Kommuniek Maart 2015

Page 1

Maart 2015

`n handelsmerk van

Wit- en geelmielie-oeste skerp afwaarts aangepas weens droogte

Toekoms van pekanproduksie lyk rooskleurig en volhoubaar

NematoloĂŤ kan probleme met aalwurms betyds identifiseer

Ondersoek oor gips en kalk toon insiggewende resultate


GWK Versekering . . .

Welvaartbestuur deur spesialiste Behalwe welvaartbestuur, lewensversekering en verskeie ander gehalte-produkte en -dienste, bied GWK Versekering nou ook ’n bekostigbare begrafnisskema. GWK se makelaars staan gereed om hierdie puik produk aan ons produsente te verskaf. Skakel vandag nog jou makelaar vir meer besonderhede.

Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474

GWK is ’n Gemagtigde FinansiÍle Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige www.gwk.co.za reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas


MAART 2015

OP DIE VOORGROND

AKTUEEL

44

7 6

Redaksioneel

7

Geestelike akker

8

Damme en temperature

44 GWK Nuus - GWK se bemarkingskantoor in die Oos-Vrystaat opgegradeer. - GWK gradeer Humansdorptak se kantore op.

10 Agrikalender 12 Landbouwenke

VOORBLAD

LANDBOUSAKE

14

28

14 Aktueel Wit- en geelmielie-oeste skerp aangepas weens droogte.

28 Presisieboerdery Bestuur in die pluimstadium kan mielieoes maak of breek.

18 Spesialisprodukte Toekoms van pekanproduksie lyk rooskleurig en volhoubaar.

36 Saad Produsente opgewonde ná insiggewende grondbonedag.

24 Presisieboerdery Nematoloë kan probleme met aalwurms betyds identifiseer.

40 Veilings GWK skop wildveiling-seisoen op `n hoë noot af op Boshof.

31 Presisieboerdery Ondersoek oor gips en kalk toon insiggewende resultate.

42 Veilings Prestasiegetoetste ramme en bulle op veiling aangebied.


MAART 2015

WEES INGELIG

VROUE

38 38 Versekering Saamgestelde rente kan help om jou drome te bewaarheid. 46 Ons water Navorsers toets watergehalte. 47 KliĂŤnte-fokus Aanstellings en bevorderings wat kliĂŤnte direk raak.

ONTSPAN

50 50 Kompetisie Kommuniek gee R4 595 se Snappy Chef-kookware weg aan een gelukkige leser. 52 Vir die jongspan Help die mamma-eend om haar kleintjies te kry. 58 Agterblad Jessie my baby, dis net ek en jy . . . 4

54 54 Leefstyl Jy is nie so vet as wat jy dink nie! 56 Gesondheid Word oefen-mal in `n japtrap. 57 Resep Oondhoender met plomp skuifies.


tuur s e B n e e i s k e Dir Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human Frans Lubbe

Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuur Besturende Direkteur Pieter Spies Finansiële Direkteur Johann Klopper Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Uitvoerende Bestuur Sekretariaat John Bell 076 430 5615

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111 Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579 Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383 Meganisasie Johan Kruger 082 809 4778 Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656 Katoen, Kontrakteurs, Aartappels, Lusern en SAFP Freek Meyer 083 644 0022 Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103 Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821 Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710 Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Finansies en Stelsels en Finansiële Landbou Advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Menslike Kapitaal Chopper Theart 082 806 9995

Vleis Alex Cilliers 082 808 3063

Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

5


Dit is iets in die lug. `n Mens kan dit nie sien nie, maar jy word daarvan bewus. Verlede week het ons nog van die hitte vergaan, terwyl my baba se voetjies gisteraand koud was toe ek opstaan om hom weer toe te gooi. Die seisoen is aan die draai . . . die winter kom. Terwyl ons op die koue wag, word talle produsente deur `n knellende droogte geteister. Ons kyk vandeesmaand na die scenario’s wat hom tydens só `n droogte kan afspeel, terwyl die wit- en geelmielie-oesskattings reeds skerp aangepas is. Ons doen aan by GWK Pekanneute, waar die toekoms van pekanneutproduksie rooskleurig en volhoubaar lyk en kyk hoe nematoloë kan help om probleme met aalwurms betyds te identifiseer. Ons maak GWK se onlangse grondboon-boeredag mee en is saam met ons produsente opgewonde oor die waarde wat nuwe kultivar-ontwikkeling vir hulle inhou. Ons kuier op Boshof, waar GWK Veilings onlangs die wildveilingseisoen op `n hoë noot afgeskop het

en doen dan aan by die dertiende Prieska Prestasiegetoetste Ram- en Bulveiling. Ons span van Presisieboerdery deel hul spesialis-kennis oor hoe die bestuur van mielies in die pluimstadium `n oes kan maak of breek en ons kyk ook na die insiggewende resultate wat `n ondersoek oor gips en kalk opgelewer het. Twee navorsers wat die Vaalrivier op hul kajakke aandurf om die watergehalte en -gesondheid van dié rivierstelsel te toets, gesels met Kommuniek oor hul bevindings en planne om watergehalte in die toekoms te monitor. Dan stel ons `n nuwe afdeling in ons tydskrif bekend, waarin ons nuwe lede van die GWK-span wat aangestel word in poste wat ons kliënte direk raak, sowel as mense wat reeds

deel is van die span en na sulke poste bevorder word, sal leer ken. Oudergewoonte kom die dames volgende aan die beurt. Hierdie maand leer ons hoe om oefening reg te benader, maak `n lipaflek-lekker oondhoender met skyfies en besef dat ons nie so vet is as wat ons dink nie! Piet sluit op die agterblad ons uitgawe af. Ek het hierdie keer ekstra lekker gelag, want ek is inderdaad bly dat die middeljarige mannetjie met die ronde magie waarvan hy vertel, nie mý Herman is nie!

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730

VOORBLADFOTO Conrad Borman.

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Medewerker: uitleg en redigering Annatjie Rautenbach 6

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Lekker lees!

ler

Carien Grob

Redakteur

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. Kontak ons ook gerus oor enige interessante gebeure in ons aandeelhouer se lanbou-omgewing. E-pos: carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730

depositphotos

Redaksioneel


Geestelike akker God is my BESKERMER Haiti, Sondag, 10 Januarie 2010. Die Kaapse sakeman, Theo Joubert en `n paar ander gemeentelede wat in die volgende week iewers heen sou reis, stap na voor in die kerk sodat die predikant vir hulle veiligheid kan bid. Dinsdag, 12 Januarie 2010, 16:00. Ná `n vlug van 30 uur land Theo in Haiti waar sy vennoot, Jean-Paul hom op die lughawe kom oplaai. Pleks dat Theo soos gewoonlik eers by die hotel gaan inboek en stort, deel Jean-Paul hom mee dat hulle eers `n vergadering met `n moontlike belegger het. Vyftig minute later, onderweg na die kliënt, het hulle motor meteens na die linkerkant van die pad geswaai. JeanPaul het vinnig omgekyk om te sien of die motor se wiel losgekom het toe die motor na die regterkant van die pad geslinger word. Langs die pad het die geboue inmekaar getuimel. Met die aarde wat onder hulle bewe en skud, het die twee mans besef dat dit `n aardbewing was. Theo het onmiddellik vir hulle veiligheid begin bid. Twintig sekondes later het alles stil geword. Deur die rook en stofwolke kon Theo-hulle nou die histeriese geskree en gesnik van mense langs die pad hoor. Menigte het liggame van beseerde of afgestorwe geliefdes in hulle arms vasgehou. Die volgende 45 minute het JeanPaul en Theo met moeite deur die

agterstrate van die stad gery om by Jean-Paul se familie uit te kom. Met alle vorme van kommunikasie (selfoonnetwerke, radiostasies, die internet) in hierdie Franse land wat afgesny was, was dit die enigste manier om te bepaal of hulle die ramp oorleef het. Geskok het die twee mans gekyk na die hotelle langs die pad wat bykans almal ineengestort het. Die verligting was groot toe hulle eindelik Jean-Paul se huis haal en sien dat niemand ernstig beseer is nie. Vyftien uur lank het Theo tevergeefs probeer om met sy familie in SuidAfrika kontak te maak. Die volgende oggend vroeg het Jean-Paul diesel vir die kragopwekker gaan koop omdat daar steeds geen elektrisiteit was nie. In die tien minute wat hy weg was, het Theo ernstig met God gepraat en Hom gevra om op die een of ander manier vir sy vrou, Michelle, in Suid-Afrika te laat weet dat hy veilig is. In Suid-Afrika het Michelle, wat toe reeds heeloggend probeer het om Theo in die hande te kry, skielik `n Franse boodskap op haar selfoon gekry. Met die besef dat dit Theo kon wees wat haar probeer kontak het sy onmiddellik na Theo se onderneming gery. Ook sy kollegas het tevergeefs probeer om hom in die hande te kry. Met hulle eerste probeerslag nadat Mi-

chelle daar aangekom het, het hulle egter wonderbaarlik na Jean-Paul se selfoon deurgekom. Hy kon hulle vertel dat Theo veilig was. God is ons BESKERMER. Hy wil jou ook vandag beskerm. Luister weer na hierdie drie beloftes: Sagaria 2:4-5: “Ek (God) sal `n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees.” Job 1:10: “Is dit verniet dat Job God vrees? Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie?” Psalm 34:7: “Die Engel van die HERE trek `n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.” As Theo by sy aankoms in Haiti direk na sy hotel gegaan het, sou hy waarskynlik in die puin van die hotel vasgevang gewees het. God het hom beskerm net soos Hy jou ook vandag wil beskerm. Gaan jy Hom vra om dit te doen? Vader God, dankie dat U my BESKERMER is. Help my om te midde van doodsgevaar te onthou dat U vir my is en my sal beskerm. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.. Benescke Janse van Rensburg Uit Ontdek God in die stories van mense, uitgegee deur Lux Verbi. 7


Damme en temperature Huidige stand van damme Riviersisteem

Dam

Oranjerivier

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

96 91 90

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

81 69 27 30

Hartsrivier

Spitskopdam

82

Rietrivier

Kalkfonteindam

21

Modderrivier

Krugersdriftdam

60

Vaalrivier

100.0 80.0 60.0 40.0 20.0 0.0

Douglas

Prieska

Hopetown Barkly-Wes Rietrivier

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 25 Januarie tot 24 Februarie 2015 Douglas Lunenburg

Prieska Green Valley Nuts

50 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

Hopetown Lilydale

Barkly-Wes Ulco

50 40 30 20 10 0

40 30

20 10

0

Maandelikse voorspelling Maart 2015

Rietrivier 40 30 20 10 0

Maksimum

Maksimum langtermy

8

Minimum

Minimum langtermyn

Vaalharts


Dames Gholfdag Saterdag, 21 Maart 2015 Douglas Gholfklub Afslaantyd: 14h00 Prysuitdeling en wynveiling: 18:00 Marijke Scholtz (082 302 0255 of marijkescholtz@yahoo.com) LeslĂŠ Jansen (082 377 6173 of ljansen@xsinet.co.za)

www.gwk.co.za

innoveer landbou


Veilingskalender en Veilingspryse 17 Maart

Groot- en kleinveeveiling, Kimberely; Graaff-Reinet-veiling Cronje Dorpers-veiling, Kimberley; Douglas-veiling Boshof-veiling Nico Badenhorst Wildveiling, Boshof Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Griekwastad-veiling; Humansdrop-veiling Kruger Boerdery Bul- en aanteelveiling, Boshof Fauresmith-veiling

18 Maart

1 April 7 April 9 April 14 April 15 April

Fitches Corner-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley; Swellendam-veiling Riversdal-veiling; Bloemfontein-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Kalahari Nguniklub-veiling, Kimberley; Hertzogville-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Bonrino Boerdery en Wilgefontein Merino-veiling, De Wetsdorp

conrad borman

19 Maart 21 Maart 24 Maart 25 Maart 26 Maart 27 Maart

28 Maart 31 Maart

Veilingspryse vir lewendehawe – Februarie 2015 9/02 - 13/02

2/02 - 6/02

16/02 - 20/02

23/02 - 28/02

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R15.00

Slagosse

R14.80

Slagosse

R14.80

Slagosse

R15.00

Slagkoeie

R13.50

Slagkoeie

R13.90

Slagkoeie

R12.00

Slagkoeie

R12.00

Maer beeste

R10.20

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.50

Maer beeste

R10.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.60

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.20

Swaar kalwers (201-250kg)

R20.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R20.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R20.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R19.50

Swaar kalwers (250kg +)

R19.00

Swaar kalwers (250kg +)

R19.50

Swaar kalwers (250kg +)

R19.00

Swaar kalwers (250kg +)

R19.00

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R21.50

Slaglammers

R23.00

Slaglammers

R23.50

Slaglammers

R23.75

Stoorlammers

R21.50

Stoorlammers

R24.00

Stoorlammers

R24.00

Stoorlammers

R23.00

Kruislammers

R21.00

Kruislammers

R23.00

Kruislammers

R24.00

Kruislammers

R23.00

Slagooie

R16.00

Slagooie

R16.40

Slagooie

R17.00

Slagooie

R16.50

Maer ooie

R15.00

Maer ooie

R14.00

Maer ooie

R15.00

Maer ooie

R15.00

Klein bokkies

R26.00

Klein bokkies

R26.00

Klein bokkies

R26.00

Klein bokkies

R24.00

Jong bokke

R26.50

Jong bokke

R26.00

Jong bokke

R26.00

Jong bokke

R24.00

Bokooie

R16.50

Bokooie

R16.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R17.00

10


Spyskaart GWK Vaalrivier Diensstasie H/v Loch Roper- & Arnotstraat

Bestelling: 053 298 8371

Vars toebroodjies

Ham, kaas & tamatie / hoender-mayonnaise / Spek, blaarslaai & tamatie / baguette met gerookte hoender / volgraan baguette met pastrami

Geroosterde toebroodjies

Ham, kaas & tamatie / hoender-mayonnaise / spek, eier & kaas

Muffins

Karamel-fudge / bosbessie / volgraan met rosyne

Burgers

Beesvleis / hoender Bunny chow Kerrievleis / kerriehoender Boereworsrol Samoesas Russians Slaptjips

Southern Fried Chicken Hoenderboudjies & -repies Hoender-voupakkie (wrap)

Slaai

Hoender / steak / tuna

Nagereg

Kaaskoek / peppermint crisp-tert / sjokolademousse / vrugteslaai / koeksisters / duffy balls / oliebolle

Koffie (Caturra - kafe誰envry ook beskikbaar) Americano / latte / cappuccino / mochaccino / espresso / warm sjokolade

Daaglikse middagete

Tuisgemaakte etes sewe dae per week


Landbouwenke Aartappels

Mielies

Die waterbehoefte van vroeë

mielies neem af. Pas aan en stop water sodra vogtranslokasie in die pitte afgesny is (donker kleur naby kiemgedeelte van die pit). Gaan aanplantings deur vir rooi spinmyt en spuit in `n vroeë stadium om opbrengsverlies te

voorkom. Dié plaag vermeerder Om virusbesmetting te voorkom is beheer van plantluise uiters baie vinnig. belangrik. Installeer minstens Stronkboorder kan steeds skade twee moniteringspunte in elke doen by laat aanplantings en aanplanting. moet gemonitor en gespuit word. Spuit wanneer luisbevolkingsdruk Bolwurm kan ook skade aan begin toeneem. koppe aanrig deur veral aan die bopunt by die baard in te tonnel Operding kan ook gedoen word en te vreet. om groter drag te inisieer.

