Nongqai Vol 10 No 6 A

Page 1

Nongqai Vol 10 No 6A

1


Nongqai Vol 10 No 6A

NONGQAI: VOL 10 NO 6A ENKELE GEDAGTES: DIE ONTSTAAN EN VERLOOP VAN TERREUR EN DIE REWOLUSIONÊRE AANSLAG IN SUIDELIKE AFRIKA: ‘N PERSOONLIKE ERVARING

Inhoud ENKELE GEDAGTES: DIE ONTSTAAN, VERLOOP EN BEKAMPING VAN TERREUR-AANSLAG IN SUIDELIKE AFRIKA: ‘N PERSOONLIKE ERVARING VANUIT ‘N VEILIGHEIDSTAKOOGPUNT (HBH). ........................................................................................................................... 4 Voorblad /Cover: Kol Johan van Rooyen .................................................................................. 4 Inleiding tot spesiale uitgawe .................................................................................................... 4 Voorspel: Ons aandeel in die gewapende stryd ........................................................................ 5 Bedrywighede: Franz Fanon in Algerië ..................................................................................... 6 Die stryd.................................................................................................................................... 7 Kursus 957G ............................................................................................................................. 8 1965: Umbumbulu: Mobiele-eenheid Port Natal ....................................................................... 9 SWA.......................................................................................................................................... 9 Die RSA .................................................................................................................................. 10 Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) .......................................................................................... 10 Nasionale Intelligensie ............................................................................................................ 11 Die SAP .................................................................................................................................. 12 2


Nongqai Vol 10 No 6A Projek Daisy ............................................................................................................................ 12 Vlakplaas ................................................................................................................................ 13 Vlakplaas en ietsie oor koverte aksie ...................................................................................... 13 Christelike etiek en die SAP: Die stryd tussen plig en gewete ................................................ 13 Maleoskop, Verdrag en Slagboom .......................................................................................... 14 Koeberg .................................................................................................................................. 14 Mnr PW Botha en staatsveiligheid .......................................................................................... 14 Mnr FW de Klerk ..................................................................................................................... 14 Kern gebeure .......................................................................................................................... 15 Die staatkundige-politieke terrein ............................................................................................ 16 Politieke oorlogvoering............................................................................................................ 16 •

Stratkom: Persoonlike siening .......................................................................................... 17

Swapo en die stryd ................................................................................................................. 18 SAKP/ANC en die Stryd.......................................................................................................... 19 UDF en die Stryd .................................................................................................................... 19 Foto’s: Jim Hooper .................................................................................................................. 19 WIE IS KOL EA DE KOCK? ........................................................................................................... 27 Ander foto’s van Eugene de Kock ........................................................................................... 29 Eugene de Kock se medaljelinte en balkies............................................................................ 31 JIM HOOPER................................................................................................................................. 32 KOMMENTAAR DEUR LT.GENL. ANDRE V H BEUKES ............................................................. 42 NAGEDAGTE: VANDAG IS DIE HERDENKING VAN DIE KERKSTRAATBOMAANVAL ............. 42 Kerkstraatbomaanval: Lt.kol. Glenn Elsden ............................................................................ 42 INDEMNITY & © | VRYWARING & © ............................................................................................ 43 End | Slot ................................................................................................................................ 44

3


Nongqai Vol 10 No 6A

ENKELE GEDAGTES: DIE ONTSTAAN, VERLOOP EN BEKAMPING VAN TERREUR-AANSLAG IN SUIDELIKE AFRIKA: ‘N PERSOONLIKE ERVARING VANUIT ‘N VEILIGHEIDSTAK-OOGPUNT (HBH).

Voorblad /Cover: Kol Johan van Rooyen ‘n Jong polisieman spring uit ‘n Casspir te Maleoskop – hy is niemand anders as die latere kolonel Johan van Rooyen (afgetree as SB van Sasolburg.)

Inleiding tot spesiale uitgawe In hierdie uitgawe kyk ons bietjie in ‘n voëlvlug oor die ‘ontstaan, verloop en bekamping van die terreur- en rewolusionêre aanslag’ deur veral die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP). Die SAP het nog altyd, reg of verkeerd, positief op Suid-Afrika se roepstem geantwoord. Dit moet onthou word dat die polisie ‘n kollektiewe geheue het wat teruggaan na die Anglo-Boere Oorlog. Daardie polisiemanne het weer later almal lede van die SAP of die SA Berede Skutters (SABS) geword. Ons het uit die geskiedenis en ervaring gegroei en gedien. Die SAP het vir die eerste keer gedurende die eerste wêreldoorlog diens in Duits-Suidwes-Afrika verrig. Baie was oudlede van die SA Constabulary of Zarp’s wat in die Anglo Boere-oorlog geveg het.1 Die SAP het daarna weer gedurende 1939 per trein na Suidwes-Afrika (SWA) vertrek om ‘n beoogde revolusie of putsch in die protektoraat deur die Nazi’s te fnuik. Die plan was om deur plaaslike geweld van inwonende Nazi’s bygestaan deur “vakansiegangers” op ‘n Duitse skip, die gebied oor te neem. Die doel van die oorname was om SWA vir mnr. Adolph Hitler, op sy verjaarsdag 20 April 1939, te skenk. Soms kan mens die beste planne hê maar mens moet altyd rekening met die werklikheid hou. Wel, in hierdie avontuur het die Duitsers hul rieme styf geloop en die SAP het almal in die Unie van Suid-Afrika geïnterneer. Die geheime agent in dié operasie was kaptein Jan Taillard (SAP). Die SAP het gevolglik die Suidwes-Afrikaanse Polisie (SWAP) oorgeneem. So het die SAP op sy beskeie manier die gang van die tweede wêreld oorlog verander en die veiligheid van SWA oorgeneem.

1

Lees bv. lt.kol. HF Trew se boek: Botha Treks – HBH.

4


Nongqai Vol 10 No 6A Ook het die SAP tydens die tweede wêreld oorlog in die “Noorde” die eerste Duitse generaal as krygsgevange aangekeer. Die generaal het homself persoonlik aan die kommissaris van polisie, genl.-maj. IP de Villiers, oorgegee.

Voorspel: Ons aandeel in die gewapende stryd Ek was ‘n klein bleeksiel op skool en het baie gelees. Ek het ook rugby gespeel, maar rugby speel was: Baie soos harde werk! Gelukkig was ek baie fiks. Ek was van kleins af betrokke in die nasionale veiligheidsgeskiedenis en het die veral die Engelstalige koerante in Durban, outobiografieë en “oorlog-boeke” verslind. (Koerante, veral ons Afrikaanse koerante is vandag nie meer die selfde nie! Ek het Die Burger laas in die Kaap gelees – toe dit nog ‘n vooraanstaande Afrikaanse koerant was! Wat ‘n plesier om so ‘n koerant te lees. Vrye Weekblad was, wat die inhoudelike betref het, ook ‘n goeie koerant gewees.) Ek sit en dink toe ek as klein seuntjie by my Oupa se voete, in die sand, op die Durban se suid strand gespeel het. Hy en ‘n ander ou Omie het gesels en hulle het oor die pas afgelope wêreldoorlog gesels en gesê wat vir die outjie wat in die sand speel, lê erger dae voor!! Ek het baie aan die gesprek gedink. Daar het ek my eerste gewaarwording gekry dat “moeilikheid” vir ons voorgelê het. “Wat”, het ek nie presies geweet nie. As kind onthou ek, soos gister, toe die eerste Mau-Mau aanvalle wat gedurende 1952 plaasgevind het, die Russiese inval in Hongarye gedurende 1956 (baie van die Hongaarse vlugtelinge was in Durban gehuisves en deur die spoorweë in diens geneem), ek onthou ook wat gedurende 1960 in die Belgiese Kongo gebeur het. (Ons het ‘n klein Belgiese vlugteling van die Kongo in ons klas by 5


