5 minute read
NAWOORD: NBS EN NKM: SLOT
Mnr Johan Mostert
In ‘n onlangse reeks uitgawes van Nongqai is gefokus op die Nasionale Veiligheidsbestuurstelsel (NVBS). Die NVBS was die komponent van die Nasionale Bestuurstelsel (NBS) wat verantwoordelik was vir veiligheid. Daarna is die struktuur van die Nasionale Koördineringsmeganisme (NKM), wat die NBS in 1990 vervang het, uiteengesit. Die oogmerk met die beskikbaarstelling van die materiaal was om ‘n breë verstaansraamwerk daar te stel. Uiteraard is dit nie volledig nie en is daar nie gepoog om die werking van die stelsels in-diepte te ontleed nie. Ter afsluiting word volstaan met enkele slotopmerkings:
Advertisement
Ten spyte van die intensiteit van omvattende nasionale en internasionale pogings om die status quo in Suid-Afrika te verander of omver te werp, moet dit as ‘n besondere prestasie gereken word dat die veiligheidsgemeenskap gesorg het dat die land tot met 1994 betreklik stabiel gebly het. Die weerstand teen die status quo in die 1980s was egter sodanig dat, in die afwesigheid van ‘n politieke oplossing, stabiliteit nie sonder buitengewone optrede gehandhaaf kon word nie. ‘n Gedeeltelike, en later ook ‘n nasionale, noodtoestand is voorbeelde van sulke buitengewone maatreëls wat gebruik moes word om stabiliteit te kon handhaaf. Sou die veiligheidsgemeenskap nie daarin kon slaag om wet en orde, al is dit ook met die hulp van noodmaatreëls, te handhaaf nie, sou Suid-Afrika in chaos kon verval met tragiese gevolge vir al sy inwoners, nie net vir die regering en sy ondersteuners nie.
Die positiewe werk van die NVBS is ongelukkig oordonder deur eensydige publisiteit oor beweerde goedkeuring van opdragte vir die pleeg van geweldsmisdade. Dit kan kategories gestel word dat die NVBS, met die Staatsveiligheidsraad (SVR) aan die spits, nooit enige opdrag vir onwettige optrede gegee het nie. Die skrywers van die insette het nie enige inligting, behalwe ongesubstansieerde bewerings, van die teendeel tot hulle beskikking gehad nie. Strategiese riglyne vir optrede is verskaf, maar oor die operasionalisering daarvan het die stelsel geen insae of beheer gehad nie. Dit was die verantwoordelikheid van individuele departemente. Ernstige vergrype deur die veiligheidsmagte was nie in stelselverband goedgekeur nie. Dit is ‘n omstrede saak. Vir die doel van hierdie insette is dit nie verder beredeneer nie. Daarvoor moet ander geleenthede geskep word.
Doelbereiking
In die 1980s is die status quo met ‘n volskaalse rewolusionêre aanslag gekonfronteer. Die daarstel van die NBS was om eenheid van poging in die bekamping van die aanslag te bewerkstellig. Die NBS se struktuur is ontwerp aan die hand van die beste beskikbare teorieë van teen-rewolusionêre oorlogvoering. Die implementering was nie sonder probleme nie, maar die oorhoofse doel is gedien. Dit was in der mate suksesvol dat na Suid-Afrika na 1990 groter internasionale aanvaarbaarheid verkry het, verskeie Afrikalande Suid-Afrika uitgenooi het om te verduidelik hoe daarin geslaag is om ‘n revolusionêre aanslag te hanteer. Versoeke is selfs van presidente ontvang. Keer op keer was die eerste vraag: Hoe het julle, in die lig van die felheid van die aanslag teen julle, daarin
Waardering
Sleutelelemente in die NVBS was die Nasionale Gesamentlike Operasionele Sentrum (NASGOS) wat die noodtoestande bestuur het, en die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad (SSVR) wat die nodige ondersteuning gebied het. Die werking hiervan is duidelik beskryf deur die geskiedenis wat deur brig. genl. Pierre le Clus opgestel is. Dit verskyn elders in hierdie uitgawe.
Beduidende sukses by die NASGOS en in die streke is behaal met die bevordering van gestruktureerde samewerking tussen die veiligheidsmagte. Die stelsel het ook die veiligheidsmagte in staat gestel om knelpunte wat deur intelligensie geïdentifiseer is, betyds te help regstel. Dit het ‘n groot bydrae gelewer om te verhoed dat onrussituasies tot onhanteerbaarheid eskaleer.
Dit kan aanvaar word dat die stelsel bygedra het tot die skepping van ‘n groter bewuswording van die aard van die revolusionêre aanslag. Dit het moontlik ‘n groter mate van dringendheid en doelgerigtheid by staatsdepartemente geskep ten spyte daarvan dat daar soms weerstand was teen wat gesien is as inmenging in hulle lynfunksies. Strategiese riglyne wat deur die stelsel ontwikkel en gemoniteer is, het groter eenheid van poging bevorder omdat burgerlike departement by die formulering van strategieë waarby hulle belang gehad het, betrek is. Dit is egter nie moontlik om hierdie soort sake te kwantifiseer nie. Van die departemente het ook baat gevind by strategiese riglyne wat deur die SSVR ontwikkel is vir kommunikasie oor veiligheidsake.
Die intelligensiegemeenskap onder leiding van die Koördinerende Intelligensiekomitee (KIK) het deurlopend met ‘n hoë mate van doeltreffendheid gefunksioneer. Bruikbare inligting is tydig aan beleidmakers en operasionele instansies deurgegee. Suid-Afrika se intelligensievermoë was internasionaal hoog aangeskrewe en die Nasionale Intelligensiediens (NI) was gereeld gereken as een van die tien top nasionale intelligensiedienste ter wêreld. NI was veral op nasionaal strategiese intelligensie gerig, terwyl die Veiligheidstak en Militêre Inligting veral op die operasionele vlak groot werk verrig het.
Die ontwikkeling van die intelligensiegemeenskap en die Tak Nasionale Vertolking (TNV) word uiteengesit in die Desember 2021-uitgawe van Nongqai.
Nuwe begin
1989/90 was die begin van ‘n nuwe bedeling in die hantering van veiligheidsake op nasionale vlak. Bestuur is deur koördinering vervang. Groter individuele verantwoordelikheid is op die skouers van departemente geplaas. Daar is weggedoen met kollektiewe aanspreeklikheid. Tot met 1994 was dit nie meer die bekamping van ‘n revolusionêre aanslag wat hanteer moes word nie, maar die handhawing van nasionale veiligheid. Die land was steeds onstabiel en swart-op-swart geweld het die hoogte ingeskiet.
Die SA Polisie het die voorhoede van die hantering van onluste gevorm maar is onder meer gekniehalter deur ‘n onsekere politieke klimaat. Hulle moes hulle werk verrig te midde van deurlopende beskuldigings van allerlei vergrype. Die Veiligheidstak het gesorg vir die insameling van taktiese inligting op grondvlak ter ondersteuning van die handhawing van orde. Daarbenewens moes die polisie steeds voortgaan met normale wetstoepassing. Waar moontlik het die SA
Einde van ‘n era
In April 1994 het nasionale bestuur soos vergestalt in die NBS en die NKM, tot ‘n einde gekom. Manne en vroue het met groot opoffering ‘n diens in nasionale belang gelewer. Suid-Afrika is hulle dank verskuldig vir hulle bydrae om te sorg die land in ‘n relatief stabiele toestand ‘n nuwe staatkundige bedeling betree het.