Pekanneute

Gaan normaal voort met

besproeiing en onkruidbeheer, dis veral belangrik in jong aanplantings. Die boordvloer moet voor oestyd skoongemaak word om die oesproses te vergemaklik. Grondmonsters en grondvoorbereiding moet van nou af tot Junie gedoen word. Indien grondverskille soos tekstuur en kleur in `n boord

Grondbone Grondbone is in die gevorderde

peulstadium en besproeiing kan stelselmatig verminder word afhangende van klimaatstoestande. Kyk uit vir Schlerotiumvrot – wit swamdrade wat klein, ronde swart vrugliggame produseer waar stamme uit die grond kom. Ankers word beskadig en peule kan totaal vernietig word of swambesmet en verkleur voorkom. Die eerste tekens is enkel plante of kolle in die land wat verlep begin vertoon. Enkel takke of die hele plant begin afsterf. Schlerotiumvrot kan voorkom onder nat toestande waar plante 12

Lusern

voorkom, moet die boord dienooreenkomstig onderverdeel en afsonderlike monsters van verskillende dele geneem word. Plaagbeheer moet deurentyd toegepas word, veral vir stam- en basboorders, geelpekanplantluis en skurfsiekte. Rypwording van neute geskied vanaf April tot Julie en wissel na gelang van die gebied en kultivars.

Vestig nuwe lusernaan-plantings vanaf einde Maart tot Mei.

Die saadbed moet ferm wees: `n

Mens moenie insak as hy oor die saad-bed loop nie. Sit `n dis met roller oor voor plant. Plant in klam grond en rol vas sodat goeie saadkontak met die grond verkry word. Los grond bo die saad veroorsaak swak saad-grond-kontak wat tot swak opkoms en standprobleme kan lei. Plant vlak, nie dieper as 10mm nie. Indien die pH te laag (onder ses) is, moet landboukalk toegedien word. Dit verbeter ook die grondstruktuur, help om plantestand beter te vestig en langer te produseer. Onkruidbeheer is belangrik om lusern suksesvol te vestig. Vir gevestigde lusern, besproei swaar en laat redelik droog word voor volgende besproeiing.

baie welig groei met min lugvloei, asook waar baie plantreste te vlak in die wortelsone ingewerk is. Indien dit aanwesig is, moet besproeiing drasties verminder word om te verhinder dat dit verder versprei. In ernstige gevalle is dit raadsaam om vroeër as normaal te begin oes om verliese te beperk. Rooi spinmyt kan voorkom, veral op aanplantings naby mielies of katoen. Spuit onmiddellik wanneer dit waar-geneem word, aangesien groot blaarverlies kan voorkom. Laaste blaarvlekbespuiting kan gedoen word om loof teen laat Saamgestel deur GWK Presisieboerdery blaarvlek te beskerm.



gerhard steenkamp 14


Aktueel

Handré van Heerden Safex-handelaar

Wit- en geelmielie-oeste skerp afwaarts aangepas weens droogte

D

roogtes is hartverskeurend weens die enorme finansiële, emosionele en omgewingsimplikasies, asook die gepaardgaande onstabiliteit. Ekonomiese kwesbaarheid hou verder ernstige maatskaplike en politieke risiko’s vir enige staat in. Volgens statistiek beleef Suid-Afrika elke tien jaar `n ernstige droogte. Produsente is uitgelewer en kan niks doen om `n droogte te voorkom nie. Dit is egter die manier waarop hy sy besigheid voorberei en hoe hy die droogte hanteer, wat kan bepaal of hy die droogte finansieel gaan oorleef.

Gewas

Naas die onmiddellike impak soos kontantvloei wat ernstig onder druk kom, weiding wat problematies raak en gepaardgaande emosionele druk, kring die effek baie groter as die plaashek uit. Voedselsekuriteit , grondeienaarskap, omgewingsimplikasies, plaaslike ekonomieë, voedselinflasie en politieke onstabiliteit is van die langertermynimplikasies van `n droogte. Hierdie artikel het eerstens ten doel om die huidige syfers in terme van die 2014-/15-mielieseisoene in perspektief te plaas. Hier sal na aanplantings, opbrengste, voorraad-tot-verbruiksyfers, reënval, prysbewegings en oesskattings

Opp. beplant 2015 Ha (A)

Kommersieel: Witmielies Geelmielies Mielies Sonneblomsaad Sojabone Grondbone Sorghum Droëbone TOTAAL

1ste skatting 2015 Ton (B)

1 460 000 4 696 390 1 204 800 4 968 900 2 664 800 9 665 290 568 000 574 300 687 300 938 350 58 000 67 845 70 500 178 700 64 000 79 940 4 112 600 11 504 425

Opp beplant 2014 Ha (C)

gekyk word. Bogenoemde ontleding het ten doel om moontlike scenario’s daar te stel vir hoe die res van die seisoen kan verloop. Aspekte soos die veevoerverbruik van mielies, vleisprys-neigings as gevolg van weiding- en voerkraalneigings, mielie-invoere, sosio-maatskaplike implikasies en moontlike politieke gevolge sal onder die loep kom. Hierdie scenario’s is nodig om gevolgtrekkings te kan maak oor die effek van die huidige droogte. Die oesskattingskomitee het op Donderdag 26 Februarie 2015 die eerste produksieskatting vir somergrane bekend gemaak (Tabel 1).

Finale oes

Verandering

2014 Ton (D)

% (B) ÷ (D)

1 551 200 7 710 000 1 137 000 6 540 000 2 688 200 14 250 000 598 950 832 000 502 900 948 000 52 125 74 500 78 850 265 000 55 820 82 130 3 976 845 16 451 630

-39.09 -24.02 -32.17 -30.97 -1.02 -8.93 -32.57 -2.67 -30.07

Tabel 1. *Nota: Skatting is vir kalenderjaar, bv. produksie-seisoen 2015/15 = 2015. 15


Die skade aan die totale spektrum somergrane is onteenseglik. Let veral op witmielies waar die oes 39.09% afwaarts aangepas is en geelmielies met 24.02%. Die totale mielieoes word dus op 9.66 mmt geraam wat 4.59 mmt kleiner is as verlede seisoen. Met Suid-Afrika se totale verbruik van 12.181 mmt mielies in die 2014/15-produksiejaar, is die omvang van die skade duidelik. Volgens Graan SA is die kans 60% dat 980 000 t mielies ingevoer sal moet word. Die effek van die droogte is duidelik te sien op die prysbeweging van Julie 2015-witmielies. Let ook op winsneming wat plaasvind en `n integrale deel van die prysvormingsmeganisme is (Grafiek 1). Voedselsekuriteit is `n noodsaaklikheid waarmee geen risiko’s geneem kan word nie. Gekoppel hieraan is Suid-Afrika se buurlande, naamlik Swaziland, Lesotho, Namibië, Botswana en Zimbabwe afhanklik van plaaslike mielieproduksie en voedseltekorte kan tot vele humanitêre katastrofes lei. Suid-Afrika moet te alle koste vermy om `n netto-invoerder van stapelvoedsel te word. Suid-Afrikaanse produsente is veral in die internasionale konteks prysne-

mers en nie prysmakers nie. Droogtes skep `n nadelige situasie wat vertroue, beleggings en die instandhouding van die landboubedryf betref. Invoere van geelmielies word eerstens teen kus-invoerpariteit bereken. Sowat 2 mmt geelmielies word in die Wes-, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verbruik. In die Wes-Kaap is die vernaamste verbruikers in Malmesbury, Worcester en die Paarl en in KwaZulu-Natal rondom Pietermaritzburg. Die pariteitsprys teen die hele kus is basies dieselfde. Die verskil tussen die verkillende afsetplekke is die vervoer na die binneland. In die binneland is die verbruik hoofsaaklik in Bethelehem, Delmas en Rustenburg. Sodra meer as 2 mmt ingevoer moet word, sal ons van kusinvoerpariteit na binnelandse invoerpariteit beweeg wat die duurder vervoer verreken. Hoe groter die droogte, hoe meer inkrementeel styg pryse namate mielies al hoe verder binneland toe vervoer moet word. Op die oomblik het geelmieliepryse die kusinvoerpariteit teen R2 550 Safex bereik. Ons is bewus van 140 000 mmt geelmielies wat reeds vir invoere geboek is en so vroeg as 20 Maart

2015 behoort die eerste bote vanaf Argentinië die Kaap te bereik. Eersdaagse invoere deur Port Elizabeth blyk ook `n werklikheid te wees. Witmielies sal altyd teen `n hoër invoerpariteit bo geelmielies verhandel weens die beperkte internasionale aanbod daarvan. Die grootste premie tussen wit en geel was $1.5 per bu (R688 per ton wat witmielies dus duurder as geelmielies was). Die beginsel is dat uitvoere beperk sal wees in `n invoerjaar. Binnelandse verbruik sal dus laer wees. Hou verder in gedagte dat selfs met die huidige oesskatting en gemaklike oordragvoorrade op die oomblik, tesame met kusinvoere in die kusgebiede, mielies moontlik genoeg sal wees. Pryse sal gegewe hierdie situasie vir die afsienbare toekoms by invoerpariteit bly verhandel. Veevoerverbruik van mielies in die 2014/15-seisoen het 1.45 mmt en 3.32 mmt uitgemaak. Twee maande van die huidige groeiseisoen op weiveld is nog oor en afhangend van verdere reënval en vroeë ryp, kan weiding konserwatief herstel. Die huidige gebrek aan weiding sal veroorsaak dat al hoe meer vee in die mark gaan kom en gekoppel aan hoë mieliepryse, sal voerkrale hul kapasiteit ook afskaal.

PRICE ZAR 2850 2800 2750 2700 2650 2600 2550 2500 2450 2400 2350 2300 2250 2200 2150 2100 2050

Grafiek 1. Die effek van die droogte is duidelik te sien op die prysbeweging van Julie 2015-witmielies. 16


Bemarkingseisoen Beginvoorraad (1 Mei) Produsentelewering Invoere

12/13 12/13 12/13 13/14 13/14 13/14 14/15 14/15 14/15 15/16 15/16 15/16 WM YM TOTAAL WM YM TOTAAL WM YM TOTAAL WM YM TOTAAL 518

476

6880 5049 11

0

994 11929 11

757

660

1417

274

5342 5650

10992

7596 6207

0

80

80

315

0

0

589 13803 0

1358

722

2080

4566 4649

9215

0

50

50

Totale aanbod

7409 5525

12934

6099 6390

12489

7870 6522

14392

5924 5421

11345

Kommersiële gebruik van mielies

4999 3878

8877

4770 4527

9297

5780 3990

9770

4950 4440

9390

Menslike verbruik

4095

404

4499

4118

464

4582

4350

490

4840

4250

490

4740

Diere en industrieel

904

3474

4378

652

4063

4715

1430 3500

4930

700

3950

4650

Op die plaas en divers

185

509

694

46

324

370

140

440

130

300

430

Totale huishoudelike verbruik

5184 4387

9571

4816 4851

9667

5920 4290

5080 4740

9820

Uitvoere Afrika (insluitend produkte)

518

190

708

819

304

1123

590

250

840

540

240

780

Diepsee

950

288

1238

190

920

1110

2

1260

1262

0

0

0

Totale uitvoer-vraag

1468

478

1946

1009 1224

2233

592

1510

2102

540

240

780

Eindvoorraad

757

660

1417

274

315

589

1358

722

2080

304

441

745

Hektare ('000)

1636 1063

2699

1617 1164

2781

1551 1137

2688

1460 1205

2665

Tonne ('000)

6904 5217

12121

5607 6204

11811

7710 6540

14250

4696 4969

9665

Tabel 2. Die vraag-en-aanbod-situasie die afgelope drie seisoene. Opbrengs 4.7 4.4 5.3 4.2 Bron: Sagis, Departement4.2 van Landbou, Bosbou 3.5 en Visserye. Die verbruik van mielies sal verminder en addisionele vee sal mark toe kom wat vleispryse sal afdruk. Tabel 2 dui die vraag-en-aanbod-situasie die afgelope drie seisoene aan. Let op die 2013/14-jaar wat met 589 000 t afgesluit het. Pryse het die hoogte ingeskiet en Maart 2014-geelmielies het by R3 850 gedraai. Die komende seisoen word eindvoorraad op 745 000 t geraam en die potensiaal vir prysstygings is dus duidelik. Plattelandse ekonomieë is totaal van die landbougemeenskap afhanklik. Die platteland gaan reeds onder die juk van werkloosheid en misdaad

300

5.0

gebuk. Druk op winsgewendheid sal noodwendig oorvloei in die spandering op masjinerie, insetmiddele, werkskepping en algemene ekonomiese groei. Grootskaalse werkloosheid, wetteloosheid en burgerlike ontevredenheid sal volg. Gekoppel aan verhoogde voedselinflasie en knellende voedselveiligheid, skep dit die perfekte broeiplek vir politieke onrus. Teen die agtergrond van die Nasionale Ontwikkelingsplan wat deur die regerende party as sy verwysingsbron vir beleid aanvaar is en waarin die verwagting geskep is dat die landbou teen 2030 `n addisionele 1 miljoen werksgeleenthede gaan skep, is

5.8

10210

5.3

3.2

4.1

3.6

grootskaalse droogte `n doodskoot. Gevolgtrekkings Die dramatiese gevolge van droogtes is bekend. Die skaal en omvang daarvan is meestal meer verreikend as aanvanklik verwag. Die rimpelings van droogtes word vir lank en ver van die plaashek gevoel. Droogtes het inherent die potensiaal om langdurige gevolge te hê wat strek van bankrotskappe, politieke onstabiliteit, voedselsekuriteit, misdaad tot vindingrykheid en nuwe planne om uit die as uit op te staan. Baie sterkte aan elke produsent wat in hierdie onsekere tye voor moeilike besluite staan. 17


Foto 1. Die Chinese wil `n eenvormige produk op die rak hĂŞ. Die eindverbruiker in China koop `n pakkie van 100 g of sowat tien neute.