Nongqai Vol 10 No 6A die skool gekry.) So onthou ek ook, die Algerynse probleme van 1961 en die eerste aanvalle op Portugese boere in Angola gedurende 1961. Ek onthou mnr Dag Hammarskjold se besoek aan die Transkei. Ek onthou ook AM van Schoor se weeklikse praatjies, Rekenskap, oor buitelandse sake wat oor die eter van die SAUK uitgesaai was. Mnr. Harold Macmillan het gedurende Februarie 1960 sy bekende toespraak oor die “winde van verandering wat oor Afrika waai” in die parlement gelewer. Dr Verwoerd was nie beïndruk nie2, sy gedagtes was by die republiek wat ons die volgende jaar, op 31 Mei 1961, sou kry. Op daardie dag, 51 jaar gelede, is die vrede van Vereeniging in Melrose-huis, Pretoria, met trane onderteken onder protes van die “Bittereinders”. Intussen is ek as die seun van ‘n polisieman gedurende 1960 blootgestel aan die gevolge van Cato Manor en my vader se afgedeelde diens in die Transkei – meer bepaald Pondoland. Oud-hoofman Albert Lutuli was a Christen en het die Nobel Prys vir Vrede ontvang. Kommuniste en met inbegrip van mnr Mandela het besluit: Praat help nie. Hulle wou nou werklik tot die stryd toetree. Hulle het gesien wat in die noorde van Afrika gebeur. (Mnr. Mandela het Algerië besoek en Franz Fanon3,4 se akademiese werke en Fanon se optrede in Algerië nagevors.) Algerië wat ook ‘n minderheid van ongeveer 1 miljoen blanke Franse gehad het, was ‘n handige leerskool vir mnr. Mandela. Nadat die SAKP-ANC-Alliansie besluit het om werklik tot die gewapende stryd toe te tree op 16 Desember 1961 het die rewolusionêre oorlog in alle erns begin. Die wit kommuniste was die breinkrag: Onthou u nog vir adv. Bram Fischer? Dade van sabotasie en terreur het voorgekom. Ons het by nasionale sleutelpunte wagdiens verrig met .303 en 50 patrone.

Bedrywighede: Franz Fanon in Algerië “ ... Frantz se finale stadium van politieke radikalisme het gevolg en hy het gevolglik die rebelle groep, Front de la Liberation Nationale (FLN), in Algerië gehelp. Hy het meer toegewyd aan die saak geword en het later uit sy pos bedank en het 'n voltydse organiseerder en skrywer vir die FLN geword. Sy betrokkenheid het met 'n groot persoonlike koste gekom en hy het doodsdreigemente vanuit Frankryk ontvang. Gedurende die begin van 1957 is hy deur die Franse koloniale regering na Tunisië verban. Dié stap het sy belangstelling in politieke aktivisme, wat hy in Tunis nagestreef het, verhoog en dit het hom gewild gemaak onder die plaaslike bevolking. Hy het 'n mondstuk geword vir verskeie Afrikaonafhanklikheidsbewegings en het oor die Afrika-vasteland gereis om die evangelie van onafhanklikheid te verkondig. Onder sy werk was die oprigting van 'n tydskrif genaamd Moudjahid en die ambassadeur vir die Algerynse rebellebeweging se voorlopige regering geword. Hy het FLN-lede opgelei in gevegstegnieke en in tegnieke om marteling te weerstaan wat hy van sy jare as soldaat geleer het. Hy het uiteindelik uit sy pos bedank en het 'n voltydse organiseerder en skrywer vir die FLN geword. As vryheidsvegter het hy na hul kampe van Mali na Sahara gereis, hy het belangstellendes en toeskouers toegespreek en het verpleegsters opgelei om wonde te versorg. In 1957 het Fanon die slagting oorleef, waarin FLN 300 ondersteuners van 'n mededinger-

Lees gerus Fred Barnard, sy privaat-sekretaris se boek – HBH. Frantz Fanon (20 July 1925 – 6 December 1961), also known as Ibrahim Frantz Fanon, was a French West Indian psychiatrist, philosopher, revolutionary, and writer from the French colony of Martinique, whose works are influential in the fields of post-colonial studies, critical theory, and Marxism - https://en.wikipedia.org/wiki/Frantz_Fanon 4 Frantz Fanon was one of a few extraordinary thinkers supporting the decolonization struggles occurring after World War II, and he remains among the most widely read and influential of these voices - https://www.iep.utm.edu/fanon/ 2 3

6


Nongqai Vol 10 No 6A rebelgroep vermoor het. Hy het ook 'n sluipmoordpoging in Libië oorleef. In 1959 is hy aangeval op die grens van Marokko en Algerië en is ernstig gewond. Teen 1960, nadat hy 'n massiewe intelligensie-operasie van Mali na Algerië voltooi het, is hy met leukemie gediagnoseer. In 1961 het hy vir behandeling na die destydse Sowjetunie gegaan en is ingelig dat die beste sorg in die Verenigde State van Amerika beskikbaar was. Hy het toe die advies geneem en die VSA met 'n vals identiteit onder die naam van Ibrahim Fanon binne gekom. By sy aankoms in die VSA het die Sentrale Intelligensieagentskap (CIA) hom tien dae lank sonder enige behandeling aangehou. Hy het longontsteking opgedoen wat op 6 Desember 1961 tot sy dood gelei het. Sy lyk is na Algerië geneem waar hy sy burgerskap verkry het. Sy lyk is verwelkom en het 'n held se seremonie en militêre erkenning as 'n belangrike revolusionêre ontvang en is begrawe in 'n begraafplaas van die FLN-veteraan5,6. In 1966 het ons politieke opponente die gewapende stryd met insurgensie-operasies begin. Ons het gedink dat ons buffer state – Angola, Rhodesië en Mosambiek ons sou help. Ons het die vyand in die SWA/Angola-teater aangedurf en ook Rhodesië bygestaan. Mnr Ian Smith beweer dat adv. BJ Vorster hom uitverkoop het – lees gerus mnr. Smith se boek.7 Ons is later op ons eie grense ontplooi. Mense onbekend aan die polisie, het plofstof die RSA ingesmokkel – dink maar aan die plofstof wat ingesmokkel is en in die Kerkstraatbomontploffing gebruik is. Ons opponente was nie engeltjies nie. Lees maar wat hulle alles in hul kampe gedoen het. Baie mense is onskuldig as polisie-spioene bestempel. Hulle is ook in die kampe gemartel en gedood. Ek het vreeslike stories gehoor. Ons het swart SAP-lede laat dros en by die ANC in die buiteland laat aansluit. Ek wonder hoeveel van die swart SAP-lede het ooit weer ongeskonde teruggekom?

Die stryd Para-militêre polisie is die ideale instrument om terroriste en insurgente te jag – in die polisie se oë is hulle misdadigers. Die Kanadese polisie (North West Mounted Police) is tydens die Anglo Boere Oorlog na Suidelike Afrika gestuur. Hulle het ons Boere goed reggesien! Hulle kon spoorsny en het van ligdag tot donker die spoor gevat en het die Boer, op wie se spoor hul was, min rus gegee!8 Die polisie het nog altyd met min klaar gekom. Die polisie, ‘n mag van enkelinge, is “mean and lean” en werk volgens ou beproefde polisie metodes om die misdadigers hetsy op die grens of in die operasionele gebied aan te keer. Die polisie is ook nie bang nie – eerder onverskillig. Hulle sou eerder ‘n nagaanval uitlok want dan het hulle “varser spore” gehad. Kursus 957G: Binnelandse Beveiliging Genl. Jannie Geldenhuys was die eerste lid van die SAW om die tekens van die tye reg te lees. Hy het bv. kursus 957G aangebied om lede van die SA Polisie en die SA Spoorwegpolisie voor te berei op dit wat nog moet kom! (Ek was bevoorreg om met beide genl Jannie Geldenhuys en genl. Mike Geldenhuys diep gesprekke oor ons nasionale strategie te voer.) Wat genl. Jannie Geldenhuys betref, ek het vreeslik baie by hom as mens en soldaat geleer! Dit was seker beter as enige handboek of akademiese onderrig wat ek ontvang het.

