tuin. Ds. Albert Berg van die Gereformeerde

D

groeiende tuinpot-produksie op die been gebring. Nege soorte potte, wat wissel van 1.8 meter tot 45 cm in hoogte, word tans geproduseer. Bankies, tafels en “stepping stones” word ook gemaak. Berg het ’n liefde vir tuinmaak ontwikkel as jong seun. Sy ma het baie van tuinmaak gehou, en hy was maar net te gewillig om haar te help.

diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za

Bring alien and invader plants under control Marlene Vermaak The Waterberg Nature Conservancy has recently published a set of ten information sheets about some of the most important alien and invader plants that occur in the Waterberg district. According to the conservancy there are many plants that could be considered to be alien or invasive in this region, but a selection was made of those few which are considered to be the most critical according to the opinions of several leading conservationists in the Waterberg. Currently, the series comprises ten sheets, covering a total of 20 alien and invasive species. Other species may be added to the series, as the need arises. The purpose of the information sheets is to provide, in each case, sufficient illustration and description to enable the reader to identify the unwanted species concerned; provide reasons why the species have been judged undesirable, and give recommendations on how to go about removing or controlling the plant, by physical, chemical or biological means. The notes are based on information obtained from several fully referenced sources. The objective is to provide the reader with a

summary of the most critical information on a single page, without the need for further reading or research. Data on the herbicides registered for application to each of the species covered in the series of sheets are drawn principally from a new publication called, Problem Plant Control Compendium, compiled by Kathy van Zyl in 2012 and published by AVCASA. Copies of this extremely useful publication may be purchased (together with a CDROM) from AVCASA at PO Box 1995, Halfway House 1685, e-mail: info@croplife.co.za, for R120 inclusive of VAT and postage. Readers are cautioned that the use of herbicides is strictly regulated by the Fertilisers, Farm Feeds, Agricultural Remedies and Stock Remedies Act, 1947 (Act No. 36 of 1947). It is hoped that these information sheets will prove useful to concerned members of the community in ridding our beautiful Waterberg of its most invasive alien plants. An Afrikaans edition of the sheets is in preparation and will be available shortly. The sheets may be downloaded free of charge from the conservancy’s website at www.waterbergnatureconservancy.org.za(.)

Tien wenke om die lente gesonder te begin Ds. Albert Berg van die Gereformeerde Kerk op Vaalwater maak deesdae die allermooiste tuinpotte.

Kerk op Vaalwater het onlangs sementvorms by ’n lidmaat van die kerk gekry en besluit om ’n paar potte vir sy eie en die kerk se tuin te maak. “Dit was glad nie so moeilik as wat ek aanvanklik gedink het nie. Ek het ook baie navrae van die gemeentelede en ander mense uit die publiek oor die potte begin kry,” het Berg aan Die Pos gesê. Berg het nie op hom laat wag nie, en ’n

Volgens verskeie inwoners van Vaalwater het Berg ’n reuse-talent om ’n mooi tuin uit te lê, en het hy ook ’n oog om ’n spesiale hoekie in ’n tuin te kan skep. Berg vertel dat ’n pot, “stepping stones” of ’n tafel en bankie gebruik kan word om hoogte en diepte aan ’n tuin te gee. “Ongeverfde potte gee mens vryheid om self kreatief te wees, en die gepaste kleur vir ’n tuin aan te bring,” sê Berg.

Die aanbreek van lente is vir baie ’n reusekopseer. Verbode vetrolletjies om die middel word maklik onder ’n jas of loshangende trui versteek, maar sodra die lente kom, is dié voorreg verby. Die Pos het by Vaalwater se eie fiksheid- en gesondheid-ghoeroe, Hanlee van der Walt, gaan inloer. Die Pos het by haar gaan kers opsteek oor hoe om ’n mens se lyf reg te kry vir lente. Van der Walt bied al vir baie jare oefeningklasse op Vaalwater aan. Van der Walt het ’n paar maklike wenke verskaf: • Moenie dink dat elke dieet gaan werk nie — elke persoon se lyf verskil.