Spesialisprodukte Johan Fourie Bestuurder: Pekanneute

Toekoms van pekanproduksie lyk rooskleurig en volhoubaar

D

nasionale prys gemeet word nie en geen platform bestaan waar `n aanduiding van die prys afgelei kan word nie. Geen definitiewe riglyne bestaan van wat die plafon- of bodemprys van pekanneute is nie. Die prys van pekanneute word hoofsaaklik deur vraag en aanbod gedryf. Dit is direk gekoppel aan die wĂŞreld (hoofsaaklik Amerika) se pekanproduksie, sowel as die totale neutproduksie. As `n mens oor die jare heen kyk, Die mark Die mark waarin pekanneute van die kan sekere aannames gemaak word, hand gesit word, is baie kompleks. maar meestal is sulke aannames Pekans se prys kan nie teen `n inter- slegs van toepassing op `n spesifieke ie vraag of dit volhoubaar is om pekanneute te plant, is `n wye bespreking, aangesien verskeie faktore `n rol speel. GWK het onlangs `n ekonomiese verslag opgestel om vas te stel of dit lewensvatbaar is om pekanneute se vestigingskoste te finansier. Ons kyk vervolgens na die faktore wat `n rol speel:

18

seisoen. Markpryse fluktueer jaarliks geweldig. Die plaaslike neiging is dat pryse dwarsdeur die seisoen styg. Pekanneute was in die verlede uitgelewer aan die Europese en Amerikaanse markte en neute moes gekraak en uitgevoer word. Sedert China egter die mark betree het, het die globale neutprentjie verander. Uit Grafiek 1 is dit duidelik wat met pekanpryse gebeur het sedert China in 2007/8 tot die mark toegetree het. Die Chinese het die mark heeltemal verander, aangesien hulle neute in


Prysbepaling Om die produsenteprys te bereken, word `n eenvoudige formule gebruik: $-pekanprys CIF (cost insurance and freigt) China R/$-wisselkoers = R-prys CIF China. R-prys afgelewer in China – verwerkings- en uitvoerkoste = produsenteprys. Wat dit egter kompliseer, is die drywers op die rand-prys. GWK se kos-

R70.00 R60.00 R50.00 Prys R/kg

R40.00 R30.00 R20.00 R10.00 R1961 1964 1967 1970 1973 1976 1979 1982 1985 1988 1991 1994 1997 2000 2003 2006 2009 2012

die dop aankoop. Dit het dit vir die verwerkers maklik gemaak om neute uit te voer en aanvanklik was baie toerusting onnodig. Die Chinese mark word egter vinnig volwasse en kopers raak meer gefokus op gehalte. In 2009 het GWK die produk as “Farmer stock” verkoop. Die pekans is slegs skoongemaak, maar die kultivars, groottes en pops (ongevulde neute) is nie uitgehaal en apart gehou nie. Die volgende jaar moes die pops met lugsortering uitgehaal word. Die daaropvolgende jaar moes die verskillende groottes apart gehou word. Nou moet die kultivars ook geskei word. Die Chinese wil `n eenvormige produk op die rak hê. Die eindverbruiker in China koop `n pakkie van 100 g of sowat tien neute (Foto 1). Hulle verwag topgehalte neute en as die produk nie aan hul verwagtinge voldoen nie, koop hulle `n ander handelsmerk of koop glad nie weer pekanneute nie. Die Chinese het twee belangrike tye vir neutverkope, naamlik die Chinese Nuwejaar in Februarie en dan middel-herfs, rondom September. Neute word nie uitgedop nie, maar slegs gekraak of gebreek en dan in `n karamel-pekel gekook. Hierna word die neute in `n oond gedroog en verpak (Foto’s 2 tot 4). Die gegeurde neute word dan so in die dop verkoop en mense eet dit as `n versnapering. Dit word met die hand oopgekraak (Foto 5). Klein neute en neute met harde doppe dop moeilik met die hand uit.

Sedert China egter die mark betree het, het die globale neutprentjie verander. Uit hierdie grafiek is dit duidelik wat met pekanpryse gebeur het sedert China in 2007/8 tot die mark toegetree het. (Die $-prys is na rand omgeskakel.)

Wisselkoers R/$ R/$ 9.00 R/$ 9.50 R/$ 10.00 R/$ 10.50 R/$ 10.80 R/$ 11.00 R/$ 11.50 R/$ 12.00

Gemiddelde produsente-pryse R 43.00 R 46.20 R 49.00 R 51.80 R 53.30 R 54.50 R 57.00 R 60.00

Tabel 1. *Die pryse in die tabel is slegs `n syfer om die invloed van die wisselkoers aan te dui en is nie op werklike pryse vir die 2015-seisoen gebaseer nie. te word in rand bepaal en is `n vaste bedrag – dus kan pryse op en af beweeg tydens die seisoen, terwyl die koste konstant bly. `n Groot faktor in die daaglikse prysbeweging is die $-prys wat GWK kry, maar die grootste drywer is die

wisselkoers. GWK het die tabel hiernaas in 2014 by `n boeredag voorgelê om aan te dui wat die invloed van die wisselkoers op die produsenteprys is. Die $-prys toon heelwat beweging tydens die seisoen. Die beweging van 19


Pekanneute in die wêreld se neutmandjie Pekanneute maak ongeveer 2% van

$7.50 $7.00 $6.50 $6.00 CIF $-prys/kg

oversized neute word in Grafiek 2 uitgebeeld. Die $-prys beweging in 2014 was ongeveer $1.77. Teen `n wisselkoers van R11 is dit `n verhoging van ongeveer R19.47 in die prys. As die fluktuasie in die $-prys en die wisselkoers vir die 2014-seisoen in ag geneem word, het die OS-prys tussen R48/kg en R64.50/kg gewissel. Die pekan-produsent moet dus goed ingelig wees oor wat in die mark gebeur. Dit is ook belangrik om `n prysingsmodel te volg om te verseker dat `n produsent `n goeie gemiddelde prys kry. Suid-Afrika was nog altyd in `n goeie posisie, aangesien ons land se pekanneut-aanbod nie in die vraag van die Chinese kon voldoen nie. `n Neiging het ontstaan dat pekanpryse deur die seisoen styg. Die hoogste pryse kom gewoonlik in Augustus voor. Nadat die meeste van ons plaaslike produk op die mark aangebied is, neem die vraag af en wend die kopers hulle na die Amerikaanse mark. Dit het in die verlede al `n afplattings- of dalende invloed op die pekanprys gehad.

2011

$5.50

2012

$5.00

2013

$4.50

2014

$4.00 $3.50 $3.00 Mei

Junie

Julie

Augustus September

Grafiek 2. Oversized neute afgelewer in China (prys in dollar). die wêreld se neutproduksie uit. Dit sluit grondbone en kokosneute uit. Amandels, wat die mees geproduseerde neut is, se totale volume is ongeveer 1.3 miljoen ton. Pekans se wêreldwye produksie is ongeveer 245 000 ton. In die algemeen toon alle neute gesonde pryse. Verskeie redes bestaan hiervoor, maar China is een van die groot drywers hierin.

Die waarde van die totale neutmandjie het van 2007 tot 2013 met 60% gegroei. Die volume het vir dieselfde tydperk met 21% gegroei. Dit dui daarop dat neute se pryse vir hierdie tydperk met sowat 40% gestyg het. Dit verteenwoordig `n gemiddelde styging van 5% per jaar. Die verhoogde opbrengs dui op `n verhoogde aptyt vir neute wat `n gesonde groeifase vir dié besigheid

Amandels kern Kasjoeneute kern Pistachios in dop Okkerneute kern Haselneute kern

8.000 7.000 6.000 5.000 4.000 3.000 2.000 1.000 0.000

Grafiek 3. Waarde van boomneute voorsien in die wêreld ($ biljoen). 20


tot gevolg het. Wêreld-aanplanting van alle soorte neute neem astronomiese afmetings aan. Akkurate syfers vir wêreld-aanplantings is egter moeilik bekombaar. Ons kyk gevolglik na Kalifornië, Amerika, waar die meeste van die wêreld se boomneute geproduseer word. Volgens die 2013 Almond Almanac het amandel-aanplantings in Kalifornië gegroei van 246 585 ha in 2002/2003 tot 352 076 ha in 2012/2013. Dit is 105 218 ha oor `n tydperk van tien jaar, m.a.w. 10 521 ha per jaar. Pryse het in dieselfde tydperk gestyg van $1.11/pond tot $2.58/pond. Dit verteenwoordig `n styging van 132% oor tien jaar en 13.2% per jaar. Sowat 30 350 ha pistachio-neute is die afgelope tyd in Kalifornië geplant. Die hektare vir okkerneute-aanplanting het gegroei van 81 000 ha tot 100 000 ha oor `n tydperk van 13 jaar. In 2013 is ongeveer 4 500 ha aangeplant. Western Growers som die toekoms van die neutbedryf in Kalofornië as volg op hul webtuiste op: “The Future: By virtually any measure, the future looks bright for California almond, pistachio and walnut growers. The Rabobank report notes that walnuts have the greatest threat from competition, but it concludes on a very positive note: The “U.S. tree nut industry stands poised to fulfill stable growth expectations over the longer term, reflecting the continued strength of global demand pulled by China’s future as a robust middle-class consumer market and by the increasing trends of taste and health among aging consumers in key markets worldwide. Any grower with land in the right zone should at least give tree nuts a look.” Die grootte van pekan-aanplantings in Suid-Afrika is nie bekend nie, maar `n mens kan wel sekere afleidings maak. Volgens die Suid-Afrikaanse Pekanprodusente-organisasie (SAPPA)

Foto 2, 3 en 4: Die Chinese se neute word nie uitgedop nie, maar slegs gekraak of gebreek en dan in `n karamel-pekel gekook. Hierna word die neute in `n oond gedroog en verpak. Foto 5 (regs). Die gegeurde neute word dan so in die dop verkoop en mense eet dit as `n versnapering. Dit word met die hand oopgekraak. is die hoeveelhede boompies aangekoop soos in Tabel 2. Volgens SAPPA se boomsensus in Februarie 2007 is ongeveer 7 325.2 ha in Suid-Afrika aangeplant. As dit vir die tydperk tussen 2007 en 2010 aangeneem word dat gemiddeld 1 000 ha per jaar aangeplant is, behoort die totale aangeplante hektare in Suid-Afrika ongeveer 26 000 ha te beslaan. In ag genome dat 20% van die bome nooit volwassenheid bereik

nie, is die totale oppervlak ongeveer 21 000 ha. Teen 1.5 ton/ha sal dit `n opbrengs van 31 500 ton in 2025 lewer, wanneer die laaste bome tien jaar oud is. As die opbrengs 2 ton/ha is, sal die totale opbrengs 42 000 ton wees. Teen 2.5 ton/ha is die totale opbrengs 52 500 ton. Volgens mnr. Tom Stevenson van Orchard Management Services in Albany, Amerika, is die voorspelde 21


tonne vir 2025 wat addisioneel in Amerika geproduseer sal word sowat 1% 93 000 ton. 0% 1% 2% Dus sal Suid-Afrika en Amerika saam sowat 135 000 ton meer produseer. Dit is `n verhoging van 57% in die 13% 34% wêreld-pekanneutproduksie. Ander lande plant ook pekanneute 16% aan, maar die inligting hieroor is beperk. Waar die draaipunt in die neutprys sal wees is moeilik voorspelbaar, 15% 18% maar die wêreld se neutbesigheid sal waarskynlik eers moet draai voordat pekans se pryse dieselfde sal doen. Dus moet produsente een oog op die wêreld-neutmandjie hou en die Amandels kern Kasjoeneute kern Pistachioneute in dop ander op die pekanmark. Okkerneute kern Haselneute kern Pekanneute kern Wat wel duidelik is, is dat markontwikkeling belangrik is om in die toeDennepitte kern Makadamianeute kern Brasiliaanse neute kern koms `n afset vir Suid-Afrika se neute te verseker. Grafiek 4. Wêreld-boomneutproduksie vir 2013. Produsente sal ook daarop moet fokus om neute van `n hoë gehalte te produseer, asook groot neute met `n hoë kerninhoud en sodoende Jaar Aantal kwekery-boompies Ha (100 bome/ha) Suid-Afrika se neute as die room van die wêreld posisioneer. 2010 187 900.00 1 879.00 2011 253 115.00 2 531.15 Koste-analise 2012 262 350.00 2 623.50 Kontantvloei vir die vestiging van 1 2013 240 000.00 2 400.00 ha pekanneute 2014 300 000.00 3 000.00 2015 330 000.00 3 300.00 Scenario 1 Scenario 1 is gegrond op `n pekanTotaal 1 573 365.00 15 733.65 boord wat voldoende bestuurspraktyke handhaaf. Teen jaar vier kan reeds 100 kg/ha verwag word. In vol- Tabel 2. Hoeveelheid boompies aangekoop volgens SAPPA. le produksie teen jaar tien lewer die die gelykbreek uit na jaar 12 of 13. boord van 1 ha 2.5 ton pekanneute. jaar `n redelike verskil op die baPekanneute bly selfs op R20 winsIn jaar tien is die kumulatiewe balans lansstaat maak. Dit dui daarop dat die beste moontlike praktyke gevolg gewend. Die gelykbreekpunt skuif positief teen R50/kg. Die koste bly slegs aan. min of meer konstant afhangend van moet word om optimale opbrengste te verseker. Dit is dus belangrik dat die boord die herstel en veranderlike koste. Pekanneute is `n intensiewe boerversorg moet word sodat die plantederygewas. As die regte sorg toegestand/ha na 100% geneem kan word Scenario 2 pas word, kan optimale opbrengen bome so gou as moontlik in vol In scenario 2 is die opbrengs met ste verseker word en bome vroeër in produksie kan kom. 20% verminder, terwyl die veranderdrag kom. likes konstant gehou word. In jaar Die besluit lê egter daarin of die pro- Die GWK-voordeel tien, dieselfde as in Scenario 1, kan GWK besef dat pekanneute, met `n positiewe kumulatiewe balans ver- dusent `n gefokusde boerdery wil bedryf en of dit `n hoekboerdery is die groei wat voorspel word, een wag word. van GWK se grootste besighede kan Uit die grafiek hiernaas is dit duidelik wat nie genoeg aandag kry nie. dat Scenario 2 oor `n periode van 12 As die prys na R35/kg sou val, skuif word. GWK doen op die oomblik 22


R162,736.85

350,000

Scenario 1

300,000

Scenario 2 (-20%)

250,000

R289,936.95

200,000

R/ha

150,000 100,000 50,000 0 -50,000 -100,000 -150,000 -200,000

Grafiek 5. Kumulatiewe balans vergelyking. baie werk en navorsing in die pekanbedryf: GWK is die eerste besigheid in Suid-Afrika wat `n volledige pekanneut-skoonmaakdiens aan produsente bied. GWK het in 2014 `n pekan-aanleg opgerig wat pekans met allerlei vreemde materiaal kan ontvang en hanteer. Die proses is baie deursigtig en die produsent kan bystaan wanneer sy produk verwerk word. Al die vreemde materiaal word uit die produk uitgehaal en die produsent word op grond van werklike realisasie – dit wat werklik uit die fabriek verpak word – betaal. Dit beteken dat die produsent wat meganies oes die pekanneute in massa kan aflaai en skakel so baie hande-arbeid uit. Geen raaisel bestaan ook wat graderings betref nie en wat werklik uitgepak word, dien as finale betaling. GWK het op die oomblik `n samewerkingsooreenkoms met Agri Motion om boorduitleg en -beplanning vir produsente te doen. As `n produsent belangstel om

pekanneute te plant, besoek GWK en Agri Motion se kundiges die perseel. Hulle doen dan `n volledige evaluering van die grond en die gebied. Ná die ondersoek word `n aanbeveling gedoen vir die voorbereiding van grond, boorduitleg, kultivar, besproeiing en om toestande optimaal te kry vir die vestiging van pekanneute. Hierdie proses is krities, veral in die geval van eerste aanplantings, om die regte grond te identifiseer en dit reg voor te berei waarna die regte kultivars geplant word. In Amerika is sommige boorde reeds meer as 100 jaar oud. Dus moet verseker word dat die grond optimaal is vir die gewas. GWK bied ook `n wye reeks landboukundige dienste wat insluit lugfoto’s, grondkartering, skedulering, kunsmis-aanbevelings, spuitprogramme, siekte- en insekmonitering en probleemoplossing en advies. GWK bied ook `n aantal bemarkingsmodelle wat spesifiek vir die produsent se pekan-behoeftes pasgemaak kan word. GWK se doelwit is om die topverkoper van pekanneute te wees. Gehalte

is ons grootste prioriteit en hiermee wil ons ons markaandeel vir die toekoms verseker. Slotsom Die toekoms vir pekanneutverbouing lyk rooskleurig. Ons kan egter nie sien of `n swart gans op pad is nie, maar die inligting wat op die oomblik tot ons beskikking is, is dat dit voordelig is om by die neutbedryf betrokke te wees. Navrae Johan Fourie (Bestuurder: Pekanneute) 082 805 0036 Gunter Hollenbach (Verkryger/Landboukundige: Hartswater) 082 883 9652 Deon Gerber (Verkryger/Landboukundige: Douglas) 082 255 0901 Coenraad Fraenkel (Uitvoerende Hoof: Agri Motion) 079 913 4755 23


Figuur 1. Aalwurmsimptome word in kolle waargeneem.