5

https://www.sahistory.org.za/people/frantz-fanon Tydens al die jare waarin ek aan die veiligheidstak verbonde was, het ek nooit van Fanon gehoor of gelees nie. Ek het op akademiese terrein ook nooit werklik ‘n in-diepte studie van ons opponente gemaak nie. Vandag moet ek getuig dat dit ‘n skande is! - HBH. 7 The Great Betrayal deur Ian Douglas Smith - HBH. 8 Lees gerus: “EFFECTIVE LEADERSHIP IN COUNTER-INSURGENCY: THE NORTH-WEST MOUNTED POLICE IN SOUTH AFRICA, 1899-1902 deur Kenneth Grad in: http://www.journal.forces.gc.ca/vo9/no2/08-grad-eng.asp 6

7


Nongqai Vol 10 No 6A

Kursus 957G

8


Nongqai Vol 10 No 6A Binnelandse beveiliging en teen-insurgensie opleiding is aanvanklik aan SAP- en SASP-offisiere aangebied en later is ons onder-offisiere en konstabels in praktiese teen-insurgensie opgelei, so tussen die dagga-kap operasies deur.

1965: Umbumbulu: Port Natal

Mobiele-eenheid

Gedurende 1965 is pelotons 7 en 8 van Port Natal se Mobiele-eenheid in Umbumbulu gedurende in die basiese tegnieke deur kapt. Louis Heap van Natal Kommandement opgelei. Ek was daar. Die lugmag was ook ingespan en ons is met toue afgelaat om “aanvalle” te doen. Daar is geen beter leermeester as die praktyk nie en gevegstegnieke word in die veld verbeter en ontwikkel. Die polisie het geweet dat die lugmag hulle vinnig by die hospitaal in Pretoria sou kry. Uiteindelik het die Casspir sy opwagting gemaak. Soos die Boer van ouds op sy perd kon vertrou, so het die polisieman op sy Casspir vertrou. Die ontwikkeling van die Casspir kan na die SA Polisiekollege teruggevoer word. Hier het (later genl.) AP van Dyk en sy assistent (later brigadier) Frans van Eeden van die plofstofeenheid met die embrio modelle van die Casspir begin. Die konsep is later deur genl. maj. Piet Kruger en dr. Vernon Joynt vervolmaak. Verskeie verskillende modelle het gevolg na aanpassings in die veld. Die polisieman is gewoond om ontberings te ervaar en hy het baie leidrade opgevolg en geweet hoe om die “veld te lees”. Die polisie het oor die algemeen oor ‘n goeie inligtingsvermoe beskik.

SWA Alles was redelik vreedsaam in die gebied na die eerste en tweede wêreldoorloë tot en met 26 Augustus 1966. Toe het die Slag van Ongulambashe9 plaasgevind. Hierdie Swapo-insurgente is deur die “Rooi Rus”, (destyds majoor) TJ Swanepoel en ‘n klein groepie lede van die veiligheidspolisie opgespoor. Hulle het onder die skuilnaam PASCO landmeet werk in die gebied onderneem. Met steun van die SA Lugmag en elemente van die SA Leër is die eerste terroriste gearresteer en die eerste terroris doodgeskiet. Die oorlog in SWA het met die polisie begin en die polisie was tot op die laaste dag daar gewees!

9

Paul Els en ek het maar besluit op die spelwyse; intussen is die Ovambo spelwyse bekend gemaak. Om verwarring te voorkom, hou ons maar by spelwyse: Ongulambashe - HBH

9


Nongqai Vol 10 No 6A Suidwes-Afrika het 30 jaar gelede, gedurende 1989 onafhanklik geword en staan toe vanaf 21 Maart 1989 as Namibië bekend. Dit was ‘n leeftyd gelede – vir sommige was die bosoorlog soos gister! SAP in Rhodesië

Foto: J Pittaway

Die RSA Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) Natuurlik was daar goeie wedywering tussen die SAP en die SAW! Eers het ons as eerste minister, adv. BJ Vorster, gehad. Mnr. Vorster was sterk “polisie-gesind” met genl. Langhendrik van den 10


Nongqai Vol 10 No 6A Bergh as steunpilaar. Ons vergeet maar van die sogenaamde inligting-skandaal. Mnr. PW Botha is later uitvoerende staatspresident van die RSA en as sulks is hy hoof van die SAW, hy was ‘n voormalige minister van verdediging, in daardie dae was die minister van verdediging, genl. Magnus Malan, hy was self ‘n voormalige hoof van die SAW, die sekretaris van die staatsveiligheidsraad (SVR) was ook altyd ‘n militêre generaal en dan was daar die hoof van die SAW. Die weermag het dus in getalle ‘n gedugte span by die staatsveiligheidsraad (SVR) gevorm. Die SA militêr het sterk gestaan, ook op die sielkundige terrein; ons weermag was as die beste in Afrika beskou! Dit neem nie ‘n kernwetenskaplike om uit te werk dat die militêr die botoon op die hoë forums, soos die staatsveiligheidsraad, en top vlakke soos die nasionale veiligheidsbestuurstelsel (NVBS) gevoer het nie. Die militêr het, onder mnr. PW Botha, byna alles i.v.m. nasionale veiligheid oorheers, van stasie-vlak tot by afdeling/kommandement (bv. by die GBS’e) en op hoofkwartiervlak, bv Nas-Gos. Dit is algemeen bekend dat die SAP uitstekende teeninsurgensie werk verrig het. Die SAW weer het geskitter in sy konvensionele rol. Lt.genl. JG Dreyer, ook bekend as “Sterk-Hans”, het my vertel dat die SAW uitmuntende konvensionele vegters was! Die SAW het hom op die konvensionele terrein beïndruk, het hy my vertel. Tydens my sekondering aan die SSVR het ek baie vriende onder die SAW-lede gemaak. Ek is nog in kontak met baie. Ek weet, in ‘n mate, hoe SAW-offisiere dink. Ons in die SAP dink baie “anders” as die SAW. Genl. Jannie Geldenhuys en ek was goeie vriende. Na my aftrede het ek baie by hom geleer. Ons het diep gesprekke gevoer en het baie oor die rewolusionêre aanslag gesels – hy was lank militêre attaché in Angola en BO van die SAW in SWA. Ek het van sy boeke in manuskrip-vorm gelees. Na veldmaarskalk Jan Smuts plaas ek genl. Jannie Geldenhuys as ons skitterendste SAW generaal in die na-oorlogse periode (1945 – 1994). Hy was ‘n uitstaande internasionale strateeg – hy kon met mense soos dr Chester Crocker en genl Prem Chand10 onderhandel.

Nasionale Intelligensie Mens het nasionale intelligensie se mense nooit werklik in die veld of in die stad raakgesien nie. By die tak: nasionale vertolking (TNV) by die sekretariaat van die staatsveiligheidsraad (SSVR) het hulle egter ‘n leidende rol gespeel. Hulle was ook aan die spits om die jaarlikse nasionale inligtingswaardering op te stel. Natuurlik het alle departemente ook hul departementele siening weergegee. Baie polisiemanne het my gevra wat die nut en die rol van NI was. Was hulle nodig? My antwoord is en bly: Ja, Suid-Afrika het ‘n siviele, sentrale inligtingsorganisasie nodig waarheen alle inligting (ook van die veiligheidstak) heen gestuur moes word. Hulle moes inligting versamel op die staatkundige-, die maatskaplike-, die ekonomiese-, die sielkundige- en veiligheidsterrein. Hulle moes daardie inligting vertolk en aan saakmakende instansies voorlê. NI moes die spreekwoordelike legkaart opstel en voltooi en so die totale inligtingsprent daarstel. Inligting is kennis, en kennis is mag, daarom moet inligtingsmense nie oor uitvoerende magte beskik nie. Hulle het was hoofsaaklik “lessenaar-beamptes”. Maar hulle het o.a. ‘n binnelandse teen-spioenasie funksie in samewerking met die SA Polisie vervul. (NI kon nie mense arresteer of geboue wettiglik deursoek nie.) Dan was daar harde-baard NI-spioene in die veld. Ook het NI-personeel as BBP-wagte in die buiteland opgetree. Die SAP (V) het deurentyd staatkundige inligting aan NI oorgedra.

