Mei 2015
`n handelsmerk van
GWK beding fondse vir opkomende produsente
GWK staan produsente by om volhoubare boerderye te vestig
GWK-ontwikkeling `n inspuiting vir provinsie se ekonomie
GWK innoveer met die jongste tegnologie van John Deere
GWK Versekering . . .
Welvaartbestuur deur spesialiste Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474
Behalwe welvaartbestuur, lewensversekering en verskeie ander gehalte-produkte en -dienste, bied GWK Versekering nou ook ’n bekostigbare begrafnisskema. GWK se makelaars staan gereed om hierdie puik produk aan ons produsente te verskaf. Skakel vandag nog jou makelaar vir meer besonderhede.
Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201
GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige www.gwk.co.za reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-
innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,
MEI 2015
OP DIE VOORGROND
AKTUEEL
32
7 6
Redaksioneel
7
Geestelike akker
8
Damme en temperature
32 GWK Nuus - Ons personeel is great! - Besighede vir deurlopende prestasie vereer. - ABET-kandidate ontvang sertifikate.
10 Agrikalender 12 Landbouwenke
VOORBLAD
LANDBOUSAKE
14
26
14 Aktueel GWK beding finansiering vir opkomende produsente.
22 Lewendehawe ‘Opleiding is belangrik om probleemdiere te beheer.’
16 Aktueel GWK staan produsente by om volhoubare boerderye te vestig.
26 Presisieboerdery Laboratoriumondersoek na doeltreffendheid van gipssuspensie, vloeibare kalsiumnitraat en korrelgips as ameliorant in grond.
18 Ons besigheid GWK-ontwikkeling `n inspuiting in Noord-Kaapse ekonomie. 20 Ons besigheid GWK innoveer met die jongste tegnologie van John Deere.
MEI 2015
WEES INGELIG
VROUE
24 24 Ontmoet ons spesialiste GWK pas aan in `n veranderende vleisbedryf. 36 KliĂŤntefokus - Bemarkingsbestuurder vir verbruikersprodukte aangestel. - MVW stel bestuurder aan.
42 Leefstyl Verander net een gewoonte! 44 Gesondheid Keer dat angs jou lewe beheer. 46 Vleis vir die jagseisoen Springbokboud oor die kole. 48 Resep MieliesoufflĂŠ met fetakaas by.
ONTSPAN
50 42 Vir die jongspan Verbind die kolletjies en kleur my in! 50 Agterblad Seun moet gehaal word . . .
4
42
tuur s e B n e e i s k e Dir Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human Frans Lubbe
Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid
Hoofbestuur Besturende Direkteur Pieter Spies Finansiële Direkteur Johann Klopper Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen
Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121 Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178 Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111 Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579 Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383 Meganisasie Johan Kruger 082 809 4778 Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656 Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103 Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821 Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710
Uitvoerende Bestuur Sekretariaat John Bell 076 430 5615 Finansies en Stelsels en Finansiële Landbou Advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844
Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849 Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545 Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190
Vleis Alex Cilliers 082 808 3063
Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163
Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531
Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547
5
Redaksioneel Dit voel soos gister wat die ou witstinkhout in ons erf hierdie tyd van die jaar sy blare begin afgooi het. Dan het my ouers goedig begin stry, want die gekleurde blare op die grond was vir my pa pragtig, maar het my ma nie aangestaan nie . . . Dit winter het hierdie jaar skielik gekom. Hy het sy voelers soek-soek uitgesteek, maar ons tog laat hoop op laat koue met die warm dae wat tussenin gevolg het. Die koue beteken egter nie dat ons die pas verstadig nie. Inteendeel. In hierdie uitgawe lees ons die warm nuus oor GWK wat fondse vir opkomende produsente bekom het en kuier by mnre. Dawid en Norman Cornelissen op die plaas. Hierdie boerdery is `n suksesverhaal waar GWK se spesialiste `n groot rol gespeel het. Ons doen aan by GWK se ontwikkeling op Modderrivier wat `n groot
inspuiting vir die Noord-Kaap se ekonomie is en kyk hoe GWK innoveer met die jongste tegnologie. Ons kyk ook na die volhoubare beheer van probleemdiere vir veeprodusente en ontmoet een van GWK Vleis se vele spesialiste wat met sy kennis groot waarde tot ons besigheid toevoeg. Dan kyk ons saam met die span van Presisieboerdery na die doeltreffendheid van gipssuspensie, vloeibare kalsiumnitraat en korrelgips as ameliorant in grond. Hierdie maand maak ons `n heerlike springbokboud oor die kole vir ons jagters, terwyl die dames `n
mieliesoufflĂŠ kan aanmekaarslaan wat die vleis sal komplementeer. Ons leer ook hoe om angstigheid te hanteer en hoe `n mens jou lewensgehalte kan verbeter deur slegs een gewoonte te verander. Piet sluit hierdie uitgawe af met `n komiese probleem, want Seun moet gehaal word, maar hy wil nie klim nie!
Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)
Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730
Kontak ons
Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za
VOORBLADFOTO Conrad Borman
6
Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za Vind ons aanlyn deur die QR-kodes hiernaas met `n slimfoon te skandeer. iPhone-gebruikers kan die QRReadertoepassing aflaai. Android-gebruikers kan die QR Droid Code Scannertoepassing aflaai.
Tot volgende keer.
ler
Carien Grob
Redakteur
Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers, asook landbounuus. E-pos: carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Kommuniek
depositphotos
Geestelike akker God, ons CHIRURG
steek. Aanvanklik lyk enige kameel on`n Sandstorm het net voor sononder skuldig en soos die Arabier, dink jy in die woestyn opgesteek waardeur dat jy jou kameel kan beheer. Jy gee die Arabier en sy kameel getrek het. aandag aan daardie verbode verVinnig het die Arabier sy tent van die houding en dink jy sal weet wanneer kameel se rug afgehaal en dit opgeom dit te stop.. Jy gaan dobbel, maar slaan om te verhinder dat te veel sand neem net `n sekere bedrag saam. in sy oë kom. Wat jy eintlik doen, is om jou kameel Die Arabier het homself egter net in `n voet in die deur te gee. sy tent tuisgemaak toe die kameel Dawid se kameel was die beeldskone sy snoet by die tent inwurm met die Batseba in die bad. Deur nie sy kop woorde: “Meester asseblief, dit is baie weg te draai toe hy haar van die pakoud en sanderig hier buite. Kan ek leis se dak af gesien het nie, het hy asseblief net my snoet hier binne die die kameel se snoet in sy tent toegetent sit?” Die Arabier het die kameel laat. jammer gekry en hom toegelaat terwyl Toe hy aan sy wagte die opdrag gee hy weer aan die slaap geraak het. om die getroude vrou na hom te `n Rukkie later het die Arabier wakker bring, het hy die kameel se kop in sy geskrik en gesien hoedat die kameel tent toegelaat. Toe hy met haar owersy hele kop by die tent instoot. “Asspel gepleeg het, sy swanger geword seblief meneer, dit is baie koud hier het en Dawid uit wanhoop haar man, buite. Ek wil net my kop hier binne Urija in die voorste linies laat veg sit.” Weer het die Arabier hom laat het waar hy sou sterf, het die kameel begaan en aan die slaap geraak. homself heeltemal in Dawid se tent inDie patroon het homself weer en gewurm terwyl hy alleen in die koue weer herhaal. Eers het die kameel net woestyn agtergelaat is. sy snoet, toe sy kop, toe sy voorpote Luister na Dawid se berou hieroor in en later sy hele lyf in die Arabier se Psalm 51: “Wees my genadig, o God, tent ingewikkel. Die tentjie was klein in u troue liefde. Wis my oortredings en beknop. Toe die Arabier sy oë uit- uit in u groot barmhartigheid! Was my vee, was hy buitekant die tent en die skoon van my skuld, reinig my van my kameel snoesig in sy tent! sonde! Teen U alleen het ek gesondig, Jy het ook daagliks `n klomp kame- ek het gedoen wat verkeerd is in U le wat aan jou tent se deur kom klop. oë.” Dan in vers 12: “Skep in my `n Kamele wat jou ook smeek om net `n rein hart o God. . .” In vers 18-19 neus” of “net `n kop” by jou tent in te kom die belangrikste boodskap van