Presisieboerdery

Dr. Sonia Steenkamp LNR-Instituut vir Graangewasse

NematoloĂŤ kan probleme met aalwurms betyds identifiseer

A

s iets verkeerd sou gaan tydens `n groeiseisoen, is dit so van Januarie af dat produsente begin onraad merk. Aanplantings is dan net mooi groot genoeg om simptome te toon, sou enige siektes en/of aalwurms teenwoordig wees. Bogronds lyk plante geel, verdwerg of verlep. 24

As aalwurms die oorsaak is, sal hierdie simptome in kolle voorkom soos in Figuur 1 gesien word en nie in vasgestelde patrone soos byvoorbeeld rye of strepe vorm nie. Dit sal ook nie net enkele plante hier en daar binne in `n ry affekteer nie. Ongelukkig is dit so dat aalwurmsimptome dikwels ook verwar word met simptome wat deur versuiping, voedingstekorte of chemiese skade

veroorsaak word. Omdat hierdie simptome verwarrend kan wees en kan lei tot verkeerde diagnoses, is dit belangrik dat `n kenner die oorsaak daarvan bepaal. Dit is dus raadsaam om eerder grond en wortelmonsters na `n gekwalifiseerde nematoloog te stuur sodat dit geanaliseer kan word en die probleem betyds en korrek geĂŻdentifiseer kan word.


Wat is nodig vir aalwurmanalise? Dis van kardinale belang om grond sowel as wortels in `n aalwurmanalise monster in te sluit. Deur net die grond te laat ontleed, kan sommige van die belangrike parasiete soos byvoorbeeld knopwortelaalwurm mis gekyk word. Knopwortelaalwurm kom vir die grootste gedeelte van sy lewenssiklus in die wortels self voor. Slegs die tweede larwale stadium wat net uit die eier uit gebroei het, sal in die grond voorkom. Omdat daar geen manier is om te kan voorspel wanneer hierdie eiers uitbroei nie, is dit baie moontlik dat knopwortel in sekere gevalle wel teenwoordig is, maar op daardie stadium nie in die Figuur 2. Die hele plant word met wortels en omliggende grond verwyder. grond voorkom nie. Sekere aalwurms soos die letselaalwurm kan in die grond of in die wortels voorkom, dus kan hulle ook mis gekyk word deur net die wortels of die grond te ondersoek. Die beste tyd vir monsters Die beste tyd om aalwurmanalises te laat doen is tydens die blomstadium van die eenjarige gewas. Met blomtyd bereik die aalwurmpopulasie sy piek en so kan `n duidelike beeld gevorm word van wat in die land aangaan. Die enigste uitsondering op hierdie reĂŤl is as daar grondboonmonsters getrek moet word. In hierdie geval is dit nodig om die grondboonmonsters eers met oestyd te trek. Die rede hiervoor is dat die peulaalwurm, wat die grootste sondebok op grondbone is, sy populasiepiek eers met oestyd bereik. Anders as die ander aalwurms kom hulle ook meer in die peule voor en nie die wortels nie. Dit is dus moontlik om hulle mis te kyk as daar net na die plant se wortels en grond gekyk word. As daar monsters van enige ander gewas waarvan die oes onder die grond gevorm word (soos byvoorbeeld aartappels) getrek word, is dit raadsaam om knolle ook in te sluit. Afhangend van die gewas is daar bitter min aalwurmdoders wat met blomtyd nog toegedien kan word as

Figuur 3. Bogrondse gedeeltes van die plant mag verwyder word. gevolg van die weerhoudingstydperk. Die aanbeveling wat gemaak sal word, sal dan vir die volgende seisoen van toepassing wees. As die produsent egter in `n gebied geleĂŤ is waar aalwurm `n wesenlike probleem in vorige seisoene was, is dit raadsaam om in elk geval eerder voorkomend aalwurmdoders te gebruik, al is dit duur. Neem monsters vir aalwurmanalises sĂł Die aalwurms is mikroskopies klein en kan nie op eie stoom baie ver be-

weeg nie. Hulle sal uiteraard naby kos bly wat beteken dat hulle teenaan die wortelsone sal voorkom indien hulle in die grond is. Spit dus die hele plant uit met die grond wat rondom die wortels voorkom (Figuur 2). Die bogrondse gedeeltes kan maar verwyder word want niks daarvan word vir die aalwurmanalises gebruik nie (Figuur 3). Plaas die wortelstelsel saam met die grond in `n plastiek sakkie (Figuur 4) en merk die sakkie sodat jy weet waar 25


op jou plaas die betrokke monster geneem is (Figuur 5). Hierdie verwysing sal in die laboratorium vir die monster gebruik word tydens die ekstraksies van die aalwurms uit die grond en wortels en dit sal so in die finale verslag aangedui word. Hanteer die monsters só Hou die monsters in die koelte en moenie dat dit in die son bak nie. As die monsters nie dadelik per koerier na die laboratorium toe gestuur kan word nie, kan dit vir so twee dae in die yskas gehou word. Op dié manier sal die aalwurms nie verder aanteel in die hitte nie en sodoende `n skewe beeld gee van wat werklik in die land aangaan nie. Stuur jou monsters hierheen Monsters kan na die LNR- Instituut vir Graangewasse, Hendrik Schoeman Gebou, 114 Chris Hani Rylaan, Potchefstroom 2520 gestuur word. Sluit `n folio of besigheidskaartjie met kontakbesonderhede van die kliënt by die pakkie in (`n epos-adres moet verkieslik ingesluit word sodat die verslag daarheen gestuur kan word). Merk die pakkie vir aandag: Dr. Sonia Steenkamp. Die koste van aalwurm-analise Uit elke wortel en grond monster word daar drie ekstraksies gedoen naamlik: � Grond (200 cm3): Al die plantparasitiese aalwurms wat in die grond voorkom word met `n spesifieke tegniek uit die grond uit geëkstraheer. � Wortel (5 g): Plantparasitiese aalwurms wat soos wurmpies lyk en in die wortels voorkom word weer nadat die wortels fyn gekap is, met `n ander tegniek uit die wortels uit geëkstraheer. � Wortel (50 g): Die spesifieke tegniek wat hier toegepas word, is spesiaal aangepas vir knopwortelaalwurm. Die wyfie is sakagtig en word dus vernietig deur die 26

Figuur 4. Plaas die wortelstelsel saam met die grond in `n plastieksakkie.

Figuur 5. Die inligting op die sakkie is van belang sodat die monster geïdentifiseer kan word. 5 g-wortelekstraksie. Met hierdie tegniek word die gelatienlagie om die eierpakkies van die wyfies opgelos sodat die eiertjies loskom. Die eiers word dan getel om te bepaal wat die stand van die knopwortelaalwurm populasie in daardie spesifieke monster is.

die laboratorium nie te besig is nie kan die verslag soms al dieselfde dag of die volgende dag beskikbaar wees.

Nog nematoloë in die Kaap Vir Kaapse produsente kan dit dalk meer gerieflik en nader wees om monsters te stuur na Nemlab in Paarl/ Klapmuts (Sheila Storey: 083 654 9762) of na Nemconsult in Upington Elkeen van die analises kos R250 (Caroline Mouton: 082 565 6246). (BTW ingesluit). `n Volledige aalUiteraard sal die koste van dié van wurm-analise sal dus R750 kos. Dit is raadsaam om al drie analisdie LNR verskil. Sheila en Caroline kan direk op hul selnommers gekones aan te vra omdat elke ekstraksie op verskillende aalwurms fokus en dit tak word sou die produsente dit versaam `n betroubare prentjie skets oor kies om eerder weens praktiese redes monsters vir hulle te stuur. wat in die spesifieke land aangaan. Die tydsduur van die analises Afhangende van hoe besig die laboratorium is, kan `n produsent 3 tot 5 dae wag vir sy geskrewe verslag. As

Navrae Dr. Sonia Steenkamp Sel.: 083 452 5926 E-pos: SteenkampS@arc.agric.za



Die pluim van die mielieplant tydens die stort van stuifmeel.

Foto: Verskaf

Presisieboerdery

AndrĂŠ Prins Bestuurder: Produksienavorsing

Bestuur in die pluimstadium kan mielieoes maak of breek

D

ie sukses van `n mielieoes begin reeds tydens die aanplant van die mielies. Die plantestand is steeds die belangrikste aspek om `n goeie oes te verseker. Die produsent kan egter tydens die pluimstadium `n invloed op die oes uitoefen. Korrekte bestuur tydens die reproduktiewe fase kan `n goeie oes verseker. Die graanvulperiode van mielies begin met suksesvolle bestuiwing en eindig ongeveer 60 dae later as die graan fisiologies ryp is. Tydens die graanvulperiode beweeg al die fotosintaat van die plant na die 28

kop. Die plant sal dus alle ander prosesse stop om korrels te vul. `n Stresvrye graanvulperiode kan `n optimum-oes verseker terwyl probleme tydens die periode kan lei tot swak gevulde koppe met ligte graan. Waterbestuur Dit is van kritiese belang dat geen vog- of voedingstremming vanaf groeistadium 12 tot en met twee weke nĂĄ pluim voorkom nie. Die pluimfase begin met die verskyning van die baard. Bevrugting vind plaas met die stort van die stuifmeel. Bestuiwing is volledig binne twee tot

drie dae. Stres tydens diĂŠ periode kan lei tot swak bestuiwing en saadset. Vogspanning kan aanleiding gee tot swak pitvorming en `n punt wat terugtrek. Vogstremming tydens hierdie periode kan tot 7% opbrengsverlies per dag aanleiding gee. Grawe profielgate om worteldiepte en wortelontwikkeling te evalueer. As die wortels swak ontwikkel het of gronde verdig is, gee water en voeding in kleiner hoeveelhede, maar meer gereeld. Bemesting Die opname van alle voedingsele-


Optimum N

Voldoende K

Opbrengs >>>>

Lae K

K-tekort

Stikstof >>>> Leaflet 22: The Potash Development Association

Grafiek 1. Kalium word in kombinasie met ander elemente opgeneem en die gelyktydige toediening van die elemente kan opname verhoog.

1400 Kg bo proefgemiddeld

mente neem in hierdie periode vinnig toe. Stikstof is een van die belangrikste elemente om optimum-groei van die blaredak en koppe te verseker. `n Gesonde blaredak verseker optimum-graanvul. Stikstofopname van tot 19 kg/ha per week kom tydens die pluimperiode voor. Die opname van fosfor is op sy piek en opnames van 5 tot 8 kg/ha per week is tydens pluim deur Girma et al. gevind. Fosfor is saam met boor by die energie-oordrag betrokke en tydens pluim word baie druk op die plant geplaas. Bemesting van fosfor tydens dié stadium kan voordelig wees. Kaliumopname is tydens die pluimstadium op sy piek met opname van 9 kg/ha per week. Baie gronde ontleed hoog in kalium maar slegs 1 tot 2% van die kalium is plantbeskikbaar (Hoeft et al.). Tydens die pluimstadium is die plantbehoefte hoog en kan tekorte voorkom. Kalium word in kombinasie met ander elemente opgeneem en die gelyktydige toediening van die elemente kan opname verhoog (Grafiek 1). Navorsing deur GWK bevestig hierdie neiging (Grafiek 2). Ander elemente wat tydens die pluimstadium belangrik is sluit in swael, sink, boor, koper en yster. Die elemente is betrokke by proteïensintese, terwyl boor belangrik is tydens bestuiwing. As boortekorte voorkom, sal pitte onegalig op die kop voorkom, wat tot groot verliese aanleiding kan gee.

1200 1000 800 600

400 200 0 Ureum

UAN

8.1.3(20)

Data: nege proewe (vier lokaliteite, drie seisoene) Grafiek 2. Hoofeffek van reaksie van mielies op kunsmisdraers as kopbemesting.

tydens pluim die plante onder stres plaas. Mieliestamboorder en bolwurm kan skade veroorsaak deurdat larwes in die kop inboor of die baard van die Siektes en plae jong koppies gevreet word. Noordelike blaarskroei en grysblaarAs die baard gevreet is, kan bestuivlek kan op die blare voorkom. Die wing nie plaasvind nie. Rooi spinmyt siektes beïnvloed die blaredak van voed op die onderkant van die blare die mielies en kan swak pitvulling tot en kan veroorsaak dat die blare afgevolg hê. sterf. Plae soos mieliestamboorder (BusseLangtermyn-navorsing op rooi spinola fusca), bolwurm (Helicoverpa ar- myt in Calorado het `n gemiddelmigera) en rooi spinmyt (Oligonychus de opbrengsverlies van 18% gevind pratensis of Tetranychus urticae) kan (Peairs).