10

Lees gerus meer oor genl. Prem Chand deur te klik op: https://en.wikipedia.org/wiki/Dewan_Prem_Chand

11


Nongqai Vol 10 No 6A Tydens die samesprekings by die Simonstad-ooreenkoms het genl. Johan Coetzee gevoel dat NI verantwoordelik moet wees vir sekerheid in die staatsopset 11,12. Die SAP wou dus nie die taak van sekerheid in die staatsopset hê nie. Waarom die polisie nie die bewaking van nasionale sleutelpunte bedryf het nie, was ook vir my ‘n raaisel13; maar ons moes die kus patrolleer.14 Wat militêre inligting per se betref: Slegs die departement van verdediging se personeel behoort militêre inligting insamel en vertolk. Weermagte werk met slagordes van ander weermagte, hulle werk op die getalsterkte van die vyand, gevegs- en krygstuig-inligting. Natuurlik moet hulle inligting van militêre aard insamel en moet hulle teen-inligting doen in samewerking met die veiligheidstak en nasionale intelligensie. Ons het ook militêre attachés in meeste lande om overte militêre inligting in te samel.

Die SAP Wat binnelandse veiligheid betref is die SAP i.t.v. art 5 van wet 7/1958 verantwoordelik vir die binnelandse veiligheid van die RSA (destyds met inbegrip van die SWA). Polisiewerk staan op drie bene: Inligting, operasies (met inbegrip van ondersoekwerk) en kommunikasie (intern sowel as ekstern). Mense moet verstaan dat die polisie se rol in die bekamping van onrus, terreur en staatsgevaarlike optrede se pad deur die howe loop. Die polisie kan nie mense self “straf” nie. Dit is die howe se werk; die SAP (V) reël deur die prokureur-generaal of die senior aanklaer dat beskuldigdes voor die hof verskyn en verhoor word. As ‘n senior polisie-offisier wat op die hoogste forums gedien het bv. by die SSVR, by die gesamentlike veiligheidstaf (GVS), nasionale gesamentlike operasie sentrum (Nas-Gos), die nasionale inligting sentrum (Nas-Gis), en die nasionale kommunikasie komitee (Nas-Kom) het ek duidelik besef dat die polisie oor die lengte en breedte van die land verteenwoordig is. Ek het ‘n grondige kennis opgedoen van die polisie se strategiese sowel as taktiese rol. Soggens het ons by die Sanhedrin15 – die veiligheidspolisie se oggend konferensie - ingesit. Ander elemente van die inligtingsgemeenskap het ook hierdie vergadering bygewoon. Die meeste taktiese en operasionele inligting is hier te berde gebring. Baie van hierdie inligting is weer by die TNV se 11:00 vergadering geopper. ‘n Daaglikse verslag is na die SP se situasiekamer of in Tuynhuis of in die Uniegebou, deurgestuur. Maar hier plat op die grond het die SAP se “binnelandse veiligheidsafdeling” bestaande uit SAP-TIN (teeninsurgensie), SAP-Veiligheidstak (SAP-V), Operasie “K”, SAP-Spesiale Taakmag en later Afdeling Binnelandse Stabiliteit ‘n wesentlike rol gespeel om relatiewe vrede en stabiliteit in die land te bewerkstellig en te verseker.

Projek Daisy Die SAP het ‘n wye verskeidenheid van koverte operasionele metodes gebruik om relevante inligting te verkry. So het ons die plaas “Daisy” gehad wat ons intelligensie en spioenasie bedrywighede hanteer het. Geheime agente is ook hier opgelei.

Instruksie EM 5/12 het betrekking gehad op die onderwerp – HBH. Gesprek met maj. Craig Williamson. Volgens hom het genl. Coetzee gevoel dis ‘n onpopulêre taak en hy wou nie die reeds oor-belaaide polisie met die taak belas nie – HBH. 13 Gedurende die 1960’s het ons wel sleutelpunte bewaak, maar die admin was deur die SAW behartig – HBH. 14 Gedurende die 1960 was die SAP op die uitkyk vir duikbote en later is kus met Z-wagte gepatrolleer – HBH. 15 Die naam Sanhedrin (of die Joodse Raad) is jare gelede deur die legendariese brig. Fred van Niekerk voorgestel en het dadelik oral byval gevind – HBH. 11 12

12


Nongqai Vol 10 No 6A

Vlakplaas Vlakplaas as konsep, is in die lewe geroep deur lt. genl. (destyds kolonel) JJ Viktor16. Dit was (destyds kaptein) Gawie Richter wat Vlakplaas as geskik vir die bepaalde doel geïdentifiseer het en van die Stewart-broers gehuur het. Die plaas is later deur die staat aangekoop. Die gedagte was aanvanklik om gevange terroriste daar te huisves, eerder as in die tronk. Party terroriste wat gevang was, het besluit, of was oorreed, om te getuig in komende hofsake. Ander se “koppe is gedraai” en hulle het by die SAP (V) aangesluit en is hulle askari’s genoem. Hier kon hulle op Vlakplaas “boer” en die tyd verwyl. Van hierdie askari’s is gebruik om hul eertydse kollegas op te spoor. Na die Harms-kommissie en die latere onthullings deur wyle kaptein Dirk Coetzee, het daar later ‘n stigma aan Vlakplaas gekleef dat sogenaamde polisie-moordbendes daar gehuisves word.

Vlakplaas en ietsie oor koverte aksie “Beware that, when fighting monsters, you yourself do not become a monster... for when you gaze long into the abyss. The abyss gazes also into you” - Friedrich W. Nietzsche.17 Die VSA president John F Kennedy het by geleentheid min of meer die volgende woorde gebruik: “In covert action your failures will be trumpeted and your success go unheralded.” As honneurs-student moes ons in die vakgebied van strategiese studies navorsing doen oor koverte operasies of geheime operasies en voorsprong operasies. Een van die dinge wat ek daar geleer het, is: As die VSA se seesoldate, die sg. “marines”, nie kon help nie, het die VSA regering dan van koverte aksie gebruik gemaak. Koverte aksie is as ‘n “instrument of statecraft” beskou. Mens moet versigtig wees met die sulke operasies. Godson skryf in sy boek Covert Action for the 1980’s onder andere dat sodra jy ‘n eenheid van die aard skep, dan moet jy hulle werk gee en besig hou! Anders skep hulle later hul eie werk, soms tot nadeel van die organisasie of die staat self. Vlakplaas se mense het baie lewens gered maar tog was daar ook maar dae waaroor ons eerder ‘n sluier sou wou trek. Aan die anderkant weer, was ons in ‘n bloedige oorlog gewikkel en die sogenaamde Queensbury-reëls het nie gegeld nie.

