NAWOORD: NBS EN NKM: SLOT Mnr Johan Mostert In ‘n onlangse reeks uitgawes van Nongqai is gefokus op die Nasionale Veiligheidsbestuurstelsel (NVBS). Die NVBS was die komponent van die Nasionale Bestuurstelsel (NBS) wat verantwoordelik was vir veiligheid. Daarna is die struktuur van die Nasionale Koördineringsmeganisme (NKM), wat die NBS in 1990 vervang het, uiteengesit. Die oogmerk met die beskikbaarstelling van die materiaal was om ‘n breë verstaansraamwerk daar te stel. Uiteraard is dit nie volledig nie en is daar nie gepoog om die werking van die stelsels in-diepte te ontleed nie. Ter afsluiting word volstaan met enkele slotopmerkings: Ten spyte van die intensiteit van omvattende nasionale en internasionale pogings om die status quo in Suid-Afrika te verander of omver te werp, moet dit as ‘n besondere prestasie gereken word dat die veiligheidsgemeenskap gesorg het dat die land tot met 1994 betreklik stabiel gebly het. Die weerstand teen die status quo in die 1980s was egter sodanig dat, in die afwesigheid van ‘n politieke oplossing, stabiliteit nie sonder buitengewone optrede gehandhaaf kon word nie. ‘n Gedeeltelike-, en later ook ‘n nasionale, noodtoestand is voorbeelde van sulke buitengewone maatreëls wat gebruik moes word om stabiliteit te kon handhaaf. Sou die veiligheidsgemeenskap nie daarin kon slaag om wet en orde, al is dit ook met die hulp van noodmaatreëls, te handhaaf nie, sou Suid-Afrika in chaos kon verval met tragiese gevolge vir al sy inwoners, nie net vir die regering en sy ondersteuners nie. Die positiewe werk van die NVBS is ongelukkig oordonder deur eensydige publisiteit oor beweerde goedkeuring van opdragte vir die pleeg van geweldsmisdade. Dit kan kategories gestel word dat die NVBS, met die Staatsveiligheidsraad (SVR) aan die spits, nooit enige opdrag vir onwettige optrede gegee het nie. Die skrywers van die insette het nie enige inligting, behalwe ongesubstansieerde bewerings, van die teendeel tot hulle beskikking gehad nie. Strategiese riglyne vir optrede is verskaf, maar oor die operasionalisering daarvan het die stelsel geen insae of beheer gehad nie. Dit was die verantwoordelikheid van individuele departemente. Ernstige vergrype deur die veiligheidsmagte was nie in stelselverband goedgekeur nie. Dit is ‘n omstrede saak. Vir die doel van hierdie insette is dit nie verder beredeneer nie. Daarvoor moet ander geleenthede geskep word. Doelbereiking In die 1980s is die status quo met ‘n volskaalse rewolusionêre aanslag gekonfronteer. Die daarstel van die NBS was om eenheid van poging in die bekamping van die aanslag te bewerkstellig. Die NBS se struktuur is ontwerp aan die hand van die beste beskikbare teorieë van teen-rewolusionêre oorlogvoering. Die implementering was nie sonder probleme nie, maar die oorhoofse doel is gedien. Dit was in der mate suksesvol dat na Suid-Afrika na 1990 groter internasionale aanvaarbaarheid verkry het, verskeie Afrikalande Suid-Afrika uitgenooi het om te verduidelik hoe daarin geslaag is om ‘n revolusionêre aanslag te hanteer. Versoeke is selfs van presidente ontvang. Keer op keer was die eerste vraag: Hoe het julle, in die lig van die felheid van die aanslag teen julle, daarin 153 Nongqai Vol 12 No 12A – SSVR & NKM