Bronne � Peairs F.B. (12/14). Spider Mites in Corn � Girma. K., et al. Determination of Optimum Rate and Growth Stage for Foliar Applied Phosphorus in Corn. � Hoeft. R. G. et al. (2000). Modern Corn and Soybean Production. � Mielie-inligtingsgids 2013 � www.pioneer.com/home/site/ca/ agronomy/crop-management/ corn-growth-stages/reproductive-corn-growth 29


depositphotos 30


Presisieboerdery Navorsingsverslag

Dries Bloem (GeoLab) Dup Haarhoff (GWK) Bertus Jacobs (GWK) DeBruyn Myburg (GWK)

Laboratorium-ondersoek na die doeltreffendheid van gips en kalk om natrium en magnesium uit die grond te verplaas en uit te loog Gips en gebluste kalk word as ameliorante gebruik vir die verplasing van Na en Mg vanaf uitruilkompleks van gronde. Elke middel het voordele en nadele, waarvan oplosbaarheid, souteffek en pH-effekte moontlik die belangrikste is. Hierdie effekte en doeltreffendheid van Na- en Mg-verplasing en uitloging is in `n laboratoriumondersoek bepaal. Hierdie ondersoek is `n opvolg nadat `n vorige ondersoek aangedui het dat gebluste kalk swak oplosbaar was by hoë pH gronde. Die pH (KCL) van die grond wat in hierdie ondersoek gebruik is, is 5.4 en die doel van hierdie ondersoek was dus om te bepaal of oplosbaarheid van gebluste kalk beter sal wees by laer pH grond. Materiaal en metodes `n Grondmonster van die plaas Remhoogte is van GWK ontvang (Tabel 1), gedroog en gesif (<2 mm) en

met ameliorante gemeng (Tabel 2). Hierdie ondersoek is `n opvolg van vorige ondersoeke en die Remhoogte-grond is gekies omdat dit

`n laer pH as gronde van die vorige ondersoek het. Ameliorante is gedroog en gesif (<0.5 mm) om oplosbaarheid te verbeter.

Ammoniumasetaat-ekstrak P(Bray 1)

K

Ca

Mg

mg kgˉ¹

mg kgˉ¹

mg kgˉ¹

mg kgˉ¹

5.4

72

365

1132

376

Labno.

Ca:Mg

Mg:K

(Ca + Mg):K

K%

Ca%

L1851

1.8

3.3

9.4

9.5

57.4

Monsterno.

Labno.

pH(KCl)

0-100

L1851

Monsterno. 0-100

Versadigde waterpasta-ekstrak Monsterno. 0-100 Teikenwaarde mielies Teikenwaarde koring Teikenwaarde lusern

Labno. L1851

EG

K

Ca

Mg

Na

mS.mˉ¹

me lˉ¹

me lˉ¹

me lˉ¹

me lˉ¹

98 < 350 < 600 < 200

1.573

3.353

3.478

1.325

Tabel 1. Oorspronklike grondontleding voor inkubasie. 31


Teks

Behandeling K Behandeling 3 G Behandeling 6 G Behandeling 1.5 K Behandeling 3 K Behandeling 30 UK Behandeling 3 UK

Kontrole geen toediening 3.0 t gips/ha/200 mm diepte 6.0 t gips/ha/200 Teksmm diepte 1.5 t gebluste kalk/ha/200 mm diepte 3.0 t gebluste kalk/ha/200 mm diepte 3.0 t gebluste kalk/ha/200 mm diepte 3.0 t gebluste kalk/ha/200 mm diepte

Ca/NH4 toegedien cmol (+)/kg grond 1.05 2.10 1.05 2.10 2.10 2.10

Toediening in 200 g grond 0.20 g 0.40 g 0.10 g 0.20 g 0.20 g 0.20 g

Tabel 2. Toedieningspeile van onderskeie ameliorante.

Ammoniumasetaat-ekstrak Monsterno.

pH(KCl)

K cmol kg-1

Ca mg kg-1 cmol kg-1

Mg

Na

mg kg-1 cmol kg-1 mg kg-1 cmol kg-1 mg kg-1

K

5.9

0.810

316

7.052

1410

3.379

409

0.295

68

3G

5.9

0.796

311

7.896

1579

3.337

404

0.281

65

6G

6.0

0.756

295

8.854

1771

3.423

414

0.277

64

1.5 K

6.6

0.798

311

7.907

1581

3.254

394

0.298

68

3K

6.9

0.767

299

8.451

1690

3.212

389

0.272

62

3 Ou K

6.9

0.804

313

8.299

1660

3.217

389

0.288

66

3UK

6.9

0.794

310

8.327

1665

3.230

391

0.289

66

Tabel 3. Standaard-ontledings van grondmengsel nรก inkubasie met onderskeie ameliorante. 3 G = 3 t/ha gips, 6 G = 6 t/ha gips, 1.5 K = 1.5 t/ha gebluste kalk, 3 K = 3 t/ha gebluste kalk, 3 Ou K 3 t/ha gebluste kalk, ou monster. 3 UK 3 t/ha gebluste kalk, vars aanleg monster. 32


Versadigde waterpasta-ekstrak Monsterno.

EG mS m-1

Mg me l-1 mg l-1

Na me l-1 mg l-1

Ca:Mg

mg l-1

Ca me l-1 mg l-1

NAV

me l-1

K

Ca %

K

201

1.512

59.0

7.343

146.9

5.738

68.9

2.745

63.1

1.1

1.28

42.4

3G

416

2.142

83.5

23.661

473.2

15.129

181.5

3.533

81.3

0.8

1.56

53.2

6G

424

2.106

82.1

27.276

545.5

16.008

192.1

3.152

72.5

0.7

1.70

56.2

1.5 K

190

1.320

51.5

7.456

149.1

5.100

61.2

2.517

57.9

1.0

1.46

45.5

3K

194

1.316

51.3

7.762

155.2

4.864

58.4

2.539

58.4

1.0

1.60

47.1

3 Ou K

215

1.383

53.9

8.659

173.2

5.475

65.7

2.657

61.1

1.0

1.58

47.6

3UK

213

1.386

54.0

8.577

171.5

5.405

64.9

2.695

62.0

1.0

1.59

47.5

Tabel 4. Ontledingsresultate van versadigde waterpastas van grondmengsels nĂĄ inkubasie met onderskeie ameliorante. Drie verskillende kalkmonsters is gebruik om die effek van moontlike karbonisering van die kalsiumhidroksied met ouderdom te bepaal. Kalk vanaf `n hoop, vars afgelewer, is gemonster nadat die boonste laag van die kalk afgekrap is (Behandelings 1.5 K en 3 K). Kalkmonster verkry direk vanaf aanleg (3 UK) en kalkmonster vanaf vorige ondersoek wat ongeveer 11 maande oud is (3 Ou K). Behandelings met gips en gebluste kalk is sodanig gekies om 1.05 en 2.10 cmol(+)/kg Ca tot die grond toe te dien (Tabel 2). Grondmengsels is benat tot veldkapasiteit en gelaat om uit te droog vir 12 siklusse en na 32 dae is die grondmengsels weer gesif (<2 mm) en voorberei vir ontledings en loging. Grondmengsels van 25 g elk is geloog met 42 ml water en gelaat vir een uur waarna dit weer met 10 ml water geloog is. Dit is ekwivalent aan toediening van 60 mm water. Altesaam 38 ml water het deur die grondlaag geloog en is gebruik vir onlteding van Ca, Mg, K en Na. Water van die Oranjerivier by Remhoogte is gebruik om die grond te benat en te loog.

Katione uitgeloog K Ca Mg Na Monsterno. -1 -1 -1 mg kg mg kg mg kg mg kg-1 K

25.8

63.5

26.0

30.2

3G

36.8

137.6

52.7

35.8

6G

46.7

226.3

83.7

39.7

1.5 K

25.8

187.5

26.0

30.5

3K

23.5

64.8

23.2

28.8

3 Ou K

23.9

63.5

22.2

27.4

3UK

25.9

71.4

24.9

30.3

Tabel 5. Katioonkonsentrasies wat uit grondmengsels verplaas en geloog is na inkubasie en loging met 60 mm water. Die ongeloogde grondmengsels is ontleed met standaard ontledingsmetodes. `n Laboratoriumskaal infiltrasietoets is op die grondmengsels gedoen na die inkubasieperiode. Die toetsmetode is deur Mills & Fey (2004) ontwikkel en later deur Medinski, Mills & Fey (2009) aangepas. Dit behels kortliks dat `n 1:5 grond tot water suspensie gemaak word en 10 ml van die suspensie nĂĄ vyf minute opgesuig word en bo op `n

grondkolom van dieselfde grond gespuit word, waarna die volume water wat in vyf minute deurvloei gemeet word. Volgens die ontwikkelaars van die metode korreleer die laboratorium infiltrasietempos goed met metings op `n reĂŤnvalsimuleerder. Resultate Waardes van gebluste kalk- (1.5 K en 3 K) behandeling het die pH van die grond verhoog terwyl gipstoedie33


34

45.0 40.0 35.0 Na geloog (mg/kg)

30.0 25.0 20.0 15.0 10.0 5.0 0.0 K

3G

6G

1.5 K

3K

3 Ou K

3UK

Behandeling

Figuur 1. Natrium verplaas en geloog uit die grond deur onderskeie ameliorante.

90.0 80.0 70.0 60.0

Mg geloog mg/kg

ning geen effek op pH gehad het nie (Tabel 3). Kalkmonsters het nie van mekaar verskil ten opsigte van effek op pH nie. Soos verwag, het die ameliorante geen beduidende effek gehad op K-, Mg- en Na-konsentrasies in die ammoniumasetaatekstrak (uitruilbare plus oplosbare katione plus fraksie van katione in vry kalk) nie. Die Ca-konsentrasie in ammonium asetaat het soos verwag toegeneem met die toediening van gips en gebluste kalk (Tabel 3). Die gipsbehandelings het `n beduidende verhoging (bo kontrole) in elektriese geleiding (EG; totale soutinhoud) van die grondpastaekstrak veroorsaak (Tabel 4). Hierdie verhoging is veroorsaak deur `n toename in Ca, Mg, K en Na konsentrasies in die grondpasta (Tabel 4). Die verhoging in Mg, Na en K konsentrasie in die pasta kan toegeskryf word aan uitruiling deur Ca. Kalkbehandelings het nie beduidende verhogings in EG, Mg, K, of Na in die grond pasta tot gevolg gehad nie en die onderskeie kalkmonsters het ook nie baie van mekaar verskil nie. Die loging van katione uit die grond volg dieselfde tendens as wat in die versadigde ekstrak gemeet is nl. dat gips die effek gahad het dat Na, Mg en K uit die grond verplaas en geloog is (Tabel 4; Figure 1-3). Gebluste kalk het geen tot geringe bydra gelewer tot verplasing van K, Mg en Na uit beide gronde. Die rede hiervoor is moontlik dat die gebluste kalk swak oplosbaar is of dat die gebluste kalk oplos as Ca en OH ione in die grond en dan vining weer presipiteer as kalsiumkarbonaat na reaksie met CO2 of HCO3 in die grond. Die swak oplosbaarheid van kalk stem ooreen met `n vorige ondersoek by gronde met `n hoer pH. Hoewel hierdie grond `n aanvanklike pH (KCl) van 5.4 gehad het, speel die pH (8.7) van die Oranjerivierwater en teenwoordigheid van HCO3 en CO2 in die water en grond dalk `n oor-

50.0 40.0 30.0 20.0 10.0 0.0

K

3G

6G

1.5 K

3K

3 Ou K

3UK

Behandeling

Figuur 2. Magnesium verplaas en geloog uit die grond deur onderskeie ameliorante. heersende rol in die oplosbaarheid geloog na gipstoediening (Farina, Channon & Thibaud, 2000; Van der van die kalk. Verskeie studies oor die neutraliseWatt, 1986). ring van ondergrondsuurheid het Dit wil voorkom of die reaksie van bevind dat kalk die pH van suurgrond die kalk in suurgrond hoofsaaklik `n neutraliseer maar geen beweging van kontakreaksie is, en nie `n oplosCa plaasvind dieper as waar die kalk reaksie nie, en dat Ca2+ hoofsaaklik ingewerk is nie. die H+ en Al3+ op die uitruilkompleks In teenstelling hiermee het `n groot vervang (Van der Watt, 1986). hoeveelheid Ca in dieper lae inData uit hierdie proef dui ook duide-


K geloog mg/kg

lik aan dat dit nie noodwendig in alle 50.0 gevalle nodig is om ameliorante te gebruik om natrium uit die grond te 45.0 loog nie. 40.0 In die kontrolemonster (K) is 30.2 35.0 mg/kg (Tabel 5) van die 68.0 mg/kg (Tabel 3) natrium uitgeloog. 30.0 Dit verteenwoordig 44% van natrium 25.0 uit die grond verwyder slegs deur loging sonder enige ameliorasie. 20.0 Gipsbehandelings het `n toename 15.0 in infiltrasietempo tot gevolg gehad, 10.0 terwyl kalkbehandelings geen effek op infiltrasietempo gehad het nie 5.0 (Figuur 4). 0.0 Dit kan toegeskryf word aan die feit K 3G 6G 1.5 K 3K 3 Ou K 3UK dat die gips `n toename in EG en afBehandeling name in NAV in die grond veroorsaak het terwyl kalk geen effek daarop Figuur 3. Kalium verplaas en geloog uit sandgrond deur onderskeie ameliorante. gehad het nie (Tabel 4). Dit is algemeen bekend dat toename in EG en afname in NAV-dispersie van grond verlaag en daardeur infiltrasietempo verhoog. 400.0

Lab infiltrasie mm/uur

Gevolgtrekking 350.0 Gipsbehandeling het tot gevolg ge300.0 had dat Na, Mg en K van die grond uitgeruil word wat daarna uit die 250.0 grond geloog kon word. Gebluste kalk het bykans geen bydra 200.0 gelewer om Na, Mg en K te verplaas 150.0 nie. Dit word toegeskryf aan swak oplosbaarheid in die grond. 100.0 Natrium word nie sterk deur uitruilkompleks van grond geadsorbeer nie 50.0 en 44% van totale natrium (ammoni0.0 umasetaat ekstrak) kon uit die grond K 3G 6G 1.5 K 3K 3 Ou K 3UK geloog word sonder toediening van Behandeling enige ameliorante. Toediening van gips veroorsaak `n styging in EG van grond (versadigde Laboratoriumskaal infiltrasietempo na inkubasie met onderskeie ameliorante. pasta). Gipstoediening op gronde wat reeds Verwysings hoë EG-waardes het kan dus osmo� Farina, M.P.W, Channon, P. & Thibaud, G.R., 2000. A Comparison of tiese skade veroorsaak. Gipsbehanstrategies for ameliorating subsoil acidity II. Long-term soil effects. Soil deling het `n toename in infiltrasieSci. Soc. Am. J. 64, 652-658 tempo van grond tot gevolg gehad � Medinski, T.V., Mills, A.J. & Fey, M.V., 2009. Relationships between soil terwyl kalkbehandelings geen effek op particle size fractions and infiltrability. S.A. J. Plant Soil. 26, 147-156. infiltrasietempo gehad het nie. � Mills, A.J. & Fey, M.V., 2004. A simple laboratory infiltration method for Die ouderdom van kalkmonsters het measuring the tendancy of soils to crust. Soil Use Manage. 20, 8-12. geen beduidende effek op die oplos� Van der Watt, H.v. H., 1986. Die oplosbaarheid en mobiliteit van kalk baarheid daarvan in die grond gein sand. S.A. J. Plant Soil. 3, 140-146. had nie. 35


Mnr. Pierre Ferreira (Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling en Evaluasie) gesels tydens die grondbonedag met produsente. Inlas: Dr. Graeme Wright (grondboonteler van Australië) se insette oor grondboonproduksie was `n hoogtepunt van die dag.