Dawid: “`n Offer vra U nie. . . Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal `n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.” Dawid het verstaan dat God ons CHIRURG is. Vir Hom is `n rein hart die belangrikste. Juis daarom sal Hy uit liefde die skalpel gebruik om iets uit ons harte weg te sny as hy weet dat dit ons geestelike dood sal veroorsaak. Hebreërs 12:5b: “My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie, want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem.” God is ons CHIRURG. Hoe lyk jou geestelike hart voor Hom? Moenie soos die Arabier aan die slaap raak nie. Stoot die kameel betyds by jou tent uit! Vader God, baie dankie dat U my uit liefde sal dissiplineer om te verhoed dat ek later baie seerder kry. Help my asseblief om betyds enige ongewenste kamele in my lewe raak te sien en uit te stoot. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen. Benescke Janse van Rensburg Uit Ontdek God in die stories van mense, uitgegee deur Lux Verbi. 7
Damme en temperature Huidige stand van damme Riviersisteem
Dam
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol
70.0
107 87 97
60.0
Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam
78 64 22 27
30.0
Hartsrivier
Spitskopdam
79
Rietrivier
Kalkfonteindam
17
Modderrivier
Krugersdriftdam
59
Oranjerivier
Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam
Vaalrivier
50.0 40.0
20.0 10.0 0.0
Douglas
Prieska
Hopetown
Barkly-Wes
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 25 Maart tot 24 April 2015 Douglas Lunenburg
Prieska Green Valley Nuts
40
40
30
30
20
20
10
10
0
0
Hopetown Lilydale
Barkly-Wes Ulco
40
40
30
30
20
20
10
10
0
0
Maandelikse voorspelling Mei 2015
Rietrivier 40 30 20
10 0
Maksimum
Maksimum langtermy
8
Minimum
Minimum langtermyn
Rietrivier
Vaalharts
Veilingskalender en Veilingspryse Jakalsdans-wildveiling, Loxton Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Rhodes Farming-aanteelveiling Boshof-wildveiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Griekwastad-veiling
27 Mei 28 Mei 28 Mei 29 Mei 29 Mei 30 Mei
Humansdorp-veiling Warrenton-veiling Kupfort Bonsmara-veiling Sernik Bonsmara-veiling Fauresmith-veiling Fitches Corner-veiling
gerhard steenkamp
16 Mei 19 Mei 20 Mei 23 Mei 26 Mei 27 Mei
Veilingspryse vir lewendehawe – Maart 2015 20/04 - 24/04
13/04 - 17/04
27/04 - 1/05
4/05 - 8/05
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R16.50
Slagosse
R16.80
Slagosse
R16.30
Slagosse
R16.50
Slagkoeie
R13.50
Slagkoeie
R13.50
Slagkoeie
R14.50
Slagkoeie
R14.50
Maer beeste
R12.00
Maer beeste
R12.20
Maer beeste
R12.00
Maer beeste
R12.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R20.20
Ligte kalwers (180-200kg)
R20.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R20.20
Ligte kalwers (180-200kg)
R20.20
Swaar kalwers (201-250kg)
R20.20
Swaar kalwers (201-250kg)
R20.00
Swaar kalwers (201-250kg)
R20.00
Swaar kalwers (201-250kg)
R20.00
Swaar kalwers (250kg +)
R18.50
Swaar kalwers (250kg +)
R18.50
Swaar kalwers (250kg +)
R18.50
Swaar kalwers (250kg +)
R18.50
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R23.00
Slaglammers
R23.00
Slaglammers
R24.00
Slaglammers
R26.00
Stoorlammers
R23.00
Stoorlammers
R23.00
Stoorlammers
R24.00
Stoorlammers
R24.00
Kruislammers
R22.50
Kruislammers
R23.00
Kruislammers
R22.00
Kruislammers
R22.00
Slagooie
R17.50
Slagooie
R17.00
Slagooie
R17.50
Slagooie
R17.50
Maer ooie
R15.00
Maer ooie
R15.00
Maer ooie
R15.50
Maer ooie
R15.50
Klein bokkies
R24.00
Klein bokkies
R24.00
Klein bokkies
R26.00
Klein bokkies
R26.00
Jong bokke
R23.50
Jong bokke
R24.00
Jong bokke
R24.00
Jong bokke
R24.00
Bokooie
R17.00
Bokooie
R17.00
Bokooie
R17.00
Bokooie
R17.00
10
Landbouwenke Koring/Gars Grondvoorbereiding kan nou
begin. In geval van minimum bewerking bestaan die gevaar van `n stikstof-negatiewe periode vanweë groot hoeveelhede strooi op die oppervlakte. Hoër toedienings mag nodig wees om te verseker dat die jong plantjies nie aan `n stikstofgebrek lei nie. Verbeterde bandplasing en verdeling van stikstof kan die effektiwiteit daarvan verhoog. Saailingkragtigheid kan onder minimum bewerking afneem weens laer temperature met die deklaag
Mielies wat kieming terughou. `n Effense hoër plantdigtheid kan hiervoor kompenseer. Plant lande met die beste potensiaal om maksimum opbrengste te behaal. Gebiede met kouer mikro-klimate moet verkieslik later geplant word om moontlike koueskade tydens blomtyd te vermy. Met minimum bewerking moet verseker word dat daar nie te veel reste bo die grond is nie, aangesien dit die voorkoms van Fusarium bevorder.
Lusern en weiding Lusernaanplantings kan nog tot
totdat die plante goed opgekom einde Mei gedoen word. het. Maak seker die saadbed is fyn en Die ideale stand van nuut gevesferm vir goeie saad-grondkontak. tigde lusern is ±215 plante/m². Plantdiepte: `n Maksimum van Weidings soos stoelrog, voerhawer 10mm. en meerjarige swenkgrasmengsels kan nog tot begin Junie geplant Dien ligte besproeiings gereeld toe om `n goeie stand te verseker word.
Strooptyd is in volle gang. Maak
seker opbrengsmonitors is korrek, veral wanneer opbrengskaarte gebruik word in hoëtegnologie boerderypakette. Maak ook seker stropers is skoon wanneer Simba- en Waxymielies gestroop word. Simbamielies word teen `n maksimum van 14,5% vog ontvang.
Grondbone Die oesproses is byna verby
en plante kan drie tot vier dae in windrye lê, afhangend van weersomstandighede. Maak seker plukkers is reg ingestel om pitverliese te beperk. Indien plante te droog gepluk word, is peulverliese groot. Pluk grondbone eerder soggens vroeg en laatmiddag tot aand wanneer vogtoestande hoër is.
Pekanneute Besproeiing kan drasties
Uie en saaduie
Ui-aanplantings is in
(veral op saaduie) in `n vroeë die ontkieming- tot jong stadium. Uie groei stadig die eerste 90 dae en het nie groot saailingstadium. Gee gereelde ligte besproeiings totdat die hoeveelhede stikstof nodig nie. plantjies goed gevestig is. Kaliumtoedienings kan twee tot Wees versigtig om onkruiddoders drie keer deur die loop van die te vroeg ná opkoms te spuit. seisoen gedoen word, afhanErge brandskade kan voorkom gend van die grondontledings. of plante kan afsterf. Bolle van saaduie behoort Wag totdat die plante minstens nou al redelike hergroei te in sterk twee tot drie wareblaartoon. Inspekteer gereeld vir stadium is. blaaspootjies en spuit wanneer Vermy groot hoeveelhede stikstof insekdruk hoog raak. 12
verminder word, maar moenie heeltemal uitdroog nie. Begin om die boordvloer skoon te maak van onkruid en blare om die oesproses te vergemaklik. Neem vroegtydig grondmonsters waar nuwe aanplantings beplan word. Bestel vroegtydig nuwe bome om seker te wees bome van goeie gehalte word bekom. Koop bome verkieslik by geregistreerde kwekerye en/of welbekende kwekers om seker te wees van die gehalte. Saamgestel deur GWK Presisieboerdery
Aktueel
Carien Grobler
GWK beding finansiering vir opkomende produsente
G
WK het met Landbank onderhandel waarna `n bedrag beskikbaar gestel is vir die finansiering van opkomende produsente. Die oogmerk hiermee is om die produsente ná vyf jaar in `n posisie te plaas waar hulle volhoubaar op normale kommersiële terme met hul boerderye kan voortgaan. Landbank het `n kredietbeleid goed14
gekeur soortgelyk aan GWK se bestaande beleid waarvolgens die fondse uitgeleen moet word. Bates en omset van die opkomende produsente mag byvoorbeeld nie bo `n sekere kerf wees nie. Die fondse is ook beperk tot produksie van gewasse en lewendehawe is ongelukkig voorlopig hierby uitgesluit. `n Keuringsvraelys is opgestel waarteen elke potensiële produsent getoets word voordat fondse beskikbaar
gemaak word. As die produsent die keuring slaag, word `n voorstel aan Landbank gedoen wat dan die produsente vir goedkeuring besoek. `n Uitbetaling word dan aan GWK gedoen vir produsente wat die keuringsproses slaag. Die totale boerdery word deur die produsent in samewerking met GWK hanteer. Dit is `n vereiste dat GWK se kundiges deurentyd betrokke is. GWK Finansiële Landbou Advies-
depositphotos
dienste se landbou-ekonome stel `n volledige lewensvatbaarheidstudie saam en monitor maandeliks die boerdery teenoor begroting. GWK se landboukundiges moet die boerdery minstens eenkeer per maand besoek en aanbevelings maak. `n Mentor-produsent word deur GWK aangewys wat elke opkomende produsent oplei en bystaan met dag-tot-dag aktiwiteite in die boerdery. Die fondse is net aan opkomende produsente beskikbaar en lenings moet volgens beleid teen normale GWK-bepalings terugbetaal word. Die produsente se situasie word jaarliks hersien waarna fondse weer beskikbaar gestel kan word. Gunstige rentekoerse word gebied wat jaarliks eskaleer totdat die opkomende produsent teen jaar vyf ook rente betaal teen heersende mark-rentekoerse (4% in jaar een wat jaarliks met 1% verhoog).