• Moenie onrealistiese doelwitte binne onrealistiese tydperke stel nie. Die belangrikste is om nie moed te verloor en dan op te hou nie. • Moet nooit sê daar is nie tyd nie. Indien ’n persoon regtig gewig wil verloor, sal daar tyd gemaak word. Uit die 168 ure in ’n week, kan ’n persoon bekostig om vier ure aan gesondheid af te staan. Klasse by ’n professionele persoon kan net voordelig wees. • Alle kossoorte tel. Elke stukkie kos wat ingeneem word, tel — al is dit net ’n neut. • Moenie gesonde kos met ruim porsies verwar nie. Hou matigheid voor oë — ’n persoon se maag kan ook net soveel hanteer. • Vermy negatiewe denke. Positiewe denk laat ’n persoon goed voel — moenie die invloed van denke onderskat nie. • Moenie oefentyd oorskat nie. Om die motor te parkeer, aan te trek en geselsies te maak, is nie deel van ’n oefenprogram nie — 60 minute se oefen, beteken 60 minute se oefen. • Vermy selfbelonings met lekkerny. ’n Pakkie skyfies of ’n blikkie gaskoeldrank ná ’n oefensessie beteken dat die oefeninge ’n mors van tyd was. • Hou op om maksimum resultate vir minimum insette te verwag — hoe meer ’n persoon insit, hoe meer kry ’n persoon terug. • Onkunde is nie ’n verskoning nie. Vra raad oor diëte, oefeninge en gewigsverlies. Doen selfnavorsing op die internet of in tydskrifte. Sowat 90% van ons land se stede en dorpe het dieetkundiges en oefeninstrukteurs. Volgens Van der Walt is haar goue reël vir elke dag: “Elke sekonde van die dag — kop op, skouers terug, maag en boude ingetrek.” Lesers kan Hanlee vir meer inligting bel by tel. 083 251 4802.


diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za

LEEFSTYL / LIFESTYLE

DIE POS/THE POST

6 September, 2013

Bladsy III

’n Tuin waar water bespaar word ’n Grasperk kan moeite wees, en vir dié wat nie ’n grassnyer wil rondstoot nie, kan ’n plaveisel ’n mooi prentjie maak.

Hannie Burchell van Bela-Bela het haar tuin omskep sodat dit minder werk vir haar sal inhou, en ook water sal bespaar.

Andries van der Heyde Tuinmakers se moed sak gewoonlik in hul skoene sodra ’n dorp waterprobleme ondervind. Hannie Burchell van Bela-Bela is iemand wat ’n plan gemaak het om seker te maak haar tuin pas by haar leefstyl, en by haar beursie. Met die hulp van haar behulpsame buurvrou, Joey Janse van Rensburg, het Burchell haar tuin omskep sodat dit kan aanpas by alle seisoene. Eerste het hulle al die onnodige bome en plante wat te veel water gebruik, uit die tuin gehaal. Hulle het plaveisel-stene in een deel van die tuin in verskillende patrone gelê sodat dit mooi lei na ’n tuinbankie met ’n staal-boog wat bo-oor die bankie geplant is. In die boog het Burchell die goue stortboom deur en oor die metaal laat rank sodat dit skadu kan verskaf. Die voordeel wat dié rankplant inhou is dat dit min water nodig het. Die plaveisel-collage staan ook uit danksy ’n klomp wit spoelklippe wat tussen die plaveisel se verskillende vorms ingelê is. Wit spoelklippe is gepas vir ’n plaveisel waar mense loop, en rowwe spoelklippe kan ’n gat in enige tuin vul. Boonop kort klippe mos nie water nie. By die bankie het Burchell ’n voëlbad ingesit, waar sy op haar stoep op ’n afstand kan kyk hoe die voëls die nattigheid geniet. Om ’n gat in die tuin te vul, het sy tuinornamente aangebring in die vorm van bruin staalvoëls, wat ’n mooi kleurkontras met die tuin vorm. Met die tuinskoonmaak het die twee vroue baie onnodige klippe en rotse uitgehaal. Baie mense sien nie die nut van groot rotse nie en neem dit weg. Maar dié buurvroue het besluit om die rotse só te pak dat dit mooi lyk en die oog trek na ’n deel van die tuin. Naby die klippe het die vroue verskillende kaktusse geplant. Half-