Saad

Pierre Ferreira Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling en Evaluasie (GWK Saad)

Produsente opgewonde ná insiggewende grondbonedag

G

WK het weer vanjaar `n interessante gronboonboeredag aangebied. Verskeie sprekers van GWK het inligting oor markneigings, die ekonomie van grondbone en navorsingsresultate aan produsente oorgedra. Die hoogtepunt van die dag was egter die insette van die Australiese grondboonteler, dr. Graeme Wright van The 36

Peanut Company of Australia (PCA). Wright het GWK vanjaar vir die derde seisoen besoek. Die doel van sy besoek was hoofsaaklik om GWK se kultivar-proewe te besoek en met bestuur te vergader. GWK het vanjaar 19 ha van die Australiese kultivar Redvale aangeplant. Die harde werk van die afgelope drie jaar lewer op die oomblik besondere vrugte op.

Redvale word as `n Spaanse soort beskryf, maar het tog groter pitte in vergelyking met plaaslike kontrole-kultivars. Dié kultivar bevat ook die gesonde olie oleïen wat volgens verwagtinge in die toekoms `n toenemend belangrike eienskap sal wees. Wright het GWK se personeel bedank vir die afgelope drie jaar se goeie werk.


Hy het ook daarop gewys dat PCA opgewonde is om die toekoms saam met GWK as verteenwoordiger aan te pak. Produsente is verder verras met die ongelooflike vordering wat met die teel van nuwe kultivars in Australië gemaak is. Goeie vordering is veral gemaak met betrekking tot verhoogde opbrengste en weerstand teen blaarsiektes. Planttelling is beslis `n ingewikkelde en tydsame proses waarin baie kapitaal bestee word! Die tantième wat gehef sal word per sakkie saad wat in Suid-Afrika verkoop word, sal vir die teelprogram in Australië aangewend word. Dít sal beslis ook Suid-Afrikaanse produsente bevoordeel. GWK sal die alleenreg hê op saadproduksie en -verkope in Suid-Afrika. Die Australiese kultivars sal egter aan alle produsente beskikbaar wees. Wright het ook aan produsente voorbeelde gewys van waarde wat deur PCA tot hul grondbone toegevoeg word. PCA besit `n blansjeermasjien en verkoop klaargegeurde grondbone. Produsente wat die boeredag bygewoon het, kon ook van hierdie grondbone proe. Ná afloop van die toesprake het die groep na Taaibosch, die plaas van mnr. Gerhard Bruwer, vertrek. Bruwer staan GWK die afgelope drie jaar as medewerker met proefaanplantings by. GWK se personeel het `n warm hartklop vir produsente wat deel word van die proses. Die proefaanplantings lyk hierdie seisoen besonder goed en produsente kon ook tydens die grondboondag sien watter kultivars ná Redvale beskikbaar sal wees. Hierdie kultivars behoort teen 2017/18 in Suid-Afrika vermeerder te word en sal op grond van die plaaslike proewe, waarskynlik `n verbetering op Redvale wees. Hierdie kultivars is uniek omdat dit ultra-vinnige groeiers is (120 dae in Australië en 150 dae in Suid-Afrika). Kultivars wat 150 dae of meer neem om oesgereed te word in Australië, asook kultivars uit Georgia, Amerika, is reeds deur GWK getoets en nie

geskik vir ons plaaslike toestande nie. Hierdie kultivars bereik nooit hul volle potensiaal nie omdat groeiperiodes verlore gaan weens die daaglikse temperature >40 °C en nagtemperature wat laat in die seisoen daal. Op die oomblik word proewe ook met rywydtes gedoen om te bepaal of die kultivars geskik is om in nou rywydtes te plant. Produsente het ook tydens die grondbonedag na die kommersiële aanplanting van Redvale gaan kyk. Wright is besonder tevrede met die aanplanting en wys veral op die goeie sinkronisasie van peule rondom die hoofstam. Die kultivar het ook `n donkerder blaarkleur in vergelyking met ons plaaslike kontrole-kultivars. Laasgenoemde behoort tot voordeel te wees van fotosintese en stikstofbinding. Nodulebesetting op hierdie land is besonder goed. Wright beveel verder aan dat GWK die stikstofinhoud van die peule, blare en stamme laat toets teenoor `n plaaslike kontrole-kultivar wat op dieselfde land aangeplant is. As sy vermoede korrek is dat Redvale meer stikstof as die kontrole-kultivar behoort te bind, sal dit meer voordele vir die opvolggewas inhou. Met die plant van grondbone moet produsente ingedagte hou dat `n voordeel ook met betrekking tot die opvolggewas bestaan vanweë organiese stikstof wat ná oes in die grond beskikbaar is. Produsente kon ook die verskil in gewig tussen `n plant van Redvale teenoor die kontrolekultivar voel. Redvale se peuldrag is besonder goed en met die boeredag kon nog ankers gesien word wat volwasse peule voor oes sal maak. Verder het Wright produsente gewys op die beter verhouding tussen die bo- en ondergrondse groei van Redvale teenoor die kontrole. Te veel bogrondse groei is nie gewens nie, aangesien die blare en stingels baie energie gebruik wat opbrengs benadeel. Verder bereik baie van die ankers met `n welige

bogrondse groei nooit die grond nie, wat `n verdere vermorsing van energie is. `n Belangrike eienskap van Redvale waarop Wright ook gewys het, is dat die kultivar besonderse sterk ankers het. Dit sal beslis oesverliese met uithaal verminder. Die kultivar moet egter nie langer as drie dae op die land lê voor pluk nie, aangesien die ankers dan touerig kan raak wat die plukproses sal bemoeilik. Produsente wat die dag bygewoon het, wil almal op die lys wees as verdere saadkwekers van Redvale vir die volgende seisoen. Dit is egter belangrik dat die markte ook getoets word. Die aansoek om Redvale as `n kultivar te registreer is reeds by die departement ingedien. `n Saadmonster is ook gestuur sodat Redvale teenoor ander kultivars geëvalueer kan word. Die departement wil die evaluasies graag oor `n tweejaar-periode doen met die ooreenkoms dat geen saad in hierdie tydperk aan produsente verkoop mag word nie. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie (SANSOR) laat maatskappye egter toe om verdere saadproduksie te doen op `n kultivar wat nog onder evaluasie is. SANSOR het reeds `n brief van Wright ontvang dat die saad wat aangeplant is by Bruwer geskik is om as Pre-Basis 2-saad te gebruik vir verdere produksie. Telersaad sal ook jaarliks ingevoer kan word om die kultivar suiwer te hou. SANSOR vergader eersdaags met GWK om hierdie aangeleentheid verder te bespreek. Die kommersiële aanplanting sal ook besoek word. Die goeie nuus vir produsente is dus dat verdere saadproduksie wel gedoen kan word. GWK het ook die opsie om bykomende saad in te voer as dit nodig is. GWK is saam met ons produsente opgewonde oor die vooruitsigte vir die toekoms. Ek haal `n produsent se woorde aan ná afloop van die dag: “Ek is weer vol moed ná vandag, daar is verseker hoop”. 37


Versekering

Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings

Saamgestelde rente kan help om jou drome te bewaarheid

N

elson Mandela het gesê: “May your choices reflect your hopes, not your fears.” Vanuit `n finansiële oogpunt is mense dikwels geneig om besluite te neem wat hulle toenemend onder druk plaas. Hul finansiële keuses gaan al hoe minder daaroor om hul doelwitte te behaal en al hoe meer om die vrese van vandag af te weer. Wanneer dit egter by `n finansiële doelwit kom, is dit belangrik om in gedagte te hou dat niks wat die moeite werd is, verniet is nie. Dit gaan jou iets 38

kos om jou droom te bewaarheid. As jy groot droom, sal dit ook tyd neem om dit te bewaarheid. Om aan die einde van die jaar met vakansie te gaan, jou kind universiteit toe te stuur of eendag met voldoende kapitaal af te tree, is alles finansiële drome wat met voldoende beplanning en deursettingsvermoë behaal kan word. Finansiële Gravitasie Soos wat gravitasie `n belangrike wetenskaplike beginsel is, bestaan die finansiële “heelal” ook uit beginsels. Hierdie beginsels geld vir almal en

as dit goed verstaan word, kan dit `n mens help om jou finansiële drome te bewaarheid. As dit egter verkeerd toegepas word, sal die beginsels teen jou werk. Een (en waarskynlik die belangrikste) van hierdie beginsels is saamgestelde rente. Albert Einstein het gesê: “Saamgestelde rente is die agste groot wonder van die wêreld. Die een wat dit verstaan, verdien dit. Die een wat dit nie verstaan nie, betaal dit.” Die belangrikste konsep wat hiermee gepaardgaan is dat saamgestelde


2,000,000.00

Eerste 15 jaar R 180,000.00 R 160,000.00

Kapitale waarde

rente toenemend in jou guns sal werk as jy dit tyd gee. Om saamgestelde rente te verduidelik, kyk ons na twee scenario’s: Scenario 1: Persoon A en B is ewe oud. Persoon A spaar vandat hy 25 jaar oud was R500 per maand. Hy spaar dit vir tien jaar en hou dan op met sy maandelikse inbetaling. Persoon B begin eers op die ouderdom van 35 om R500 per maand te spaar en hou dan 30 jaar lank hiermee aan totdat hy 65 jaar oud is. Albei verdien 10% opbrengs per jaar, maandeliks saamgestel. Grafiek 1 wys hoe die twee individue se beleggings oor die 40 jaar gepresteer het. Hoewel persoon B veel langer gespaar het, is hy teen die ouderdom van 65 baie slegter af as persoon A wat net tien jaar lank gespaar het. Persoon A het in tien jaar R60 000 belê. Sy belegging staan op die ouderdom van 65 op R2 048 727. Persoon B spaar oor 30 jaar R180 000, maar sy beleggings staan op die ouderdom van 65 op R1 139 662. Persoon A is dus meer as R900 000 beter af as persoon B. Die volgende scenario sal meer lig hierop werp: Persoon C begin op die ouderdom van 25 om maandeliks R500 te spaar en hou tot die ouderdom van 65 hiermee aan. Hy verdien ook 10% opbrengs per jaar, maandeliks saamgestel, soos persone A en B. Grafiek 2 wys die maandelikse bedrag wat hy in `n spesifieke jaar spaar teenoor die rente wat hy maandeliks in dieselfde jaar verdien. Persoon C het teen 33-jarige ouderdom, die agste jaar van belegging, meer rente per maand begin verdien as die R500 wat hy belê het. Dit is in hierdie stadium wat saamgestelde rente sy werk begin doen het. Teen die tyd wat persoon C 65 jaar oud is, verdien hy al meer as R25 000 per maand, slegs in kapitaalgroei en rente! Uit die bostaande scenario’s kan nog vele vergelykings gemaak word. Die doel is egter om die volgende drie

1,500,000.00

R 140,000.00 R 120,000.00 R 100,000.00 R 80,000.00 R 60,000.00 R 40,000.00

1,000,000.00

R 20,000.00 R 0.00

1

2

3

4

5

6

7

8

9 10 11 12 13 14 15

500,000.00

0.00 25

Scenario 1.

30

35

40

Persoon A Persoon A bydraes

45

50

55

60

65

Persoon B Persoon B bydraes

R 25,000.00

Eerste 15 Jaar R 1,800.00 R 1,600.00

R 20,000.00

R 1,400.00 R 1,200.00

R 1,000.00 R 800.00

R 15,000.00

R 600.00

R 400.00 R 200.00 R 0.00

R 10,000.00

1

2

3

4

5

6

7

8

9 10 11 12 13 14 15

R 5,000.00 R 0.00 25

30

35

40

45

50

55

60

Scenario 2. Maandelikse rente verdien. Maandelikse premie. *Om dit te vereenvoudig is die jaarlikse rente verdien in die betrokke jaar deur 12 gedeel om die maandelikse syfer te bereken. afleidings te maak: � Saamgestelde rente is `n kragtige finansiële beginsel wat geld op besonderse maniere vir jou kan laat werk. � Tyd is belangrik: Hoe vroeër jy aan jou finansiële drome begin werk, hoe vinniger gaan jy dit bewaarheid. � As jy tyd aan jou kant het, hoef

jy nie onnodige risiko’s te neem om jou geld te laat groei nie. `n Jaarlikse opbrengs van 10% is heel haalbaar binne gematigde beleggingsinstrumente. Skakel gerus vir Lucas Holtzhausen by 082 682 8201 of stuur `n e-pos na lucash@gwk.co.za vir meer inligting oor beleggings. 39


Die Choice Wildlife Group-wildveiling op Boshof. Foto’s: Verskaf

Veilings

Julize van Ronge Klerk: Veilings

GWK skop wildveiling-seisoen op `n hoë noot af op Boshof

G

WK het die wildveilingseisoen op `n hoë noot afgeskop met die Choice Wildlife Group-veiling op Boshof. Die eienaars van die Choice Wildlife Group is mnre. Randy Westraadt en André Steyn. GWK se nuwe wildboma is ook tydens dié geleentheid ingewy. Kopers het van so ver as Kakamas, Aliwal-Noord, Trompsburg en Excel40

sior opgedaag, terwyl talle plaaslike wildeienaars ook die veiling bygewoon het. Wild wat tydens die veiling onder die hamer gekom het, sluit in rietbok, swartwitpens (sable), njala, lechwe, springbok, tsessebe, hartebees, gemsbok, eland, kwagga (sebra), swartwildebees, blouwildebees, waterbok, bontebok en koedoe. Eksotiese wild wat opgeveil is, sluit die volgende in: split-rooibok,

swart rooibok, split-blouwildebees, split-blesbok, roan, swart springbok, wit springbok, cream springbok, koper springbok, geel blesbok en wit blesbok. Ander wild wat opgeveil is, sluit in jagluiperd, buffel, leeu en witrenoster. Tabel 1 toon die gemiddelde en hoogste pryse wat wild op die veiling behaal het. Die afslaer was mnr. Deon Klopper van GWK.


Soort Blesbok Blouwildebees Bontebok Duiker Eland Gemsbok Hartebees Koedoe Koper springbok Lechwe Njala Rooibok Kwagga (sebra) Springbok Cream springbok Swart springbok Swartwildebees Waterbok Goue blouwildebees Wit springbok Koper springbok Tsessebe Rooibok (split) Lechwe

Gemiddeld 6 230.77 10336.62 112000 13000 7000 6708.11 4888.89 8250 38500 18000 30428.57 17222.22 6214.29 6347.62 14700 10000 1790.91 6000

Hoogste 7000 25000 120000 13000 7500 7750 5200 8500 45000 18000 32000 20000 6500 28000 15000 10000 2200 6000 475000 15000 150000 52000 30000 35000

Tabel 1. Gemiddelde en hoogste pryse wat wild op die veiling behaal het.