Christelike etiek en die SAP: Die stryd tussen plig en gewete Ons is ‘n Christen-mag gewees met verskeie kapelane wat vir ons die Woord daagliks voorgehou het. Sodra mens op die lyn van goed en kwaad stap dan tree mens se gewete na vore. Na jare se stoei oor die onderwerp net die volgende: Die polisie moet NOOIT die wet oortree nie. Die polisieman is dienaar van God en die polisie-offisier is deur God met die swaard van gesag beklee. Die polisie is die primêre gesagsorgaan van die staat. Die polisie moet ALTYD die nou paadjie van geregtigheid stap. As mens die aanval van die polisie op die kantore van die SAKP-ANC-Alliansie in Londen objektief, eerlik en akademies beskou: Dan was dit nie die werk van die SAP om ‘n duidelike boodskap aan die terroriste se deur in Londen te bring nie. A.g.v. hiervan is sekere oud-SAP-lede gebrandmerk. Wie moes die aanval op die ANC se kantore in Londen doen? Persoonlik is dit my siening dat dit ‘n taak vir die SAW (Recce’s) en NI was. Jammer, dis nie ons “werk” nie al gelas die minister sulke optrede. (NI kan hul eie amptenare in die buiteland met gepaste legendes voorsien. Aan die anderkant van die munt: Dit was deel van die gesonde wedywering tussen die SAP en SAW.)

Beide genl.’s JJ Viktor (Stigter: Vlakplaas) en JG Dreyer (Stigter: Operasie “K”) het baie by die Selous Scouts in Rhodesië geleer ook oor die sg. “Askari’s” – HBH. 17 https://www.goodreads.com/quotes/272885-beware-that-when-fighting-monsters-you-yourself-do-not-become 16

13


Nongqai Vol 10 No 6A

Maleoskop, Verdrag en Slagboom Aanvanklik is ons gedurende 1974 in die SAP-kollege opgelei, weer hard en fiks gemaak. Ons het praktiese oefeninge gedoen op die oop stuk grond reg oorkant die Voortrekkermonument. Daarna is ons na Maleoskop vir meer praktiese veldwerk. Daar was toe nie geboue nie, net tente en ‘n ou dubbeldekkerbus wat as kantien vir die personeel gedien het. (Vorige kursusgangers is ook in die kollege en op ‘n plaas in die Rustenburg se distrik opgelei.) Maleoskop is later deur die SAP ontwikkel as ‘n model vir opleiding in stedelike, sowel as plattelandse, oorlogvoering en die bekamping van onrus, onluste en insurgensie. Maleoskop met sy ruigtes en hitte was soos op die “grens of in die bos”. Later het Verdrag en die spoorwegpolisie se TIN-basis in die Oos-Kaap, Slagboom, ook bygekom.

Koeberg Talle spesiale konstabels – verkeerdelik kits-konstabels genoem – is gewerf. In ‘n rewolusionêre oorlog soos in bv. Maleia moet jy polisiebeamptes op die grond hê. Spesiale konstabels op die grond is ‘n magsvermenigvuldiger; met hulle plaas jy voete op die grond en dien hulle as jou oë en jou ore. Die spesiale konstabels het waardevolle werk verrig veral m.b.t. tot wagdiens en as hekwagte wat baie konstabels vrygestel het vir dienste elders.

Mnr PW Botha en staatsveiligheid Na die vrede en die verkiesing in Namibië het die rewolusionêre oorlog in Suid-Afrika in felheid, bogronds sowel as ondergronds toegeneem. Natuurlik het ons het voorsprong operasies tydens pres. PW Botha se bewind, geloods. As ons dit nie gedoen het nie was RSA-burgers en lede van die SAP se lewens in gevaar.

Mnr FW de Klerk Mnr FW de Klerk was nie ‘n sogenaamde sekurokraat nie. Sonder om sy kommissaris van polisie of sy hoof van die weermag te ken het hy sy bekende “2 Februarie 1990”-toespraak gelewer. Hy was nooit blootgestel aan die staatsveiligheidsraad (‘n kabinetskomitee) of aan die polisie- of weermagkultuur nie. Met die verloop van tyd sal mense agterkom of hy werklik iets goeds met sy bekende toespraak bereik het, al dan nie. Tans is ons almal te emosioneel betrokke om suiwer en objektief te oordeel. Die rewolusionêre oorlog is op 27 April 1994 verby .... of so het ons gedink, ons het vandag net soveel onrus en onluste as in die verlede. Mnr De Klerk verklaar egter: “My hands are clean and my conscience is clear, I have never been part of a policy that says kill people.”18 Ek glo dis waar! Op 27 April 1994 het die Republiek van Suid-Afrika se nuwe Grondwet in werking getree, en 27 April 1994 is die dag waarop al die mense van Suid-Afrika vir die eerste keer hul stem in die eerste demokratiese verkiesing in die land uitgebring het. Die ANC het aan bewind gekom en mnr. Nelson Mandela is op 10 Mei 1994 as die president van Suid-Afrika ingewy. Ons kan vandag tereg uitroep: “O, wye droewe land so ver en woes geleë.”19 Alhoewel ons ‘n demokrasie in die land het, is dinge nie baie demokraties nie. Ons kry swaar a.g.v. die diktatuur van die meerderheid. Witmense word uitgestoot en hulle voel onwelkom in die werksplek. Vir amper geen rede word ‘n wit vroue generaal in die polisie ontslaan! Ons het ‘n nuwe vorm van “apartheid” 18

https://www.enca.com/news/was-life-better-under-apartheid-fw-de-klerkweighs?utm_campaign=eNCA%27s%20Five-In-Five&utm_medium=email&utm_source=Revue%20newsletter 19 NP van Wyk Louw

14


Nongqai Vol 10 No 6A – diskriminasie teen veral wit mans. Misdaad gaan ongebreideld voort. Treine word beskadig en verband, plaasaanvalle gaan voort, mense boikot steeds: Water- en ligte-rekenings word nie vereffen nie. Soweto skuld vir Eskom miljarde rand. Bekyk ek die parlement dan lyk dit soos ‘n grap of een of ander bisarre toneelspel of ‘n Monty Python-sirkus. Ons verheerlik nie die verlede nie. Maar ons moet kyk hoe ons, as lede van die SAP, die res van die veiligheidsmagte en inligtingsgemeenskap gevaar het, toe ons opdrag gekry het om in die stryd betrokke te raak. Ons het ook ‘n klimaat geskep waarin die kritieke onderhandelinge kon plaas vind.

Kern gebeure Wat het gebeur en wat het verander dat ons uiteindelik op historiese dag van 27 April 1994 uitgekom het? Wel eerstens moet onthou word dat ons deel van die Koue-oorlog was. Rusland en Kuba het ingegryp in Angola en Mosambiek. Ek was skakel-offisier met SNASP in Maputo en het my polisie-kollegas daar later goed geken en ons het soms lekker gesels. Ek het gevra waarom hulle na Rusland gekyk het vir hulp teen Portugese “oorheersing”. Ek is meegedeel dat Portugal en Brittanje ‘n baie ou verdrag het om mekaar te help, dus kon Brittanje nie help met hulle bevrydingsoorlog nie. Die Russe was gewillig om te help – dit brei hul invloedsfeer uit en dit ondermyn die Weste. Die Russe het vastrapplek in Afrika gesoek. Daar was ook ‘n onderlinge stryd tussen die Chinese en die Russe. Ons sit toe met Kubaanse surrogaat troepe wat in Angola geveg het. Die uitwerking van die oorlog in Afghanistan het sy tol in die USSR geëis. Talle Russe is daar dood geskiet en die Russiese bevolking het niks van die idee gehou om in Afghanistan betrokke te raak nie. Rusland het sy Kubaanse surrogaat troepe finansieel onderhou. Beide oorloë het geld gekos en Rusland se vermoë uitgeput. In Berlyn het die VSA-president Mnr Ronald Reagan geëis dat mnr Gorbachev die Berlynse muur wat Berlyn in twee verdeel, moes “afbreek”. (“Mr. Gorbachev tear down this wall”.20) Alhoewel hy ‘n Amerikaanse akteur was, het mnr. Reagan outydse eerlike en opregte waardes nagestreef. Hy het ook genoem dat Amerika oor die “Star Wars”-program beskik en hierdie “skrikmaak-storie” was die spyker in die doodskis vir die USSR. Intussen was die Pole al lankal besig om die Russiese greep op hulle los te maak. Op 9 November 1989 het die muur wat die stad verdeel, opgehou bestaan en daarmee is die spreekwoordelike Koue-oorlog geëindig. Vier persone het vasgestaan teen kommunistiese ekspansionisme, alhoewel agter die skerms en kovert, was mnr. Reagan en mev. Margaret Thatcher van Groot Brittanje en ook in Suid-Afrika het adv. BJ Vorster en mnr. PW Botha bankvas gestaan. Die vier kan as helde in die stryd beskou word, aldus wyle genl. Jannie Geldenhuys. Suid-Afrikaanse magte het die stryd in Angola en SWA loshande gewen. Met die samespreking tussen onder andere Kubane, Angola en Suid-Afrika het Suid-Afrika nie sy militêre oorwinnings onder sy opponente se neuse gevryf nie! Die kort boodskap was: “Ons wou ‘n onderhandelde skikking daar stel” en “nie ons vyand verneder nie”. Geen generaals van die SAW is tereggestel nie – Kubaanse generaals het wel teëspoed opgetel. Op 2 Februarie 1990, skaars vier maande nadat die muur in Berlyn geval het, het mnr. FW de Klerk met sy verrassende aankondiging gekom en die SAKP/ANC/Alliansie ontban. Kommunisme het geen verdere gevaar ingehou nie. As ek so rondkyk leef ons ou kommuniste lekker in die land van melk en heuning. (Alhoewel ek bevrees is wat die toekoms inhou, bv. die onteiening van roerende