GWK se projek in Noordwes Op die oomblik bestuur GWK se besigheid vir opkomende produsente 52 produsente met 470 ha lusern onder hierdie model. Aangesien lusern in die wintermaande geen inkomste bied nie, word reserwes vir elke produsent geskep om in die wintermaande onkoste soos elektrisiteit te kan betaal. Opkomende produsente word vir `n termyn deel van dié projek waarvan GWK die finansies administreer en hulle met spesialis-kundigheid op die plaas bystaan. Elke produsent kry maandeliks `n verslag van sy finansiële stand en ontvang ook opleiding oor hoe om beplanning hieroor te doen. Die produsente is betrokke by alles wat op hul grond gebeur en boer self. GWK tree in `n bestuursfunksie op, terwyl die besluitneming oor die boerdery gedeel word. `n Mentor is aangestel om die produsente met dag-
tot-dag take by te staan. GWK hanteer ook die bemarking van die produsente se oeste om hulle gerusstelling te gee oor hul inkomste. Surplusfondse word ná die periode van vyf jaar aan die spesifieke produsente uitbetaal. Ná die termyn besluit die produsent self of hy onafhanklik wil voortgaan en of hy vir `n verdere periode wil deel wees van die projek. Sou die produsent besluit om onafhanklik te boer, is GWK se spesialisondersteuning steeds aan hom beskikbaar. * Enige kredietfasiliteit is onderhewig aan die voltooiing van `n volledige krediet-aansoekvorm, asook volledige FICA-inligting. Aansoeke sal op grond van GWK se SEB-kredietbeleid oorweeg word. Kontak Kobie Greyvensteyn by 053 298 8200 vir meer inligting.
GWK Direkte Insette Bemarkingsbestuurders: Veronica Stevens Hartsvallei, Barkly-Wes en Vaalharts Sel: 082 567 8772
GWK Direkte Insette is ‘n skakel tussen produsente en GWK se onderskeie besighede en verskaffers. Die besigheid fokus op kunsmis, saad en chemikalieë, maar tree ook as ambassadeur van GWK op deur enige kwessies vir produsente aan te spreek. Kontak u naaste Bemarkingsbestuurder vir ‘n uitstekende diens ervaring.
Derick Payne Modderrivier, Kimberley en Petrusburg Sel: 082 884 4584 Jacques de Klerk Douglas,Groblershoop, Prieska en Marydale Sel: 082 884 4588 Louisa Thomas Hopetown en Luckhoff Sel: 071 680 6805 Gavin Dry Oos-Kaap Sel: 076 981 3967 Willem Halliday Buite Areas Sel: 082 884 4140
www.gwk.co.za
innoveer landbou
Mnre. Dawid en Norman Cornelissen saam met mnre. Dup Haarhof (Uitvoerende Bestuurder: Presisieboerdery en Produksienavorsing) en Hannes Hattingh (Landboukundige) tydens `n informele opleidingsessie.
Ons besigheid
GWK staan produsente by om volhoubare boerderye te vestig
V
olhoubare boerdery voed ons land se mense. Om hierdie rede is dit vir GWK belangrik om opkomende produsente by te staan om volhoubare boerderye te vestig. Meer as 1 000 opkomende produsente in die Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat is reeds bevoordeel deur opleiding en projekte waarby GWK betrokke is. GWK se landboukundiges is in `n ondersteunende hoedanigheid by hierdie produsente betrokke en help onder meer met grondontledings en aanbevelings vir bemestings. GWK sien ook om na opkomende veeprodusente se behoeftes, terwyl 16
die veilingsbesigheid by die bemarking van die diere betrokke is. GWK skep ook `n platform vir geakkrediteerde opleidingsprogramme, soos die Farmer Development program. GWK se spesialiste is self betrokke by die aanbied van die modules vir die program, wat farm management, farm finances and record keeping, marketing, farm practice en crop production insluit. Die program is NQF-gesertifiseer en die produsente ontvang `n sertifikaat ná voltooiing van die opleiding. `n Goeie voorbeeld van GWK se betrokkenheid by opkomende produsente is die van mnre. Dawid en Norman Cornelissen van Vaaldam-
boerdery en -besproeiing. “Ons het die afgelope twee seisoene gemiddeld 14 en 17 ton mielies/ha en 9.8 en 8 ton koring gestroop,” sê Norman. Die sukses van hierdie boerdery kan dien as `n voorbeeld vir verskeie grondhervormingsprojekte, aangesien die boerdery die doelwit van die regering se grondhervormingsprogram, naamlik die ontwikkeling van opkomende produsente om uiteindelik volhoubaar te boer, behaal het. Die boerdery word deur `n pa en seun in vennootskap bedryf op die Oppermans CPA-grondgebied. Die Normans boer suksesvol op 405 ha grond waarvan 40 ha onder besproeiing is.
Hulle het in 2009 in `n 50/50-vennootskap met `n produsent op 20 ha grond begin boer, terwyl hulle alleen op die ander 20 ha met hul boerdery voortgegaan het. Die vennootskap was nodig aangesien hulle nie die nodige implemente, masjinerie en infrastruktuur gehad het nie en ook nie kon kwalifiseer vir `n lening by `n finansiële instelling nie. In die tydperk van die vennootskap is waardevolle en praktiese kennis opgedoen oor alle aspekte van besproeiingsboerdery, terwyl die vennote goeie verhoudings met diensverskaffers soos GWK opgebou het. Die vennootskap is in 2012 beëindig waarna die Cornelissens sonder `n kommersiële vennoot verder geboer het. Die Cornelissens het in hierdie stadium die nodige vaardigheid opgedoen, die infrastruktuur in plek gehad en ook die basiese masjinerie en toe-
rusting bekom. Hulle het ook goeie verhoudings met verskeie rolspelers in die bedryf gevestig. Nog `n uitstaande aspek van die boerdery is die toepassing van wetenskaplike boerdery-metodes. Tydens die groeiseisoen besoek GWK se spesialiste gereeld die boerdery en maak aanbevelings oor grondmonsters, satellietbeelde, blaarontledings, bemesting, besproeiingskedulering en die beheer van peste en onkruid. Sodoende bly die produsente op hoogte van die jongste praktyke en tegnologie. Bywoning van die beskikbare opleidingsprogramme word as `n prioriteit beskou sodat die produsente kan groei en ontwikkel. Voorseisoen-beplanning word in samewerking met GWK advies dienste gedoen waar konsensus oor beste produksie-praktyke bereik word.
Daarna word die finansiële implikasies ondersoek en fondse toegedeel met die GWK Kostegids as riglyn. Die boerdery volg `n kredietbeleid van 50% en meer eie fondse in die boerdery, aangesien hulle so ver as moontlik met eie fondse wil boer. GWK Finansiering ondersteun die boerdery met tekorte deur middel van produksiekrediet terwyl die besigheid vir opkomende produsente ander bronne van beskikbare subsidies ontgin. GWK speel `n groot rol in ons boerderypraktyk,” sê Norman. “GWK voorsien ons van finansiering, sowel as oesversekering. “Die landboukundige dienste is ook vir ons van groot waarde. GWK se landboukundige kontak ons weekliks en ondersteun ons met beplanning, bemesting en die beheer van peste en plae. Ons sal nie op hierdie vlak kan funksioneer sonder die dienste wat GWK aan ons bied nie.”
GWK se koringmeule, pasta- en beskuitjiefabriek op Modderrivier.
Foto: Quentin Viljoen
Ons besigheid
GWK-ontwikkeling `n inspuiting vir Noord-Kaapse ekonomie
G
lik in diens geneem. Die fases van WK se koringmeule, pas- ontwikkeling by die aanleg, sowel ta- en beskuitjiefabriek op as die kapasiteit van die aanleg, sal Modderrivier sal eersuiteindelik bepaal hoeveel werkgeleenthede beskikbaar sal wees. daags met produksie begin. Die ontwikkeling dra ook tot Swart Eg Noord-Kaapse produkte van `n hoë gehalte sal hier vervaardig word. Ekonomiese Bemagtiging (SEB) by Die koring wat in die vervaardiging deurdat SEB-aandele beskikbaar van die produkte gebruik sal word, gemaak sal word. sal alles plaaslik by GWK se aandeel- Om die beste waarde te verseker, is gekwalifiseerde en ervare SEB-kandihouer-produsente aangekoop word. Dié ontwikkeling is `n groot inspuidate ook by die aanleg aangestel. ting in die Noord-Kaapse ekonomie Volgens mnr. Norman Shushu (LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en het reeds `n groot aantal werkgeleenthede in die konstruksiefase en grondhervorming in die NoordKaap,” het die Noord-Kaapse probeskikbaar gemaak. Plaaslike individue is sover as moont- vinsiale regering met tyd `n goeie 18
verhouding met GWK opgebou deur die ontwikkelingswerk wat GWK in die provinsie doen, spesifiek in die landbousektor. Ontwikkelings soos die aanleg op Modderrivier is nie net belangrik vir werkskepping en die ontwikkeling van die omgewing nie, maar ook vir die verwerking van plaaslike landbouprodukte en die gevolglike ontwikkeling van die landbou-industrie in die Noord-Kaap. Dit is `n prioriteit vir die provinsiale regering wat met GWK se ontwikkelingswerk belyn. “Ek sien daarna uit om verbruikersprodukte uit die Noord-Kaap op winkelrakke oor die land heen te sien,” sê Shushu.
Die John Deere John Deere 7760-katoenplukker.