Foto’s: Van die wild wat op die veiling onder die hamer gekom het. 41


Veilings

Julize van Ronge Klerk: Veilings

Prestasiegetoetste ramme en bulle op veiling aangebied

G

WK het onlangs die Prieska Prestasiegetoetste Ram- en Bulveiling op die Soon Le Roux Jeugkampterrein buite Prieska aangebied. Die veiling is vanjaar reeds die dertiende keer aangebied en dit was die eerste keer dat bulle ook onder die hamer gekom het. Die veiling is veral gewild aangesien die diere veldaangepas is. Slegs uitgesoekte diere van die hoogste gehalte word op hierdie veiling aangebied. Die diere het goeie pryse behaal ondanks die droogtetoestande wat dele van die Noord-Kaap teister. Kopers so ver as Windhoek, Keetmanshoop, Cradock, die Paarl en Hartenbos het die veiling bygewoon. Ramme wat op die veiling aangebied is sluit in bekende veldram-rasse, naamlik Savanna-bokke (hier is ook vroulike diere te koop aangebied), boerbokke, wit dorpers, swartkopdorpers en Van Rooy-ramme. Die bulle wat op die veiling aangebied is sluit in swart en rooi Angusbulle, Bonsmaras en Brahmane. Buiten stoetramme is ook kudde- en merieteramme op die veiling aangebied. Tabel 1 wys die hoogste en gemiddelde pryse van stoetdiere. Die bulle se gemiddelde prys was R 20 600. Die afslaer was mnr. Deon Klopper van GWK. 42

Ras

Hoogste prys

Gemiddeld

Boerbok Swart dorper Savanna Savanna ooie Van Rooy Wit dorper

R 8 000 R 12 000 R 21 000 R 3 000 R 4 500 R 28 000

R 5 266.67 R 6 840.00 R 12 133.33 R 2 929.41 R 4 000.00 R 13 200.00

Tabel 1. Hoogste en gemiddelde pryse van stoetdiere.

Bo: Mnr. Francois Theron (koper) van Mariental, Tony Cahi van Prieska (verkoper), prys: R28000 vir `n wit dorperram. Regs: Mnr. en mev. Van Vuuren van NamibiĂŤ (kopers), mnr, Joe Scholtz van Griekwastad (verkoper), Prys: R21 000 vir `n Savanna-ram.


Adverteer in Kommuniek vanaf slegs R870! *BTW uitgesluit

Groottes: 90 mm x 55 mm / 150 mm x 55 mm /115 mm x 90 mm Drukoplaag: 3 000 pm Verspreiding: Noord-Kaap, dele van die Vrystaat, OosKaap, Wes-Kaap

Advertensievoorwaardes: Die waarde van die item moet meer wees as R2 000. Keuring van advertensie binne die konteks van die tydskrif. “First come, first serve”- basis. Kontak: Tania Fourie 053 298 8355 of taniaf@gwk.co.za

Graag wil ons vir Louie & Saartjie van Zyl bedank vir hul dienste gelewer en betrokkenheid in die gemeenskap. Ons wens hul gesin voorspoed toe met hulle toekoms planne. Welkom aan Noddis & Anni Uys wat saam met Christo & Bernie Groenewald Prieska Landboudienste by hul oorneem. Prieska Landboudienste gaan voort met die volgende dienste: • Nulandis Agentskap • Sidi Parani Agentskap • Spuitdienste Enige navrae: Kontak Noddis by 076 906 2649


GWK Nuus GWK se bemarkingskantoor in die Oos-Vrystaat opgegradeer Lesings kan nou vir produsente aangebied word GWK se bemarkingskantoor het aanbouings by hul kantoor op die plaas Tatenum Corner buite Ficksburg laat doen en ook die tak se stoorkapasiteit verdubbel om in ons produsente se behoefte te voldoen. Die nuut-aangeboude onthaalgeriewe sal gebruik word om lesings vir produsente aan te bied en hulle s贸 op hoogte te hou van nuwe ontwikkelings en neigings in die landbou. Geriewe vir `n veearts is ook aangebou, wat insluit `n ontvangslokaal, spreekkamer en ondersoekkamer. Midlands Veterinary Wholesalers se dieremedisyne sal eersdaags hier aangehou word. Die veearts en dieremedisyne op een perseel het ten doel om `n gemaklike eenstop-diens vir die produsent beskikbaar te maak. Die tak hou ook nou die volledige reeks van SA Feed Phosphates se voerfosfate en lekaanvullings, asook Westra se reeks mieliemeel-produkte.

Die nuwe onthaalgeriewe by GWK se bemarkingskantoor in die Oos-Vrystaat, waar lesings nou gereeld vir produsente aangebied sal word. Graanverhandeling, finansiering en insetverskaffing vorm ook deel van die besigheid en kredietfasiliteite word volgens die terme en

1 Kekewich Drive, Monument Heights, Kimberley 8301 Tel: 053 832 1971 E-mail: info@mondiormanor.co.za www.mondiormanor.co.za

voorwaardes van GWK Finansiering aangebied. Produsente kan ook by hierdie bemarkingskantoor aanklop vir korttermyn- en oesversekering.


GWK gradeer Humansdorp-tak se kantore op Omset en effektiwiteit op hierdie manier verhoog GWK se fasiliteite vir Veilings en Vleis op Humansdorp is onlangs opgegradeer. Die grootte van die aanbouings en opknappingswerk beslaan sowat 250 m2 en sluit vyf kantore en `n raadsaal in. Die ring in die veilingskompleks is ook opgeknap. “Effektiwiteit word verhoog aangesien al die GWK-personeel op Humansdorp nou op een perseel is, waar ons voorheen oor twee persele verdeel was. Die doel van die aanbouings is om die omset en effektiwiteit te verhoog en sodoende koste te bespaar,” sê mnr. Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Suid). Volgens Erasmus sal GWK se Humansdorp-tak nou klante in die Tsitsikamma-gebied meer effektief kan bedien met die bemarking van graan, vee en lusern. “Ons is meer sigbaar en sal ook beslis meer betrokke wees in dié gebied,” sê hy. Vir meer inligting, kontak Erasmus by Die opgradering van GWK se tak op Humansdorp sal verhoogde effektiwiteit 082 924 6096 of stuur `n e-pos na teweegbring. jane@gwk.co.za.


Twee navorsers reis op die oomblik met hul kajakke van die Vaalrivier se bron op Breyten in Mpumalanga tot by die Oranjerivier-mond op Alexanderbaai om die gehalte van die water en die gesondheid van die rivierstelsel te toets.

Ons water Dwayne Evans

Navorsers toets watergehalte

T

wee navorsers roei op die oomblik duisende kilometers ver op hul kajakke om die watergehalte en -gesondheid van hierdie belangrike rivierstelsel te toets. Mnre. Franz Fuls van Suid-Afrika en Brett Merchant van Australië reis van die bron op Breyten in Mpumalanga tot by die Oranjerivier-mond op Alexanderbaai, `n afstand van sowat 2 500 km. Die TriWaters-reis van 90 dae het op 16 Januarie 2015 begin en het ten doel om data op verskillende punte in die rivierstelsel te versamel. Die navorsing word namens die Suid-Afrikaanse Omgewingsobservasie-netwerk (SAEON), `n afdeling van die Nasionale Navorsingstigting (NRF) gedoen. Fuls en Merchant doen ook opvoedingswerk oor die belang van water en watergehalte onder gemeenskappe wat naby die rivierstelsel bly. Die stand van water is vir die landbou-sektor, sowel as die breër samelewing, van noodsaaklike belang. 46

Om hierdie rede bied Fuls en Merchant tydens hul reis praatjies oor waterbesparing en -gesondheid vir skole en ander belanghebbendes aan. Fuls, `n industriële ingenieur en vryskut-joernalis, lei die projek. Hy verduidelik dat MiniSASS-toetse gebruik word om die gesondheid van die rivierstelsel te toets. “Dit is maklik, goedkoop en gee `n baie goeie aanduiding van die gesondheid van die rivier,” sê Fuls. Merchant, `n professionele prospekteerder, het in 2013 die gehalte van water in die Murray-rivier in sy tuisland getoets. Hy verduidelik dat MiniSASS vyf kategorieë gebruik om die gehalte van `n rivierstelsel te verduidelik, naamlik baie sleg, sleg, billik, goed en skoon. “Op plekke was die telling baie swak, maar ná 1 000 km en meer as 30 toetse sien ons `n gemiddelde telling van “sleg” in die Vaalrivier. Met die eerste toets by die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier buite Douglas het ons `n ‘skoon’-uitslag gekry.”

Moontlike probleme wat die span al tydens hul reis opgelet het, sluit die lae watervlak van die Vaalrivier en die aantal treurwilgers in. “Hierdie bome kan tot 1 000 ℓ water per dag uit die rivier gebruik,” sê Fuls. “Ander probleme sluit die oormatige gebruik van water en die besoedeling daarvan in.” Merchant sê dat hulle oorbluf is met die gasvryheid wat hulle tot dusver ervaar het. “Ek het gedink Australiërs is gasvry, maar die Suid-Afrikaners neem dit `n paar treë verder!” Hy vertel dat hulle al van verblyf en kos tot saamrygeleenthede aangebied is. “Wanneer ons verduidelik waarmee ons besig is, stel mense, veral produsente, baie in ons projek belang. `n Paar produsente is reeds aktief in die herhaalde toetsing van watergehalte betrokke. Besoek www.triwaterstour.com om te sien waar die navorsers hulself bevind. Vir meer inligting oor die MiniSASStoets besoek www.minisass.org.


Kliënte-fokus In hierdie afdeling van Kommuniek leer ken ons nuwe lede van die GWK-span wat aangestel word in poste wat ons kliënte direk raak, sowel as mense wat reeds deel is van die span en na sulke poste bevorder word.

Mnr. Nelco van der Westhuizen is onlangs as takbestuurder by GWK op Hopetown aangestel. Van der Westhuizen kom oorspronklik van die Carnarvon-distrik en het ook hier gematrikuleer. Van der Westhuizen se familie het grond in dié distrik en boer met dorperskape. Nadat hy homself aan die Technicon Vrystaat in landboubestuur kwalifiseer, begin hy in 2007 sy loopbaan by OVK. In Maart 2009 word hy aangestel as takbestuurder op Hobhouse waarna hy in Februarie 2012 die pos as takbestuurder op Petrusville aanvaar het en in 2015 by die GWK-span aansluit.

Mnr. Otto von Molendorff is aangestel as Depotbestuurder: Hopetown en Modderrivier. Von Molendorff het in Hopetown grootgeword en skoolgegaan. Hy het in 2008 sy loopbaan by GWK op Hopetown begin as `n assistent-gradeerder en adminklerk by die Trans Oranje Graandepot. In 2010 is hy as gradeerder op Douglas aangestel waar hy binne `n jaar as silo-operateur bevorder is en in Mei 2013 as Bedryfshoof: Silo aangestel is.

Mnr. Koos Visagie is aangestel as afslaer by GWK Veilings op Kimberley. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Calvinia, waarna hy onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Hy begin sy loopbaan as afslaer by BKB in die Wes-Kaap en daarna op Bethlehem. Hierna aanvaar hy die pos as streekbestuurder van lewendehawe by CMW en tree ook op as afslaer in die WesKaap en Karoo. Vervolgens word hy aangestel as hoofbestuurder van Namlam, `n abattoir-bedryf in Springbok en Vredendal, waarna hy onlangs as afslaer by die GWKspan aangesluit het.

Besigheidsure: Ma - Vr: 07:00 - 19:00 Sa: 08:00 - 17:00 So: 08:00 - 14:00 Openbare vakansiedae: 08:00 - 14:00 Tel: 053 298 4203 Faks: 053 298 1955 E-pos: douglas1@retail.spar.co.za

Besigheidsure: Ma - Vr: 07:00 - 19:00 Sa: 08:00 - 17:00 So: Gesluit Openbare vakansiedae: 08:00 - 14:00

47




Kies jou gunsteling-foto vir die April-uitgawe van Kommuniek op GWK se Facebook-blad en wen groot pryse! Die wenner sal `n stel Snappy Chef-kookware ter waarde van R4 595 ontvang. Ses wyn-geskenkpakke van Landzicht is ook op die spel.

ReĂŤls Pryse kan nie vir kontant geruil word nie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.



Pret op die plaas Vir die jongspan

Help die mamma-eend om haar kleintjies te kry

52



Leefstyl

Carien Grobler

Jy’s nie so vet as wat jy dink nie! Jy weet dit nog voordat jy die eerste voet uit die bed gesit het, nog voordat jy in die spieël gekyk het of besluit het wat jy vandag gaan aantrek: Vandag gaan jy vet voel! Kenners meen egter dit is nie ons liggame wat ons laat vet voel nie, maar ons gedagtes.

J

y trek amper elke uitrusting in jou kas aan, maar niks stel jou tevrede nie, totdat jy uiteindelik jou “vet-broek” uit die kas haal. Dit lyk soos `n pajamabroek, maar minstens sit dit los en gemaklik, want vandag sal nie eers `n ontwer­pers­ uitrusting jou kan laat goed voel nie. “Die stelling ‘Ek voel vet’ gaan nooit werklik oor vet nie, selfs wanneer `n mens oorgewig is,” sê dr. Nicole 54

Hawkins, kenner op die gebied van eet­ver­steurings en direkteur van die Center for Change in Amerika, wat in die be­han­deling van eetversteurings spe­sia­li­seer. “Elke keer wanneer `n vrou in die spieël kyk en sê ‘Sies, ek is vet’, sê sy eint­lik daar is fout met haar of wat sy voel. Wanneer ons nie weet hoe om ons gevoelens te verwerk nie, bla­meer ons ons liggame vir wat ons voel. ‘Vet’ is nooit `n gevoel

nie, maar eer­der die vermyding van gevoelens. Jou liggaam is slegs `n manier om jou aan­dag af te lei van dit wat jou werklik pla.” Ons kyk so dikwels in die spieël en sê: ‘As ek net tien kilogram kan verloor, sal ek gelukkig wees,’” sê Hawkins. Volgens haar is die meerderheid van vroue en jong meisies ontevrede met hul liggame en sommige neem drastiese stappe om dit te verander.


depositphotos

`n Onlangse studie het getoon dat 63% van die vroulike deelnemers hul gewig identifiseer as die faktor waarvolgens hulle bepaal hoe hulle oor hulself voel. “Ander navorsing het getoon dat 86% van alle vroue ontevrede is met hul liggame en gewig wil verloor. Vroue en jong meisies beskou hul gewig as `n bepalende element van hul identiteit. Sommige vroue dink daar is iets fout met hul liggame as hulle nie altyd dieselfde grootte klere dra nie.” `n Mens word egter nie met `n nega­tiewe liggaamsbeeld gebore nie, in­teen­deel. Kinders is in die algemeen ver­won­derd oor hul wonderlike lig­ gaam­pies. Maar wat veroorsaak dat vroue die skuif maak van verwondering tot af­ keer en weersin? Kenners meen dit is hoofsaaklik te wyte aan die feit dat ons toelaat dat ander se menings bepaal hoe ons oor ons liggame en onsself voel. Die ironie is egter dat `n slanke liggaam nie direk aan `n goeie selfbeeld en `n gelukkige lewensuitkyk gekoppel kan word nie. Maer mense het nie noodwendig `n goeie selfbeeld nie en is ook nie nood­wendig gelukkig nie, terwyl sommige oorgewig mense `n goeie selfbeeld het en ondanks hul gewig lewensgeluk ervaar. Hierdie dinge kom dus van binne. Nietemin oortuig vroue dikwels hulself dat kilogramme en sentimeters die maat is waarvolgens hulle hul selfbeeld en geluk moet meet.

groottes en vorme te aanvaar,” sê Hawkins. “Dit sal jou help om jou eie liggaam te waar­deer.” Onthou ook dat die sa­me­lewing se standaarde oor die “ideale skoonheid” die af­ge­ lope 50 jaar heelwat verander het. Marilyn Monroe was alles behalwe rietskraal, maar steeds pragtig.