20

https://en.wikipedia.org/wiki/Tear_down_this_wall!

15


Nongqai Vol 10 No 6A en onroerende bates deur die staat want hulle kan baie maklik die grondwet kan wysig. Daarmee die spyker in die doodskis van ‘n pragtige land! Ons sal ‘n tweede Venezuela of Zimbabwe word.) Besitreg van grond is die eerste beginsel van ons ekonomie. Dink maar aan die lenings en verbande op grond by banke en ander finansiële instellings. Om te boer is ‘n kuns en ‘n fyn wetenskap. ‘n Boer moet weet wat hy doen. Selfs die Russe het gesien kollektiewe plase werk nie in die praktyk nie. Kyk na die hongersnode in Rusland ‘n honderd jaar gelede.

Die staatkundige-politieke terrein In Suid-Afrika van 1910 tot 1994 het ons verskillende vorms van “apartheid” beleef en toegepas. Nie-blanke kiesers is van die gesamentlike kieserslys verwyder21, veral in die sogenaamde Kaapkolonie en later die Kaapprovinsie. Ons het met ‘n beleid van afsonderlike ontwikkeling gepoog dat elke bevolkingsgroep tot sy eie reg kom en te laat ontwikkel en so selfverwesenliking bereik. Weens verskillende redes is dit nie toegelaat om ‘n sukses te wees nie. In enige goeie staat is goeie administrasie 80% en veiligheidsmagoptrede 20%. Ons het nie ‘n vreeslike goeie staatsdiens gehad, as mens dit met die staatsdiens van Brittanje of Frankryk vergelyk het nie. Dit was maar so! Vandag het ons ‘n nog vrotter staatsdiens en is alle onderhandelinge met die staat, ‘n pyn! Neem die hernuwing van lisensies. Of dit nou TV-, motorbestuurders- of vuurwapenlisensies is, dis ‘n pyn. Ons het byna dubbele stelsel van alles; eie privaat sekerheid versus polisie, die poskantoor met sy vrot diens het sy opposisie en Telkom het weer sy opponente! Die arme mense in minder gegoede gebiede kan nie sekerheid bekostig nie en is aan die skelms uitgelewer. Kyk na die aanslag op ons voorstedelike treine! Huise word belowe, maar nie gebou nie!

Politieke oorlogvoering Nabetragting dui daarop dat ons opponente in Suidelike-Afrika meesters was op die gebied van politieke oorlogvoering, of te wel sielkundige oorlogvoering of soos ons dit in die veiligheidsmagte ken: strategiese kommunikasie afgekort na stratkom22. (Die SAW is lief vir turbo-taal.) Stratkom, ‘n doodgewone naam uit die ou bedeling het amper vandag ‘n vloekwoord geword: Dit bewys my punt hoe goed hul poging m.b.t. politieke oorlogvoering was. Alhoewel ons opponente, die SAKP-ANC-Cosatu Alliansie (en later die UDF), hulself by die internasionale kommunistiese blok geskaar het moes die Weste maar lelik bontstaan om die alliansie te akkommodeer, neem destyds maar die gebeure in ag by die verenigde nasies (VN) in New York. (Lande het nie vriende nie, lande het slegs belange soos bv. om hul invloedsfeer uit te brei of kritiese minerale en olie in “teiken” lande te bekom.) Dit was die Oos-blok teen die Wes-blok en die buitelandse politici van albei kampe het die guns van Afrika-state probeer wen. Ons opponente is opgelei in lande soos die ou USSR, China, Vietnam, Kuba, Algerië, Tanzanië om ‘n paar te noem. Neem maar die ou Suid-Afrikaanse vlag: Waar is vryheid van spraak of vryheid van assosiasie! Laat ek bieg ek hou van die ou SA-vlag. Onthou selfs nie-Afrikaners het onder die vlag geveg. Nou as doodgewone mense vir historiese redes die vlag gebruik, dan is die hel los!

21 22

https://www.sahistory.org.za/dated-event/coloureds-are-removed-voters-roll Die word is deur mnr. AP Stemmet, destyds hoof van die strategiese kommunikasie by die SSVR geskep – HBH.

16


Nongqai Vol 10 No 6A

• Stratkom: Persoonlike siening Daar was verskeie nasionale strategieë en t.o.v. elke strategie (by die nodale punte van die SAP (V) en by Kompol x94) het ons departementele strategieë opgestel en gemoniteer. Na my sekondering by die SSVR het ek as veiligheidsman by Kompol x 94 se nodale punt agtereenvolgens onder genl DK Genis, genl Frik van Zyl en genl CA Swart gewerk. (Die SAP was anders as gewone staatsdepartemente - ons het 'n veiligheidsafdeling en ander uniform afdelings gehad met binnelandse veiligheid as hoofdoel bv. SAP-Tin, taakmag, onluste, spesiale konstabels, lugvleuel, grensposte ens.) Departementele take was bv. - inligting verkry; (Sanhedrin, en Nas-Gis) - operasies beplan, - kommunikasie operasies - bemarking van suksesse (Afdeling Openbare Betrekkinge, Nas-Kom (interdepartementele nasionale kommunikasie komitee) en daar was kom-kom (kommunikasiekomitee asook en kompol x302 het ook 'n eie eenheid gehad met Vic McPherson. Kommunikasie operasies was kovert en overt. Gedurende 1988 het ek die 3maande militêre Polwar-kursus in Taiwan gedoen. Na die kursus het ek vir genl. Van der Merwe 'n kommissaris/minister memo opgestel en daarop gewys dat ons as departement soms uit twee monde praat. [Destyds het Afdeling Openbare Betrekkinge bv. nie geweet wat veiligheid oor ‘n bepaalde onderwerp weet nie. Hulle is die afdeling wat met die media praat. So het die ministerie van wet en orde sy eie segsman gehad en namens die minister van wet en orde verklarings uitgereik. Lg. is meer op die politieke vlak.] Die kommissaris het my ingeroep oor die memo en ons het die memo bespreek en ek het aan genl. Van der Merwe genoem dat genl. Stadler23 (na veiligheid was hy by opleiding) die hoof van openbare betrekkinge behoort te wees omdat hy die overte en koverte inligting ken en uitsprake oordeelkundig kan maak. So het hy hoof van Afdeling Openbare Betrekkinge geword en ek was ook rukkie daar, voor ek na Welkom toe is. Ons het ook 'n departemente strategie gehad om die beeld van die SAP te bou en te poets. "Beeldbou" - vertonings en uitstallings by skoue, honde vertonings ens. Elke hoofkantoor afdeling en elke afdelingskommissaris en het kwartaalliks aan die nodale punt/e gerapporteer wat hulle gedoen het en watter suksesse bereik is, bv.: - voorligting aan die publiek - bemarking van suksesse bv. aantal terroriste gevang, gedood ens. - verbode immigrante gearresteer. 23

Hy was ‘n deskundige getuie in die howe mbt die ANC – HBH.