mens-bome, impala-lelies, woestynrose en turksvye staan nou een hele hoek vol en die meeste daarvan behoort in die lente te blom. Die plante en bome wat sy behou het, sluit in hibiskus-plante, broodbome, essenhoutbome, Delicious monsterplante, ’n wildepruimboom, mangoboom, pynappelboom en ’n tambotieboom. Aan die agterkant van die huis het Burchell ’n watertenk laat installeer wat reënwater wat van die dak afloop, opvang. Burchell het aan Die Pos gesê sedert sy hierdie stappe geneem het om die tuin só te transformeer, het haar munisipale waterlesing beslis afgeneem. Sy hoef ook nie meer ure in die tuin te werskaf nie, en het ook nou meer tyd vir skilderwerk en borduurwerk. Haar tuin bly egter vir haar soos ’n skildery waarop die kunstenaar met reg trots kan wees.

Raak ’n bietjie kreatief met die plaveisel, en maak ’n tuin só interessant en uniek.

Kaktusse benodig nie soveel water soos ander plante nie en kan huiseienaars baie geld spaar.

’n Opgaartenk is ’n slim plan om reënwater op te vang.


Bladsy IV

LEEFSTYL / LIFESTYLE

DIE POS/THE POST 6 September, 2013

diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za

Smullekk er geregte Smullekker

Seekos uit die boonste rakke Denise van Bergen Roelf Vorster (snr.) van Kokanje op Modimolle het sy vingerlek-lekker garnale-resep met Die Pos gedeel. Hy het die resep sowat 52 jaar gelede van sy vrou, Irene, se oom Robert de la Motte (’n Fransman met ’n passie vir goeie kos) gekry en dit is vandag nog ’n gunstelingbederf vir die kinders en kleinkinders. Dié resep is beslis nie vir diegene wat bang is om hul vingers vuil te kry nie (messe en vurke is nie hier van toepassing nie). Die voorbereiding is eenvoudig en baie vinnig, en as ’n mens ’n garnale-liefhebber is, is ’n lekkerte gewaarborg.

Garnale: koningskos uit die see.

Bestanddele: • 800 g garnale (koninggrootte of kleiner) • 200 g egte botter • 1 suurlemoen • 2 brandrissies • fyn knoffel • sout • peper • 1 koppie water

Metode: 1. Voorverhit die oond op “rooster”. Verwyder alle harde aanhangsels aan die kopborsstuk met ’n skêr en spoel garnale deeglik af in water. Plaas in oondpan en voeg sout en peper by na smaak. 2. Drup ’n bietjie suurlemoensap oor (nie te veel nie, anders mag dit té suur wees). Voeg ’n teelepel fyn knoffel by. 3. Sny die botter in stukke en versprei tussen garnale. Sny rissies in stukke en voeg by. Gooi een koppie water oor. 4. Plaas oondbak in die oond en bak vir