Foto: Verskaf
Ons besigheid Leana Coetzee
GWK innoveer met die jongste tegnologie van John Deere
G
WK Meganisasie het onlangs sy produkreeks verder geïnnoveer deur die aankoop van `n John Deere 7760-katoenplukker – die eerste van sy soort in Suid-Afrika, sowel as in Afrika. Volgens mnr. Rudi Kemp (Bedryfshoof: Sentrale Bedinging Meganisasie) sal hierdie katoenplukker produsente help om suiwerder katoenbale te lewer en die produk vinniger van die land af te kry. GWK Meganisasie het die plukker in Maart 2015 ontvang, nadat dit vanuit North Carolina in Amerika bestel en na die Durbanhawe verskeep is. Spesiale permitte en verkeersbegeleiding is gereël om die vrag van 31 t veilig tot op Doug20
las te kry. Kemp sê dat ouer katoenplukkermodelle tradisioneel tussen twee en vier koppe per plukker het en dus twee tot vier rye katoen op `n slag kan pluk. `n Vierry-plukker pluk gemiddeld 5 ha katoen per dag. Bykomende arbeid en toerusting wat nodig is hiervoor beteken meer koste vir die produsent, terwyl die produsent ook seile moet aankoop vir die vierkantige bale. Die John Deere 7760-katoenplukker pluk gemiddeld 15 ha katoen per dag en kan ses rye op `n slag pluk. Hierdie plukker baal ronde bale – wat makliker vervoer word terwyl die plukproses aan die gang is – daar is dus geen onderbrekings nie. Die bale word met `n plastiekomhulsel gebaal,
elk met `n unieke reeksnommer. Geen bykomende arbeid behalwe die operateur van die plukker word benodig nie. Die ronde katoenbale is 2,3 m in breedte en hoogte en weeg `n gemiddeld van 2.2 ton. Die plukproses is baie deegliker met die John Deere 7760-plukker en minder vreemde materiaal kom in die bale voor, sê Kemp. Omdat die bale met plastiek bedek is, is die hantering en vervoer daarvan ook baie makliker. GWK Meganisasie bly deurgaans op hoogte van nuwe, innoverende toerusting en beplan om John Deerekatoenplukkers in te voer wat agt rye droëland-katoen op een slag kan pluk en tot 25 ha katoen per dag kan pluk.
GWK Meganisasie . . . bied verskeidenheid produkte
www.gwk.co.za
innoveer landbou
Lewendehawe Leana Coetzee
‘Opleiding is belangrik om probleemdiere te beheer’
I
n `n opname onder veeboere wat reeds in 2011 deur die NoordKaapse Rooivleis Produsente-organisasie (NKRPO) gedoen is, was `n direkte jaarlikse verlies van meer as R500 miljoen weens probleemdiere beraam. Dit het toe al geblyk dat die metodes wat produsente teen probleemdierverliese gebruik, nie effektief of volhoubaar is nie. Mnr. Niel Viljoen, bekende roofdierkenner, sê dat verskeie metodes bestaan om probleemdiere te beheer, maar dat alle metodes voor- en nadele het. `n Koste-implikasie is ook op alle metodes van toepassing. Viljoen het `n DVD uitgereik oor sy bestuursprogram* en deel waardevolle inligting oor die bestuur van probleemdiere op plase. Hy beveel aan dat produsente wat probleme ervaar, eerstens hul eie kennis oor die probleem verbreed en kennis inwin oor metodes en kosteimplikasies van probleemdier-beheer, asook die soorte probleemdiere en waar hulle kernareas geleë is. Kennis oor die probleemdiere se teelsiklus kan ook die beheer daarvan meer effektief maak. Dodelike metodes wat Viljoen aanbeveel om roofdiere te beheer, sluit in nagskiet, vangysters en vanghokke. Hy beklemtoon egter dat die produsent behoorlike opleiding ontvang om te verseker dat hierdie metodes 22
reg aangewend word. Professionele nagjagters is volgens Viljoen die mees effektiewe metode van probleemdier-beheer, gevolg deur vangysters – slegs as die produsent deeglik opgelei is om dit te gebruik. Vanghokke kan ook suksesvol wees, veral vir rooikatte wat probleme veroorsaak omdat die hokke na die probleemgebiede verskuif kan word. Die gebruik van gif moet egter sover as moontlik vermy word, sê hy. In `n artikel deur dr. Dave Midgley in Landbouweekblad word die belangrikheid van navorsing oor probleemdiere bevestig. Hy noem dat die produsent sy vyand moet ken en `n kundige moet raadpleeg as hy onseker is. Midgley sluit by Viljoen aan en beklemtoon dat die produsent bekend moet wees met probleemdiere se loopgebied, vreetgewoontes, teelgewoontes en kerngebiede, asook presies watter probleemdiere op die plaas voorkom. Viljoen noem ook dat dit belangrik is om die swak plek in die ketting van die jakkals se lewensiklus te soek en daarvolgens beheer toe te pas. Hy verduidelik jakkalse se lewensiklus as volg: � Van Mei tot Junie is paartyd en `n goeie tyd om vangysters te gebruik by merkplekke. � Tydens Julie en Augustus is die teef dragtig en is dit die ideale tyd
om professionele jagters te gebruik om dragtige tewe te skiet en so aanteling te stop. � September en Oktober is ook geskikte maande om jakkalse te skiet, omdat die reun en teef elke aand terugkeer na die teelgat waar die klein jakkalsies is. Dit is waarom dit so belangrik is om te weet waar die teelgat, of GPS-adres soos hy dit noem, is. � Jong jakkalse wat vreet en groot kleinvee-verliese veroorsaak, is in Januarie tot Maart / April volop en dit is dus dan `n goeie tyd vir die roep-en-skiet-metode. Volgens Viljoen is die ideaal om `n geïntegreerde benadering tot probleemdier-beheer te volg. Behoeftes en omstandighede verskil van plaas tot plaas en die produsent behoort `n weidingstelsel, kuddebestuur- en probleemdier-beheerprogram te hê. Al hierdie stelsels moet saamwerk. Die plaaseienaar moet ook besluit of die probleemdier-beheerprogram koste-effektief is en in ag neem dat die eerste jaar van implementering duur sal wees, maar dat die koste ná twee tot drie jaar sal daal. * Viljoen se DVD oor probleemdierbeheer is by die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) se hoofkantoor in Port Elizabeth, asook by al die provinsiale NWKV-kantore beskikbaar. Besoek www.nwga.co.za.
Ontmoet ons spesialiste Tania Fourie
GWK Vleis pas aan in `n veranderende vleisbedryf
G
WK Vleis se abattoir op De Aar het die hoogste skaap-slagkapasiteit in die land en verskaf vleis aan verskeie gehaltegedrewe organisasies. Mnr. Johan Hanekom (Fasiliteitebestuurder: De Aar) is `n ou hand in die abattoir-bedryf. Nadat hy `n kwalifikasie in gesondheid aan die Noordwes-universiteit verwerf het, het hy hom verder in bedryfsbestuur en die regte bekwaam. Hy was 17 jaar lank by die stadsraad werksaam waarna hy in 1992 saam met vennote `n abattoir op Klerksdorp begin het. Hy het hier `n bestuursfunksie vervul en was ook as aandeelhouer betrokke. In 2004 aanvaar hy die pos by GWK en behartig die bestuur van die De Aar-abattoir sedertdien. Dié abattoir, wat reeds in 1984 begin is, gaan van krag tot krag. “Ons het die besigheid saam laat groei,” sê Hanekom. “Ons is nou al so ver gevorderd dat ons sowat 10 000 diere hier kan laat voer. “Dit is `n marginale soort besigheid, maar steeds `n goeie werkverskaffer. Ons verskaf sowat 180 werkgeleenthede aan mense van De Aar. Dit is baie positief vir die dorp se ekonomie.” Volgens Hanekom is dit nie `n maklike bedryf om jouself as spesialis te vestig nie. “Al konstante hier is verandering. `n 24
Mnr. Johan Hanekom (Fasiliteitebestuurder: De Aar). Mens moet saam met die verandering groei en dit laat werk. `n Mens het goeie fokus, passie, kennis en agtergrond in die bedryf nodig.” Hanekom vertel dat die abattoir se vleisprodukte se gehaltestandaarde so hoog is dat dit `n baie lang rakleeftyd het. “Ons is ook sentraal binne die vleisproduksie-gebiede geleë.”
Hy meen dat GWK Vleis uniek is in die sin dat die besigheid bereid is om in `n veranderende omgewing in die vleisbedryf aan te pas en terselfdertyd die besigheid se voetspoor in die markplek te vergroot. “Dit kan egter nie gebeur sonder effektiewe visie, `n gedrewe missie en `n strategiese plan om dit tot uitvoer te bring nie.”