17


Nongqai Vol 10 No 6A - ons SAP-jaarboek - ons kommissaris jaarverslag - die Servamus en Pol-TV vir interne kommunikasie - die SAP-museum - Die SAP(V) het hier 'n belangrike rol vervul, en het sekere veiligheidsverwante inligting na die media gelek wat nie deur Afdeling Openbare Betrekkinge gegaan het nie. Kapt. Dirk Coetzee het Vlakplaas se bedrywighede onthul en genl Stadler het die kommunikasie rondom die geval uitstekend hanteer. Elke drie maande het ons (SAP) 'n monitorverslag vir mnr. AP Stemmet by die tak strategiese kommunikasie (TSK) opgestel. [Natuurlik het ons elke maand oor ander strategie 'n monitorverslag ingestuur.] Na hy elke departement se verslag ontvang het, is 'n interdepartementele monitor verslag aan die WK van die SVR voorgelê. Die WK het die monitorverslag goedgekeur of vrae gestel. (Veral as 'n DG gevoel het sy departement skitter nie helder genoeg nie.) Dan is die finale monitor verslag aan die SVR voorgelê. Die SP het voorgesit. Ek het in my dienstermyn nasionale- en departementele monitorverslae, onderskeidelik by die SSVR en later by die SAP se nodale punt by kompol x94, opgestel. Daar was baie ander dingetjies - popularisering van die nasionale vlag, Walvisbaai was gedurig in die kalklig as deel van die Kaapprovinsie en ek onthou "1 Mei" Werkersdag is ook bespreek. Ek het tong in die kies voorgestel dat ons dit as vakansiedag moet verklaar. Dit is toe as vakansiedag verklaar. Die veiligheidstak het meeste in kontak met die SAKP/ANC-alliansie gekom en uiteraard behalwe formele persverklarings groot suksesse agter die skerms behaal met beeldbou. ‘n Foto van maj. Craig Williamson in die Kremlin het op ‘n voorblad van Servamus verskyn. Artikels oor Koevoet het gereeld verskyn. (Genl. Johann Coetzee het eenmaal vir Leon Mellet gewaarsku en geskryf dat hy nie Koevoet moet oorbelig nie.) Servamus het ook uitstekende artikels gehad - Koevoet, grensdiens, dagga operasies - ons was 'n wonderlike organisasie - ons het ook goeie SAUK-TV en nuusdekking gehad - ook die konvensionele pers: Ons het alle berigte oor die SAP gemonitor. Punt is: Die doel van stratkom was om almal - intern en ekstern - gunstig tov die SAP te beïnvloed. Dit help weer met werwing, en met die begroting en voorkoming van misdaad met inbegrip van terreur en sabotasie. (Die lastigheid van stratkom was die politieke aspekte - die minister wil partykeer sy beeld bou ten koste van die Mag sin!)

Swapo en die stryd Internasionaal was Swapo goed geposisioneer. Oor die algemeen was Swapo se manne goeie bosvegters en baie was dapper. Hulle kon op die land leef en onder moeilike omstandighede veg. Ons sou hulle binne ‘n ommesientjie geneutraliseer het as dit nie so was nie. Die Ovambo’s het eers teen ander stamme geveg, toe teen die Duitsers geveg en daarna teen die Suid-Afrikaners tydens die eerste wêreld oorlog. Toe breek 1966 aan en die vet is in die vuur! Na ongeveer vyf dekades van relatiewe vrede veg die Ovambo’s weer teen die Suid-Afrikaners.

18


Nongqai Vol 10 No 6A

SAKP/ANC en die Stryd Wat my getref het is die talle wit mense, sommige was buitelanders, wat die stryd ondersteun het deur aktief deel te neem, neem as voorbeeld bv. die Kerkstraatbomaanval, die aanval op Voortrekkerhoogte en die sabotasie by die Koeberg-kragsentrale. In meeste gevalle het wit mense wat vreemd vir die SAP (V) was, hierdie take uitgevoer, of wapens en plofstof die land ingesmokkel. Van ‘n gewapende stryd was daar nie veel sprake nie! (Loer gerus wie word as helde in die stryd beskou en oordeel self.) Baie (wit) joernaliste en TV stasies het apartheid verdoem en die Alliansie openlik gesteun. Nou moet mens maar onwillekeurig glimlag as mens kyk na al die paaie met nuwe name! Baie van die mense na wie die strate vernoem was, was ons eie mense! Dis maar die ironie van ons geskiedenis.

UDF en die Stryd ‘n Enkele gedagte: Hier was ‘n goeie voorbeeld van massa-oorlogvoering. Hele gemeenskappe het opgestaan teen die owerheid. Ek het eendag beleef toe ‘n hele swart woongebied se mense na die polisiestasie opgeruk het. Dit was ‘n vreesaanjaende gesig: Honderde mense met dreunsang en voete gestamp wat opruk na die polisiestasie in die wit-woongebied. ‘n Vuurhoutjie in die kruitvat en ons het chaos! Massa-oorlogvoering het my laat dink aan ‘n swerm bye wat ‘n gewapende weermag peloton aanval. Met jou wapens is mens kragteloos om op te tree teen die bye. Almal het die UDF ondersteun: vakbonde, kerke, skole, universiteite, studente organisasies, plaaslike koerante alles is gemobiliseer teem die owerheid. Die weerbaarste was ons polisiemanne wat in sulke gebiede gewoon het. Ons sterk punte was Goeie opleiding, goeie uitrusting en toerusting (veral die Casspir!!!) Goeie leierskap, goeie kos, goeie inligting, geestelike bearbeiding. Ons het geweet, sou ons beseer word, binne paar uur sou ons by 1 Militêre hospitaal in Pretoria wees. Ons wil om te wen en ons duidelike strategie het ons baie gehelp. Ons swakpunte was Ons moes wette maak om bv. kommunisme te verbied om so die morele hoë grond te bekom. Ons kon nie politieke oorlogvoering bedryf nie. Ons beleid was deur die hele wêreld verdoem behalwe deur ons paar vriende (Ons vriende in die buiteland was Taiwan, Israel, sekere Suid-Amerikaanse state en een of twee vriende in Afrika.) Die onverdedigbaarheid van apartheid in die buiteland veral in die VSA en VK. Ons het nie altyd ons bedreiging mooi verstaan nie. Te veel te laat gedoen! Bedreigings Die meeste bedreigings was ekonomies/polities/staatkundig van aard. Die Oos-blok, sowel as die Wes-blok lande het ons beleid verwerp. Die staatsdiens moes 80% van die stryd voer terwyl die magte 20% moes uitvoer, maar die weermag het die meeste geld gekry. Die ingewikkelde beleid van afsonderlike ontwikkeling. Gevaar van Burgeroorlog. (Die SAW wat teen ons eie Suid-Afrikaners binnelands optree.) Gebrek by fiskus. Gebrek aan kohesie (Afrikaners was baie verdeeld.) Geleenthede Sanksies het ons forseer om selfversorgend te word. Die opbou van ‘n kernoorlog-vermoë. Olie uit steenkool. Ons het ons paraatheid verhoog, beter opleiding om uitstekende, trotse en gemotiveerde polisie en weermag daar te stel

Foto’s: Jim Hooper Hier volg nou ‘n paar unieke, geskiedkundige foto’s van (die latere kolonel) Eugene de Kock geneem deur die wêreldbekende skrywer en fotograaf, Jim Hooper. Jim Skryf: “The photos of Gene were taken within the space of 30-40 minutes at the same place. They all show Willie Nortje standing next to him as the Swapo explains how RPG-75 works while the Special Warrant Officer translates from Oshivambo to Afrikaans.” 19


Nongqai Vol 10 No 6A

20


Nongqai Vol 10 No 6A

21


Nongqai Vol 10 No 6A

22


Nongqai Vol 10 No 6A

23


Nongqai Vol 10 No 6A

24


Nongqai Vol 10 No 6A

Thanks, Jim, for sharing with our readers. 25


Nongqai Vol 10 No 6A

26


Nongqai Vol 10 No 6A

WIE IS KOL EA DE KOCK?