Koek sonder skuld! Martelise Bridger Die somerseisoen draf stadig nader en draai so ampertjies al verby die stoep. Modetydskrifte en winkelvensters staan reeds pronkgereed vir dié okkasie en adverteer klaar nuwe giere en kleure. Dié kaboedel voorspel ’n tyd van son, see en baljaar op foto’s, wat die koors hoog laat loop tot diep in die hartjie van die Bosveld. So hoe gemaak as ’n mens se wintervel so bietjie lyf bygekry het, en die idee om arms en bene te wys ’n persoon totaal en al benoud maak? “Bly kalm en eet koek!” Ja nee, wonder mens so in die mou; koek eet se kalmte gaan feitlik niks help om in daardie gevreesde tweestuk-baaikostuum te pas, wat nog te praat van paradeer in die beskawing voor regte egte mense. Spieëls inkluis! Inderhaas word die warm sjokolade in warm suurlemoenwater verander. Daar word gedraf-stap plaas van loop, en gesondheidsbeskuit en sop word die nuwe spyskaart. Die yskas word van bo tot onder met prentjies van vet en maer mense, wat as motivering moet dien, beplak. Nou hoe gemaak as koek-eet se kalmte ’n mens dan vetter kan maak? Eenvoudig; stuur die ryk sjokoladekoek na die Noordpool en vervang vetmakende bestanddele met alternatiewe gesonde plaasvervangers.

5.

ongeveer 20-30 minute (of tot gaar), terwyl dit gereeld geroer word. Sodra dit gaar is, bedek met tinfoelie, plaas terug in oond en draai oond se temperatuur af na 70ºC, totdat die geur van die sous behoorlik in die garnale ingetrek het. Bedien met gebotterde, vars witbrood. Verwyder doppe met die hand terwyl jy eet en suig sous uit kopborsstuk en doppe. Doop brood in sous en geniet.

Nota: Sorg vir ’n bakkie met suurlemoenwater om vingers in te doop en genoeg nat vadoeke. tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat in die pan afkoel vir 10 minute. Keer dan uit en laat heeltemal afkoel op ’n draadrakkie. Vul die middel van die koek met diabeet-konfyt. Smeer met donker sjokolade-ganache en versier met vars bessies.

Sjokolade-ganache: Verhit 250 ml laevetmelk in ’n kastrol oor lae hitte. Voeg 200 gram donkersjokolade-stukkies by en roer tot gesmelt. Haal van die plaat af en laat afkoel. Sit in die yskas tot verdik. Klop tot lig en glad en versier.

Kaaskrul-tert saam met ’n braaivleisie Hettie Pretorius van Peet se Padstal op Bela-Bela het ’n resep wat gaste sal laat smul by ’n braai of piekniek. Hier is die resep vir haar kaaskrul-tert:

Hier volg ’n lekk er resep-idee: lekker Bestanddele: • 6 eierwitte • 125 ml vetvrye joghurt • 1 teelepel vanieljegeursel • 375ml koekmeel • 175ml kakaopoeier • 250ml SUGAlite-versoeter of diabetiese suiker • 15ml bakpoeier • 5ml sout Metode: 1. 1 x 26 cm-koek 2. Bereidingstyd: 30 minute 3. Baktyd: 40 minute 4. Oondtemperatuur: 180°C Sif die meel, kakaopoeier, bakpoeier en die sout in ’n bak. Klop die eierwitte en versoeter saam tot lig. Vou die meelmengsel om die beurt met die joghurt by die eierwit-mengsel in tot alles net-net gemeng is. Gooi die beslag in ’n gesmeerde koekpan van 26 cm of twee 20 cm-panne. Bak in die verhitte oond vir 30 tot 40 minute of

’n Pak kaaskrulle — die ideale “toorgoed”.

Metode: 1. Gebruik een dieperige bak. Kry een pak kaaskrulle, een blik aspersies, ’n pak cabanossi-worsies, sampioene en kaassous. 2. Gooi die helfte van die kaaskrulle in die bak. Snipper die aspersies, worsies en sampioene bo-oor. Maak die kaassous aan en gooi dit bo-oor alles in die bak. Gooi dan die laaste paar kaaskrulle en die laaste bietjie kaassous oor. 3. Sit die bak met die bestanddele in die oond teen 160 ºC. Wag totdat die mengsel in die bak sak en ’n tert vorm. Haal uit en geniet. 4. Dis heerlik as bykos saam met braaivleis.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.