Kontak ons: Tri-Star Beesvoerkraal, Hartswater: 053 474 0499 Meat to Market: Albert Grundling 053 456 1004 Groblershoop Skaapabattoir: Kobus Buys 054 833 0041 Groblershoop Skaapvoerkraal: Anel Kitching 071 017 0182 De Aar Skaapabattoir: Johan Hanekom 053 631 0843 De Aar Skaapvoerkraal: AndrĂŠ van der Walt 082 379 3936
www.gwk.co.za
depositphotos 26
Presisieboerdery Navorsingsverslag Dries Bloem (GeoLab) Bertus Jacobs (GWK)
Laboratoriumondersoek na doeltreffendheid van gipssuspensie, vloeibare kalsiumnitraat en korrelgips as ameliorant in grond Gips in korrelvorm en in suspensie en kalsiumnitraat is beskikbare produkte om kalsiumvlakke in grond te verhoog vir beter grondstruktuur en verhoogde kalsiumopname deur gewasse. Elke middel het voordele en nadele, waarvan oplosbaarheid, koste en hanteerbaarheid moontlik die belangrikste is. Die doeltreffendheid van die kalsiumbronne om magnesium en natrium uit grond te verplaas en ook om kalsiumvlakke in grond te verhoog, is in `n laboratoriumondersoek bepaal. Materiaal en metodes `n Grondmonster van die plaas Remhoogte naby Prieska is van GWK ontvang, gedroog en gesif (<2 mm) en met ameliorante gemeng. Tabel 1 toon die grondontleding van Remhoogte volgens die ammoniumasetaat-ekstrak voor inkubasie en
Tabel 2 toon die versadigde ekstrakontleding voor inkubasie. Monsters van gipssuspensie en kalsiumnitraat is van GWK ontvang en as vloeistof by 200 g grond gespuit waarna dit met die grond gemeng is. Gips in korrelvorm met `n deeltjie-
Ammoniumasetaat-ekstrak P(Bray 1) K Monsterno. Labno. pH(KCl) mg kgˉ¹ mg kgˉ¹ 0-100 L1851 5.4 72 365
Ca mg kgˉ¹ 1132
Mg mg kgˉ¹ 376
groote van 0.5 - 2 mm is met die grond gemeng. Die gipssuspensie (pH 7.5) is ontleed en bevat 97 g Ca per liter (9.7% Ca). Kalsiumnitraat is ontleed en bevat 109 g Ca per liter (10.9% Ca). Tabel 3 toon die toedieningspeile van die onderskeie ameliorante.
Na mg kgˉ¹ 36
Org-C % 1.07
Ca:Mg 1.8
Tabel 1. Ammoniumasetaatontleding voor inkubasie.
Monsterno.
Labno.
0-100 L1851 Teikenwaarde mielies Teikenwaarde koring Teikenwaarde lusern
Versadigde waterpasta-ekstrak EG K Ca Mg mS.mˉ¹ me lˉ¹ me lˉ¹ me lˉ¹ 98 1.573 3.353 3.478 < 350 < 600 < 200
Na me lˉ¹ 1.325
NAV(SAR)
Ca:Mg
Ca%
0.7 <3 <3 <3
1 > 1.0 > 1.0 > 1.0
34.5 > 15 > 15 > 20
Tabel 2. Versadigde ekstrak-ontleding voor inkubasie. 27
Tabel 3. Toedieningspeile van onderskeie ameliorante. Grondmengsels is benat tot veldkapasiteit en gelaat om uit te droog vir twee siklusse en nรก sewe dae is die grondmengsels weer gesif (<2 mm) en voorberei vir ontledings en loging. Grondmengsels van 25 g elk is geloog met 42 ml water en gelaat vir een uur waarna dit weer met 10 ml water geloog is. Dit is ekwivalent aan toediening van 60 mm water. Altesaam 38 ml water het deur die grondlaag geloog en is gebruik vir
onlteding van Ca, Mg, K en Na. Water van die Oranjerivier by die plaas Remhoogte (Prieska) is gebruik om die grond te benat en te loog. Die ongeloogde grondmengsels is ontleed met standaard ontledingsmetodes. Resultate Soos verwag het die ameliorante geen beduidende effek gehad op K-, Mg- en Na-konsentrasies in die ammoniumasetaat-ekstrak (uitruilbare plus oplosbare katione) nie.
Ammoniumasetaat-ekstrak K Ca Monsterno. cmol kg-1 mg kg-1 cmol kg-1 K 0.807 315 7.694 21GF 0.783 305 7.437 75GF 0.800 312 7.851 1050GF 0.833 325 7.899 75CaNit 0.808 315 8.205 300CaNit 0.811 316 7.954 1tonG 0.856 334 7.838 3tonG 0.827 323 8.328
mg kg-1 1539 1487 1570 1580 1641 1591 1568 1666
Mg cmol kg-1 3.219 3.332 3.302 3.343 3.279 3.437 3.303 3.316
Die Ca-konsentrasie in ammoniumasetaat het variasie getoon met geen spesifieke neiging ten opsigte van die hoeveelheid ameliorante toegedien nie (Tabel 4). Die korrelgips-behandelings het `n beduidende verhoging (bo kontrole) in elektriese geleiding (EG; totale soutinhoud) van die grondpastaekstrak veroorsaak (Tabel 5). Hierdie verhoging is veroorsaak deur `n toename in Ca-, Mg-, K- en Na-konsentrasies in die grondpasta (Tabel 5).
mg kg-1 389 403 399 405 397 416 400 401
Na cmol kg-1 0.185 0.180 0.179 0.205 0.195 0.187 0.202 0.188
mg kg-1 42 42 41 47 45 43 46 43
Tabel 4. Standaard ontledings van grondmengsel nรก inkubasie met onderskeie ameliorante. 21GF = 21 liter/ha gipssuspensie 75GF = 75 liter/ha gipssuspensie 1050GF = 1050 liter/ha gipssuspensie 75CaNit = 75 liter/ha kalsiumnitraat 300CaNit = 300 liter/ha kalsiumnitraat 1tonG =1ton/ha gipskorrel 3tonG=3 t/ha gipskorrel. 28
Die verhoging in Mg-, Na- en K-konsentrasie in die pasta kan toegeskryf word aan uitruiling deur Ca. Vloeibare gips- en kalsiumnitraat-
behandelings het nie beduidende verhogings in EG, Mg, K, of Na in die grondpasta tot gevolg gehad nie.
Versadige waterpasta-ekstrak EG K Ca Monsterno. mS m-1 me l-1 mg l-1 me l-1 K 128 1.203 46.9 4.287 21GF 130 1.231 48.0 4.248 75GF 126 1.244 48.5 4.435 1050GF 128 1.203 46.9 4.680 75CaNit 128 1.344 52.4 4.620 300CaNit 139 1.315 51.3 5.150 1tonG 200 1.456 56.8 7.189 3tonG 355 1.922 75.0 17.078
mg l-1 85.7 85.0 88.7 93.6 92.4 103.0 143.8 341.6
Mg me l-1 2.760 2.890 3.033 3.342 3.283 3.525 4.794 11.054
mg l-1 33.1 34.7 36.4 40.1 39.4 42.3 57.5 132.7
Dit is moontlik weens die lae vlakke van Ca wat deur hierdie behandelings toegedien is in vergelyking met die korrelgips.
Na me l-1 1.780 1.830 1.835 1.830 1.865 1.874 2.115 2.449
mg l-1 40.9 42.1 42.2 42.1 42.9 43.1 48.6 56.3
NAV Ca:Mg Ca % 0.9 1.0 0.9 0.9 0.9 0.9 0.9 0.7
1.55 1.47 1.46 1.40 1.41 1.46 1.50 1.54
42.7 41.7 42.1 42.3 41.6 43.4 46.2 52.5
Tabel 5. Ontledingsresultate van versadigde waterpastas van grondmengsels nรก inkubasie met onderskeie ameliorante. 21GF = 2 1liter/ha vloeibare gips 75GF = 75liter/ha vloeibare gips 1050GF =1050 liter/ha vloeibare gips 75CaNi t= 75 liter/ha kalsiumnitraat 300CaNit = 300 liter/ha kalsiumnitraat 1tonG =1ton/ha gipskorrel 3tonG = 3 t/ha gipskorrel. Die loging van katione uit die grond volg dieselfde neiging as die neiging wat in die versadigde ekstrak waargeneem is. Die korrelgips het die effek gehad dat Na, Mg en K uit die grond verplaas en geloog is (Tabel 6; Figure 1 tot 3). Vloeibare gips en kalsiumnitraat het nie baie Na, Mg en K uit die grond verplaas nie. Dit is moontlik omdat die hoeveelheid Ca wat deur hierdie produkte toegedien is, relatief min was in vergelyking met die korrelgipsbehandelings. Dit wil dus voorkom dat die fynheid of korrelgrootte van die gips wat toegedien is, nie `n beduidende faktor is wanneer die gips in die grond ingewerk word nie. Wanneer die produkte as `n Ca-bron vir plantvoeding beoordeel word, is die effek daarvan op die Ca- konsentrasie in die versadigde grondpasta (Figuur 4) moontlik die mees relevante maatstaf. Die korrelgips was ook in hierdie geval die enigste
behandelings wat die Ca konsentrasie aansienlik kon verhoog. Gevolgtrekking Die doeltreffendheid van die onderskeie kalsiumbronne is hoofsaaklik bepaal deur die hoeveelheid kalsium wat toegedien is en die vorm of korrelgrootte daarvan (suspensie of vloeibaar) het nie `n groot effek
gehad nie. Kommentaar Hierdie proef is so opgestel is dat die kalsiumbronne met die grond gemeng is (ekwivalent aan 20 cm ingewerk) en dat ander neigings moontlik is wanneer die kalsiumbronne op die grondoppervlak toegedien word.