Behou `n gesonde balans. Navor­sing het gewys dat vroue meer geneig is om negatief te voel oor hul liggame as mans. Volgens dr Nicole belê vroue psigologies meer in hul fisieke voor­koms. “`n Mens se liggaamsbeeld is sen­ traal tot hoe jy oor jouself voel. Tot `n kwart van `n mens se selfbeeld is Vergeet van dieet. Volgens die re­sul­taat van hoe poHawkins was 90% van alle vroue al sitief of negatief jy na jou liggaam in die een of ander stadium op `n kyk. Ongelukkig koppel talle vroue dieet en is 50% van alle vroue op eni- `n groter persentasie van hul selfge gegewe tydstip op dieet. “Vroue beeld aan hul ligga­me. Dit gebeur is twee keer so geneig om te dieet ook dat vroue “blind” word vir hul as mans. Ongelukkig tel 98% van eie figure. As jy nie seker is of jy jou mense wat dieet binne vyf jaar weer eie oor­deel kan vertrou nie, beoordie gewig op. Stu­dies dui ook daar­op deel jou grootte volgens die opinie dat 20-25% van mense wat dieet `n van iemand wat jy vertrou.” eetversteuring ontwikkel.” Sy waar­sku dat diëte `n mens nie beter laat voel Lief jou lyf oor jouself nie, maar eerder jou ener- In haar boek Body Wars, Making gie tap. “Diëte veroorsaak ook buie­ Peace with Women’s Bodies, bied dr. righeid en gevoelens van hopeloosMargo Maine, `n sielkundige, prakheid.” tiese raad aan wat vroue leer om weer hul ligga­me lief te kry. Aanvaar jou genetika. Maine se slagspreuk is: “Moenie jou “Talle aspek­te van `n mens se ligselfbeeld weeg nie; dis die binne­kant gaam kan nie ver­ander word nie. wat tel!” Minstens 25-70% van jou voorkoms Hier is vyf maniere waarop jy weer word deur jou gene bepaal,” verjou lyf kan liefkry: duidelik dr Nicole. Hoewel jy dit nie 1. Dink aan jou liggaam as die kan verander nie, kan jy egter wel voer­tuig na jou drome. Eer dit, verander hoe jy jouself be­oordeel. respekteer dit en gee dit genoeg “Verandering kom van bin­ne en bebrand­stof. gin met selfrespek en `n po­sitiewe 2. Dink `n slag aan al die dinge gesindheid. Fokus op jou ge­sondheid wat jou liggaam jou toelaat om en nie jou grootte nie.” te doen. Voeg gereeld `n paar dinge by. Bevraagteken die media. 3. Word bewus van wat jou liggaam Die media stuur daagliks boodskap­ elke dag doen. Onthou dat dit pe uit oor wat aanvaarbaar en die instrument is waarmee jy die Skud die negatiewe beeld af onaanvaarbaar is wat vroue se liglewe aanpak, nie slegs `n ornaHoewel `n negatiewe liggaamsbeeld game betref. “Die oorgrote meerderment nie. nie noodwendig tot eetversteurings heid van vroue (96%) se ligga­me vol- 4. Dink aan mense wat jy bewonen depressie aanleiding gee nie, is dit doen nie aan die standaarde wat der, mense wat `n bydrae maak steeds ongesond. deur modelle en ak­tri­ses in die media tot jou lewe, jou gemeenskap of “Vroue moet leer om `n negatiewe voorgehou word nie,” sê Hawkins. die res van die wêreld. Het hul lig­gaamsbeeld na `n gesonde en po­ “Die gemiddelde model is 1.55 m voorkoms `n oorwegende rol gesi­tiewe benadering te verander,” sê lank en weeg 50 kg, terwyl die ge­ speel in hul suk­sesse en prestaHawkins. Sy gee die volgende raad: mid­delde vrou 1.64 m lank is en 65 sies? kg weeg. Hou altyd in gedagte dat 5. Wees selfversekerd en trots op Veg teen stereotipes oor vet. slegs 4% van alle vroue geneties die wie jy is. Elke vrou is pragtig, van “Werk daaraan om mense van alle ‘ideale’ liggaam het.” binne én van buite!


Gesondheid

Word oefen-mal in `n japtrap As jy `n rand gehad het vir elke keer wat jy jouself voorgeneem het om te begin oefen, was jy vandag skatryk. Jy weet dit is goed vir jou, maar jy voel geensins opgewonde daaroor nie! Volg hierdie riglyne en maak seker jy benader dit reg. Weet hoe werk die gewigte Moenie verleë voel om raad te vra nie. Maak seker jy kan elke oefening met die regte tegniek uitvoer voordat jy met gewigte begin oefen. As jy die gewigte verkeerd gebruik, kan jy jouself beseer en dit kan ook keer dat jou spiere reg ontwikkel. Leer die regte tegnieke Dit is belangrik om die regte tegnieke aan te leer en ook uit te vind wat die beste oefenvolgorde vir die beste resultate is. `n Goeie persoonlike afrigter sal jou van die jongste neigings vertel. Sodoende kan jy verskeiden­heid by jou program inwerk, wat jou gemotiveer en geïnteresseerd sal hou. Vermy energiedrankies As jy `n sportdran­kie drink terwyl jy oefen, sal jou bloedsuiker opskiet en dikwels sommer nog tydens jou oefensessie weer skielik daal. Dit kan jou duiselig, swak en selfs naar laat voel. Drink eerder gefiltreerde water. 56

Eet voordat jy oefen Oefening op `n leë maag kan tot die aftakeling van spierweefsel lei. As jy nie voor `n oefensessie eet nie, omskep die liggaam spierweefsel pleks van die kos in glukose om die energie wat jy nodig het, te voorsien. Dit kan `n negatiewe invloed op jou metabolisme hê en kan selfs tot `n besering lei. Bêre daardie telefoon Tensy jy jou foon gebruik om na musiek te luister terwyl jy oefen, behoort dit eint­lik in jou oefensak te wees. Onthou waar­om jy daar is – om aan jou figuur te werk en te ontspan, nie om almal se doen en late op Facebook na te gaan of jou e-pos te lees nie. Dit sal jou aandag aflei en keer dat jy effektief oefen. Eet reg voordat jy oefen Eet `n klein peuselhappie wat laeGI-koolhidrate bevat en jou bloed­ suiker bestendig hou. Goeie peuselhappies sluit in: � vrugte (appels, piesangs, bessies, kersies, druiwe, pere, aarbeie);

� volgraanbrood; � groente; � rys, pasta, ontbytkos.

Oefenmites: � Gewigte maak jou gespierd. Nee, jy sal nie in `n vroulike Thor verander nie! Vroue het minder spierweefsel en produseer laer vlakke van testos­te­roon as mans, wat beteken vroue is fi­sio­­logies minder geneig om spie­re te bou. � Opsitte laat magie-vet les op sê. As jy `n hoe persentasie liggaams­vet het, sal jou maagspiere ook met `n klomp vet bedek wees. Jy moet jou totale persentasie liggaamsvet vermin­ der d.m.v. `n kombinasie van kardiovaskulêre en kragoefe­nin­ge om daardie plat magie te kry. � As jy nie sweet nie, oefen jy nie hard genoeg nie. Sommige mense sweet emmersvol, terwyl ander kurk­droog lyk! Jou sweet word bepaal deur jou lig­gaams­ gewig, genetiese samestelling en eksterne faktore soos kleredrag. � Jou knieë is beter af op `n trapmeule as op die pad. Die stres op jou knieë word veroorsaak deur die impak wat jou liggaamsgewig op jou gewrigte het. Hierdie stres bly dieselfde ongeag of jy op `n trapmeule of op die pad hardloop.


Resep

Oondhoender met plomp skyfies Resep

1 hoender 15 ml vinkelsade 1 E gekapte tiemieblare – 2 takkies 1 E vars marjolein, gekap – 2 takkies 5 ml sout ½ t peper 3 E olyfolie 1 kleinerige suurlemoen, in kwarte 1 heel knoffelbol, middeldeur gesny 6 aartappels, in kwarte gesny Metode � Voorverhit oond tot 150°C. � Maak vinkelsade fyn in `n stamper en vysel. Gooi kruie, sout en peper en 2 E van die olie by en stamp om `n smeer te vorm. Sit die hoender in die oondpan en smeer goed in met die mengsel. Druk die suurlemoen en knoffel in die holte en plaas die marjoleinen tiemietakkies ook daarin. � Bind die boudjies met kombuistou vas. � Rangskik aartappelwiggies om die hoender in die oondbak, sprinkel olyfolie oor die aartappels en geur goed met sout en peper. Wikkel `n bietjie deurme­kaar. � Bak drie ure in die oond. Draai elke 45 minute die hoender en die skyfies om sodat dit met die sous in die pan gegeur word. � Om `n lekker kleurtjie aan die hoender te gee en die aartappels goed bros te kry, plaas sowat tien minute onder die gloeiende roosterelement.

57


Agterblad Uit Piet se pen

Jessie my baby, dis net ek en jy . . .

O

ns hou vakansie en besluit om die vertoning van `n bekende sanger by te woon. Hy is nie by almal ewe gewild nie, maar elkeen is mos geregtig op sy mening. Die gehoor is baie informeel geklee. Ja, daar kom selfs `n ou met `n paar babablou Crocs aan. Toevallig ken ek hom, maar ons los liewer die name. Voor ons sit `n middeljarige, blonde vrou en haar dogter. Sy wink die persoon in beheer nader. `n Woordewisseling volg rondom hul sitplekke. Sy is baie ontevrede en al wat ons hoor is dat sy spesiaal gereël het om heel voor te sit. `n Rukkie later word hulle tot voor begelei. Die getatoeëerde arend op haar skouer is onmisbaar. Sy vergeet haar pakkie Camels op die stoel. Skuins voor ons sit vyf bulle. Die blou kol in die ry staan duidelik uit. Rasegte Blou Bulle, ten volle uitgerus. Pa, ma, `n seun en twee dogters. `n Gedugte vaste vyf in wording – veral die dogters het potensiaal. Die vertoning moet amper begin. Die organiseerder heet almal welkom en beloof `n vertoning van hoogstaande gehalte. `n Plaaslike kunstenaar wil eers `n lied­jie sing. Ene Herman Grobler. Ons is opgewonde (het nooit geweet Ca­rien se man kan sing ook nie!) Her­man maak sy verskyning, maar dis on­ge­lukkig nie die persoon aan wie ons gedink het nie. `n Middeljarige man­netjie met `n ronde magie verskyn op die verhoog en trek los met sy eie kom­posisie. “Die spore van gister is die spoke van vandag, die spoke van vandag lê in die nag en wag, die 58

pa wil nie gaan slaap nie, ja, die pa wil nie gaan slaap nie.” Oor en oor dieselfde woorde met `n kenmerken­de doef-doef in die agtergrond. `n Vrou gil uit die gehoor: “Herrie, jy mag maar.” Dit kan baie dinge beteken, maar beslis nie sing nie. Gelukkig het Herrie net een keer gesing. Ons word aan nog `n voorsanger voor­gestel. Die liedjie Blikskottel is sy claim to fame. Hy is glo `n country-sanger in wording. Hy herinner sterk aan Jurie Els. Sy cowboy-hoed is effens groot en dreig om sy kop te verlaat met elke hoë noot wat hy sing. Met hande omhoog probeer hy die gehoor aanpor. Elke liedjie word met `n luide hie-haa afgesluit. Saam met hom is René van die Affodille, `n bekende mandolienspeler. Meneer Blikskottel stel net in homself belang. Ai, hy is so spyt Fredi (Nest) kan nie saam met hom sing vanaand nie. Maar ons hoef nie teleurgesteld huis toe te gaan nie, hy het genoeg CD’s saamgebring waarop hy en Fredi saam sing. Pouse is hy by die tafel links agter in die hoek waar hy CD’s sal teken en drukkies en soentjies sal uitdeel. Hy kan nie wag nie. Hiee-haa! Uiteindelik is dit die hoofsanger se beurt. Hy verskyn in `n leerbaadjie, `n breë goue ketting om die nek en `n noupassende broek. Sy gekleurde hare staan penorent. Vasberade tel hy sy kitaar op en vryf deur sy hare. Doen `n verstelling of twee, testing, one, two, three en daar gaan hy. Hy leef hom in. Die kitaar se nek beweeg aggressief op en af. Hy pluk verwoed aan die snare. Die klankman moet bontstaan. Vin­ ger­te­kens vlieg heen en weer soos

ver­stellings harder en sagter gedoen moet word. Sy klankman is `n vrou. Toevallig sy verloofde en hy noem haar Bumi. Sy het lang, swart hare en haar klere is nommerpas. Hier en daar dreig `n rolletjie om die oorhand te kry. Nee, die manne kla nie. Bumi is oraait. Meneer sê hy was nogal lanklaas in die Huisgenoot. Hy is vanjaar 36 jaar oud en hy sing al vandat hy 12 jaar oud is. Hy was verlief op sy sangjuffrou, al het sy dit nooit geweet nie. Vroue bly maar sy swak punt. Hy vertel verder dat hy snags werk en bedags slaap. Hy besit deesdae sy eie sangstudio en hulle moet nog vier CD’s vóór die KKNK in Maart klaarmaak. Hulle skryf liedjies en jol dwarsdeur die nag – harde werk met sy eie byvoorde­le. `n Hele paar uitstekende Afrikaan­se CD’s wag op die feesgangers. Mense moet tog daarvoor uitkyk op die komende feeste. Lekker doef-doef. Dit is pouse en Bumi beweeg na die agterkant van die verhoog. Sy swaai haar modellyfie speels in die rigting van die kleedkamers. Meneer wag haar met `n breë glimlag in. Nee, sy kop is deur! Ná pouse hoor ons `n tribute to Roy Orbison en Roxette. Hy doen die covers meesterlik. Sy kitaarspel is uitste­ kend. Op sy rug en op sy knieë, maak nie saak nie, die kitaar kerm verwoed voort. Ons geniet dit. Die gehoor dring aan op Afrikaans. `n Jong dame spring op haar stoel en vra vir Hokaai stop die lorrie. Selfs die bulle kry nou lewe. Almal sing saam. Laataand stap ons huis toe met “Jessie my baby, dit is net ek jy”, wat in my kop vassteek . . .


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936


GWK Bateversekering . . . gewaarborgde gemoedsrus Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773 Hopetown Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes/ Jan Kempdorp René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

Ficksburg/ Mooirivier

Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

www.gwk.co.za

GWK se versekering waarborg gemoedsrus oor die besittings watvir jou en jou gesin belangrik is. Met ons kliëntgerigte fokus en innoverende benadering bied ons maakpas oplossings vir elke in dividu se versekeringsbehoeftes. Kontak ons ook gerus om jou met finansiële beplanning vir die toekoms by te staan.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.