27


Nongqai Vol 10 No 6A

28


Nongqai Vol 10 No 6A

Ander foto’s van Eugene de Kock As jong man saam met sy broer:

In RhodesiĂŤ en afgeneem in gesellige luim voor hy siek geword het. 29


Nongqai Vol 10 No 6A

Op ‘n “boskursus” afgeneem en onder op plofstofkursus met lede van die SASPOL

30


Nongqai Vol 10 No 6A

Lucas, Eugene & Jules.

Eugene de Kock se medaljelinte en balkies

31


Nongqai Vol 10 No 6A

JIM HOOPER Jim Hooper is an international author and photographer and he has done various books on Vietnam, Africa and Koevoet. In my eyes a incredibly brave man! I have the honour to call him a friend.

32


Nongqai Vol 10 No 6A

33


Nongqai Vol 10 No 6A

34


Nongqai Vol 10 No 6A

35


Nongqai Vol 10 No 6A

36


Nongqai Vol 10 No 6A

37


Nongqai Vol 10 No 6A

38


Nongqai Vol 10 No 6A

39


Nongqai Vol 10 No 6A

Jim Hooper in Angola, doing what he does best! Thanks Jim! 40


Nongqai Vol 10 No 6A

41


Nongqai Vol 10 No 6A

KOMMENTAAR DEUR LT.GENL. ANDRE V H BEUKES

NAGEDAGTE: VANDAG IS DIE HERDENKING KERKSTRAATBOMAANVAL Kerkstraatbomaanval: Lt.kol. Glenn Elsden

VAN

DIE

Glenn Elsden 36 Jaar gelede het ek in Pretoriusstraat net buite SA Polisiehoofkantoor, Wachthuis, gestaan en wag vir 'n bus. Dit was Vrydagmiddag en huistoe-gaan tyd, met die naweek wat voorlĂŞ. My gedagtes was by twee plekke gewees: Waarom is die bus weer laat en gaan die naweek lank genoeg wees om my uitstaande UNISA opdragte betyds klaar te maak? Skielik het 'n donderende ontploffing die fondamente onder my voete geskut en vir 'n kort oomblik het ek gedog die Bybelse oordeelsdag het aangebreek. Wolke van swart rook was onmiddellik sigbaar, twee blokke verder in die omgewing van Kerkstraat. 'n Kort oomblik van dodelike stilte is onderbreek deur geluide van sirenes van polisievoertuie, ambulanse en brandweermanne wat na die toneel gehaas het. Spitsverkeer het verder bygedra tot die totale chaos. Ek kan nie onthou hoe laat daardie aand ek tuis gearriveer het nie.

42


Nongqai Vol 10 No 6A Ek was maar 24 jaar oud gewees – 'n jong polisie-sersantjie en baie onseker of ek die polisie 'n langtermyn loopbaan moet maak, al dan nie. My planne het verander tydens die naweek na 20 Mei 1983. Op daardie stadium van my lewe het ek al genoeg onlusbeheer ondervinding gehad met afgedeeldediens in Soweto en verskeie ‘townships’ in die Oos-Rand. Tydens my tydperk by SAP Hoofkantoor was ek ook lid gewees van Eenheid 19, lank voor die eenheid die nommer “19” toegeken is. My R1 geweer was een van my kosbaarste besittings gewees en ek het heel gemaklik gevoel agter ‘n Casspir se stuurwiel. Ek wou met alle erns grens toe, maar my Pa het “nee” gesê “You will NOT fight in that stupid bloody war, not over my dead body!” 23 Jaar oud of nie - ek het destyds vas geglo die Here sal my straf as ek teenoor my vader ongehoorsaam was. Hy was tog ‘n Koreaanse oorlog veteraan en het seker geweet waarvan hy praat. Vandag, op die ouderdom van byna 60, flits daar daagliks 'n magdom prentjies deur my kop. Die slim mense reken dis waarom die weke en maande so vinnig verby vlieg, vir ouer mense. Nou verstaan ek waarom die Kerkstraatbomvoorval vir my soos gister voel. Sommige jonger gaarde en linksgesindes van vandag kan nie verstaan waarom ou toppies soos ek nie wil vergeet en vergewe nie. Wel, kom ek vertel julle kortliks hoekom... Die Kerkstraatbomvoorval, een van die grootste aanvalle deur die ANC op onskuldige burgerlikes van ons land (wit en swart), was 'n ernstige oortreding van die protokol van die Geneefse Konvensie wat bepaal dat burgerlikes nie aangeval mag word nie. 'n Totaal van 219 mense is ernstig beseer of vermink, insluitend 217 burgerlikes en twee weermag lede. Maar, die skuldiges het met moord weggekom!!! Seker menere wat vandag lekker gerieflik leef soos Jacob Zuma, Thabo Mbeki en Mac Maharaj kan volgens die beginsel van gemeenskaplike opset vir moord vervolg word. Mnr Aboobaker Ismael en al die ander MK-lede aan wie amnestie toegestaan is, kan ingevolge die Strafproseswet verplig word om teen hulle te getuig. Daar is gevolglik meer as afdoende getuienis beskikbaar om hulle te vervolg. Desondanks het die Nasionale Vervolgingsgesag nog niks in hierdie verband gedoen nie en is daar ook geen aanduidings van so 'n voorneme nie. In skrille kontras daarmee is verskeie leiers, generaals en lede van die vorige regering en veiligheidsmagte, weens misdade wat met ‘n politieke oogmerk verband hou en in die konflik van die verlede gepleeg is, vervolg. Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging het nou onlangs besluit om vier oudlede van die voormalige SAP-veiligheidstak weens moord te vervolg. Die oogmerk is duidelik om 'n heksejag ten opsigte van die veiligheidstak te ontketen. Volgens 'n berig wat in die Rapport van 5 Mei 2019 verskyn het, het Jacob Zuma daarop aanspraak gemaak dat hy die groep MK-lede wat die bom in die SANLAM-sentrum te Amanzimtoti geplaas het, persoonlik uitgesoek en opdrag gegee het om dit te doen. Waarom is hy nog nie vir moord aangekla nie? Die dag wanneer die huidige ANC regering besluit om almal oor dieselfde kam te skeer, of nog beter – om alles te vergeet en vergewe, is die dag wanneer ek sal vergeet van die Kerkstraatbom... Maar, dit gaan nie gebeur nie!

INDEMNITY & © | VRYWARING & ©

43


Nongqai Vol 10 No 6A

End | Slot Dear reader Please note that in this quasi-historical magazine we make use of various sources and consequently it is obvious that the document contains various diverse and personal opinions of different people and the author of the Nongqai cannot be held responsible or be liable in his personal capacity. Geagte leser Vir hierdie kwasiehistoriese tydskrif maak ons van verskeie bronne gebruik en bevat die dokument uiteraard uiteenlopende en diverse persoonlike menings van verskillende persone en die opsteller van die Nongqai kan nie in sy persoonlike hoedanigheid daarvoor verantwoordelik of aanspreeklik gehou word nie.

Brig. Hennie Heymans: No 43630K (B) Š HB Heymans 2019.

44


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.