Katione uitgeloog K Ca Monsterno. mg kg-1 mg kg-1 K 24.7 55.6 14GF 26.7 51.8 75GF 23.0 53.8 1000GF 26.1 60.3 75CaNO3 24.0 53.7 300CaNO3 24.3 60.0 1G 31.3 66.4 3G 35.8 87.0
Mg mg kg-1 8.3 7.0 8.1 9.9 8.8 10.8 13.7 24.3
Na mg kg-1 25.7 26.5 27.5 30.2 29.3 30.9 30.0 31.5
Tabel 6. Katioonkonsentrasies wat uit grondmengsels verplaas en geloog is nรก inkubasie en loging met 60 mm water. 29
Na geloog (mg/kg)
35.0 30.0 25.0 20.0
15.0 10.0
5.0 0.0
Figuur 1. Na verplaas en geloog uit die grond deur onderskeie ameliorante.
Mg geloog (mg/kg)
25.0 20.0 15.0 10.0
5.0 0.0
K geloog (mg/kg)
Figuur 2. Mg verplaas en geloog uit die grond deur onderskeie ameliorante.
40.0 35.0 30.0 25.0 20.0 15.0 10.0 5.0 0.0
Figuur 3. K verplaas en geloog uit die grond deur onderskeie ameliorante. 30
Ca waterpasta (mg/l)
400.0 350.0 300.0 250.0 200.0 150.0 100.0 50.0 0.0
Links: Figuur 4. Ca-konsentrasie in versadigde waterpasta nรก behandeling met die onderskeie ameliorante.
GWK Nuus
Van links na regs is: Me. Caron Garrett (Admin en Landbou), mnre. Michael Kennedy (Klerk: Admin), John Kirsten (Bedryfshoof: Onderdele), Jaco Pienaar (Bestuursrekenmeester), me. Alta Haarhoff (Bemarkingsassistent) en mnr. Lucas Holtzhausen (Finansiële Adviseur: Beleggings). Agter: Me Marisca Nel (Bedryfshoof: Depot-produkhantering), mnre. Dolf van der Westhuizen (Produktebestuurder: Depot), Otto von Molendorff (Produktebestuurder: Depot), Johan Wolmarans (Bestuursrekenmeester), Arno Conradie (Bestuursrekenmeester) en Nico du Toit (Bedryfshoof: Aartappelfasiliteite).
Ons personeel is great! FMP-kandidate vereer GWK het onlangs die kandidate vereer wat in 2014 die Fundamentele Bestuursprogram (FMP) aan die Noordwes-universiteit voltooi het. Altesaam 13 werknemers van GWK het diplomas vir hierdie kursus ontvang. Die kursus is daarop gerig om die kennis en vaardighede van lynbestuurders uit te brei wat verantwoordelik is om mense te lei en bestuur. Die kursus behels effektiewe bestuursgewoontes, die bestuur van mense, bestuur van werksaamhede 32
en die bestuur van finansiële hulpbronne. Baie geluk aan die kandidate wat die kursus suksesvol afgelê het en daarop fokus om met persoonlike groei en ontwikkeling `n bydrae te maak tot die sukses van ons maatskappy!
Regs: Mnre. Johan Klopper (Finansiële Direkteur) en Jaco Pienaar (GWK se toppresteerder in die program).
GWK Nuus vervolg
Besighede vir deurlopende prestasie vereer GWK Meganisasie se bedryfspunt op las vir deurlopende prestasie vereer. Barkly-Wes en GWK Lusern en VeeDie toekenning vir Bedryfspunt van voere is onlangs tydens `n geselligheid die Jaar is deur mnr. Johan Kruger by die Landzicht-wynkelder op Doug(Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie) ontvang. Die toekenning vir die besigheid wat die beste ten opsigte van sy EVA-doelwitte presteer het, is deur mnr. Fanus Linde (Bestuurder: Lusern en Veevoere) ontvang. Linde sê elkeen van die personeel in die besigheid het sy/haar kant gebring en meer gedoen as wat van hulle verwag is. “Ons personeel het hard gewerk, laat nagte ingesit en met hul wil om sukses te behaal verskeie teleurstellings oorkom en opofferings gemaak.” Mnr. Rudi Kemp (Bedryfshoof: SenMnr. Johan Kruger (Uitvoerende trale Bedinging Meganisasie) het gesê Bestuurder: Meganisasie) met die die eer het die span toegekom ná toekenning vir die bedryfspunt van die baie harde werk en intensiewe spanjaar wat aan GWK Meganisasie se werk met goeie bestuursleiding. bedryfspunt op Barkly-Wes gemaak is. “Ons is baie dankbaar! Ons bou
Mnre. Llewellyn Brooks (Hoofbestuurder: Spesialisprodukte en Fanus Linde (Bestuurder Lusern en Veevoere) met die prysgeld wat GWK Lusern en Veevoere ontvang het vir die besigheid wat die beste ten opsigte van sy EVA-doelwitte presteer het. graag hierop voort om aan al ons dienspunte die geleentheid te gee om met hierdie toekenning vereer te word.”
ABET-kandidate ontvang sertifikate GWK het onlangs vyf werknemers vereer vir hul voltooiing van die ABET-program. Die konsep van ABET is uniek Suid-Afrikaans. In Engels staan dit vir Adult Basic Education. Die “T” is later bygevoeg en staan vir training. ABET is `n buigbare ontwikkelingsprogram wat gemik is op die behoeftes van spesifieke gehore en bied aan kandidate toegang tot nasionaal erkende sertifikate. Op die foto is van links na regs: Mnre. Johannes Mongale (Drywer), Patrick Gys (Laaiwerker), me. Mandi Sprout (Klerk: Admin) en mnre. April Tieties (Klerk: Assistent) en Jannie Kamfer (Klerk: Brandstofdepot). 34
Kliënte-fokus
In hierdie afdeling van Kommuniek leer ken ons nuwe lede van die GWK-span wat aangestel word in poste wat ons kliënte direk raak, sowel as mense wat reeds deel is van die span en na sulke poste bevorder word. Bemarkingsbestuurder vir verbruikersprodukte aangestel Me. Annchen Smith is aangestel as Bemarkingsbestuurder: Verbruikersprodukte. In hierdie rol sal sy verantwoordelik wees vir die bemarking van die verbruikersprodukte wat GWK vervaardig. Smith het ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer waarna sy by die AAA School of Advertising in handelsmerk-bestuur
gespesialiseer het. Sy het ook haar M.B.A. aan die Durham-universiteit in Engeland voltooi. Smith het wye FMCG-ondervinding het al met verskeie bekende handelsmerke, onder meer Procter & Gamble, Unilever, die MARS Company en die AVI-groep gewerk. Sy het die afgelope vyf jaar in Kanada gespandeer waar sy by Kellogg’s betrokke was.
MVW stel bestuurder aan Mev. Lizelle Schutte is aangestel as Bestuurder van Midlands Veterinary Wholesalers (MVW). Sy het in Pietermaritzburg gematrikuleer en het die afgelope 12 jaar ondervinding opgedoen in verskeie leierskaprolle in die maatskappy. Schutte se visie vir haar rol as bestuurder is om MVW só te bestuur dat die besigheid sal aanhou om te groei. Sy wil ook koste verminder en effektiwiteit verhoog. 36
“Ek verstaan die werking van die maatskappy sowel as die dieregesondheidsbedryf ten volle en glo sterk in die 20:80 Pareto-beginsel en sal hierdie metodologie in my eerste fase as bestuurder van die maatskappy in lyn met GWK se visie en missie gebruik om MVW selfs meer suksesvol te maak.” Schutte is getroud met Deon en hulle het twee dogters, Anel (12) en Elana (10).
Pret op die plaas Vir die jongspan
Verbind die kolletjies en kleur my in! 48 46
50
47 49
51 52
45 53 44 54
43
55 42
56
57
58
35 34
36
17
40 20
37
21 33
32
31
28
30 29
40
12 14 15
13 39
27
26 25
23
22 24
19
7 8 10 11
9
41 38
4
3
1 2
6
5
18
16
Beskikbaar by GWK handelstakke
Trusted Worldwide
Permanent and portable electric fencing systems for safe, cost effective livestock control, efficient pasture management and more profitable farming.
oranjelandgoed, prieska pekankwekery GEFOKUS OP HOË GEHALTE KULTIVAR-EGTE BOME GEL VERPAK OM HOË VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRYF SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAP KLIMAAT FACEBOOK: ORANJELANDGOED
KULTIVARS BESKIKBAAR: WICHITA, CHOCTAW, NEVAHO
KONTAK: JOHN LOOCK SEL NR: 08213302934 EPOS: ORANJELANDGOED@GMAIL.COM
K i
we le
n verander N e E jo E u s e
Leefstyl
Carien Grobler
Verander net een gewoonte! Negatiewe gewoontes is `n broeiplek vir negatiewe gevolge; positiewe gewoontes skep positiewe belonings. Elkeen van jou gewoontes het `n invloed op jou lewensgehalte. Jy kán egter jou lewensgehalte verbeter – een gewoonte op `n slag.
D
sonder om daaroor na te dink. ie wysgeer Aristoteles het Die meeste van ons gewoontes het die een of ander tyd `n doel gedien, gesê ons is wat ons herhaaldelik doen, m.a.w. ons soos hoe jy jou tyd beplan, hoe jy op is ons gewoontes. Hy het ook gemeen sekere situasies reageer en hoe jy eet. dat mense wat groot hoogtes bereik Dit gebeur egter selde dat ons ons `n gewoonte daarvan maak om suk- gewoontes evalueer om te bepaal of dit steeds `n doel dien en of dit nie ses te behaal. intussen in `n negatiewe of sinlose In die boek The Power of Focus beweer outeurs Jack Canfield, Mark gewoonte verander het nie. Victor en Les Hewitt dat tot 90% van “Negatiewe gewoontes is `n broeions gedrag op ons gewoontes geba- plek vir negatiewe gevolge; positiewe seer is. gewoontes skep positiewe belonings,” sê Jack, Mark en Les. Gewoontes is dinge wat ons outomaties doen en daarom hou Jy kán jou lewensgehalte verbeter en ons dikwels aan met dinge wat `n gereeld positiewe belonings smaak – negatiewe invloed op ons lewens het een gewoonte op `n slag. 42
Moenie vandag probeer om jou hele lewe om te keer nie, jy sal kort voor lank weer in jou ou gewoontes verval. Pak eerder een gewoonte op `n slag aan en fokus daarop totdat jy sukses behaal. Doen dit só: Ontleed jou gewoontes. Hou jouself `n week lank fyn dop en bepaal daarna watter gewoontes jy moet verbeter, staak of vervang om jou lewensgehalte te verbeter. Skryf dit neer. As jy elke maand een gewoonte verander, sal jy ná `n jaar 12 gewoontes hê wat jou positief beloon!
depositphotos
Kies `n gewoonte. Besluit watter gewoonte jy eerste gaan verander of vervang en besluit dan hoe jy dit gaan doen. Onthou dat jy nie noodwendig `n slegte gewoonte hoef te laat staan nie, maar dat jy dit ook kan elimineer deur `n goeie gewoonte by te voeg. As jy byvoorbeeld minder tussenin wil eet, kan jy die gewoonte byvoeg om meer water te drink. Jy sal outomaties minder eet omdat die water jou laat vol voel.
tyd te oefen. Dit sal jou kanse op suk- nie. Gooi dit dadelik weg of gee dit ses verhoog. vir iemand wat dit wel kan gebruik. Raak ook van gemorspos ontslae die Wees bedag op jou behoeftes. oomblik wanneer jy dit klaar gelees Elke gewoonte in jou lewe is deel van het. `n groter prentjie. Wanneer jy die gewoonte eenvoudig verwyder, mag dit Voer sinvolle gesprekke. `n effense wanbalans veroorsaak. As Stop die gejaag en neem weer bejy byvoorbeeld probeer om jou TV-ge- heer deur `n gewoonte daarvan te woontes te verander, sal jy ander maak om sinvolle gesprekke met die maniere nodig hê om jouself te vermense om jou te voer. Jy sal verbaas maak en te ontspan. Maak positiewe wees hoeveel betekenis dit aan jou aanpassings wat jou sal help om nie lewe toevoeg as jy gereeld stop om weer in jou ou gewoontes te verval met iemand oor iets sinvol te gesels. Sit jou doelwit uiteen. nie. Vae doelwitte is geneig om vae reLuister om regtig te hoor. sultate op te lewer. Stel daarom vir Verander jou roetine. Jy mag dalk dink jy hoor wanneer anjouself `n duidelike doelwit soos om `n Verandering aan `n roetine, verder mense met jou praat, maar die elke dag op `n sekere tyd `n uur lank al een wat nie werk nie of jou verveel, kans is goed dat jy nie werklik luister te oefen. is soms al wat jy nodig het om die as jy nie van die TV af wegkyk of van huppel terug te sit in jou stap. Moet jou koerant of tydskrif af opkyk nie. Motiveer jouself. jouself nie oortuig dat dit te moeilik Maak `n gewoonte daarvan om op As jy `n goeie rede of aansporing het sal wees om te verander nie. Deur jou te kyk – jy sal vind dat wat iemand om die verandering te maak, is die dag beter te beplan kan jy jou roeanders vir jou wil sê dikwels belangkanse goed dat jy dit sal deurvoer. tine vir jou laat werk en dinge so nou riker is as dit waarmee jy besig was. Skryf neer hoe jy by die verandering en dan afwissel sodat jy nie verveeld sal baat vind en hoe dit jou lewe raak daarmee nie. Bêre jou kredietkaart. positief sal verander. Kyk weer hierna As die skuldskoen knyp, bestee jy wanneer jy sukkel of moedeloos voel. Verander jou eetgewoontes. waarskynlik meer as wat jy verdien. `n Paar veranderinge aan jou eetge- Maak `n gewoonte daarvan om Skep die regte omgewing. woontes kan `n groot verandering in soveel as moontlik kontant te koop Skeduleer `n spesifieke tyd elke dag jou lewe teweegbring. Jy hoef nie al- en bêre jou kredietkaart vir onbevir dit wat jy wil doen, skryf dit boles uit te sny wat lekker is nie. Maak plande uitgawes of uitsonderings. aan jou lysie van dinge om te doen, eerder keuses wat meer gesond is, of doen dit sommer voor enigiets an- soos om `n slaai in plaas van skyfies Begin oefen. ders in die oggend. Vertel ook vir an- saam met jou burger te bestel. Om te oefen is seker dié voorneme der mense waarmee jy besig is sodat wat die meeste gemaak word, maar hulle jou kan ondersteun. Verander hoe jy bestuur. ook die meeste laat vaar word! NieBrandstofpryse is alles behalwe laag, temin kan dit `n groot invloed op jou Gaan oor tot aksie. so doen alles wat jy kan om meer gesondheid hê as jy elke dag slegs Verbind jouself daartoe om elke dag waarde vir jou geld uit elke liter te 15 minute afstaan om te gaan stap. aandag te gee aan jou nuwe gekry. Probeer om stadiger te versnel. Kry `n tyd wat jou pas en kom in die woonte en om positief daaroor te Hoe harder jy die brandstofpedaal gewoonte om elke dag in daardie dink. As iets voorval en jy `n dag trap, hoe meer brandstof gebruik jy. tydgleuf aktief te wees. oorslaan, gaan die volgende dag Hou ook verkeersligte dop. As jy sien weer aan waar jy opgehou het. `n lig gaan na rooi oorslaan, kan jy Lees elke dag. vroeër jou voet van die brandstofMet al die inligting wat deesdae op Wees konsekwent. pedaal afhaal. die internet beskikbaar is, gebeur Dit neem ongeveer `n maand om dit al hoe minder dat mense die tyd `n nuwe gewoonte aan te leer, maar Skep orde. maak om `n artikel of `n boek in sy dit kan heelwat langer neem om dit Die meeste van ons het die gewoonte geheel te lees. Dit sal jou help om te ten volle te vestig. Wees daarom ver- om onnodige goed op te gaar. Leer ontspan, ontvlugting bied van jou beal aan die begin konsekwent deur die gewoonte aan om niks te bêre kommernisse en jou brein stimuleer byvoorbeeld elke dag op dieselfde wat jy nie seker is jy weer sal gebruik om in nuwe rigtings te dink. 43
Gesondheid
Keer dat angs jou lewe beheer Na raming sal meer as 23 miljoen Amerikaners in hul leeftyd simptome van `n angsversteuring ervaar. Kenners meen dat die situasie in Suid-Afrika baie soortgelyk is. Angs en paniek is `n normale deel van die menslike bestaan – dit is die liggaam se manier om ons te waarsku teen potensieel gevaarlike situasies en help ons om vinnig te reageer wanneer dit sou nodig wees. Nietemin ervaar sommige mense paniek so aanhoudend en oorweldigend dat hulle nie in staat is om met hul daaglikse roetine voort te gaan nie
P
aniekversteuring word gekenmerk deur herhaalde, spontane en onverwagse paniekaanvalle. Dit is relatief kortstondige episodes van ekstreme angstigheid gepaardgaande met simptome soos vinnige hartklop, sweet, hiperventilasie, chills of warm gloede en `n reeks kognitiewe en sielkundige reaksies soos die gedagte dat jy gaan versmoor of besig is om dood te gaan of om mal te word. Omdat die simptome van `n paniekaanval soortgelyk is aan die simptome wat met hartsiektes en asemhalingsprobleme geassosieer word, beland talle mense eers `n paar keer by die ongevalle-afdeling van `n hospitaal terwyl hulle vas oortuig is dat hul lewens in gevaar is. As jy vermoed dat jy moontlik aan `n 44
paniekversteuring ly, beantwoord die vrae hier onder. Dit is deur die Anxiety Disorders Association of America (ADAA) saamgestel en dien as `n breë riglyn om jouself te evalueer. As jy oorwegend “ja” antwoord, sal dit wys wees om so spoedig as moontlik `n afspraak met jou algemene praktisyn te maak sodat hy die nodige stappe kan neem om die situasie onder beheer te bring. � Ondervind jy herhaalde, onverwagse episodes waartydens jy skielik om geen spesifieke rede deur angs oorval word en ongemak ervaar? � Ervaar jy ooit een van die volgende: sweet, bewing, kortasem, borspyne, “jelliebene”, duiseligheid, vrees vir die dood, koue rillings of warm gloede, naarheid of ongemak in jou buik, gevoelens
van onwerklikheid of dat jy los staan van jouself, gevoelloosheid of `n tintelende sensasie? � Is jy bang vir plekke of situasies waar dit moeilik mag wees om hulp te kry of te ontsnap? � Is jy bang om alleen te reis? � Het jy die afgelope jaar een van die volgende dinge ondervind: veranderinge in jou slaappatroon en eetgewoontes, oorweldigende gevoelens van depressie, gevoelens van waardeloosheid, skuldgevoelens, onvermoë om jou verantwoordelikhede by die werk of huis na te kom, die behoefte om drank of dwelms te gebruik? Vir meer inligting skakel die Inligtingsentrum vir Geestesgesondheid by 021-938-9229 of besoek hul webwerf by www.mentalhealthsa.co.za.
Vleis vir die jagseisoen
Springbokboud oor die kole Resep
1 Springbokboud, goed gemarineer en rypgemaak 250ml mango- of lemoensap 250ml vars suurlemoensap 250ml olyfolie sout en varsgemaalde swart peper na smaak 1 gekneusde knoffelhuisie 10ml gemengde kruie
Metode
� Meng al die bestanddele vir die marinade en los vir een dag. � Sif die marinade en spuit die boud daarmee in, een dag voor die voorbereiding. � Plaas die boud in `n braaier met `n deksel vir sowat een uur of totdat `n termometer die interne temperatuur op 60 tot 70°C meet. � Die boud moet verkieslik nog ligroos aan die binnekant wees. � Laat die boud `n paar minute rus voordat dit gesny en bedien word. � Gebruik `n groot inspuitnaald met `n dik naald as `n kommersiële inspuitnaald nie beskikbaar is nie. Hierdie boud is nie ontbeen nie, en selfs al word dit tot drie dae lank gemarineer, sal die marinade net aan die buitekant geproe word – daarom is dit verkieslik om die boud met die marinade in te spuit. � Bedien met sampioensous.
46
JAG EN SLAG promosie 5 Junie 2015 27 Junie 2015
Beskikbaar by deelnemende GWK Handelstakke terwyl voorraad hou. Fotoâ&#x20AC;&#x2122;s is slegs ter illustrasie en ekstras is uitgesluit. Produkreekse tussen takke kan verskil. Pryse geadverteer sluit BTW in. Besoek u naaste GWK Handelstak vir meer inligting. Bepalings en voorwaardes geld. Pryse en items geadverteer volgens beskikbaarheid teen druktyd. Promosieprodukte op aanvraag beskikbaar by nie-deelnemende handelstakke.
www.gwk.co.za
innoveer landbou
Resep
Mielie-soufflé met fetakaas by Resep
1 blik roommielies 1 blik pitmielies 250 ml room 2 eiers 5 ml bakpoeier 62,5 ml (kwart koppie) mieliemeel 125 ml (halwe koppie) cheddarkaas, gerasper `n knypie sout 1 wiel Fetakaas
Metode
� Gooi alles behalwe die Fetakaas in `n mengbak bymekaar en roer deur. � Krummel die fetakaas bo-oor. � Bak 45 minute op 180 °C. � Baie lekker saam met braaivleis as dit net uit die oond kom of sny in blokkies as dit uit die yskas kom.
48
Dit is tyd vir Winterlek Van herfs tot vroeg somer kan jou kudde ‘n verskeidenheid SA Feed Phosphates proteïenaanvullings geniet. • • • •
Beeslek 42 (vroeg winter) Bees & Skaap Winterlek (middel winter tot dit reën) Volledige Skaaplek (deur die jaar) Skaaplekkonsentraat (vir ‘n verskeidenheid voermengsels)
Ons produkte verseker jou kudde se liggaamsonderhoud asook die reproduksiedoeltreffendheid van teeldiere. Vir verdere navrae, skakel ons gerus by (053) 441-3300 of stuur ‘n e-pos na info@safp.co.za.
Agterblad Uit Piet se pen
Seun moet gehaal word . . .
O
ns sit almal rustig en eet. John verjaar vanaand. Vir die eerste keer in `n baie lang tyd val hier `n paar druppels reën. Honde word deel van die gesprek. Jy is `n hondemens of nie. Verskeie gesegdes en idiome handel ook oor honde. Dink byvoorbeeld aan “`n Hond is `n mens se beste vriend”. As jy nie weet nie, die internet van alle dinge sê honde kan swaarkry, treur en selfs vrolik wees. Ja, en hulle praat nooit terug nie. Ek hoor `n duidelike verskil in my vrou se stemtoon wanner sy met Elvis (ons hond) praat en wanner sy met my praat! Honde lyk ook soms soos die baas. Soos met alles in die lewe kry jy lelik en mooi. Wonder maar self of jy soos jou hond lyk. As jy twyfel, waag die mening van `n goeie vriend. Sekere mense hou van sekere honde. Skoothondjies val in `n kategorie van hul eie. Die soort wat Paris Hilton in `n haar handsak rond dra. Seker nou nie heeltemal in staat om te keer dat die manne te ver gaan nie (glo ook nie sy sal dit wil hê nie). Skoothondjie-eienaars het `n spesiale verhouding met hul honde. Die wat weet reken hulle kan jou deur donker tye in jou lewe dra. Mense se geaardhede neig ook soms na die van honde. Kyk maar `n bietjie om jou rond. Sit in `n vergadering en die hondemaniere kom duidelik na vore. Boerboele, Jack Russels, windhonde, bull terriers en skoothondjies, noem maar op. Laasgenoemde is gewoonlik die kruipers. As die boerboel geblaf het, moet almal stilbly. So dink hy. 50
Die Jack Russels kerm gedurig en hou nooit op nie. Windhonde is nooit verkeerd nie en hardloop hul eie rigting in, stert in die lug. Die bull terrier is soos `n perd wat stang vasbyt en hou by sy storie. Dikwels te min skaaphonde om die werk te doen. Ai, en die hondename! Wanneer die naam te Engels is, sukkel mense gewoonlik daarmee. Window word Winny, Justin word Jassie, Nelson word Nellie en Misha sommer Meisie. Francois van “Who-can-tell” sê Buks was sy beste vriend. Buks was `n Jack Russel wat hy in sy T-hemp voor die Arga-stoof groot gemaak het. Buks moes net kon praat. Sy hart was baie seer toe `n pofadder hom doodpik. Vanaand het hy `n helse probleem. `n Helse honde-probleem. Hy sug en vryf oor sy kop. Sy kinders trek Bloemfontein toe en hy moet vir Seun, `n Great Dane, op Douglas gaan haal. Sondag van alle dae. Gelukkig is dit môre eers Saterdag. Hy het nog `n hele dag om planne te maak. Eintlik wou hy sy kleindogter sommer met die motorfiets terug neem. Hoe sal dit nou lyk as hy met Seun agterop moet terugkom? Nee, Seun sal nooit opklim nie. Almal maak planne. Hilda sê hy moet die bakkie met `n skadunet toemaak. Ciska beveel sifdraad aan. Nee-nee, hy sien nie daarvoor kans nie. Hoe lank gaan dit hom nie neem nie en waarmee moet hy nou die net vasmaak? Die raad wissel van “cable ties” tot binddraad. Hy kan ook nie `n halsband om Seun se nek sit nie, want die hond ken dit nie. In so `n geval sou hy hom darem aan die tralies kon vasmaak. Dit sal ook maar
kos, want Seun is `n groot hond. Omtrent die hoogte van `n kombuistafel. Francois wys met sy hand. As hy net `n “winch” gehad het, kon hy hom sommer opkatrol. Binne-in die bakkie kan Seun ook nie ry nie. Nee, hy sal siek word. Daar is net een genade: Hy sal agter op by Seun moet ry. Elmarie moet maar bestuur. Douglas is darem net oor die bult. Hy behoort darem nie skaam te kry wanneer die mense hom agter op sien nie. Die hond is so groot die mense sal dink hy staan by `n perd. Sy planne gaan nie opraak om Seun op Prieska te kry nie. Wag-wag, miskien kan hy en Seun sommer stap van Douglas af. Francois trek sy skouers op en sug weer diep. Al fronsende staar hy na die dak. Groot probleme. Seun vreet vreeslik, hy weet nie of hy kans sien om die kos saam te dra nie. Sênou Seun raak aan die hase jag en hy verdwyn tussen die haakbosse? Hoe sê hy dan nou vir die kinders? Hy het vir Emmarentia gesê hulle moenie dink om die hond terug te kry nie. As hy eers “gebond” het, bly Seun op Prieska. Hoewel die kinders sê Seun is baie soet, het sy kleindogter hom oor `n paar slegte maniere van Seun gewaarsku: “Oupa, Seun pluk groot stukke gras uit en hy sluk sommer die sproeierkoppe heel in.” Nee wat hy glo dit nie, hy en Seun sal regkom. Om Seun op Prieska te kry was toe baie maklik. Hy is sommer met hok en al gelaai. Sy nuwe baas was verniet bekommerd. Seun is veilig op Prieska. ` n Hond bly maar jou beste vriend.
UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS
Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936
GWK Versekering . . .
Gemoedsrus oor jou bates Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773
• Bekostigbare oplossings teen wild- en kudde-risiko. • Maakpas-oplossings vir bateversekering. • Kortingterugbetalings ondanks aandeelhouer se eisegeskiedenis.
Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes/ Jan Kempdorp René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911
Ficksburg/ Mooirivier
Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659
GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat f okus o p welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
www.gwk.co.za
innoveer landbou